• No results found

Private besit: Aan de Buffels Craal, 1792-1800, of Tokai, 1800-1883

Hoofstuk 2: Eienaarskap van die groter Steenbergvallei

2.7 Kaart en transportperiode, 1652 tot 1883

2.7.2 Private besit: Aan de Buffels Craal, 1792-1800, of Tokai, 1800-1883

2.7.2.1 J.A. Rauch (1731- ?)

Johannes Andreas Rauch het in 1758 as 'n geweerslotmaker in die Kaap de Goede Hoop aangekom. Hy is op 13 September 1731 in Norva, Estland, gebore. Hy was aanvanklik aan die hoof van die Kompanjie se arsenaal, maar word in 1772 as poshouer van die pos, De Schuer, aangestel. Hy is “baas” genoem weens sy aansien ten opsigte van sy vakmanskap. In 1788 word hy dan ook beloon vir sy ywer en goeie diens gedurende die oorlog van 1784 en word sy rang verhoog tot Opperbaas en Opsiener oor die poste De Schuer, Witteboomen, insluitend die hout- en rietveld van die Kompanjie - 'n betiteling wat teen die grein van die Here XVII van 1771 was (Sleigh 2004:100-01). Rauch bestuur De Schuer vir 19 jaar en was in beheer van tussen 75 tot 84 wadrywers en beeswagters asook twee onderbase. Sy ervaring in boerdery, groente- en garsverbouing, die bou van 'n opgaardam en die aanplanting van dennebome het hom in 'n gunstige posisie geplaas om na sy aftrede op Aan die Buffelskraal te boer. As opsiener van die houtveld het Rauch deeglike kennis van die groter Buffelskraal gehad (:195). Die 39 morge was net bokant die pad vanaf Brink na Russouw van Swaanswyk (Diagram 6 Bylaag B). Die Buffelsrivier se herleidingsvoor na Muysenburg word nie in sy grondgebied aangedui nie, so ook nie die doordrif of rivierdrif32 nie. Die koop is gedateer 6 Januarie 1792. Maar onmiddellik, binne drie maande, verkoop hy die grond aan Andreas George Hendrik Teubes, 14 Maart 179233 (NASA, KAB 1792). Die verkoopprys in Riksdaalders

32 'n Doordrif of deurdrif is 'n drif deur 'n stroom voordat brûe gebou is. Dit is 'n kulturele merker en behoort as 'n erfenishulpbron erkenning te geniet. Die area hou die moontlikheid van argeologiese merkers in. Dit help ook om ou weë te bepaal en was moontlik ook areas waar daar uitspanplekke was.

is dieselfde, Rds 100. Dit suggereer dat Rauch geen ontwikkeling op die grond gedoen het nie.

Hoewel die Rauch-vrygrond die era van grondeienaarskap inlui, is dit vooraf gegaan met 'n ses maande huurkontrak van Albertus Jacobus Munnik vir Buffelskraal, gedateer 21 Julie 1791. Die inskrywing ver- wys spesifiek na “Buffels / de: / Craal geleegen aan die Steenberg” (NASA, KAB 1791c). Ook hierdie inskrywing verklaar nie waar die oorspronklike perseel was nie. Vermoedelik het hy in die struktuur wat op die 1795-kaart aangedui word (kyk Diagram 2 Bylaag B), vee gehuisves wat by Soetvlei, onder die Palmietvlei, gewei het. Munnik sou later 'n deel van Baasharmenskraal bekom. Hy was die boer wat die Soetvlei drooglê toe hy 'n kanaal van die grens met Tokai tot by die samevloeiing met die Spaanschemat- rivier, net voor die brug by die M3, gegrawe het (DRDLR1806;NASA, KAB 1837c;1838;1838a;Diagram 11 Bylaag B).

2.7.2.2 Andreas Heinrich George Teubes (ca 1746-1807)

Teubes koop die onontwikkelde plaas teen dieselfde koopsom, Rds 100, as Rauch. Teubes het in 1769 in die Kaap as soldaat in diens van die VOC aangekom. Hy ontvang burgerskap in 1775 (Schubert, s.j.). Sy naam word vanaf 1769 tot 1771 as 'n wadrywer en karweier in diens van die Kompanjie in die Monster- rollen gelys (NASA, KAB 1760) waarna die opvolgmonsterrol ontbreek. Hy word later as chirurgijn34 majoor van die Burgermag aangestel (TANAPb 1790a) en het in die Vrije Korps gedien (NASA, KAB 1787). In die Britse of Bataafse periode is daar geen verwysing na hom as 'n medikus nie (Naudé 1949: 91-2). Teubes was 'n geldvoorskieter en agent vir buitelandse handelaars. Hy en sy vennoot, Jan Gotlieb Brink, het ook as gevolgmagtigdes opgetree vir Willem en Jan Willink, kooplui van Amsterdam wat weer namens Guilmore en Kie van Baltimore gehandel het (NASA, KAB 1794a;b;1797b;TANAPc 1814). Teubes was nie 'n opgeleide landbouer nie, maar het die eerste wingerde op braakgrond aangeplant. Teu- bes het twee huise gebou – eers 'n langhuis, skuins bokant die kruising van die wapad met die Vlagstok- rivier en daarna die plaaswoning. Dit is na die beleg van Muysenburg gebou (NASA, KAB 1800b). Al- bei wonings front op die wapad vanaf Wynberg (MA 1800a). Hy het ook 'n parshuis vir die sowat 50,000 druiwestokke gebou (MA 1800;NASA, KAB 1800f). Voorts brei by in 1795 die plaas uit met 'n ekstra nege morg, De Anneks, maar dit is nie aangrensend tot die eerste grond nie. Sy eerste aansoek in 1794 vir grond aangrensend aan sy plaas, word weggewys, want die grond was houtveld van die Kompanjie. In die plek daarvan word hy 'n ander stuk grond aangebied – die drooggelegde rivierbedding van die Buf- felsvlei wat toe waardeloos vir die Kompanjie was weens die modderige bodem en ruie oewerplantegroei (TANAPb 1794c;1795;NASA, KAB 1795a). In Junie 1797 onderteken Teubes die Eed van Getrouheid aan Brittanje (1797). Hy verkoop die plaas in November 1799 teen 'n aansienlike wins aan Johann Friedrich Herwig vir ƒ 50,000 (gulden) of kooppenningen35 (TANAP 1799).

34 Volgens Kruyskamp (1961:371) is die verouderde betekenis van die woord “heelmeester” en iemand wat net in die praktiese kennis opgelei is.

Of die koopsom die prys regverdig, word betwyfel. Mense het grond en goedere ver bo die reële waarde gekoop sodat hulle vir drie jaar langer die besit en die voordeel daarvan kon geniet voordat hulle vir wan- betaling geëksekuteer sou word. Op sy beurt het hierdie praktyk die gewilligheid van geldskieters of bor- ge gestimuleer (Van der Merwe 1926:86,88). Ook het die Leningsbank sedert 1793 groot somme gedruk- te papiergeld uitgereik sonder voldoende teenprestasies. Geld is op hipoteek of verband van roerende en onroerende goedere uitgeleen teen 5% rente waarvan 4% na die regeringskas sou gaan en die res om die bankuitgawes te dek (:90). Die vaste bate van die lener is dus aan die bank verpand totdat die skuld ge- delg is. Dit het die eksekusies vir 'n tydjie stopgesit, maar terselfdertyd het dit die pryse van vaste goede- re geweldig laat toeneem. Die Leningsbank se geld het opgedroog en toe het die praktyk van persoonlike geldvoorskieters gedy. Dikwels was 'n groep mense tegelyk mekaar se krediteure, debiteure en borge en het nie omgegee om eiendom teen skrikwekkende bedrae te koop wat nooit voorheen vir 'n bepaalde eien- dom betaal sou gewees het nie. Die afskrikmiddel van sekwestrasieboetes het nie krag gehad nie en men- se het hul daaraan getroos dat hul vir drie tot vier jaar ongestoord nog rente kan en gaan verdien. Dit is in hierdie omstandighede wat Tokai tussen 1799 en 1802 drie keer van eienaars verwissel het. Maar Herwig was ook 'n besigheidsman.

2.7.2.3 Johann Fredrich George Herwig (?-1800) en Caspar Johann Loos (?-

1803)

Herwig het nie sy besigheid as drankhandelaar opgegee toe hy die plaas gekoop het nie (NASA, KAB 1800d). Ook het hy onmiddellike veranderinge aan die Tokai-woning laat maak (MA 1800;1800a). Ty- dens die sensusopname van Junie 1800 bevind Herwig en sy gesin hul by sy Tafelbaaise adres, Dwars- straat 14. Daarvolgens het hulle een dogter, twee knegte, sestien slawe, drie slavinne, een seunslaaf, twee osse, agt perde , 72 hoenders, twaalf skape, vier varke, 50,000 wynstokke, 20 lêer wyn en 60 morg eien- domsland waarvan 25 onder wyn en 35 bewerkte grond (NASA, KAB 1800d). Hierdie aantal morg strook nie met die grootte van die plaas, 39 plus 9 morg eiendomsland nie en is twaalf morg te veel. Die oorskatting van die oppervlakte van die eiendom is ook deur P.M. Eksteen in 1810 gedoen (NASA, KAB 1810a).

Herwig se belangrikste bydrae tot die plaas is die veranderinge aan die woning (MA 1800,1800a) en die naamsverandering van die plaas. Die plaas, wat tot nog toe waarskynlik as Teubes se grond “Aan die Buffelskraal” verwys is, word nou Tokai, of die Engelse spelling, Tockay, vermoedelik na die wynstreek in Hongarye. Dit word bykans onmiddellik gedokumenteer in 'n advertensie in The Cape Town Gazette,

and African Advertizer van 30 Augustus 1800 (NASA, KAB 1800f). Herwig se kennis van wyn en drank

wat hy as drankhandelaar gehad het, het hom waarskynlik gelei om die wynplaas na die dorp tussen die wingerde in Hongarye te vernoem. Die rede is voor-die-hand-liggend – die wyn van die Buffelskraal- plaas moes meeding met die etiket van die Constantia-wyne wat toe reeds vir meer as honderd jaar inter- nasionaal bekend was. Herwig sterf op 8 Augustus 1800 en sy plaas word deur die burger en geldvoor-

skieter, Caspar Johann Loos, gekoop. Die kooppenning van ƒ 45,050 word in November 1800 aange- teken (1800h). Die laer prys wat Loos betaal, suggereer dat Herwig se bouwerk moontlik nie voltooi was nie.

Gesondheidsprobleme was waarskynlik die hoofrede waarom Loos die plaas in die Kaapsche Stads Cou-

rant, en Africaansche Berigter van 13, 20 en 27 Februarie 1802, per openbare vendusie op 1 Maart 1802

adverteer. Tokai word geadverteer as blyplek met twee stukke vrygrond waarvan die tweede stuk, 10 morg onbewerk was, maar uiters geskik vir die aanplanting van druiwestokke. Hy is ook bereid om die koper se koopsom vir twee jaar met rente uit te stel (NASA, KAB 1802). Loos het steeds sy besigheid vanaf die plaas behartig (Rourke 1974:53) en het moontlik die boerdery aan sy slawe toevertrou. Loos se kort periode kenmerk die besoek van twee Engelse plantkundiges, Robert Brown en sy reisgenoot, Peter Good, in Oktober 1801. Beide laat dagboekinskrywings na oor die twee nagte wat hulle op Tokai oornag het (Rourke 1974:50-5). Loos verkoop die plaas aan Pieter (Petrus) Michiel Eksteen, seun van H.O. Eksteen van Bergvliet, vir ƒ 35,400 en die koop word in Junie 1802 geregistreer (NASA, KAB 1802). Waar die vorige drie eienaars uit die Duitse immigrante kom, is die nuwe eienaar en sy gesin boorlinge van die omgewing.

2.7.2.4 Petrus Michiel Eksteen (1776-1849)

Petrus Michiel het soos sy vrou, Hester, in die omgewing grootgeword. Hul troue word breedvoerig deur Lady Anne Barnard (1999:279-81) bespreek. Eksteen brei die plaas uit deur die grond te konsolideer (NASA, KAB 1811;1811a;1814). Die rivier word ongetwyfeld deur hom terugherlei, die kanaal gevestig en hy vergroot die wingerdboerdery tot die vyfde grootste plaas in die omgewing (1823b). Weens die on- vrugbaarheid van die grond probeer hy ook veeboerdery deur die veld te brand, maar met kortstondige sukses (1842). Agterstallige terugbetalings van lenings, uitgebreide bouwerk op die werf en die afskaf- fing van slawe eis sy tol en Petrus Michiel word in 1849 onder finansiële bestuur geplaas. Hy sterf aan die einde van 1849 of vroeg in 1850. In November 1850 word sy plaas op 'n insolvente vendusie opge- veil (1842b).

2.7.2.5 Sebastian Valentyn (1815-1881) en Pieter Jacob Eksteen (1817-1893)

Petrus Michiel se twee seuns, Sebastian Valentyn (Bastiaan) en Pieter Jacob (Japie), koop die plaas op 22 November 1850 op hul oorlede vader se insolvente boedelveiling (NASA, KAB 1842b). Die wingerd- boerdery word aansienlik verklein en beperk tot die Ondertuine. 'n Meer diverse en gebalanseerde boer- dery in verhouding tot die grond word gevestig. Die plaas word tot 'n aantreklike plaas opgebou en 'n infrastruktuur gevestig waaroor die nuwe koper in 1883, die regering, heel ingenome was (NASA, KAB 1883b,c,e).

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN