• No results found

Hoofstuk 3: Ekonomiese verbruik van die aarde: Tokai-landgoed en omliggende grond, 1792-1883

3.4 Druiweverbouing en wynbereiding

3.4.1 Profiel van Petrus Michiel Eksteen

Tot op hede word Petrus Michiel Eksteen as 'n windbol en 'n deurbringer in literatuur bestempel (Mauve s.j.:7), hoofsaaklik na die vertolking van sy insolvente boedellêer deur Dane (1981:118) en sy persoon as 'n houer van drinkpartye (Lister 1960:83;Fairbridge 1922:87). Tog het hy daarin geslaag om die plaas van 38 morg tot oor die 300 morg uit te brei, die wingerboerdery uit te brei (NASA, KAB 1822a;1823b) en die woonhuis en buitegeboue aansienlik te verander (1842b). Dit is in belang van sy eie nalatenskap, as- ook die nalatenskap van die Eksteen-afstammelinge van Tokai, dat daar meer oor hom as mens gerappor- teer word.

Petrus Michiel Eksteen was van jongs af 'n ondernemende persoon. In 1791 koop die vyftien jarige seun, Pieter Eksteen, tien trekosse op De Schuer se uitverkopingsvendusie (NASA, KAB 1791e; Heese, Lom- bard 1989). Tydens die 1795-verdediging van die Kaap teen die Britse inval is die negentienjarige Pieter wagmeester van die eerste kompanie van die burgerruitery, 't Roode Pandaart, (NASA, KAB 1787). Op 27 Mei 1800 woon Petrus Michiel steeds aan huis van sy ouers te Bergvliet, maar tree die einde van die jaar, op 28 Desember 1800, in die huwelik met Hester Anna Cloete, kleindogter van Hendrik de Oude en dogter van Hendrik Cloete (senior), eienaar van Groot Constantia (NASA, KAB 1800d;Heese, Lombard 1989). Die adres van die pasgetroude egpaar is onbekend, maar hulle betrek Tokai in 1802, nadat Petrus Michiel die plaas op 1 Maart 1802 op 'n openbare vendusie aankoop (NASA, KAB1802a). Die volgende jaar doen hy onsuksesvol aansoek om die strook grond tussen sy twee plase, Buffelskraal en De Anneks te Tokai, te koop (1803h). In Junie 1804 verskyn sy naam saam met H.O. Eksteen op 'n lys van name van grondaansoekers, maar die aansoek is nooit gefinaliseer in die Bataafse periode nie (1804;1805). Hy word 'n militaris in Desember 1805, toe 29 jaar oud. As inkomende kadet word hy na 'n tweede luitenant

in die negende bataljon Bataafse Jaagers van die vyfde bataljon van Waldeck bevorder en is sy salaris deur die rekeningkamer betaal (1805f). Petrus Michiel het dus die offisierskursus, wat deur Jannsens in 1804 ingestel is, bygewoon. Kursusgangers het as kadette begin en daarna tot dragonder, korporaal en wagmeester gevorder (Krynauw 1999:25). Petrus Michiel se rang tydens die 1795-oorlog was die van wagmeester. Sy bevordering na tweede luitenant in 1804 is na alle waarskynlikheid bo verdenking en los van enige moontlike verbintenis met sy skoonvader, Hendrik Cloete (senior), die inspekteur van lands- grond en -bosse. Dit beteken dat hy moontlik deeltyds geboer, maar wel transport gery het (NASA, KAB 1806). Hy was nie die oudste kind van H.O. Eksteen nie en moes dus van vroeg af vir hom 'n nering kry. Vandaar die aankoop van sy eerste osse in 1791 (NASA, KAB 1791e). Sy vader se uitgestrekte weidings- regte het hom moontlik ook bevoordeel (TANAPb 1792).

Na die Britse oorname in 1806 verskyn Petrus Michiel se naam op die rekeningstaat van Hendrik Cloete aan die Britse regering vir dienste gelewer gedurende Cloete se termyn as inspekteur van landsgrond en -bosse van die Bataafse regering. Petrus Michiel was daarvolgens geregtig op Rds 430 as ryloon vir die transport van sparre en kalk na Wynberg tydens die Bataafse bewind (NASA, KAB 1806).

Tydens die opgaaf van Januarie 1810 verskaf hy behuising aan die bottelier en moontlik wynmaker25, Johan Philip Weeber (NASA, KAB 1810a;TANAPb 1793). Eksteen maak 'n bestaan uit die verkope van wyn en hout en moontlik het hy ook met vee gespekuleer. In die loop van 1810 verkoop hy 4 perde, 44 osse en 58 aanteelkalwers, volgens 'n vergelyking tussen die Januarie- en die Desemberopgaaf van die 1810-sensus (NASA, KAB1810a). Die teenwoordigheid van Weeber op sy plaas suggereer dat Eksteen hulp met die bestuur van die wynkelder en / of wynmaak benodig het. Tyd sou leer dat hy moontlik nie 'n wynboer uit eerste keuse was nie en dat die plaas nie geskik was vir wynverbouing nie. Boonop was die twee stukke grond, Buffelskraal en De Anneks, van mekaar geskei en dit sou sy boerdery bemoeilik het. Ten einde die plaas te ontwikkel, het Eksteen verskeie lenings aangegaan. Die wynopbrengs was teleur- stellend en hy het in gebreke gebly om die lenings terug te betaal (NASA, KAB 1842;1842b). Ook raak sy betaling van die jaarlikse ewigdurende erfpag agterstallig (1814;1836). Eksteen moes staande bly te midde van 'n reeks terugslae. Sy vrou, Hester, sterf in Oktober, 1836, kort nadat Eksteen in Augustus sy kompensasiegeld ontvang en sy slawe waarskynlik en masse die plaas verlaat (1836a;b;1837). As vader wou hy duidelik sy seuns help om op die been te kom, soos met 'n £1,000 lening aan Hermanus Arnoldus, £710 se slagvee aan sy seun Jacob Pieter en die verhuring van 'n gedeelte van die wyngaard aan Sebastian teen 'n skrale Rds 400 of £30 per jaar. Petrus Michiel se persoonlike aanspreeklikheid is nie aan ons bekend nie, maar hy het staande gebly tot aan die einde van sy lewe. In baie moeilike tye verpand hy die plaas op 'n bykans berekende wyse met lenings wat lenings moes aflos, maar sonder sukses. Sy laaste rekeningstate toon aan dat sy uitgawes sy inkomste oorskry het. Hy sterf aan die einde van 1849, 'n jaar voordat die plaas op 'n openbare veiling deur sy twee seuns, Bastiaan en Japie, gekoop word (1842b). 25 Bottelier: “bediende die het opzicht had over de wijnkelder en de wijnronddiende” (Kruyskamp 1961:318).

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN