• No results found

Hoofstuk 1: Inleiding

1.7 Enkele skryfkwessies van belang

Praktiese probleme wat ondervind is, is die taal van die name van plekke en instansies. Die VOC-name is hoofsaaklik Nederlands of 'n variasie daarvan. Waar 'n VOC-pleknaam net tot die era beperk is, soos De Schuer, is die oorspronklike naam gebruik. Afrikaanse variasies is gebruik waar die plekname vandag steeds gehandhaaf word, bv. Sandvlei, Keiserrivier en dies meer.

Voor 1994 het die meeste name van instansies Engelse en Afrikaanse name gedra. Tans word die name net tot een taal, Engels, beperk. Omdat daar dikwels bronverwysings by betrokke is, word die amptelike naam as bronverwysing gebruik. TNP se bronverwysing is dus die Engelse vertaling, TMNP, want dit is die houerorganisasie van die verslag. Al die verslae word net in een taal uitgegee. Private erfenisorga- nisasies het deurgaans net een amptelike naam, so ook verskeie omgewingsorganisasies. Ter wille van internetsoektogte is dit m.i. meer juis om die Engelse benaming te gebruik, maar die Afrikaanse vertaling word wel eerste genoem. Die Engelse akroniem TANAP ( Towards a New Age of Partnership), as berg- plek vir die Resolusies van die Politieke Raad 1652-1795, word gebruik (Kyk vn 6 p.11). Afrikaanse benamings en akronieme vir TNP, EWK en NASA, KAB of SAB (Nasionale Argief van Suid-Afrika,

Kaapse of Sentrale Argiefbewaarplek) word gebruik weens die hoë voorkoms daarvan in die proefskrif. Mate en gewigte, lengtemate, grondoppervlakte en geldeenhede word gebruik soos wat dit in dokumente gevind word. Riksdaalders word afgekort met Rds en gulden met ƒ. Driehonded gulden was gelykstaan- de aan Rds 100, terwyl Rds 13.333 gelykstaande was aan een Britse pond, ca 1830-1860. Die verhouding pond tot riksdaalders word gevind in P.M. Eksteen (senior) se insolvente boedelrekening van 1851

(NASA, KAB 1842b). Teen 1883 word al die bedrae in Britse pond aangedui. Betreffende oppervlakte het die VOC-landmeters Hollandse of Rynlandse morg gebruik, terwyl die latere Engelse landmeters akker of hektaar gebruik. Waar van belang, word ou mate omgeskakel tot verstaanbare eenhede. Kopiereg blyk steeds 'n probleem te wees. Om die digitale materiaal van MuseuMAfricA te gebruik, is kopiereg verleen met koste vir die gebruik daarvan in die proefskrif. Alle digitale materiaal van die KAB het kopiereg. Ten einde dokumentasie te fotografeer, moet navorsers skriftelik by die Hoof van die lees- kamer, KAB, aansoek doen. Fotografering van materiaal in die SAB se leeskamer word toegelaat en geen beperking word op die publisering van digitale materiaal geplaas nie. Ten einde die kopiereg van die houereienaar van die foto's en kaarte te beskerm, word die term, Kopiereg, by die Lys van Diagramme aangebring. Die erkenning van kopiereg noodsaak dat die beeldmateriaal reeds in die inhoudslys vermeld word. Navorsers wat die materiaal wil gebruik, word derhalwe aangeraai om die betrokke houereienaar te kontak.

Die datering van een skets en foto's van die Tokai-woning het probleme opgelewer. In 2011 is 'n skets van die Tokai-woning aan Tokai-park oorhandig. Die skets word as ca 1850 gedateer (Tokai ca 1850). Die boonste verdieping van die woning op die skets was toegerus met skuifvensters. Voor die woning is 'n plaveisel van klip en 'n reuse-eikeboom wat vermoedelik dateer uit die era van P.M. Eksteen. Eksteen is of einde 1849 of begin 1850 oorlede (NASA, KAB 1842b). Die Arthur Elliott-foto's is nie gedateer nie (Fransen 1993:9), maar Elliott het sedert ca 1911 vir Dorothea Fairbridge foto's van ou Kaaps-Hollandse wonings afgeneem (De Kock 1976:294). Dit is onseker oor wanneer Elliott sy foto's van Tokai geneem het. Sy tweede foto-uitstalling, wat argitektuur insluit, word in 1913 in Pretoria, Kaapstad en elders ge- hou. Fransen (1993:9) reken dat daardie uitstalling die beste van sy argitektoniese foto's ingesluit het. Tokai-woning was 'n voorkeurwoning om af te neem en word in die versamelings van Jeffreys, E. Steer, die Ouditeur-generaal, en ander in die KAB gevind. Daar is dus besluit om 'n arbitrêre datum van ca. 1913 vir Elliott se foto's te gebruik. Die foto van die pilare op die terras met die wynkelder in die agter- grond se verwysing is NASA, KAB 1913a. Die Ouditeur-generaal se foto van die woning wat soortgelyk aan die foto van Elliott is, maar die voorkant van die woning vertoon, word dus ook as ca 1913 gedateer en word verwys as NASA, KAB ca 1913. Hierdie datums is arbitrêr, maar in die argumente wat gebruik word, maak dit wel sin. E. Steer se foto's van Tokai-woning verskyn in 'n publikasie van Fairbridge (1922). Steers se foto wat in die KAB bewaar word, word na aanleiding van die publikasie as ca 1922 gedateer en die verwysing is NASA, KAB ca 1922. Die foto is noodwendig voor die publikasiedatum

geneem. Datering van Elliott-foto's deur Fransen (1993) is net so gebruik.

Die Harvard-verwysingmetode is gebruik. Die gebruik van die metode is deur die promotor goedgekeur en nagesien. Die proefskrif toon aan dat die verwysingsmetode suksesvol in Geskiedenis gebruik kan word. Die gebruik van die Harvard-metode kan aanbeveel word, want dit sluit nou aan by tendense wat tans in ander dissiplines gebruik word. Die Harvard-metode is nie onoorbrugbaar wanneer argiefdoku- mente gebruik word nie.

Die navorsing is vir twee jaar moontlik gemaak met geldelike ondersteuning van onderskeidelik die Noordwes-Universiteit en die Nederduits Gereformeerde Kerk, soos toegeken deur die Beursafdeling van die NWU, asook van my man, dr. Emile van Rooyen.

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN