• No results found

Hoofstuk 2: Eienaarskap van die groter Steenbergvallei

2.8 Gevolgtrekking

Eienaarskap gebonde aan kaart en transport is 'n kulturele gebruik eie aan die Europeërs. Alhoewel die inheemse mense van die Kaap nie die gebruik geken het nie, was die grond nie oop en beskikbaar nie. Die uitbreiding vanaf die Kaap in die Steenberge verby Bosheuwel is deur die Kompanjie gedomineer en uiteindelik gemonopoliseer. Hout was die vernaamste dryfveer. Die baie klam area van die sentrale en noordelike Steenberge, moeilik bereikbare gebied, vyandige inboorlinge, wild en roofdiere het alles mee- gewerk tot die gestadigde uitbreiding. Dit was die behoefte aan hout as brandhout en timmerhout wat die weg gebaan het vir die oopstelling van die suidelike Skiereiland. Dit was dus nie vreemd dat die gewone burgery eerste by Wynbergheuwel vergegaan en hout agter die heuwel versamel het nie. In die proses het hulle belangrike houtbronne oopgekap. Dit is baie vinnig deur die Kompanjie gemonopoliseer.

Die kaart en transport wat die VOC in 1772 bekom het, ongeag die eensydige aard daarvan tesame met die verarming en uitdrywing van die veeherder Khoina, het die oopstelling van die Steenberge aangehelp, maar Van der Stel se grondbesit het onmiddellik die area vir verdere private uitbreiding afgekordon. Die Politieke Raad het die area eerste benut met die vestiging van 'n skaapkraal, maar dit was van korte duur. Tog laat dit 'n pertinente stempel deur naamgewing op die gebied, 'n proses wat reeds deur Jan van Rie- beeck in 1657 begin is. Die eerste veepos het egter ook tot foutiewe afleidings aanleiding gegee. Erfenis- spesialiste verbind die naam eerder aan 'n Khoi-kraal as om die ontoereikende weiding van die gebied of die area vir 'n potensiële Khoi-kraal te ondersoek. Voorts word die Engelse vertaling en die versamel-

naam, veepos, ook gesien as 'n pos vir alle soorte vee. Die feit dat die Kompanjie in 1676 'n skaappos by Aan de Steenbergen kon begin, suggereer dat die weivelde in die area nie meer deur die Khoina benut is nie. Dit word voorts bevestig deur die toestemming aan Hüsing en Gerritz, asook Stevens om hul skape in die area te mag wei. Die skaappos het die kolonisering van die area ingewy.. Die onttrekking van die Khoina aan die groter area was nie spontaan nie, maar hulle is uitgedruk, 'n proses wat moontlik ongeërg waargeneem is. Voorts het die grondstof, hout, die area baie kosbaar vir die Kompanjie gemaak, veral ten opsigte van die noordelike Steenberge, dus Houtbaaivallei. Die monopolisering van die houtvelde suid van Wynberg en agter die Bosberge het die Steenberge buite bereik van diegewone burgery geplaas. Dit versterk die vermoede dat Tryn Ras se plasing op Swaanswyk nie toevallig is nie, maar dat haar man, Michielsz, 'n skaapwagter op Aan de Steenberg was of / en 'n skaapkonsessie by die Kompanjie gekry het. Vervolgens is hulle toegelaat om op die arm grond en bykans waterlose Swaanswyk te boer.

Simon van der Stel druk sy stempel af op die sentrale en noordelike Steenbergvallei met veral die aan- planting van eikebome, vrugtebome en ander bome. Die Constantia-plaas is aangelê op diep, verweerde granietgrond wat die heuwels kenmerk en is effens meer vrugbaar (Trinder-Smith 2006:24). Desondanks bly die gebied oorwegend die eiendom van die VOC as houtveld wat ook die konsep van bewaring in- sluit. Veel later verander private besit die landskap en die kulturele nalatenskap, ook gedryf deur poli- tieke en ekonomiese verandering. Hoewel die private grondbesit van Tokai op sowat 286 morg of 245.0162 hektaar (DRDLR 1925) in 1883 gereken is waarvan ongeveer 136 morg (116.5112 hektaar) vir die Porter-instituut afgesny is, was die grondgebied rondom die Tokai-landgoed staatsgrond en veel groter. Die totale oppervlakte is 798.7014 hektaar onafhanklik van die Porter-grond. Dit behoort die omgewing en landskap se premie tot bewaring soveel hoër te maak en die herstel vanaf 'n bosbouindustrie terug na 'n fynboslandskap 'n ononderhandelbare kwessie.

Vir erfenisassessering bied die groter Steenbergvallei baie moontlikhede. Die gebrek aan 'n historiese dokument wat argeologiese belangstelling in die gebied kan prikkel, is moontlik 'n rede vir die trae erkenning aan erfenismerkers. Deur bloot die grond as 'n historiese terrein vir jagterversamelaars en Khoi-herders uit te wys, is niksseggend. Die oorspronklike standplase van die Khoi vereis 'n nader- bepaling. Intussen raak die omgewing al hoe meer verstedelik. Dit is in belang van argeologiese ondersoek na periodes voor die laaste Ystertydperk dat terreine beter ondersoek word. Terselfdertyd behoort plekname en die oorsprong daarvan beter erkenning te geniet.

Alle brughoofde se name op Orpenweg moet dringend hersien word. Dit is verwarrend en histories onjuis. Die ideaal sou wees om die Buffelsvlei te herstel. Dit sou van groot waarde vir die ekologie van die park as 'n bewaringsarea wees. Die Ondertuine moet deel van die bewaringsarea vorm. Kaapse Natuurbewaring, die Provinsiale regering, wat die eienaar van die grond is en alle ander betrokkenes behoort daadwerklik op te tree. Die verhindering is die laagtepunt van die vlei: die pad sal oorgebou en moet van 'n hoër brug voorsien word (Persoonlike mededeling: dr Tony Rebelo, SANBI).

Tokai-woonbuurt gaan mank aan die erkenning van landmerke. Soms word die sigbare strukture as so vanselfsprekend ervaar, dat die onsigbare geskiedenis net verdwyn. Dit wil voorkom of die oorwegend Engelssprekende inwoners weinige behoefte het om met die VOC-verlede te skakel. Die indruk word geskep, veral na die erfenisassessering van 2011, dat die Tokai-landgoed en die omliggende kroongrond se geskiedenis eers met die koloniale regering se eienaarskap 'n aanvang geneem het.

Die geskiedenis van die beleg van Muysenburg kry net aandag in soverre die woonbuurt Muizenberg se verbintenis daarmee. Die buurplase Swaanswyk, Raapekraal, Bergvliet en Tokai-park, die bergkruin bokant Muizenberg, Sandvlei asook die voorstad Retreat bied die ideale geleentheid vir etlike verskillen- de staproetes met 'n militêr-historiese tema. Die betrokkendheid van die Khoina om die Engelse soldate tot Muysenburg te beperk, beid voorts die geleentheid vir 'n versoenbare aanbieding van die verlede. Soos met alle navorsing is die navorsing oor naamgewing nie met hierdie hoofstuk afgehandel nie. Boere het vir riviere name gegee. Dit maak dat die navorsing oor die periode voor 1883 se riviernaamgewing, buiten die Prinskasteelrivier en die Engelse name wat deur Hutchins gegee is, nie afgehandel is nie. Dit is juis J.S. Lister, superintendent van plantasies in 1883, se onbekendheid met Tokai se historiese en kultu- rele merkers wat sy verbintenis met Tokai kritiseer. Alle riviername moes saam met ander kulturele en historiese merkers op kaarte van bosreservate aangedui gewees het (De Vasselot 1885:64). As hoofstreek- bosbewaarder het Lister dit nagelaat.

Hoofstuk 3: Ekonomiese verbruik van die aarde: Tokai-

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN