• No results found

Die besetting van Muysenburg en sametrekking van troepe, laer Steenbergvallei

Hoofstuk 3: Ekonomiese verbruik van die aarde: Tokai-landgoed en omliggende grond, 1792-1883

3.2 Die Kaapse Distrik: vernaamste kommoditeite, wyn en hout

3.2.1 Houtveldbestuur, grondreservering versus gronduitreiking en tekorte aan brandhout

3.2.1.7 Die besetting van Muysenburg en sametrekking van troepe, laer Steenbergvallei

Die inval van 1795 van die Britse troepe by Muysenburg was na alle waarskynlikheid die hoogtepunt van oorverbruik van die area se hout- en waterhulpbronne. Muysenburg is deur die Britse magte beset en daar was twee veldkampe van die verdedigingsmagte - een op Russouw se plaas en 'n tweede kamp by Wyn- berg. In besonder het die houtveld tussen Baasharmenskraal en Muysenburg 'n hoë intensiteit van hout- verbruik beleef, want dit was in die winter en vroeë lente, Junie tot September. Die naaste hout aan die basis was wortelhout van die kwartêre sandduine rondom Sandvlei en struikgewasse van Raapekraal en die berge bokant Muysenburg. Waar wortelhout verwyder is, word die duine weerloos gelaat teen die aanslae van die wind. Die gevolg was die vernietiging van die natuurlike weiding vir diere, maar wat met drastiese stappe stopgesit kon word (NASA, KAB 1796b). Die omgewing is tydens die beleg van Muy- senburg en onmiddellik daarna totaal oorbenut, want behalwe brandhout wat versamel is, is hout gebruik vir die oprigting van skuilings en skuilings vir die perde van die burgerruitery. Hout en ander plantmate- riaal, soos restio's - taai biesagtige plante of fynbosriet – is deur die burgerrruitery of burgermilitia ge- bruik om skerms teen die winterreën en koue te bou (Nel 1972:228,241;Van Rensburg ca 1985:7). Die burgers het nie tente gekry nie, maar moes hul eie skerms bou. Dit suggereer dat hout, wat vir

timmerdoeleindes gereserveer was, moontlik ook afgekap en gebruik is.

By die bestudering van die Kaart van de Situatie Tussen Baaij Fals en de Groote Wijnbergh Aan de Kaap

de Goede Hoop (Diagram 2 Bylaag B; Brommer 2009:192;Burman 1990:26;Nel 1772:232), is die aantal

kolletjies op die kaart opvallend vanaf Swaanswyk (Zwaansweijde) noordwaarts in die Steenbergvallei. Dit dui die kampplekke, moontlik eenvoudige houtskuilingsin die reënseisoen, aan van die burgerruitery. Hoewel die burgers in klein groepies van drie of vier oor die hele vallei gekamp het, het burgereenhede mekaar gereeld afgelos, sodat die perde kon rus (Nel 1972:218). Die burgery was aan hulleself oorgelaat om te sien kom klaar, want daar is niks gedoen om die poste by Wynberg of Swaanswyk in gereedheid te bring nie: ook geen loopgrawe is gegrawe nie. Gedurende die verloop van een maand is daar nóg by Wynberg, nóg op die terrein waaroor die vyand moes beweeg nóg by die kamp te Swaanswyk enige ver- skansings, redoute of batterye aangebring. Wynberg het “soos 'n doolhof” gelyk met 'n paar hutte en tente, wat vir lede van die nasionale bataljon opgeslaan is (:241). Kommissaris Sluysken en kolonel Ja- cob Gordon het vir langer as 'n maand geen besoeke aan hierdie twee poste gebring nie. Gordon was een van die kommissarisse van houtbosse. Die nasionale bataljon se surpluslede het sowat twee myl verder

weg in die gerief van 'n tentkamp agter die Wynbergkamp gewoon (:237). Die Wynbergkamp was op Fokke Hendriks Lochner se plaas aan die suidekant van Wynberg, sodat dit 'n uitsig op Sandvlei kon hê en terselfdertyd kon dien as 'n voorpos (:232).

Steenbergkamp se hookwartier was op Russouw se plaas, Swaanswyk, waar die infanterie en die artillerie van 55 man 'n beskeie klein huisie tot skuiling gehad het (Nel 1972:241). Die kamp is daarheen verskuif, nadat Muysenburg as militêre pos aan die Engelse magte afgestaan is. Tydens die Britse aanval op Muy- senburg, 7 Augustus 1795, het enkele lede van die nasionale bataljon en die burgery in die Steenbergvallei teruggeval, versprei en sporadies die Engelse teruggedryf, wat probeer het om die Hollanders in die vallei op te volg. Die Engelse was verplig om na Muysenburg terug te val (:230-1). Op 8 Augustus het Sluys- ken aan kaptein Kibourgh die opdrag gegee om saam met die burgerafdelings van Myburgh en Cloete op Russouw se plaas pos op te neem (:235). Hierdie pos het tot die oggend van 14 September diens gedoen. Die Pandoere het in die magasyn van die Steenbergpos gebly, terwyl die burgers vir hulle hutte in die veld van takbosse moes maak, omdat daar geen tente tot hulle beskikking was nie (Nel 1972:241). Die ligging van die skuilings op die militêre kaart van 1795 kom voor aan weerskante van die Prinskasteelriviersloot op Raapekraal, rondom Russouw se opstal op Swaanswyk (Zwaansweijde) en langs die boloop van die Prinskasteelrivier op Buffelskraal. Twee ander posisies op Buffelskraal word ook aangedui: eerstens op die bopunt van die vlakte tussen die Prinskasteelriviersloot en die werklike Prinskasteelrivierloop (die huidige piekniekterrein) en rondom Pondokvlei onder die Pondokvallei, ongeveer waar die struktuur op die 1795-kaart (Brommer 2009:192) aangebring is. Posisie van skuilings word ook aangedui op Berg- vliet, langs die Grootboschrivier, rondom Witteboomen en by Franken se plaas noordwes van Witteboo- men, maar hierdie burgerruitery was waarskynlik by die Wynbergkamp betrokke (:255-6).

Sedert Junie 1795 (NASA, KAB 1796a), toe verdedigingstroepe en aanvalstroepe op verskillende stadia deur die omgewing getrek en gekamp het, het die getal verbruikers van brandhout drasties toegeneem. Behalwe die toename van Britse troepe in Simonsbaai, het die sametrekking van soldate op verskeie plekke brandhout benodig. Op die middag van 10 Junie is 'n Engelse eskader van agt skepe in Valsbaai gewaar. Die volgende dag het die skepe in Simonsbaai geanker (Nel 1972:201). Sluysken het onmid- dellik die burgers van die Kaap ontbied (:202). Agt-en-veertig berede soldate is na Muysenburg gestuur en 30 artilleriste moes vanaf Simonsbaai na Muysenburg verskuif om die twee veldstukke, wat aan die voet van die Steenberge geplaas moes word, te beman. Die posisie van veldstukke is so gerig dat dit 'n deurtog via die vleie deur Steenbergvallei moes verhinder. Hierdie twee veldstukke was op die noordoos- telike punt van Raapekraal, of moontlik die latere Kleinbergvlietplaas langs die pad tussen Muyenburg en Bergvliet. Die plek was regoor Baasharmenskraal, tussen Russouw se opstal en Baasharmenskraal (:232). Vóór hierdie veldstukke was daar drie poste van Hollandse troepe wat die vyand moes stuit. Die eerste posisie vir ruitery was die voorpos langs Sandvlei na aan Muysenburg. 'n Entjie verder, vanaf die voorpos naby die invloei van die Keiserrivier, die Keisermond, en aan die westekant van die wintersandpad, net

voor die pad vurk, was daar ook 'n posisie vir lede van die Hollandse troepe. 'n Derde posisie was tussen die Russouw-opstal en die Prinskasteelriviersloot. Dit is waarskynlik waar die Steenbergpos was (:235). Die posisie van die suidelike Steenbergvallei is in 'n direkte besettingslyn aan die westekant vanaf Muy- senburg, rigting Constantia. Daar was in 1795 weinig ingesetenes op slegs 'n paar plase, met stukke oop grond of houtveld van die Kompanjie tussenin. Die Russouws was op Swaanswyk en Russouw het ook Raapekraal gehuur. Noord van Russouw was die klein plasie van Teubes, Aan de Buffelskraal, dan volg die Brinks op Buitenverwachting, die Colyns van Klein-Constantia, Cloetes op Constantia en die houtpos by Witteboomen. Daar het drie paaie uit die Steenbergvallei na Wynberg geloop: die ou sandpad via die Brinks en die Constantia-plase, waar dit aansluit by die Houtbaaipad en verby Witteboomenhoutpos na die onderpunt van Wynberg loop; 'n meer direkte verbinding tussen Russouw, oor die Buffelsvlei en net noord van Bergvliet na Wynberg as 'n tweede pad en die derde pad is die direkte pad van die droë seisoen tussen Muysenburg en Bergvliet oor die vlakte en oos van Baasharmenskraal. Die Buffelsvlei was op daardie stadium aansienlik kleiner, omdat die Prinskasteelrivier na Sandvlei via Swaanswyk en Raape- kraal herlei is (Brommer 2009:192).

Ook die beweging van die troepe het die veld verniel en die water besoedel. Die Britse inval van 14 Sep- tember 1795 het in drie kolonne beweeg: die grootste gedeelte van die tussen 4,000 en 5,000 soldate het via Sandvlei oor die Vlakte in twee kolonne beweeg – hierdie beweging was oos van die vleie en nie deur die Steenbergvallei nie (Nel 1972:254). Dit is slegs die kleiner kolon, ongeveer 800 mariniers, wat die Keiserrivier gekruis en deur die Steenbergvallei beweeg het. Volgens Cullinan (1992:182) was daar slegs twee kolonne. Slegs een kolon, die Engelse mariniers, het deur die Keyserrivier gegaan en deur Steen- bergvallei getrek (Nel 1972:254). Die Steenbergkommando het tussen agt en nege voormiddag die wyk geneem na Wynberg, omdat hulle nie deur die Engelse mariniers van Wynberg en hul kamerade afgesny wou wees nie. Dit is onseker watter pad die mariniers toe deur die Steenbergvallei geneem het. Dit is bekend dat 'n aantal soldate Constantia se wyn geplunder het en die huis beskadig het, maar dit het gebeur tydens die terugtog na Muysenburg en Simonsbaai, nadat Tafelbaai beset en die VOC-regering ontsetel is (:261).

Deur so na as moontlik aan die hoër kant van die heuwels te beweeg, sou die Houtbaaifort, wat ook deur Kaapse magte beman is, suksesvol deur die Engelse afgesny gewees het. Maar die nasionale bataljon het nagelaat om die troepe by Houtbaai enigsins oor die inval in te lig (Nel 1972:257). Dit wil voorkom of die afsnyding van die troepe van die Steenberge en Houtbaai tesame met 'n aanval op Wynberg-rugkant die boonste of hoë pad sou begunstig. Dit was egter 'n ompad oor die bopunt van die heuwels. Die twee paaie oor die laer gedeelte van die Buffelskraalgebied na Bergvliet sou die Britse kolonne herenig nadat die Steenbergse mag uitgeskakel is en om dan as 'n eenheid Wynberg van agteraf of die westekant aan te val. Kibourgh moes dus met die direkste en vinnigste pad teruggeval het tot op Wynberg om daardie pos gesamentlik te verdedig. Die Steenbergkamp se mag het uit 80 man van die nasionale bataljon en drie

kanonne, twee kompanies ruitery en 'n aantal Pandoere bestaan. Kibourgh het later gesê dat hy nie die vyand by Bergvliet gewaar het nie en toe tot by Wynberg teruggetrek het (:255).

Hoewel Kibourgh met groot gesukkel sy kanonne sonder trekdiere deur die veld moes sleep, het hy Wyn- berg bereik voordat die Engelse troepe hom kon afsny. Kibourgh se kommando het met die direkte pad tussen Russouw en Bergvliet na Wynberg teruggeval, want sy kompanies ruitery, aangevoer deur Du Plessis en Eksteen, en sommige Pandoere, het op Bergvliet agtergebly (Nel 1972:255,257). Anders as wat Aikman, Malan en Winter (2001:42) dit stel: “The land was fought over when the British invaded in 1795. The troops were strategically located close by.”, het daar nie 'n geveg of skermutseling op die Buf- felskraalhoutveld plaasgevind nie. Die Engelse troepe het weliswaar ook wes van die Sandvlei gekamp – gemerk “f” op die militêre kaart van 1795 (Brommer 2009:192) - maar dit was 'n kortstondige kamp. Hierdie kamp was boonop op Raapekraal, terwyl Buffelskraal verder weg en aan die anderkant van die Steenbergpos was.

Skermutselings het sporadies gevolg. Die Britse magte is reeds op 8 Augustus 1795 vir die eerste keer deur die voorpos burgerruitery in die Slag van Sandvlei teruggedryf en boonop deur die Pandoere vanuit die berge uitmekaar geskiet. Skermutselings soos op 21 Augustus, waartydens 'n burger se perd en twee Engelse doodgeskiet is, het gevolg nadat Engelse soldate deur Sandvlei probeer trek het (Nel 1972:243). Op 1 September volg 'n gesamentlike aanval deur die Pandoere en ruitery (:247), wat die Britte so haastig moes laat terugval dat hul wapens en besittings laat lê is. Dit is later onder lede van die Pandoere verdeel (:248). Hoewel die Engelse soldate bykans alles agtergelaat het tydens die skermutseling van 1 Septem- ber, kon hulle met behulp van soldate van die Muysenburgpos die burgers teruggedryf. Die burgers het op hul beurt krygsgevangenes, menigte gewere en ander goedere buit gemaak. Hierdie skermutselinge het naby Sandvlei en dus op Raapekraal plaasgevind. Die hewigste konflik was oos van Bergvliet op die vlakte toe die Engelse hul finale opmars begin het.

Kibourgh en sy manne het die oggend van 14 September beraad gehou en besluit om op die grond tussen Teubes en Russouw pos te neem. Dit is die enigste verwysing na Teubes se grond. Willem Wium, een van die manne, het verkenning van die Engelse opmars gaan doen waar hulle om die hoek van die Steen- berg gewaar is en bevind dat die mag nie die geskatte 300 man sterk was nie, maar ongeveer 800 man. Ook het hulle twee veldkanonne saamgevoer. Die burgerruiters sou hulle nie kon stuit nie en gevolglik het Kibourgh en sy mag deurgetrek na Bergvliet en hulle het vandaar na Wynberg toe terug-geval. Daar- na het konflik tussen die Britte en die burgerruitery, wat op Bergvliet agtergebly het, oos van Bergvliet uitgebreek (Nel 1972:255-6). Hiertydens het die burgerkompanies van lt. Daniël du Plessis van Swellen- dam en kaptein H.O. Eksteen die Britse soldate onder hewige vuur op die vlakte naby die pos van die Wynbergkamp geplaas. Die burgerruitery het egter geen versterkings gekry nie en moes na 'n uur terug- val. Die gevegsterrein se bepaling was in die omgewing van die Wynbergpos, want die burger, C.F. Rautenbach, wat daar aan diens was, het sy pos verlaat en Du Plessis het ingestaan.

Die adres van 'n paar artilleriste en 'n aantal lede van die burgermag wat naby Russouw se plek gekam- peer het, was Swaanendijk en dien vermelding (TANAPb 1795b). Soos reeds genoem, was die skuilings van die burgery en ander Hollandse troepe versprei oor onder meer Russouw se plaas, ook weerskante van die Prinskasteelriviersloot wat suid van Teubes se grond na die Steenbergsrivier herlei is. Tussen die Russouw-opstal en die Prinskasteelriviersloot was die derde posisie van die Hollandse korps wat uit 80 man van die Nasionale Bataljon, twee kompanies burgerruitery en Pandoere bestaan het (Nel 1972:232, 255). Hul posisie langs die Steenberge op 12 Augustus 1795 was volgens die adres bo-aan 'n brief, on- derteken deur Von Hughel, H. Cloete jr. en I.J. Tesselaar in sake 'n boodskap van generaal Craig aan kom- missaris Sluysken: Swaanendijk (TANAPb 1795b). Cloete het op daardie stadium reeds vir sy vader (Hendrik de Oude) op Constantia geboer (Schutte 2003:106vn32) en moes geweet het die plaas se naam is Z(S)waanseweijde of Swaanswyk. Het Cloete hier probeer om die presiese plek van die kamp aan te dui? Die naam verwys dan na die dyk of keerwalle van die herleide Prinskasteelriviersloot en wat 'n landmerk was wat Cloete en die lede van die Politieke Raad geken het. Dit bevestig onteenseglik die herleiding van die Prinskasteelrivier met die verdere implikasie dat dit 'n mensgemaakte sloot of dyk was. Naas die teorie dat die sugsloot die militêre pos van water voorsien het, was die dyk dalk veel ouer. Dit het moontlik ook leiwater aan die inwoners van Swaanswyk voorsien. Oortmans se gronduitgif van 1711 toon 'n sugsloot of mensgemaakte sloot of grag aan wat nie op die 1688-uitgif van Michielsz is nie (NASA, KAB 1711;1688). Genoemde diagramme behoort saamgelees te word met die diagram van die Kantoor van die Landmeter-generaal, 522/1880 (DRDLR 1880d). Dit suggereer dat die Kleinbergvliet reeds vir jare na die Steenbergsrivier herlei is. 'n Vergelyking van die Van der Graaff-kaart van 1788 voor die beleg van Musyenburg met die 1795-kaart (Diagramme 2,3 Bylaag B) suggereer dat die Prinskasteel- rivier (Buffelsrivier) na 1788 na die Steenbergsrivier herlei is. Daar is moontlik van dieselfde kanaal gebruik gemaak wat op die 1711-diagram ingeteken is. Die kanaal het in die Steenbergsrivier net voor die invloei in Sandvlei ingeloop Die 1795-oorlogskaart, wat besonder gedetailleer is, dui ook die keerwal in die Prinskasteelrivier aan naby die drif vanwaar die sugsloot na die Steenbergrivier herlei is, want Rauch se gronduitgif maak nie melding van enige waterregte uit die rivier nie (NASA, KAB 1792). Die dyk waarna Cloete in sy briefwisseling verwys, het dus reeds vir 'n tydjie bestaan en was 'n bekende land- merk. Die verbindingsloot wat onder die drif aangetoon word, is dan na 1788 gebou of gegrawe en dit kon dan inderdaad wees om 'n groter waterafloop vir die inwoners van die militêre pos te Muysenburg te verseker. Muysenburg het sedert 1744 as 'n militêre pos en 'n halfweghuis tussen Tafelbaai en Simons- baai gefunksioneer (Sleigh 2004:340).

Met die beleg van Muysenburg was daar 'n magasyn by die kampplek te Swaanendijk, want dit is te be- twyfel dat die magasyn te na aan die opstal sou wees. Die magasyn was waarskynlik ingegrawe en met 'n dak van dekriet (restio's) of strooi bedek om die kruit droog te hou – vandaar die slaapplek vir die

Pandoere (Nel 1972:141) Die Pandoere is uit vryswartes en Khoina saamgestel. Hulle het die laagste rangorde beklee en terselfdertyd die gevaarlikste taak gekry – om die magasyn op te pas.

Die aantal mense rondom Muysenburg, wat in die winter en vroeë lente in die reënseisoen tot 14 Septem- ber brandhout benodig het, was tussen 2,500 en 3,000 mense. Die sterkte van die verdedigingsmag by Muysenburg is onseker. Cullinan (1992:179) reken daar was meer as 470 man,saamgestel uit ongeveer 200 infanteriste, 120 artilleriste, twee kampe van burgerruitery en 150 Pandoere onder aanvoering van lt.- kol. De Lille, die onderbevelhebber van die Kaapse verdedigingsmag. Sleigh (2004:347) gee die getal Kaapse soldate by Muysenburg aan as 258 man sonder die artilleriste en die burgermag. 'n Memorandum van 25 September 1789 oor die verdediging van die Kaap de Goede Hoop het die 668 weerbare manne en die garnisoen in die Kaapse Distrik soos volg saamgestel: Een kompanie te voet ingesluit diensdoende offisiere, onderoffisiere en skuts. Die tweede kompanie van 250 man is saamgestel uit burgerruitery en offisiere. Die ingenieurskorps was sowat 100 man, uitgesonder bygehuurde staf (NASA, KAB 1789a). Nel (1972:250-1) se opgawe vir 1795 is waarskynlik meer korrek. Die totale verdedigingsmag aan die begin van September 1795 was sowat 900 lede met 1,140 burgers, 577 infanteriste, 400 artilleriste, 57 soldate van die Meuronse en Württembergse regimente, 80 addisionele Khoina, en 150 Pandoere. Die aantal manne wat in die omgewing van die houtveld rondom Buffelskraal, Baasharmenskraal en Raape- kraal op 'n gegewe tydstip gekamp het, skuilings opgerig en wat elke dag vuur gemaak het – nie net vir kos nie, maar teen die winterkoue, of om hulle en hul klere droog te maak, kan so opgesom word:

• Hollandse troepe van 13 Junie tot 7 Augustus te Muysenburg: 991 man per week oor vyf weke. • Hollandse troepe van 7 Augustus tot 13 September te Swaanswyk: meer as 400 man oor vyf

weke.

• Britse troepe van 8 Augustus tot 13 September te Muysenburg: aanvanklik 1,600 wat na 'n week verminder tot 600, maar van 27 Augustus toeneem en 1,900 op 4 September bereik (Sien Figuur 4 en 5 Bylaag A). Hiervan het meer as 1,200 man, enkele gesleepte kanonne, asook meer as 400 perde op 13 September oor die vlakte van Buffelskraal beweeg. Die impak daarvan op die sensitiewe sandduine is nie bekend nie, maar dit het waarskynlik jare geneem om te herstel. Die houtpos by Buffelskraal, veral benede-Buffelskraal, het moontlik geleidelik uit die boeke van die onderskeie regerings gegly. Daar kan verskeie redes wees. Die houtveld het in 1795 bloot net uitgeput geraak weens die sporadiese instroming van soldate in die omgewing sedert 1794. Krygsaktiwiteite by Muysenburg het heelwat perde en vee ingebring. Gedurende Junie en Julie 1794 het 'n groot afdeling burgerruitery op die pos te Muysenburg waggehou. Sleigh (2004:347-8) lys die goedere wat deur die Magasyn in Tafelbaai voorsien is. Daaruit kon afgelei word dat dit 'n groot getal mense was. Hulle het onder meer 1,300 mud koring vir die burgers en 1,300 mud gars vir hulle perde uit die Kaapse magasyn ontvang. Wavragte gars en hooi is in April 1795 na verskeie poste op die Valsbaaise kus gestuur, toe 100 voetsoldate en 50 kanonniers daar gekamp het teen 'n moontlike inval van Frankryk. Einde Junie 1795 trek die Kaapse verdedigingslinie saam by Muysenburg, 258 man sterk. Daar is 'n paar hutte opgerig,

grondskanse opgewerp en 'n palissade van hout gemaak. Trekvee van twee spanne van 16 osse, vier

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN