• No results found

Hoofstuk 3: Ekonomiese verbruik van die aarde: Tokai-landgoed en omliggende grond, 1792-1883

3.4 Druiweverbouing en wynbereiding

3.4.11 Wynbou op Tokai tussen 1860 en 1883

Dit is onseker hoe gou Bastiaan die ligging van die wingerde verander het. Indien hy dit behou het soos wat die laaste rekord uit 1823 blyk (NASA, KAB 1823c), het Tokai na alle waarskynlikheid onder witroes deurgeloop. Tussen 1861 en 1881 het hy die samestelling van die wingerd verander na 50% elk Steen- en Groendruif (NLSA 1883). Die lewering van die onderskeie wynsoorte vir 1881 van die Kaapse Distrik toon dat die druiwestokke van Genant, Steen, Muskadel en Hanepoot bo Groendruif verkies is. Iets moes dus gebeur het wat Bastiaan genoop het om sy wingerd se samestelling te verander.

Lewering van wynsoorte in die Kaapse Distrik, 1881

Genant Steen Muskadel Hanepoot Groen French Pontac Totaal

589,000 521,500 492,250 453,250 392,000 137,300 71,000 2,656,300 (NLSA 1883)

In 1859 het die Kaap een van sy swaarste droogtes, wat eers in Oktober gebreek is,beleef. Dit is met swaar reënbuie opgevol. Die temperatuur het laag gebly en dit was buitegewoon vogtig. Daar was

weinig wind en snags het dit kwaai gedou. Dit was uiters gunstige weersomstandighede vir die uitbreek van die swamsiekte, witroes en meeldou (Oidium tuckeri). Dit is in Desember 1859 in die meeste winger- de deur die eienaars opgemerk, veral onder Muskadel, Hanepoot, Fortignac, Kristal en Lacrima Christa, maar Groendruiwe is nie juis aangeval nie. Die swam was toe nog onbekend en suksesvolle behandeling en die bekamping daarvan het uitgebly. Dit is met swael behandel, maar dit kon nie verhoed dat sowat 'n kwart van die Kaap se wingerde in 1860/1861 vernietig is nie (Van Zyl 1973:39,42,44,60-2). Teoreties kon ongeveer 25% van Sebastian se Muskadel en Hanepoot onder die swamsiekte deurgeloop het.

In 1880 het Cloete 'n lys van plaasname gegee waar die fillokseraplantluis Hanepoot aangeval het. Tokai ontbreekop die lys. Dit het wel aan weerskante van Tokai, op Steenberg van Klaas Louw en Klein Con- stantia van Brading, voorgekom (NASA, KAB 1880b:7-8). Hieruit kan afgelei word dat Bastiaan die omskakeling na 50% Groendruiwe en 50% Steen geruime tyd voor 1880 gedoen het en dat die enigste wingerde in die Ondertuine geleë was (1883n). Die pes, Oidium tuckeri was teen 1868 steeds in wingerde in Constantia teenwoordig en Jacob Cloete het steeds sy wingerde met tussen twee en twee en 'n half ton sulfaat behandel. Sy totale wingerd was toe sowat 170,000 stokke en die verspreiding was ongeveer 3,000 stokke per hektaar. Hoewel 1868 'n goeie jaar was waarin hy vier lêer Hanepoot uit 1,000 stokke verkry het, het dieselfde aantal stokke daarna net sowat 'n halwe lêer wyn gelewer. Hierdie pes, wat deur ene professor Muller in Kaapstad as die fillokseraplantluis geïdentifiseer is, het eers die Hanepoot aan- geval en daarna die Rooimuskadel. Cloete getuig ook voor die kommissie, wat wingerdsiektes in 1880 ondersoek het, dat die Steenstokke bykans twee maal meer gehard as die Hanepoot is (:1-7). Bastiaan se keuse was nie om dowe neute nie.

Te oordeel aan die arbeidsituasie, wat seer sekerlik reeds 'n probleem was sedert Bastiaan die wyngaard by sy pa gehuur het, asook die voorkoms van witroes in die 1860's in wingerde elders as die Ondertuine, was Bastiaan genoop om sy wingerde te verminder. Dit het hom in die voordelige posisie geplaas om beter kwaliteit wyn te produseer. Die nuwe kelder, wat aan die suidekant van die woning opgerig is, lyk nie enorm groot op foto's nie. Die verminderde aantal druiwestokke was moontlik 'n doelbewuste keuse. Bastiaan se wingerd van 1883 in die Ondertuine (NASA, KAB 1883a) toon 'n noue ooreenkoms met 'n gedeelte van die wingerd van W.F. Hertzog van Bergvliet in 1880 (1880b:42-6). Hertzog het ten tyde van dieselfde ondersoek getuienis voor die kommissie, wat wingerdsiektes in 1880 ondersoek het, afgelê. Hertzog het sedert 1865 op die plaas gewoon. Daar was toe sowat 50,000 stokke wat volgens die verou- derde metode van vier by drie voet geplant is. Van die stokke was 130 jaar oud. Die ouer gedeelte van die Groendruifstokwingerd het hy uitgedun van 18,000 stokke tot 9,000 stokke wat in daardie stadium steeds 'n goeie oes gelewer het. In totaal was daar 16,000 Groendruifstokke op ongeveer 5 akker. Hy beskryf sy grond as hoofsaaklik kleigrond, sogenaamde “black earth” waarvan die bodem turfklei is. Die turfklei word op ongeveer 'n meter diep onderlê deur blou klei. Van sy wingerde was op die heuwel en op die vlakte. Die vlei het sowat 5,000 stokke van die 120 jaar oue wingerd gedra. Hierdie wingerd het hy

nie bemes nie. Hertzog het ook Oidium gehad en behalwe bemesting wat hy self gemeng het, het hy sy Steen- en Muskadelwingerde vier keer per jaar en die Groendruiwe drie keer per jaar met sowat 1,200 lb. sulfaat behandel.

Uit Hertzog se getuienis kan daar twee afleidings gemaak word ten opsigte van Bastiaan se wingerde, waarvan die ligging buiten die Ondertuine nie bekend was nie. Die Groen- en Steendruiwe het 'n mate van weerstand getoon teen die Oidium mits dit proaktief met sulfaat behandel word. Die ou stokke, Groendruif, is nie deur die Oidium vernietig nie. Die tweede afleiding het betrekking op die ligging: die vlei het 'n taamlike veilige grondsoort vir Hertzog se druiwe geblyk te wees. Ook Jacob Cloete se Steen (NASA, KAB 1880b) was geplant in kleiagtige grond en Cloete het dit as twee maal so gehard as die Hanepoot gereken. Cloete se Steenwingerd wat heeltemal vernietig is, was in sand aangelê. Hierdie sand was 'n mengsel van afgebreekte graniet terwyl die Steendruiwe wat minder gereageer het op die luis, in sand met 'n basis van kleigrond aangelê was. Bastiaan se wingerde in die vlei sou dan weens die ligging nie die fillokseraluis gehad het nie.

Wingerde op Tokai wat in sand aangelê was, is moontlik tussen 1859 en 1868 deur witroes vernietig. Dit het Bastiaan en Japie moontlik gelei om te diversifiseer en eerder vrugtebome te plant, asook etlike groentesoorte. Daarom word Tokai nie gelys as 'n plaas in 1880 waarop die fillokseraplantluis voor- gekom het nie (NASA, KAB 1880b). Teen 1880 was die boonste wingerde reeds lankal vervang met ander gewasse. Die afwesigheid van die fillokseraluis het moontlik juis die Ondertuine geskik gemaak om deel te vorm van die aankweek van ingeënte druiwestokke in 1896 (NASA, KAB 1896d).

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN