• No results found

Hoofstuk 2: Eienaarskap van die groter Steenbergvallei

2.6 Die VOC-periode: Die landtekens Steenbergen, Steenbergvallei, Prinskasteelberg,

2.6.10 Aan de Buffels Craal of Buffelskraal

Die ligging van Buffelskraal hou eerder verband met 'n kraal27, verbonde aan die houtpos, as in 'n verbin- tenis met die skaappos, Aan de Steenberg, 1676 tot 1682. Die veepos se lendelam kraal is in 1683 ver- koop én verwyder (TANAPb 1683). 'n Plek sal nie 'n kraal se naam dra as daar nie meer 'n kraal is nie. Die Kompanjie se krale is aan persoonsname en soortnaamwoorde gekoppel, bv. Elsjes Corael, Jan 27 Krale is deur vryburgers en die VOC opgerig om vee teen roofdiere en diefstal te beskerm. Inwoners kon

Biesjes Craal en Baas Harmens Craal en die houtveldposte, Buffelskraal en Raapekraal28 (Sleigh 2004: 182), Die houtveldposte word in die 18de eeu aan 'n spesifieke doel, houtinsameling, gekoppel. Beide name suggereer dat daar krale was. Die buffel in Buffelsvlei is reeds in 1678 as pleknaam ingeburger (Sleigh 2004:158). Die kraal van die houtpos, Buffelskraal, was moontlik op 'n veilige plek, naby water, sodat die vee van die Kompanjie wat die waens moes trek, beskut was teen roofdiere en diefstal, terwyl die houtkappers en slawe hout gekap of versamel het. Die struktuur met 'n kraal tussen Pondokvlei en Soetvlei op die Van der Graaff-kaart van 1788, het ooglopend hieraan voldoen. Dit lyk soos die strukture op Baasharmenskraal, net kleiner, en is nie 'n militêre verskansing nie (Brommer 2009:163-4,192). Die kraal was dus 'n entjie van die eerste 39 morg, “Aan de Buffelskraal” (NASA, KAB 1792). Buffelskraal is nie as 'n veepos gebruik nie en al die Kompanjie se vee is buitendien in 1791 opgeveil (Sleigh 2004: 185-6;194-5). Die naam, Buffelskraal, het moontlik in gebruik gekom, omdat dit 'n blyplek met 'n kraal was op 'n bekende houtveld aan die Buffelsvlei, vandaar die dokumentering, Aan de Buffelskraal (NASA, KAB 1792), asook Omtrent Buffelskraal (1795), in twee gronduitgifte. In 1850 word die landmerk, Buf- felskraal, weer in Tokai se vendusieadvertensie gebruik: “...excellent wine farm called “Tockay” situated near Constantia, in the district of Wynberg, East of the Steenberge, beneath the so called Prince Kasteel at the Buffelskraal and about two hours drive...” (NASA, KAB 1842b) Buffelskraal was 'n bekende land- merk. Dit suggereer ook dat Buffelskraal en Tokai nie uitruilbaar is nie. Teubes se plaas se naam was dus of Teubes se plaas, of Aan de Buffelskraal. Herwig se naamgewing (Tokai) bly vreemd, maar naamge- wing was nodig. Die grond wat Teubes in 1794 (TANAPb 1974) en Eksteen in 1804 (NASA, KAB 1804) wou hê, was juis hierdie grond tussen die twee plase, maar vir die VOC in 1794 van belang. Dit was moontlik die strategiese ligging van die hut en kraal vir die houtkappers se verblyf en hul trekvee wat die uitreiking verhinder het, asook 'n moontlike kwekery.

Van al die militêre kaarte wat na 1795 die lig gesien het, is dit slegs dié van kommissaris-generaal A.J. Sluysken wat Teubes aandui, maar nie na Buffelskraal verwys nie. Die Vlagstokrivier en die Buffelsvlei wat na Soetvlei dreineer, word aangedui (NASA, KAB 1800b). Sluysken (1737-1799) neem waar as goewerneur, 1793-1795. Die weerlose toestand van Muysenburg tydens die beleg in 1795 is deur die burgers aan Sluysken toegeskryf (De Kock, Krüger 1986:686-8) en die kaart kom moontlik uit sy Verbaal (verweer) in Den Haag, 1796. Drie blokkies wat landerye of wingerde aandui met drie klein strukture, gemerk Teubes, word wel aangedui. Sluysken se kaart is in 1800 in Amsterdam gedruk. Die drukkers- datum van die kaart suggereer dat die kaart moontlik opgedateer is.

Die historiese waarde van die VOC-militêre kaart ten tyde van die beleg van Muysenburg (Brommer 2009:192), blyk uit die verskeie kopieë wat na die oorlog verskyn het. Die inligting daarop vervat, vari- eer dus baie. John Barrow (1908:223) publiseer 'n kaart van lt.kol. Bridges van die Royal Engineers, 28 Raap kan die opraap van sade of vrugtebolle van bome wees, of die groentesoort (Kruyskamp 1961:1612). Hier

“Military Plan of the Cape Peninsula drawn by order of the Dutch Government and revised and correc- ted”, in deel twee van sy boek, Travels into the Interior of Southern Africa Hierdie kaart is 'n ooglopende replika van die Situatie-kaart van die Kompanjie (Brommer 2009:192), maar met ingevoegde name en plekke. Dit is genommer met 'n ruitverwysing. Daar is egter geen ruimte vir die Teubes-plaas tussen die plase van Russouw en Brink nie. Die Buffelsrivier is ook heeltemal verkeerd – dit word op hierdie kaart noord van Klein-Constantia ingeteken in plaas van noord van Russouw. Uiteraard word Teubes nie ge- noem nie. 'n Verdere twee kaarte, M1/1381 en M1/2331 (NASA, KAB 1795a) stem grootliks ooreen met die kaart van lt.kol. Bridges, ook sonder 'n verwysing na Teubes of Buffelskraal.

Die Leupe-versameling se Kaart van de Situatie Tussen Baaij Fals en de Groote Wynbergh, Aan de Caap

de Goede Hoop, 1806 (NASA, KAB 1806), stem grootliks ooreen met die VOC-kaart van 1795 in Brom-

mer (2009:192). Die datum van die Leupe-kaart skep die grootste probleem, want die omgewing het tus- sen 1795 en 1806 nogal baie verander ten opsigte van Buffelskraal, Tokai en die Buffelsvallei en Prins- kasteelrivier. Ook was die opstelling van die kanonne dié van 1795 en nie 1806 nie. Dit word bevraag- teken of die Bataafse Republiek presies dieselfde opstelling en plasing van kanonne sou gebruik na die nederlaag wat die VOC in 1795 gely het. P.A. Leupe, 'n vlootoffisier, is in 1863 aangestel om 'n inven- taris op te stel vir die kaartversameling in die Nederlandse Nasionale Argiewe (TANAPa).

Die vleigedeelte by die Ondertuine het wel die naam, Buffelsvalleij, behou. In 1788 word die area steeds as Buffelsvalleij op die Van der Graaff-kaart aangedui (Brommer 2009:163). Colyn van Klein-Constantia het in die 1790's grond by Baasharmenskraal gehuur om vee te wei, maar die water het opgedroog en die weiding gekwyn en plek gemaak vir digte ruigtes (TANAPb 1794c). Die opdroog is heel moontlik 'n direkte gevolg van die rivierherleiding na die Steenbergsrivier (Brommer 2009:192).

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN