• No results found

Hoofstuk 2: Eienaarskap van die groter Steenbergvallei

2.6 Die VOC-periode: Die landtekens Steenbergen, Steenbergvallei, Prinskasteelberg,

2.6.1 Observasie en dokumentering van landtekens

Nederlandse plekname in die Steenbergvallei dateer uit die periode van naamgewing, ca 1652-1662, toe die area om en naby Tafelbaai verken is. Toe was die herinneringe aan die Patria nog vars en dit het nie net op plekname nie, maar ook by die keuse van plant- en diername 'n rol gespeel. Die Steenbergvallei sou spoedig meer aandag kry toe die eerste grens van 1661 uitgebrei word. Van Goens maak die aan- beveling in 1657 dat die grens tot anderkant die voorgestelde kanaal uitgebrei word (Sleigh 2004:131- 2;171). In 1671 is Valsbaai en Hottentots-Holland ook opgemeet. Dit sou dien as die formele aanspraak van die VOC op daardie gebied, wat die Steenbergvallei insluit.

Die dokumentering van landtekens deur die Hollanders het amptelik in 1652 begin, maar toon ook insi- dente van herbenoeming uit die periode voor en na 1652. Godée Molsbergen (1916:119-20) lys etlike plekke van herbenoeming uit argiefstukke waar aardrykskundige name gebruik is, byvoorbeeld die Verse- rivier wat die Amstel en uiteindelik die Liesbeek word, die Baersrivier wat in groot reën in Tafelbaai en Valsbaai uitloop12, 'n bergnaam ter ere aan Rijkloff van Goens, iewers agter die Hout- en Bergvalleie, 'n bergreeks, die Schorberge, bykans op die verste punt aan Valsbaai se kant en die Tentrivierken, 'n plek by die Steenberge waar onder meer Van Goens geslaap het (Thom 1958:37,388).

Die vroeë plekname is in die Notules van die Politieke Raad en in grondtransaksies opgeneem. Sodoende raak plekname, wat reeds in die volksmond leef, gedokumenteer. 'n Woord se bestaan en sy fonetiese en semantiese geskiedenis is omtrent altyd ouer as sy min of meer toevallige dokumentering (Boshoff en Nienaber 1966:6). Dieselfde beginsel het vir plekname gegeld. Teen die tyd wat die plekname in ampte- like dokumente neerslag vind, was die name reeds 'n geruime tyd by die sprekers ingeburger.

Die Steenbergreeks het waarskynlik sy benaming vanuit Houtbaai gekry, want daardie kant van die Steenberge is eerste deur die ingesetenes in Tafelbaai besoek. In Oktober 1652 is 'n verkenningsbesoek met 'n jag aan Houtbaai gebring. Hoewel die verslag op die groot hoeveelheid hout en hoe om dit op die strand te kry, fokus (Thom 1652:65-6), moes al die omliggende berge ook beskryf gewees het - dit sluit die berge na die suidoostekant, die Houtbaaikant van die huidige Vlakkenberg en Constantiaberg, in. 12 Jan van Riebeeck het persoonlik die twee riviere ondersoek en gevind dat beide die Soetrivier (Verse rivier) en

Omdat die Hollanders nie onmiddellike belang by die gebied gehad het nie, is dit waarskynlik op aansig benoem: 'n klipperige en rotsagtige bergreeks (:179-181). Die woord 'steen' in Nederlands het verskeie betekenisse, maar die toepaslike betekenis is klip(pe) of rotsagtig (Kruyskamp 1961:1915). Vlakkenberg se oostekant vorm deel van die Steenbergvallei, terwyl Vlakkenberg se noordelike kant deel uitmaak van die Houtbaaivallei (Thom 1954:104). Geografies vorm dit egter deel van die Steeenbergreeks (:142). Die onherbergsaamheid van die Steenberge word deur die spesiale hoë kommissaris, Van Goens, in April en Mei 1655, opgemerk. Van Goens het toe 'n aanbeveling gemaak oor die graaf van 'n kanaal om die skiereiland van die hoofland af te skei (Thom 1954:9 vn 4). Met sy tweede besoek, 16 Maart tot 19 April 1657, en die verdere ondersoek van die beoogde kanaal, spreek hy hom uit oor die berge aan die ander- kant van die kloof (Kloofpas, Constantia): die berge is bar en byna onklimbaar (NASA, KAB 1888a:18; Thom 1952:309–10,333 vn;1954:9 vn,9-10). In Van Goens se verslag oor die staptog wat hy in die ge- selskap van Jan van Riebeeck onderneem, noem hy dat hulle 'n toer deur die “geheele land”, behalwe die gedeelte van die woeste en onbeklimbare gebergte, gedoen het (NASA, KAB 1888a:61). 'n Nederlandse verklarende woordeboek (Kruyskamp 1961:192) se omskrywing van bar is “sonder enige plantegroei, ru, koud of onherbergsaam weens 'n ruwe klimaat”. Van Riebeeck (Thom 1954:226) se persoonlike onder- soek na die bergreeks in Februarie 1658 bevestig ook die rotsagtige aard van die terrein.

Dat die berge van die Skiereiland vreesagtig hoog voorgekom het, is moontlik. Die westelike hange van die Steenberge, naamlik Skoorsteenkop, Constantia-, Noordhoek-, Laer Chapmans- en Chapmanspiek is deurgaans styl tot baie styl. Die kuslyn is plek-plek baie smal en onder die Noordhoekpiek suidwaarts eindig die rotswande van die berge in die naby Noordhoekstrand. Constantiapiek, 928 m, is die derde hoogste piek naas Maclear se baken, 1,086 m en Duiwelspiek, 1,000 m, van die Tafelbergreeks. (Map- Studio 1994: 44,76). Constantiapiek is dikwels met wolke bedek.

Gedokumenteerde verwysing na die bergreeks, Die Steenberge, wat suid van die kloofpas begin, dateer uit Augustus 1657 uit die pen van Jan van Riebeeck (Thom 1954:142). Daar is reeds gewys op die be- langrikheid van 'n bestaande Khoi-roete via Houtbaai na die Kaapse Vlakte of Duineveld van voor 1652. Die ontsnapping van die Khoina met vee het die owerhede aan die Kaap genoop om die omgewing agter Tafelberg te verken. Vervolgens is die Steenberge by 'n paar geleenthede verken ongeag die ligging daarvan buite die nedersetting asook die onherbergsaamheid van die terrein.

Tydens Van Goens se tweede besoek is 'n deeglike verkenning na onder meer die vlakte aan die oostekant van die Steenberge gedoen. Die terrein tussen Tafelbaai en Valsbaai is deurkruis. Lede van die geselskap het ondere andere die kommandeur en die landmeter, adelborst Pieter Potter, ingesluit. Potter is op sy versoek op 28 Maart 1657 deur Van Goens tot landmeter en kartograaf aangestel (TANAPb 1657). Die omgewing van Valsbaai is op die tweede dag van die tog ondersoek en aantekeninge gemaak: “the neigh- bourhood was inspected, levels taken and charts made as before.” (Thom 1954:103-4) Hul kampplek is

onbekend, maar dit suggereer 'n goeie uitsig op die oostelike hange van die Steenberge. Vanaf die kamp- plek besoek Van Goens verskeie berge en valleie van Valsbaai, selfs tot sover as die berge van Afrika of die Hottentots-Hollandberge om sodoende die kortste afstand tussen die twee baaie te bereken. Hy het op 26 Maart na Tafelbaai teruggekeer (Thom 1954:104; NASA, KAB 1888a:57-63). Van Goens het deeglik kennis van die Steenberge geneem en verkenningsopdragte aan die kommandeur met sy vertrek gegee. Dit, tesame met die beveiliging van die nedersetting teen Khoi-veestroping en die afsluiting van hul ont- snaproetes, noop Van Riebeeck se persoonlike tog oor die Steenbergreeks in Februarie 1658. Nadat hy in Houtbaai onder die ope hemel geslaap het, begin hy met dagbreek tot by Kloofpas stap. Van daar volg hy die kruin oor al die pieke van die Steenberge tot by Valsbaai (Thom 1954:226). Hierdie waarnemingstog van die kommandeur verleen status aan die Steenberge, want dit was amptelik, dit is gedokumenteer in Van Riebeeck se dagregister en is daarom betekenisvol vir die naamgewing van die bergreeks. Boonop het die dokumentering van die naamgewing min of meer saamgeval met die naamgewing van 'n hele paar ander plekke. Tussen Februarie en Augustus van 1657 het naas die Steenberge dertien ander plekke hul amptelike name gekry. Die plekke is Die Suikerbroodberg by Houtbaai, Die Houtvallei, De Pas (Con- stantia-kloofnek), Bosheuvel, Koorn-hoop, de Schuyr, die Gewelberge, die Luipaardsberg, die Steen- en Bosberge, Rijpermondeklip by Dasseneiland, Hottentotsholland, Margaseneiland (Malgas-) en Schapen- eiland (Godée-Molsbergen 1916:26). Hierdie name het teen 1657 moontlik reeds vir 'n paar jaar in die volksmond geleef.

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN