• No results found

Hoofstuk 3: Ekonomiese verbruik van die aarde: Tokai-landgoed en omliggende grond, 1792-1883

3.2 Die Kaapse Distrik: vernaamste kommoditeite, wyn en hout

3.2.1 Houtveldbestuur, grondreservering versus gronduitreiking en tekorte aan brandhout

3.2.1.5 Witteboomenhoutpos

Hendrik Nieman is in Julie 1792 aangestel as poshouer (Appel 1966:140). Die houtposte 't Paradijs en Witteboomen moes die timmerhoutbestuur oorneem met 'n baie beperkte personeel en ook die brandhout bestuur (Sleigh 2004:28-9 ). Teen 1791 was die houtveld van die Kompanjie kaal gekap en kreupelhout of goudhout en silwer- of witteboomsade moes aangeplant word, maar teen Desember 1793 is slegs kreu- pelhoutsade teen die hange van die berge by Houtbaai gesaai (TANAPb 1793a). Slegs die aanry van die

hout word na 1791 uitgekontrakteer (NASA, KAB 1791d:141;Sleigh, 2004:195). Die besuiniging het ook Buffelskraal geraak. Op Witteboomen was vyftien houtkappers wat eerstens aandag aan die plant van sade moes gee, maar volgens die inspekteur van Landsdomeine en Houtbosse van 1803, Hendrik Cloete, wil dit lyk of witteboompitte eers as boompies op die houtpos Witteboomen gekweek is en die plantjies daarna elders uitgeplant is. Die Bataafse Republiek het opsluit Witteboomen aangehou vir die kweek van bosse en houtgewasse (NASA, KAB 1803f).

Hoewel dit gestel word dat De Schuer verantwoordelik was vir die kap van hout op Buffelskraal (Sleigh 2004:182), kon die kapwerk reeds van Witteboomen gedoen gewees het. Dit word afgelei van die ver- skillende tipe houtinsamelings, naamlik duinewortels en riete uitgrawe en uitkap naas die kap van groot struike of volgroeide silwerhoutbome. Die verdeling sou dan ook geografies verloop, min of meer paral- lel met die bergreeks: die patrollering en / of kap van timmerhout en bergfynbos van die hoër Steenberge, die versameling van brandhout op die heuwels en die uithaal van wortelhout op die vlakte en aan die oor- kant by Baasharmenskraal. Die kap teen die Steenberge verklaar dan ook die hoeveelheid paaie wat van die heuwels af na die boonste rif van die Steenberge toe gaan en soos op die Van der Graaff- en Barbier- kaart aangedui (Brommer 2009:163; kyk Diagram 3 Bylaag B). Die take van die houtvesters in 1714 oor die houtveld agter Constantia en op die Steenberge is op 'n soortgelyke wyse vanaf Witteboomen bestuur (TANAPb 1714). Die houtveld strek min of meer oor die bergreeks vanaf Vlakkenberg tot by Steenberg- koppie, min of meer Plaas 907, wat op die kaart van Fourcade, 1896, aangedui word (DRDLR 1896). Dit stem omtrent ooreen met die oostelike sy van die ou houtveld wat reeds in 1714 tot 1806 vanaf Witteboo- men bestuur is. Die westelike gedeelte het die Houtbaaikant behels (1996g). Die verskil in tipes hout het die verdeling genoodsaak, want die bergkant se fynbos het ook harde of timmerhout in die klowe gehad wat teen skelmkappery beskerm moes word. Daar was wel en ongetwyfeld 'n vorm van houtbestuur ten opsigte van brandhoutsoorte. Dit behels 'n duidelike onderskeid tussen berghout ingesluit bergfynbos teenoor vlakte- of duinesandfynbos.

Die ontwikkeling van die houtveld vanaf Witteboomen is vir Buffelskraal van belang om twee redes, naamlik die insluiting van die bergveld bokant Buffelskraal en tweedens as aanduiding van die vroegste gedokumenteerde plantegroei vir daardie gebied wat vandag deel uitmaak van Tokai-park. Die houtveld van die houtkapperspos in 1792 was die gedeelte teen Tafelberg en die Steenberge suid van Wynberg, Houtbaai, die heuwels agter Wynberg, Vlakkenberg, Constantiaberg en die Steenberge tot en met 't Hoek van de Steenberg bokant Muysenburg. Hierdie houtveld se ligging het dus hoofsaaklik oor berge en hoë berghange gestrek en het timmerhout en brandhout ingesluit. Vir Buffelskraal sou dit Bo-Buffelskraal wees. Sleigh (2004:260-2) bespreek die pos as sodanig en die onmiddellike houtveld, maar verwys nie na die uitgestrektheid van die houtveld nie. Op sy beurt reken Appel (1966:62) dat teen 1699 die vernaamste bosse van die suidelike Skiereiland reeds ontdek en ontgin was, maar plaas die Steenberge foutiewelik as die huidige Constantiaberg. Die Steenbergreeks het sy naam vanuit Houtbaai gekry. Jan van Riebeeck

(Thom 1954:142) het ook die Steenberge vanuit Houtbaai benader elke keer wat hy die bergreeks onder- soek het. Die eerste verkenning van 'n bootsman en kanonnier het in Augustus 1653 vanuit Houtbaai plaasgevind (1952:167,169). Die Steenberge waarna Appel (1966:55) verwys, “steen-berghklooven” waar daar in 1665 gekap is, is die berghange van onderskeidelik Vlakkenberg en Constantiaberg aan Houtbaai se kant. Dit word ook bevestig deur die verslag van houtbosse van November 1663, wat die houtveld tussen die Bosberg en die suidelike punt van die Wynbergheuwel ondersoek, asook die aanvang van kapwerk in die Houtbaaiarea in 1666 (:54-6).

Teen die middel van die 18de eeu was die Witteboomenpos naas 't Paradijs die belangrikste houtpos (Appel 1966:68). Houtkappers van die Kompanjie het reeds in 1743 op die Witteboomenpos gewoon en ook teen die Constantia- “gebergte” gekap (:71). Dit wil dus voorkom of daar 'n erkende skeiding was tussen die bergveld van Buffelskraal, naamlik Bo-Buffelskraal en benede-Buffelskraal, wat die duineveld sou aandui. Die benedegedeelte van Buffelskraal sou dan eerder onder Baasharmenskraal se kappers ge- val en direk van De Schuer bestuur gewees het. Die teenwoordigheid en verblyf van vier tot ses hout- kappers wat teen 1803 by Baasharmenskraal opgeteken is, is waarskynlik getuienis van die verblyf van die houtkappers vanuit die VOC-periode (NASA, KAB 1803f). Die bestuur van die houtveld te Buffels- kraal blyk dan inderdaad twee areas te wees.

Die pos Witteboomen was ongeveer 2 uur se ry te perd vanaf die Kasteel, dit was agter Tafelberg en teen die Constantiagebergte of Vlakkenberg (Appel 1966:68;Diagram 2,3 Bylaag B). Sleigh (2004:260) reken dit is die grond waarop die Visserbroers gewoon het en wat in 1697 op die naam van Simon van der Stel geregistreer is (Böeseken, 1964:206). Daarvolgens sou die pos Witteboomen 67 morg en 67 vk roede groot / 57 hektaar wees - die grootte van die plaas - en geleë in die noordweste aangrensend aan Hout- baai en suidwes aan Constantia. Daar het geen houtontginning plaasgevind tydens Simon van der Stel se tyd nie (Sleigh 2004:261). William Duckitt se grondbrief, 15 Augustus 1806, beskryf die grond as 238 morg en 125 vierkante roede / 203 hektaar groot. Die Nederlandse beskrywing van 1806 dui die plaas aan as weswaarts na die Constantiaberge (hier Vlakkenberg), noordwaarts na die plekke van die weduwee Van Helsdingen (ook Witteboomen) en Van Reenen (ook Witteboomen), suidwaarts na 'n gedeelte van Constantia en goewermentsgrond en ooswaarts na die vlakte (NASA, KAB 1806c). Die plaas wat wel ook noord van, maar aangrensend aan Constantia lê, is die plaas Hooge Constantia,vandag High Constan- tia. Burman (1979:114) beskou weer hierdie plaas as die ou buitepos. Witteboomenpos was nie een van die poste wat in 1800 deur Duckitt versoek is nie (NASA, KAB 1801a). Duckitt het later Nuweland besit en in 1806 het die Britse regering dit vir die twee plase, Witteboomen en Baasharmenskraal, verruil (1806b). Die grondverruilling is op 10 Junie 1806 voor die notaris, J.B. Hoffman, bekragtig. Daar word ook verwys na die leenplaas wat Duckitt reeds in die omgewing van St. Helenabaai verkry het. Duckitt

het die plaas, Witteboomen op 21 Mei 1813 aan Jacob van Reenen14, die seun van Sebastian van Reenen, verruil (NASA, KAB 1806f). Die Engelse beskrywing van Duckitt se plaas en wat nie deur genoemde skrywers aangehaal word nie, blyk die akkuraatste te wees vir die ligging van die pos. Die buitepos of plaas Witteboomen was die hoofkwartier van die Britse Generale Staf, 1795-1803, tydens die eerste Brit- se besetting. Die plaas is geleë in die Distrik (Kaapse Distrik) oos van die Constantia-heuwels (meer- voud) en aan die voet van genoemde heuwels leggende noord na Van Helsdingen en Van Reenen, wes na die Constantia-heuwels, suid na gedeeltes van Constantia-plaas en goewermentsgrond en oos na die vlak- te of “waste plain” (NASA, KAB 1806c). 'n Afbeelding van die kaart, ca 1794, verskyn in Brommer (2009:198), maar daarvolgens was die plaas 133 morg groot. Die plaas wat Simon van der Stel in 1697 registreer, is die plaas Witteboomen waarna Böeseken verwys en nie die buitepos nie. Dit is wel so dat die houtpos se perseel omring was met regeringsgrond wat ook met kreupelhout en proteas aangeplant was. In 1813 is nog sowat 88 morg aan drie verskillende persone uitgereik (NASA, KAB 1813a). Dit is die aangrensende regeringsgrond waarna in Duckitt se Engelse grondbrief verwys word.

Cloete, houtinspekteur, 1803-06, het Witteboomenhoutpos as die beste plek beskou om hout en bosse te kweek. Die laer ligging van die buitepos se opstal en buitegeboue was aan die oostekant van die grond aan die voet van die heuwels (NASA, KAB 1803f). Dit klink of dit na aan die beskrywing is van die sparrebos van 1663 - ongeveer dieselfde area waar fiskaal Lacus en baastimmerman Pieter Cruythoff in 1663 die sparrebos15 beskryf (Appel 1966:54). Die plantegroei in die omgewing van die Witteboomen- houtpos stem grootliks ooreen met die bergveldfynbos en is nader aan die plantegroei van die Steenberge se noordelike en oostelike hange. Witteboomen was veel nader geleë aan Buffelskraal as De Schuer en per sandwapad verbind (Brommer 2009:192).

3.2.1.6 Plundering van houtveld, laat 18de eeu, in die omgewing van

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN