• No results found

Hoofstuk 3: Ekonomiese verbruik van die aarde: Tokai-landgoed en omliggende grond, 1792-1883

3.4 Druiweverbouing en wynbereiding

3.4.7 Peste en plae in die wingerde

Die plase van die groter Constantia-vallei is aan dieselfde weersomstandighede onderhewig. Daar kan dus verbande getrek word tussen rekords van Groot Constantia en De Hoop op Constantia van Colyn. In die tydperk van 1808 tot 1825 het die wynoeste op die Constantia-plase verskeie kere misluk. Dit is veral aan heuningdou, roes, ontydige reëns en die suidoostewind toegeskryf. In 1808 het 'n baie sterk suidoos- tewind die wynoeste op De Hoop op Constantia so verniel, sodat Colyn net sowat een vyfde van sy oes kon kry. Ook Groot Constantia beleef moeilike oesjare tussen 1813 en 1819 waar hy net soos Colyn in gebreke bly om sy volle kwota aan die regering te lewer (Van Zyl 1973:427-9). Indien 'n suidoostewind oor Contstantia sou waai, waai dit ongetwyfeld ook oor Tokai. Dieselfde geld vir ontydige reën en ander ongunstige klimaatstoestande. Tokai se lewering van wyn aan die Wynproewer, 1812 tot 1825, toon ge- weldige skommelinge. 'n Uittreksel uit sy totale aantal gelewerde lêers per jaar tussen 1812 en 1825 (Figuur 8 Bylaag A) toon die wisselvallige aard van die boerdery.

Wisselvallige wynoeste, 1812-1815

1812 1813 1814 1815 1816 1817 1818 1819 1820 1821 1822 1823 1824 1825

7⅛ 18⅛ 6¾ 27 32½ 6 6⅛ 5 5 27 44 71⅛ 61¼ 44⅜

(Figuur 8 Bylaag A)

Die aantal druiwestokke oor die periode het wel gevarieer. Omdat die aantal stokke net met sensusopna- mes in onderskeidelik 1815, 1819 en 1823 gedokumenteer is, is dit moeilik om 'n verband tussen die aantal druiwestokke en die gelewerde wyn te trek (Kyk Figuur 9 Bylaag A).

Toename in wingerdstokke, 1802-1822

1802: ± 60,000 1815: 86,000 1819: 125,000 1822: 130,000 (NASA, KAB 1815a;1819;1823b)

Klaarblyklike misoeste kan uit die lae aantal lêer gelewer afgelei word. Rekords van P.M. Eksteen se wynlewering tussen 1812 en 1820 dui ses jaar van ernstige verlies aan inkomste aan. Oor dieselfde pe- riode het slegs drie uit nege oeste taamlike sukses getoon. Dit wil dus voorkom of die oeste van die eerste twee dekades om verskeie ongunstige redes nie die verwagte produksie gelewer het nie.

Naas ongunstige klimaatstoestande is wingerde ook deur peste geteister. Klam toestande maak wingerde vatbaar vir swartroes, 'n swam wat in klam en warm toestande gedy, veral aan die Muskadel- en Hane- pootdruifsoorte. Steendruiwe was weer minder vatbaar vir swartroes (Van Zyl 1973:36,38). Swartroes of

Antraknose is 'n swamsiekte, wat al die groen dele van die wingerplant aantas, veral in klam toestande, hoë humiditeit en reën in die somermaande. Aanvanklik verskyn lig en rooi vlekke op die blare wat later bruin en swart word. Die blare krul op, gate vorm en blare en trosse val af waarna die lote sterf. Dit het tussen 1795 en 1860 in 'n mindere mate, maar gereeld in wingerde voorgekom. Eksteen se wingerde het ook onder swartroes deurgeloop. In 1820 kon hy slegs 3 lêer Groenwyn en 2 lêer Brandewyn verkoop (NASA, KAB 1819a;b). Die swak oesjaar is aan swartroes toegeskryf, die gevolg van ongewone swaar reëns in November en Desember, 1819, naby Kaapstad. Dit het in die wingerde van Dirk Gysbert van Breda op die landgoed Oranjezicht en op Langevliet van T.M. Eksteen in die Rondeboschgebied voor- gekom. Omdat swartroes nie normaalweg baie skade aangerig het nie, is daar nie ernstige pogings aan- gewend om dit te bestry nie (Van Zyl 1973:36-8).

Ander peste en plae wat seisoenaal aandag geverg het, is Kalanders27 of Phlyctimus callosus. Dit was 'n bekende probleem op al die Constantia-plase en indien daar nie betyds voorsorg getref is nie, is die jong lote en alle grond materiaal van die wingerdstokke afgevreet (Van Zyl 1973:32). In die lentemaande het ruspes of broekmannetjies en krompokkels of langhoringsprinkaan in sy jonger stadium hul verskyning gemaak (:33-5). Rolletjies wingerblaar is byvoorbeeld op De Hoop op Constantia in die grond gesteek om die twee peste te lok om daarin te kruip. Dit is al om die 7 of 8 dae verwyder en gebrand en met nuwe opgerolde blare vervang. Krompokkels is egter met die hand gevang. Tussen 1795 en 1860 het boere nog nie chemiese metodes gebruik nie.

Hoewel witroes en filloksera of druifluis28 na Eksteen (senior) se leeftyd uitgebreek het, het dit na alle waarskynlikheid 'n invloed op die wingerdbou van Bastiaan en Japie uitgeoefen. Die plaas, Tokai, is nie betrek by die regeringsondersoek van 1880 nie, wat suggereer dat die wingerde gevrywaar van druifluise was (NASA, KAB 1880, 1880a). Die swamsiekte wat die Kaapse wingerde die swaarste getref het, was witroes29, Oidium tuckeri, ook 'n Amerkaanse siekte wat via Europa na die Kaap gekom het. Dit verrig groot skade aan die trosse (Van Zyl 1973:39-40). Die uitbreek van witroes (Oidium tuckeri) in 1859 het die regering genoop om op vertoë van die landbouorganisasie, Kaap de Goede Hoop Landbouvereniging 27 Kalanders begin sy wurm- en larwestadium in die grond, waar dit sonder noemenswaardige skade leef. Vroeg

in die lente onstaan die papie en gedurende Oktober en November kruip die kewers uit die grond uit om al die groen dele van die wingerdstok te vreet (Van Zyl 1973:32).

28 Phylloxera Vastatrix is 'n piepklein insek van die plantluisfamilie, Phylloxeridae, wat normaalweg die wingerd- stok se wortels en blare aanval, maar aan die Kaap het dit net die wortels beset en beskadig. Daarna het die plant geleidelik agteruitgegaan, dikwels oor verloop van meer as een seisoen. Die siekte het in 1861 van die V.S.A. na Europa migreer en vandaar na die Kaapkolonie gekom (Van Zyl 1984:28-9,31).

29 Witroes is 'n swam wat aan die oppervlakte van die wingerstok se groen dele groei. Dit ontwikkel weens hoë humiditeit wat in die lente en somermaande volg. Die swam dring nie die wingerdstok binne nie. Dit vorm 'n meelagtige skimmel wat later 'n wolkerige voorkoms kry. Dit versprei maklik, veral met versteuring (Van Zyl 1973:40-42).

(Cape of Good Hope Agricultural Society), te reageer. James McGibbon, superintendent van die Bota- niese tuine in Kaapstad, is betrek en hy het witroes op plase geïdentifiseer. Die enigste suksesvolle be- handeling was swaelbestuiwing, maar daar was te min swael aan die Kaap om al die wynboere te voor- sien. Distrikkomitees is benoem om wingerde te inspekteer en vraelyste is uitgestuur. Die regering het ook 'n beloning van £500 uitgeloof vir die persoon wat met 'n suksesvolle teenmiddel vorendag kon kom. Die eindresultaat van die volledige ondersoek is gepubliseer in 'n amptelike verslag wat aan die parlement voorgehou is. Ten spyte van die regering se volgehoue bemoeienis, is sommige boere se oeste totaal ver- nietig (Van Zyl 1973:44-57). Dit was moontlik die voorkoms van witroes, wat Bastiaan en Japie gedwing het om hul wingerd tot die Ondertuine te beperk en die akkerbou te diversifiseer.

Die effek van die navorsing, wat op die ondersoek na die voorkoms van Phylloxera vastatrix gevolg het, het wel Tokai betrek. Die voorkoms van die druifluis in 1886 in Mowbray het die regering tot drastiese maatreëls genoop. Kwarantyn is ingestel en gebiede afgebaken in pogings om die insek se voorkoms te lokaliseer. Ook is 'n verbod op die invoere van druiwe, plantmateriaal en wortels en knolle met wetge- wing ingestel. In 1888 word die regering verplig om weerstandbiedende saad van Amerikaanse stokke,

Vitis rapia en Vitis ruperti in te voer en te kweek. Hierdie saad is op die staatsplase, Tokai en Groot Con-

stantia gekweek. Die proses was egter te klein en daar is besluit om die wortelstokke self in te voer en plaaslike stokke daarop in te ent. Slegs enkele van die Amerikaanse wingerdstokke was weerstandbie- dend. Hierdie inentingsproses op Amerikaanse onderstokke is sedert September 1896 op Tokai uitgevoer toe 2,700 Rupestris-stokke ontvang is. Die projek was onder toesig van die bestuurder van die regering se wynplaas te Groot Constantia, terwyl die wingerde in die Ondertuine aangelê is (NASA, KAB 1896d). Dit is hoogs onwaarskynlik dat wingerde in 'n area, wat besmet was, aangelê sou word. Die Ondertuine se wingerde was ongetwyfeld skoon. In die getuienis van Jacob Cloete voor die kommissie van 1880, wat ondersoek na filloksera en ander druiwesiektes en peste gedoen het, is die omliggende plase in die Kaapse Distrik ondersoek, maar nie Tokai nie. Ook is bevind dat die plantluis nie vleigrond verkies nie (1880a). Die gesonde stokke, wat vanaf 1896 op Groot Constantia, Tokai en deur C.D. Rudd van Fern- wood gekweek is, is per openbare veiling aan belangstellende boere verkoop (1899c).

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN