• No results found

Van Overbeke se koopkontrak, 1672, en monopolistiese Kompanjiesgebruik

Hoofstuk 2: Eienaarskap van die groter Steenbergvallei

2.7 Kaart en transportperiode, 1652 tot 1883

2.7.1 Van Overbeke se koopkontrak, 1672, en monopolistiese Kompanjiesgebruik

Die Steenbergvallei was voor 1652 deel van die groter Kaapse Skiereiland wat onder die omliggende Khoina as die gebied van die Skiereilandse Khoi, spesifiek die Kaapmans of Goringhaiquas gereken is. Volgens Schoeman (2009:73) was die Kaapmans en Tabakdiewe (Gorachouquas) na die oorlog van 1659/60 so verarm dat hulle uit die gebied getrek en hul noord van die Tygerberge gevestig het. Hulle kon op die ou einde nie staande bly teen Van Riebeeck se losprys om tien stuks vee vir elke skip te lewer in ruil vir veiligheid teen ander stamme nie (Thom 1958:480). Ook was die Skiereilanders nie volkome outonoom nie, maar skatpligtig aan Soeswa van die Chainoqua - soos ook Oedasoa van die Cochoqua. Dit het beteken dat die grond nie outonoom aan die Kaapmans behoort het nie (Bredekamp 1982:18). Die verarmde Kaapmans was dus al hoe meer vir kos en oorlewing van die Europeërs afhanklik. Tien jaar na Van Riebeeck se vertrek word die grondregkwessie aangespreek in 'n traktaat toe 'n besoekende VOC-

kommissaris en Nederlandse juris, Arnout van Overbeke, hom oor die staatregtelike posisie van die VOC aan die Kaap uitspreek. Hy het die Khoina as onafhanklik en soewerein volgens die volkereg beskou en dat die terrein van die Kaap nie net as oop vir besetname was nie. Teen 1672 was die ekonomiese en politieke onderwerping van die inheemse bevolking van die Skiereiland 'n voldonge feit. In die lig hier- van het Van Overbeke die Politieke Raad beveel om onmiddellik 'n koopkontrak te finaliseer vir die grondgebied wat reeds onder die VOC in die Kaapse Skiereiland ressorteer het. Met hierdie kontrak het die VOC sy beleid van grondonteiening met die Oos-Indiese eilande en Maleisië op die Kaap en die inheemse mense toegepas.

Die koopkontrak, wat 'n uitbreiding van die 1661-grens behels, is op twee verskillende datums, 19 April 1672 en 3 Mei 1672, met twee leiers of kapteins van die Kaapmans gesluit. Schagger, wat reeds aan die Kompanjie onderdanig was, het eerste geteken, waarna Kuiper gevolg het. Schagger was die seun van Gogosoa van die Goringhaiquas of Kaapmans. Volgens die kontrak verkoop Schagger die Kaapse distrik, wat onder meer Tafel-, Hout- en Saldanhabaai insluit, met alles daarin en daarop sonder enige teenstand. Desgelyks doen Kuiper-hulle afstand van die Hottentots-Hollandgebied, wat strek van die Kaapse kus van Valsbaai tot by Kaappunt. Hoewel die kontrak se teenprestasie kontantvergoeding, vriendskap, weidings- regte waar dit die Europeërs nie sou benadeel nie en beskerming teen ander vyandige Khoistamme bied, was dit eensydig en ongelyk (Bredekamp 1982:62-4). Soos Bredekamp tereg opmerk, is dit 'n erkenning van die VOC dat die land nie aan niemand behoort het nie. Die eienaarskap van die Kaapmans of Go- ringhaiquas is daardeur erken, maar te laat vir hul oorlewing. Of die Kaapmans werklik besef wat die verkope van grond behels het, kan net oor bespiegel word. Hulle het sedert 1652 grond- en dramatiese kapitale verlies van hul diere en stamlewe ervaar. Kontraktuele binding deur 'n dokument was totaal buite hul begrip. Ook is die geleentheid van herwinning na 'n tydelike verlies en wat inherent deel van hul oor- lewing is, hul finaal ontneem. Die stam het so sy kohesie verloor en almal het verarm.

Die eienaarskap van die Steenberge het in 1672 van die Kaapmans na die VOC oorgegaan. Die teen- woordigheid van die Khoina was toe reeds nie meer 'n kwessie ten opsigte van tradisionele staanplekke, weiding- of waterbronne en die grawe van bolle deur die Kaapmans nie, omdat hulle reeds sedert 1661 uit die Skiereiland begin trek het. Dit was dus maklik vir die Europeërs om fisies in die area in te beweeg en die gebied vir ekonomiese ontginning te benut.

Die Kompanjie se nood aan hout het grootliks tot die reservering van die grondstof in die suidelike Skier- eiland gelei en so aan die Kompanjie die opperhand in die area gegee. Voor 1670 was daar reeds onwet- tige jag en houtversameling in areas buite die inbegrepe sirkel. In Desember 1670 is 'n plakkaat uitgereik waarvolgens ingesetenes verbied word om onder meer oor en verby die Diepe Rivier te jag, of hout, riet of ruigte te haal (Jeffreys, Naudé 1944:115-6). Sodoende het die Kompanjie sy aanspraak op die hout- bosse van Vlakkenberg en Prinskasteelberg bevestig. Selfs vryhoutsaers wat probeer het om geelhout in die Kompanjie se bosse by Houtbaai te kap, is beperk tot een geelhoutbos in die Steenberge in die Hout-

baaiarea. Hierdie vergunning was vir hulle alleenlik (TANAPb 1680;Appel 1966:55-6), terwyl die gewo- ne burgery reeds in 1666 uit die area weggewys is en hout aan die Weskus ontgin het. Die verbod het van krag gebly, want in die 1690's is die hout suid van die Bosheuwel vir die Kompanjie gereserveer, terwyl enkelinge met 'n spesiale permit kreupelhout teen die lang hoogte van die Steenberge, ook aan die Hout- baaikant, kon kap (Appel 1966:56-7;60-1). Soos reeds gesien, is die Buffelsvallei in 1678 vir dekriet deur die Kompanjie benut (Sleigh 2004:158). Díe plantmateriaal het van die latere Tokai die eerste ekonomies ontginde gebied in die Steenbergvallei gemaak. Boumateriaal soos klip, klei, hout en dekriet was beskik- baar en die area is waterrryk. Die area se grootste ekonomiese bate vir die Kompanjie was fynbos of brandhout en die nabyheid aan weiding by Soetvlei en Baasharmenskraal.

Die Kompanjie het reeds in 1672 vee agter die Steenberge gehou. Ook is seinvlae in Januarie 1673 na buiteposte by die Steenberg, Tafelberg en in die Kloof gestuur (Sleigh 2004:171). 'n Seinpos aan die oos- tekant van die Steenbergreeks is nie uitgesluit nie. Hierdie grond is dus nie oorweeg vir private boerdery nie en die skaappos, Aan de Steenbergh, word in 1676 gevestig (Sleigh 2004:172). Behalwe vir die kort- stondige weilisensie aan Simon van der Stel, 1700-1708, het die VOC se houvas op die terrein as hout- veld tot en met die Britse oorname, 16 September 1795, gegeld. Al is daar 39 morg in 1792 uitgegee, was die res van die Buffelskraal/ Prinskasteelgebied oorwegend VOC-houtveld. Dit is opvallend dat met die beëindiging van die statistiek vir skape in 1682 vir Aan de Steenbergh (Sleigh, 2004: 173), Catrijn Ras grond suid van die Buffelsrivier kry (NASA, KAB 1688). In 1683 versoek Trijn se man, Tijs Michielsz, die ou skaaphok (TANAPb 1683;1683a;Sleigh, 2004:172). Moontlik het hulle die skaappos se skape oorgeneem. Simon van der Stel kry in 1685 grond noord van die Buffelsvallei terwyl die pos nog deur die laaste mynwerkers beset is (Sleigh 2004:172-3). Jose Burman (1962:97) se siening dat Swaanswyk en Constantia dus buurplase was en wat aan mekaar gegrens het, is onjuis, want dit laat die Kompanjie se buitepos heeltemal buite rekening. Burman (1962:96) plaas die veepos van 1673 by Sandvlei. Van der Stel en Ras is die eerste eienaars van grond wat in die Steenbergvallei uitgereik is, maar die eerste ekono- miese aktiwiteit in die groter Steenbergvallei het op die voormalige Buffelskraalarea plaasgevind.

Die Kompanjie se houtveld in die gebied is in 1692 begrens deurdat burgers verbied is om suid van die Bosberge hout te versamel (TANAPb 1692) en in 1693 by herhaling te bevestig (Jeffreys, Naudé 1944: 277-8). Die 1693-bewoording beklemtoon die bewaringsaspek van die houtveld, wat ook Houtbaai in- sluit. 'n Opsomming van die ongeskonde toestand van die veld kom uit 'n beskrywing van 20 morg wat Frederik Russouw van Swaanswyk in April 1717 by sy eiendom wou voeg. Hierdie veld is bebos met “... eenigh kleijn kreupelhout” en volgens een van die houtvesters of houtvoorsieners Hendrick E.Erhart, het die Kompanjie nog nooit daar laat kap nie en dat dit (die uitgif) ook geen nadeel sal inhou dat sy bure (die Kompanjie) daar sou kap nie, want die veld strek na die strand (Valsbaai) en waar geen ander plase is nie (TANAPb 1717b). Die beskrywing bevestig ook die Kompanjie se posisie op Buffelskraal. Die onbe- woonde area is oos en suidoos van Russouw en dit het die latere plaas Raapekraal geword. Reeds in 1714

is vier inheemse bosse bokant Constantia in die klowe van Vlakkenberg ontdek en twee inheemse bosse agter Nicolaas Oortmans in die Steenberge (Appel, 1966: 65-66). Die 1693-plakkaat moes tog 'n invloed op die bewaring van die area gehad het. Dit bevestig ook dat skape nie op Swaanswyk of Raapekraal gewei het nie.

Twee jaglisensies is wel vir die area uitgereik. Op 22 November 1699 kry Nicolaas Oortmans 'n jag- lisensie vir twee maande “... omme ten verdoen van zijne huijshoudinge te moogen laaten schieten om- trent de Steenberg een vragt hartebeesten, elands of renostorvlesch” (NASA, KAB 1699) en op 1 Februa- rie 1700 kry Simon van der Stel 'n lewenslange jag- en weilisensie tesame met die voorregte van 'n le- ningsplaas in die Steenberge (1700). Böeseken (1964:215-6) meen dan dat die oudgoewerneur wel sekere van sy uitgebreide voorregte wat hy tydens Willem Adrean se bewind ontvang het, na laasgenoemde se herroeping en in opdrag van die Here XVII verloor het, maar bly in gebreke om dit te verhelder.

Al W.A. van der Stel se begunstigdes moes hulle grond en ander voorregte in 1708 afstaan (Böeseken, 1964:204). Op 23 Augustus 1708 is die Kaapse regering deur 'n amptelike skrywe, 'n missive van die Here XVII, aangespreek oor optrede teen Simon van der Stel29 rakende die grond van die Zeekoevallei en die Steenberge. In 1713, na Van der Stel se dood op 14 Junie 1712, word daar gevra of 'n skikking om- trent die twee stukke grond met Van der Stel bereik is. Op die vergadering van 14 Maart word dan geant- woord dat daar wel met die grond van die Steenberge gehandel is, maar nie met die grond by die Zeekoe- vallei nie. Met ander woorde, die Steenbervalleiwei- en jaglisensie en al die toegewings daaraan verbon- de is reeds in 1708 opgehef. Op 23 Augustus 1708 is 'n ooreenkoms met Simon van der Stel aangegaan om lewenslank die grond by Zeekoevallei te besit, omdat daar 'n transportakte van 11 Maart 1799 ter sprake is (TANAPb 1713), terwyl die Steenberggrond bloot 'n weilisensie en leengrond was (NASA, KAB 1700). In 1711 koop Nicolaas Oortmans grond langs Swaanswyk, suid van die Buffelsrivier, in die Steenberge (1711). Hierdie transaksie sou nie moontlik gewees het as die grond nog aan Simon van der Stel behoort het nie. Daar is in 1708 klaar met die Steenberge as besitting van Van der Stel gehandel: die lewenslange leningsreg is ook in 1708 opgeskort.

Die omliggende Constantia-grond in die Steenbergvallei het sedert 23 Augustus 1708 weer deel van die VOC se grond geword. Die groot vraag is egter of Simon van der Stel die grond inderdaad bewerk, bewei en die houtveld benut het. Volgens Mauve (s.j.:9) het Simon van der Stel 4,379 eikebome op Tokai aan-

29 Simon van der Stel het op 'n slinkse plan grond van Jan en Coenraad Visscher, Witteboomen, onteien, om dit in 1697 aan Lambert Symons te gee en ses dae later op 30 Des. 1797 by Constantia te voeg. 'n Maand na Willem Adrean se inhuldiging is die Zeekoevallei op 11 Maart 1699 by Constantia gevoeg. Dit het Wynberg ingesluit en in die ooste tot by Valsbaai gestrek. Sy veeherders het by Zeekoevlei in 'n huis gebly. Daar was ook 'n vis- en wynpag saam met Phijffer en 'n spesiale weilisensie, 1700, vir die Steenberge (Böeseken, 1964:208-9;Sleigh 2004:261).

geplant. Hierdie aantal eikebome is egter op Constantia aangeplant30. Vir laasgenoemde is daar twee verklarings – die statistiek kom uit 1695 toe die Steenberge en spesifiek die area van Buffelsvlei nog nie aan Simon van der Stel as leenreg uitgereik is nie. En die tweede verklaring spruit voort uit dieselfde verslag van Simon van der Stel aan die Here XVII. Die Here XVII was nie tevrede met Simon van der Stel se vordering aan die Kaap nie en het vir meer besonderhede gevra. Simon van der Stel het toe 'n lys van aanplantings deurgestuur asof dit in die Steenberge aangeplant is. Maar hierdie lys stem presies oor- een met die lys wat die baastuinier opgestel het oor aanplantings op Constantia. Van der Stel het wel op ander poste bome laat plant en die vryburgers was verplig om bome te plant (Böeseken 1964:153,208). Die periode van die Kompanjie se pos Aan de Steenbergh loop ten einde in dieselfde tyd wat die myne toemaak en Van der Stel grond in die Steenberge (Constantia) ontvang waarop hy 'n boerdery moes vestig en 'n huis bou. Intussen is Buffelsvallei gebruik om dekriet te oes. Eikebome is waarskynlik deur die Michielsze en Russouws op Swaanswyk aangeplant. Die Van der Graaff-kaart van 1788 is op die Van der Stel-kaart gebaseer. Daarvolgens word daar duidelike boomaanplantings en boomlanings op Constantia en Bergvliet getoon, maar nie suid van die Buffelsvlei nie (Brommer 2009:163-4,192).

Die tweede helfte van die 18de eeu beleef die era van houtplundering. Die VOC het die waarde van die houtvelde, Buffelskraal en Raapekraal asook die groter Prinskasteelberg besef. Appel (1966:78) maak die gevolgtrekking dat teen 1795 die bosse teen Tafelberg en Constantiaberg (Prinskasteelberg)31 in die be- langrikste timmerhoutbehoeftes voorsien het. Dit word betwyfel of die twee houtbosse te Buffelskraal as timmerhoutbronne gesien kan word weens die afwesigheid van diep klowe, hoewel wittebome en kreu- pelhout op beide houtvelde geoes is. In 1791 is ongeveer 4,000 vragte brandhout gelewer. Dit het be- staan uit duine- of wortelhout wat by De Vaderlandsche Rietvalleij, Diepe Vallei, Baasharmenskraal en Varkensvalleij uitgegrawe is, asook Buffels- en Raapekraal (Appel,1966:72). Ten spyte van plakkate wat die kap van hout in die Kompanjie se houtbosse verbied het, moes daar voortdurend plakkate uitgevaardig word om die houtvelde te beskerm. Die verbod op die kap van hout in die omgewing van Valsbaai is by herhaling uitgereik (Jeffreys, Naudé 1948:233) en in 1791 word die kap van brandhout heeltemal verbied (Naudé, Venter 1949:52,58,66). Toe die lewering van brandhout aan die Kompanjie in dieselfde jaar op tender uitgeplaas word, word Buffelskraal steeds as 'n houtveld saam met vyf ander plekke gelys (Appel, 1966:72). Die grense van die Kompanjie se houtvelde is in 1791 met pale afgesteek en plankies gemerk “Houtveld” is aangebring (Appel,1966: 73).

30 Die baastuinier van Rustenburg se lys van 1685-95 bevat 8,401 bome wat op Constantia aangeplant is. Dit be- hels 4,379 eikebome, 5 moerbei-, 154 lemoen-, 126 appel-, 79 suurlemoen- , 100 kweper- , 33 appelkoos- , 63 perske- , 310 amandel- , 66 koejawel- , 50 pruim- , 185 granaat- en 140 peerbome; 329 onsuksesvolle piesang- aanplantings; 100 olyfbome, 66 vye-, 26 kastaiing- en 42 okkerneutbome, asook mispel en pippeling. Keurbo- me is aangeplant, maar dis onseker of dit die inheemse soort is (Böeseken 1964:208).

Dit is teen die agtergrond van gereserveerde houtveldaktiwiteite wat die eerste grond vir private besit in die omgewing van Buffelskraal in 1792 uitgegee word. Gronduitgifte op die groter Buffelskraal het daar- na telkens geskied met inagneming van die Kompanjie se houtbosse. Andreas Rauch se aansoek vir grond in 1791 is na die direkteure van die Kompanjie se houtbosse, Robert Jacob Gordon en Willem Fer- dinand Van Reede van Oudtshoorn verwys vir terreininspeksie en goedkeuring, omdat die grond deel gevorm het van die Kompanjie se houtveld. Hul verslag moes ook moontlike konflik van private besit met die houtbosse en moontlike benadeling van die bure insluit (TANAPb 1791e). Rauch se versoek, 39 morg 112 vierkante roede en 72 voet, ten ooste van die Steenberge onder die sogenaamde Prince Casteel aan die Buffelskraal aangrensend aan die Kompanjie se houtvelde, is goedgekeur. Die grond kon sonder enige servituut afgestaan word en sou nie die Kompanjie of die omliggende boere benadeel nie. Die koopsom is op 100 rijksdaalders vasgestel (TANAPb 1791e). Die boere van die Steenberg en Constantia het saam met ander verbruikers weiding vir hul vee by die Zeekoevallei, Hardersvallei, die Diepe Valleij (Diepvlei) en Baasharmenskraal gekry. Hierdie vergunning kom juis omdat die Steenbergvallei nie ge- skikte weiding vir veetroppe gehad het nie (TANAPb 1791f).

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN