• No results found

Die Steenbergvallei en Prinskasteelberg (Constantiaberg)

Hoofstuk 2: Eienaarskap van die groter Steenbergvallei

2.6 Die VOC-periode: Die landtekens Steenbergen, Steenbergvallei, Prinskasteelberg,

2.6.2 Die Steenbergvallei en Prinskasteelberg (Constantiaberg)

Geografies strek die Steenbergvallei van die boonste uitlopers van Vlakkenberg, die noordelike berggroep in die Steenberge tot by Muysenburg se piek (Muizenbergpiek) aan die oostekant van die bergreeks. Die noordelike punt is suid van Kloofpas wat vir Van Riebeeck die skeiding met die Bosberge gevorm het (Thom 1954: 142). Die boonste Vlakkenberguitloper, wat die waterskeiding tussen die Bosberge en die Steenbergreeks aandui, word aan die pad tussen die Kaapse Vlakte, vandag Constantia-hoofweg, en Con- stantia-nek uitgeken (DRDLR 1933;Diagram 3,4 Bylaag B). Die oostelike Steenbergvallei se suidelike grens is die Muizenbergpiek. Die hange en laer heuwels van die Steenbergreeks loop dood in die voor- malige Keiserrivier wat mettertyd opgedeel en herbenoem is in die Spaanschematrivier, Soetvlei, die Keiserrivier, Sandvlei en die mond van die Keiserrivier. Die topografie word aan berge en hoër en laer heuwels gekenmerk. Die pieke van noord na suid aan die oostekant heet Vlakkenberg, Constantiaberg (Prinskasteelberg), Skeurberg, Steenbergkoppie, Wolfkop, Hoër Steenbergpiek en Muizenbergpiek (Map- studio 1994/95:76,93-5;NASA, KAB 1885a:6). Ou-Kaapseweg lê tussen Steenbergkoppie en Wolfkop. Tans word die oostelike Steenbergvallei in twee dele verdeel, nl. die noordelike gedeelte, Constantia, wat Constantia-woonbuurt suid van Constantia-hoofweg insluit. Wynplase soos Glen Alphine, Eagle's Nest, Hoë Constantia, Groot Constantia, Klein Constantia, Hoop op Constantia en Buitenverwachting vorm deel van die Constantia-vallei, asook Tokai-woonbuurt. Die suidelike gedeelte, die Steenbergvallei, strek

van die Steenbergwynlandgoed suidwaarts tot by Muizenberg en Sandvlei en sluit in Pollsmoor, Raapekraal (Westlake, Lakeside, Klein Wassenaar), Kirstenhof en 'n gedeelte van Retreat (Mapstudio 1994/95:62-3,76-7,93-5). Steenberg- en Swaanswykwoonbuurt grens aan Tokai-park. Tokai was

geografies nooit 'n gedeelte van Constantia-plaas nie (TANAPb 1717;1717a). Constantia-afdelingsraad is in Maart 1935 geproklameer. Bosbou het beswaar aangeteken en is in Agustus 1935 uitgesluit as 'n bosreservaat (DRDLR 1935). Desnieteenstaande is die berg se naam na Constantiaberg verander. Die huidige naam vir die hoogste kruin in die Steenbergreeks, Constantiaberg, is 'n 20ste eeuse naam wat na die plaasnaam, Constantia, verwys (Du Plessis 1973:86), maar sonder dat daar 'n noemenswaardige of historiese verband tussen die plaas en die berg is. Constantia was die eiendom van Simon van der Stel van 1685 tot 1712. Hierdie oorspronklike plaas van 891 morg, 380 vk. roede en 5 vk. voet, lê uitgestrek teen die voetheuwels van die huidige Vlakkenberg tot en met die suidelike grens van die huidige Buiten- verwachtingplaas (noord en noordoos van Tokai-park) en ooswaarts tot en met omtrent die ou Hoofweg na Simonsbaai (Böeseken1964:206; DRDLR 1685). Vlakkenberg lê reg noord van en aangrensend aan Constantiaberg. Die oorspronklike Constantia-plaas raak net bokant Klein Constantia en Buitenverwach- ting aan die uitlopers van Constantiaberg.

Simon van der Stel se verbintenis tot die groter Steenbergvallei word met botsende menings in die litera- tuur begroet. Skrywers soos Burman (1979) en Fairbridge (1922:79-82) besing sy lof, maar daar is ook die skeptici wat by Simon van der Stel se eie tydgenote begin en hulle bevraagteken sy monopolistiese grondbesit in die Steenbergvallei (Böeseken 1970:342). Die naamgewing van die berg blyk 'n erkentenis vir Simon van der Stel se nalatenskap te wees. Van der Stel se plaas se ligging word in die Resolusies van die Politieke Raad beskryf as teen die Steenberge en langs die Buffelsvallei13 (TANAPb:1714),. Schutte (2003:xii) skryf die plaas se bekendheid toe aan Van der Stel én sy opvolgers, want Constantia-wyn is eers in 1740 goed genoeg geag om as 'n geskenk te gee – dus na Van der Stel se eienaarskap. Schutte meen dat Hendrik Cloete, eienaar sedert 1778, die plaas beroemd gemaak het. Die plaas was toe reeds 'n fraksie van die oorspronklike plaas. Die naam, Groot Constantia, dateer uit Cloete se tyd. 'n Tydgenoot- like skrywer, Valentyn (1971:78, 192), beskryf met lof die voorkoms van Van der Stel se plaas en suggereer tog dat Van der Stel se vernuf die plaas beroemd gemaak het.

Die VOC-naam vir Constantiaberg was Prinskasteelberg. Die naam is in verering van prins Willem van Oranje en hou met die naamgewing van Orangiekloof en die Keiserrivier verband (Thom 1954:104). Dit dateer die naamgewing as ca 1657. Van Goens het op 17 Maart 1657 van die skip, Orangie, in Tafelbaai aan wal gestap. Op 23 Maart het Van Goens en Van Riebeeck deur Houtbaai via die Kloofpas na die vlakte tussen Tafelbaai en Valsbaai beweeg vir die verkenning en kartering van die omgewing (Thom 13 Die Buffelsvaleij behels die vleigebied in die kom onderkant die samevloeiing met die Vlagstokrivier (Brommer

2009:163-4;NASA,KAB 1800b). Die hoofstroom bokant die vlei is die Buffelsvaleijrivier, voortaan die Buf- felsrivier. Die naam is in ca die 19de eeu verander na die Prinskasteelrivier (Archdeacon 1949).

1954:102,104). Omdat die kloof so dig met timmerhout begroei was, is dit na alle waarskynlikheid die geleentheid wat Van Goens gebruik het om die kloof Orangieskloof na Prins Willem van Oranje te benoem. 'n Onmiddellike benoeming sou tot veel hulp van die kartograaf, wat al die plekke moes opmeet en skets, gewees het. Die hoogste piek, Prince Casteel, het heel moontlik toe sy pleknaam ontvang. Dié oorspronklike spelwyse is waarskynlik 'n variasie van die Nederlandse spelling Prinsenkasteel wat besitting aandui. In die lig hiervan kon dit dien as 'n eerbetoon aan die vorstehuis se stadhouer, Prins Willem van Oranje van die 17de eeu. Hierdie titel het 'n roemryke verlede. Die vorstehuis van Oranje se Willem van Oranje, Die Swyger (1533-1584), word gesien as die grondlegger van die Nederlandse Republiek. Die vorstehuis van Oranje het die titel, stadhouer, aan die Prins van Oranje in die 17de en 18de eeu toegeken (Scannell 1965:906). Die verband tussen Orangieskloof en Prince Casteelberg is onmisbaar.

Die vroegste dokumentêre bewys vir Prince of Prinse Kasteel of Casteel dateer uit 1791 (TANAPb 1791f) en vir Vlakkenberg uit 1809 en 1810, toe daar vir grond aansoek gedoen is (NASA, KAB 1809;1810). Die bergkruine is na gebruik in die volksmond benoem, vergelyk Vlakkenberg. Vlakkenberg is die laer of platter berg (Kruyskamp 1961:2268). Volksmondplekname het vir jare bestaan voordat dit opgeteken is, soos plekname uit die houtkappersgeskiedenis op die 1906-kaart (DRDLR 1906). In 1662 het die burgers buite die inbegrepe sirkel agter Wynbergheuwel begin hout kap en die plek het as sodanig bekend geword (Appel 1966:53-4). Die pleknaam Burgersboschkloof (Alphen) het in 1906 nog bestaan. Die bos daar- naas op dieselfde kaart van 1906 heet Klassenbosch. Die plaas Claassenbosch (ook Claasenbosch, Klas- enbos of Klassenbos, later Hohenhort) aan die oostelike hange van Klassenkop was nog altyd 'n raaisel ten opsigte van sy naam, want die plaas is vir die eerste keer in 1693 aan H. ten Damme uitgereik (Fagan 1994:421;Dane 1881:165). Dane omskryf die plaas se ligging as “Aan de Claasenbosch”, dus langs of by die bos. Dit is dus duidelik dat die plaas na die bos vernoem is. Dit suggereer dat die burgers in 1662 en 1663 daar gekap het, want hulle het 'n pad daarheen oopgekap (Appel 1966:54). Van Riebeeck se Bos- berg het mettertyd Klassenkop14 geword (MapStudio 1994/5:62).

Die naamsverandering van die Steenberg se hoogste piek na Constantiaberg dateer uit die laaste dekade van die 19de eeu. Volgens vroeë kaarte van die 20ste eeu is die bergreeks noord van die Prinskasteel- rivier as die Constantiaberge herbenoem (HRC 1901; 1931), maar in 1884 was die berg steeds Prinskas- teelberg volgens 'n regeringskaart (NASA, KAB 1884a). Ook 'n vlootkaart, wat terugdateer na 1870 (Archdeacon 1949), bevestig die naam, Prinskasteelberg. Dit plaas die verandering van die naam van die bergreeks as tussen ca 1890's en 1900.

14 Klassenkop verbind met Claasenbos (Dane 1981:165) waar die burgery na 1662 spontaan begin kap het (Appel 1966:53-4). Die bos en die kop is in November 1663 amptelik ondersoek en die burgery is daarna weggewys. Die kop se ligging is as vlak by die ingang van Kloofpas na Houtbaai beskryf (Appel 1966:54;MapStudio 1994/5:62). Die Klaas van Klasensbos is heel moontlik nie 'n oorspronklike eienaam nie.“Klaas” in Nederlands beteken ook Jan Alleman (Kruyskamp 1961:963), wat bevestig dat dit aanvanklik 'n publieke bos kon wees.

Die feit dat daar so min dokumentêre verwysing na Prince Kasteel as kruinbenaming is, kan toegeskryf word aan die isolasie van die plek. Die hele Steenbergreeks was sedert 1714 'n gedeelte van die Kompan- jie se houtveld en ontoeganklik vir die gewone publiek (TANAPb:1714). Trouens, toe hout sedert 1666 in Houtbaai deur die Kompanjie begin ontgin is, is die burgery weggewys. Hulle het in die 1670's hout langs die Weskus ontgin. In die 1690's is die hout suid van die Bosheuwel vir die Kompanjie gereserveer, terwyl burgers net met 'n spesiale permit kreupelhout teen die lang hoogte van die Steenberge kon kap (Appel 1966:56-7; 60-1). Hierdie lang hoogte is aan die noordekant van Vlakkenberg tussen Houtbaai en Kloofpas, want die oostekant is vir die Kompanjie se amptenare gereserveer. Simon van die Stel het van- af 1700 almal uit die groter Steenbergvallei, asook die vlaktes na Zeekoevallei gehou (Böeseken 1964: 209). Dit dra alles by tot die isolasie van die gebied min of meer suid van die noordelike grens van Van der Stel se grond. Die dokumentering van die bergkruin se naam in 1791 bevestig dus dat almal in die daaglikse handel en wandel die eertydse pleknaam, Prinse of Prince Casteel geken het, maar omdat nie- mand daar toegelaat is nie, kom die naam selde in dokumente voor. Ander moontlike redes waarom die naam Prince Casteel vir die Steenberge nie gedokumenteer is nie, is dat Pieter Potter, die landmeter, se verslae of kaarte nie in Van Riebeeck se dagboeke opgeneem is nie. Die sentrale gedeelte van die Steen- berge was aanvanklik buite die inbegrepe sirkel en moeilik bereikbaar weens die vleie en moerasagtige aard van die terrein, volop wild en ruwe berghange. Dit het ook Van Riebeeck verhinder om skanse bo in die berg op te rig om die Khoi se bewegings te beheer (Thom 1954:226).

Die Prince Casteel kan moontlik ook toegeskryf word aan die moeilik, toeganklike hoë kruin, wat effens laer af op 'n uitkykpunt met twee loodregte kranse voor 'n grot-opening stomp afplat. Die grot-opening is ewekantig met rondings op die boonste hoeke (Diagram 73-4 Bylaag B). Dit vertoon soos 'n kasteel se ingang of poort en die prentjie word voltooi met 'n uitkykpunt op 'n plat vlak 'n entjie laer af. Die grot, Prinskasteelgrot, is, soos die bergkruin se naam, in die eerste helfte van die twintigste eeu deur die kolo- niale amptenare na Elephant's Eye verander. 'n Kaart van 1901 (HRC:1901) dui nie 'n naam vir die grot of die grot self aan nie. Die eerste kaart wat die grot met sy Engelse naam beskryf, is die 1931-kaart, “Die stad Kaapstad en omstreke” (HRC:1931). Vir sommiges lyk die profiel van die berg soos 'n olifant wat kniel met die grot as sy of haar oog. Dit het 'n nuwe landteken geword waarmee die omgewing se inwoners van die 20ste eeu kan identifiseer, omdat 'n knielende olifant binne die denkwêreld van hul bestaan pas. Daarteenoor val die historiese verband met die Nederlandse titel, Prins Willem van Oranje, Prince Casteel, heeltemal buite die ervaringswêreld van die meeste inwoners van Tokai-woonbuurt. Maar net soos wat die benaming Koninklike Jagklub of Royal Society of Engineers baie bekende Engelse be- noemings15 is, was Prinskasteel of Prinsevlag (Sleigh 2004:275) 'n bekende wyse van naamgewing. Die vergete VOC-naam bly egter steeds 'n verlies vir hierdie omgewing, omdat 'n stuk geskiedenis vernietig 15 Name soos Prins Albert, Prins Alfred's Hamlet, Prince Alfred-pas, Prins Edward-eilande is nog voorbeelde van

monargale benoemings van die koloniale moondheid, maar in hierdie geval die Britse koninklike familie (Potgieter e.a. 1965:133-4).

is. Dit is juis die onbegrip vir die Nederlandse naamgewing wat tot die gemaklike aanvaarding van die verkeerdelike Prinseskasteelriviernaam gelei het, want die Nederlandse naam kom in al die grondtransak- sies van Tokai voor.

Prince Casteel word sedert 1792 deurgaans as 'n landteken gebruik om die ligging van die plaasgedeeltes, wat later as die Tokai-landgoed bekend sou raak, aan te dui. Die beskrywing van twee voltitels van 39 morg in 1792 en 9 morg in 1795 asook die beskrywing van die ewigdurende erfpag van 255 morg in 1814, gebruik die kruinbenaming met betrekking tot die ligging van elke perseel (NASA, KAB 1792; 1795;1814). Die Prinskasteel word telkens met die bergkruin verbind. Dit is dus nie (net) die grot, die uitkykpunt of die rivier nie. Die beskrywing is telkens min of meer “Een stuks land gelegen beoosten de Steenberge onder de zogenaamde Prinskasteel ...” soos wat dit in die transaksie van P. M. Eksteen in 1814 bewoord is (1814). Dit stem ooreen met die bewoording van 1792 “... aan de oostekant van de Steenberge onder de zogenaamde Prince Casteel omtrent de Buffels Craal ...” (1792) en in 1795 “... gelegen in de Kaapse Distrik benoorden de Steenberge en oostent van de zoogenaamde Prince Casteel omtrent de plaats genaamt de Buffels Craal...” (1795). Tokai-landgoed lê onder die kruin oor die voet- heuwels van die berg uitgestrek, terwyl die uitkykpunt op die mees suidoostelike hoek van die plato onder Constantiaberg lê (Diagram 4a Bylaag B). Indien die beskrywing na die uitkykpunt sou verwys, sou die plaas meer suid gewees het en dit is omtrent waar Swaanswyk lê. Die woord “zogenaamd” is veelseg- gend. Hoewel dit die betekenis bevat van kamstig op Afrikaans of “skijn” in Nederlands, beteken dit in beide tale ook “so genoem” (Kruyskamp 2452;Odendal, Gouws 2005:1060). Vir die Nederlanders aan die Kaap was die term nie vreemd nie, so ook nie vir die nasate van Duitsers en Hollanders wat hier gewoon en geleef het nie. Die betekenis wat wel sin maak, is “so genoem”.

Dit wil voorkom of die soortnaamwoord kasteel 'n voorkeurnaam vir 'n berg in die eerste tien jaar na 1652 aan die Kaap was. Daar is twee ander berge wat binne die eerste paar jaar na 1652 die name kasteel kry, naamlik die berg, Riebeeck-kasteelberg naby die dorp, Riebeeck-kasteel en Meerhof-casteelberg verder noord. Die onderchirurgijn Pieter van Meerhof se beskrywing van die Meerhof-casteelberg in 1661 is rond, “... leggende op het vaste geberchte gelijck een casteel ende is heel kenbaer, kan wel 17 a 18 mijlen gesien worden eer men daer aencomt...” (Godée-Molsbergen 1916:51). Die naam is later verander, eers na Kalksgatkop (Godée-Molsbergen:254, ingebinde kaart) en toe na Grey-se-hoogte (Thom 1958:347 vn). Die rol van Pieter Potter as landmeter en kartograaf dien vermelding. Soos reeds genoem, het hy Van Goens en die kommandeur op hul tog om die voorgestelde kanaalplan te ondersoek, vergesel. Maar om sy opmetings te kon doen, moes Potter die hoë berge uitstap, ook die kruin van die hoogste piek van die Steenberge. Potter moes ook die hoogte van die Prince Casteelkruin chorografies16 bestudeer (Thom 1954:161). Dit is onseker of Potter werklik die opmeting van die Steenberge gedoen het, maar dit was nie onmoontlik vir hom om die kaarte met landtekens te teken nie. In die lig van die beginsels van choro- 16 Chorografie behels die beskrywing van lande of landstreke aan hul uiterlike voorkoms (Kruyskamp 1961: 372).

grafie van 1657 kan aanvaar word dat die Prince Casteelpiek as 'n landteken of landmetersbaken deur Pieter Potter opgemerk en genoteer is, maar Van Riebeeckse dagboeke maak nie daarvan melding nie. Die naamgewer van Prince Casteelpiek was moontlik Van Goens weens ander ampsbenaminge in die gebied, soos Orangie en Keyserrivier.

Die grot se naam, Prince Casteelgrot, is van die bergpiek afgelei (Mentzel 1944:37). Mentzel beskryf die grot as “by die piek”. Tydens Mentzel se besoek aan die grot kon hy nie by die bek van die grot ingaan nie weens die digte plantegroei. Vir hom was die grot 'n natuurfrats en nie mensgemaak nie, soos wat Kolb beweer het. Mentzel het die grootte beraam op sowat 90 voet / 27.433 meter diep en 40 voet / 12.192 meter lank en wyd. Hierdie gegewens kan help om die vertelling van Purcell aan Burman (1962: 77-8) - dat die grot inderdaad 'n diep grot was en dat 'n skag en gange na 'n dieper area toe lei - bevestig of verwerp. Mentzel (1944:37-38) verwerp al Kolb se feite oor die grot, ook dat die Van der Stels dit laat grawe het om vir minerale te soek. Mentzel en die naaste bewoner, Frederik Russouw, toe 60 jaar oud, het baie oor eienaardighede van die Kaap gesels - ook oor die grot. Russouw het egter nooit gemeld dat hy en Kolb saam die grot besoek of dat Kolb 'n klein stukkie van 'n baie swaar klip daar gevind het nie. Valentyn (1971:192-3,vn 14-17) het soos Kolb beweer dat die wit marmerteëltjies saam met die rooi klip- teëltjies van Simon van der Stel se woning uit 'n gat of holte in die Prince Casteel kom, maar voeg by dat dit uit 'n groef kom en nie 'n grot nie. Dit is net argeologiese opgrawings wat hierdie feit kan bevestig of weerlê. 'n Groef sou veel laer wees.

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN