• No results found

Herleiding van die Buffelsrivier na die Steenbergsrivier, ca 1790's

Hoofstuk 2: Eienaarskap van die groter Steenbergvallei

2.6 Die VOC-periode: Die landtekens Steenbergen, Steenbergvallei, Prinskasteelberg,

2.6.9 Die Buffelsvalleij of / en Buffelsvleij (Prinskasteelrivier)

2.6.9.5 Herleiding van die Buffelsrivier na die Steenbergsrivier, ca 1790's

Om die herleiding van die Buffelsrivier na die Steenbergsrivier te begryp, is dit nodig om die herleiding van die Kleinbergvliet te bevestig. Die Kleinbergvliet is moontlik lank voor 1788, toe die Steenbergvallei gekarteer is (Brommer 2009:162-4,192), na die Steenbergsrivier herlei. Die gebrek aan water op Swaans- wyk (NASA, KAB 1821a) suggereer dat die plaas nie waterryk was nie. Die Steenbergsrivier, wat deur 'n fontein en dreinering van die Steenberge gevoed word, het buite Swaanswyk se grense geval, so ook die Kleinbergvliet. Die Oortmans-gronduitgif toon 'n kanaal of sloot buite die plaas se grenslyne aan ( 1711). Terselfdertyd word die Kleinbergvliet se uitloop in die Keiserrivier nie op die kaart van 1788 ingeteken nie (Brommer 2009:163-4), terwyl die riviertjie 'n rivierbedding tussen twee heuwels het. Die Buffels- rivier word in sy oorspronklike loop op die 1788-kaart aangedui (Brommer 2009:162-4). Ook die grond- uitgif aan Rauch (NASA, KAB 1792) dui die Buffelsrivier wat deur Rauch se grond vloei. Maar op die 1795-militêre kaart (Brommer 2009:192) swenk die Buffelsrivier suid en vertoon losstaande van die oor- spronklike loop wat steeds ingeteken word. Die rivier is nie in twee verdeel nie – dit suggereer 'n duide- like wegswenk. 'n Keerwal is moontlik net onderkant die drif oppad na Swaanswyk opgewerk (Diagram 3 Bylaag B). Die Buffelsvallei het moontlik in die kanaal of sloot van die Kleinbergvliet, wat vir die doel versterk is, ingevloei om sodoende na die Steenbergsrivier te loop. Laasgenoemde het in die Keiserrivier dreineer wat weer in Sandvlei dreineer het. Die herleiding is na alle waarskynlikheid gedoen om vars water aan die militêre pos by Muysenburg te verskaf. Die kanaal loop daarom nie direk in Sandvlei in nie, maar in die Steenbergsrivier. Sandvlei droog op en die water is brak, terwyl die Steenbergsrivier 'n beperkte opvangsgebied het in vergelyking met die Buffelsrivier. Die Steenbergsrivier kon dus opdroog in 'n strawwe somer. Tydens die beleg van Muysenburg in 1795 is die adres van die Burgermag, wat op Swaanswyk gebivakeer het, as Swaanendijk aangegee (TANAP 1795b). Die adres kon moontlik 'n spel- fout gewees het, maar Swaanswyk is die enigste plaas in daardie area en sou onder almal bekend gewees het. Die dyk verwys na 'n mensgemaakte sloot. Ook was dit nie op Swaanswyk se grond nie. Daar is nie

'n natuurlike stroom vanaf die Swaanswykplaas wat in die Keiserrivier of in Sandvlei uitmond nie (Brommer 2009:163-4,192;NASA, KAB 1688;1711). Die adres, Swaanendijk, was voorts aan die mili- têre opperbevel van die VOC-mag bekend. Die vernaamste nadeel van die herleiding van die rivier was dat Baasharmenskraal se vlei in die 1790's opgedroog het (TANAPb: 1794c). Die grootste voordeel was die beskikbaarheid van vars water naby die Muysenburgpos. Slegs een wapad het in 1795 die Steen- bergsrivier gekruis – net voor die inloop in die Keiserrivier. Vars water kon dus bokant die drif geskep gewees het. Voorts kon die breër en sterker stroom ook dien as 'n skans om 'n westelike aanval na Wyn- berg te bemoeilik. Die beheerpos was net agter die Steenbergsrivier op die Swaanswykplaas (Burman 190:26).

Muysenburg is merendeels as 'n laag bemande militêre pos en as 'n seinherleidingpos gebruik, behalwe in tye van 'n krisis wanneer die ruiterwag vandaar moes opereer (Sleigh 2004:332,341, 343,346). Die pos het nóg 'n put nóg enige ander waterbron gehad (Sleigh 2004:348). Die pos beleef egter die verbytrek en verskuiwing van verskeie regimente in 1781 en 1782 (:307;332) en die buitepos moes sedert 1781 meer mense van water voorsien as die kernpersoneel wat permanent daar gestasioneer was. Die laaste vreemde regiment was die Württembergse Regiment25 wat vroeg in 1788 in die Kaap aankom en van die einde van 1789 tot Augustus 1790 by Muysenburg gestasioneer word. Volgens 'n voorwaarde mog die regiment nie geskei word nie en bykans 2,000 man het daar kamp opgeslaan. Die soldate is as hulp met die oprigting van eenvoudige verdedigingswerk aangewend (Sleigh 2004:344,87; TANAPb 1790). Die toeloop van soldate het 'n varswaterbron genoodsaak, aangesien Sandvlei se water dikwels brak is wanneer die mond oopspoel (TANAPb 1728;NASA, KAB 1821a). Dit kan dus die behoefte aan 'n standhoudende en 'n vars waterbron wees wat die herleiding genoodsaak het. Dit suggereer terselfdertyd dat die Keiserrivier se water nie drinkbaar was nie.

Die plaas Swaanswyk was van meet af aan arm aan water, soos ook blyk uit die eienaarskap van Raape- kraal, in besonder die Steenbergsrivier. Dit sou Swaanswyk aansienlik bevoordeel indien die Kleinberg- vliet saam met die Buffelsrivier as 'n varswaterbron vir die Muysenburgpos gebruik is. In hierdie periode, op 16 November 1793 het Raapekraal die leningplaas van Nicolaas Russouw van Swaanswyk geword (NASA, KAB 1793b). In 1802 is die leningsplaas aan sy seun oorgedra, maar in Februarie 1813 is die restant van Raapekraal die leningsplaas van J.D. Vos en in Mei 1818 van J.G. Mocke. Russouw se seun, Nicolaas, het 43 morg en 475 vierkante roede noord van die rivier in lening behou - dit het die Steen- bergsrivier ingesluit (DRDLR 1880d). Mocke het formeel beswaar by die Grondraad in Maart 1821 aangeteken ten einde die hele plaas in ewigdurende erfpag te verkry. Russouw het op sy beurt beswaar teen Mocke se eis aangeteken en dit gestel dat hy volkome afhanklik van die fontein is. Hy sou ten gronde gaan indien die fontein nie as vrygrond aan hom gegee word nie (NASA, KAB1821). Omdat Russouw in 1793 die grond om die kreupelhout wou hê sodat hy skulpe kon brand (1821b), is agrariese 25 Robinson (1998:3) beweer die kamp was by Wynberg.

uitbreiding nie in die vooruitsig gestel nie, waarskynlik omdat die stroom as drinkwater vir Muysenburg bedoel was. Russouw sou die fontein net vir agrariese doeleinde kon benut (1821) as die water nie meer vir die Muysenburgpos nodig was nie, soos wat hy dan ook in die 1821-beswaar teen Mocke se aanspraak aanvoer. Dit suggereer ook dat Swaanswyk na alle waarskynlikheid voordeel uit die Buffelsrivierherlei- ding, voordat dit terugherlei is, getrek het. Die datum van die terugherleiding is moontlik kort na of voor 1802. Die oorspronklike bedding van die rivier na Soetvlei word op Sluysken se kaart (NASA, KAB 1800b) aangedui, wat die terugherleiding terugdateer na later as 1796, nadat Sluysken die land verlaat en sy verbaal opgestel het (De Kock, Krüger 1986:686-8). Die posisie van die rivier op Sluysken se kaart suggereer dat Sluysken moontlik geweet het die herleiding na die Steenbergsrivier was 'n tydelike maat- reël en dat die rivier na die opheffing van Muysenburg as 'n militêre pos tydens die Britse oorname terug- herlei moes word. 'n Ondersoek na die versterking van die Muysenburgpos deur lt.kol. H.F. Corbes in September 1803 (NASA, KAB 1803g) maak nie melding van 'n waterbron nie, maar fokus wel op die bou van 'n grag om die pos te beveilig. Die groep, C2744: Gemengde Stukke van Militêre Kommissarisse, 1783-1795 in die KAB is deurgegaan. Daar was 'n skriftelike bevel in 1789 vir Muysenburgpos aan Vals- baai, maar dit is volgens 'n voetnoot deur C.J. van der Graaff verlê (NASA, KAB 1789). Daar skyn nie 'n rekord van 'n skriftelike opdrag vir die herleiding van die Buffelsrivier na die Steenbergsrivier te wees nie. Sluysken se kaart, wat die rivier sonder die herleiding aandui, suggereer dat die opdrag wel gegee is en dat dit 'n tydelike maatreël was.

Anders as die Kompanjie het die Britse administrasie hul militêre basis op Wynberg gevestig as 'n stra- tegiese halfweg tussen Kaapstad en Simonsbaai (Robinson1998:3;Sleigh 2004:348).

Petrus Michiel Eksteen het in 1802 die twee Tokai-plase gekoop en die rivier se oorspronklike loop was belangrik om akkerbou in die rivierbedding nat te lei. Sonder die rivier was waterleiding vir nuwe win- gerde of beplande wingerde in De Anneks onmoontlik. Ook moes hy voldoen aan die verpligte verskaf- fing van water aan sy vader, H.O. Eksteen van Bergvliet, soos vervat in die grondakte van De Anneks, 1795 (TANAPb 1795;NASA, KAB 1795a). Die uitdruklike voorwaarde is dat die helfte van die water wat van die gebergte afkom en oor die land loop, na omtrent die plaas Bergvliet te laat afloop. Buffels- vlei het oor 'n taamlike groot area in sy eie kom gestrek. Die grondaansoek van Teubes in 1794 bevestig dan ook dat die nege morg in 'n rivierbedding, ideaal vir ontwikkeling, binne 'n kom geleë is (TANAPb 1794c). Toe die rivier weer na sy oorspronklike loop terugherlei is, is 'n kanaal van die draai onder die huidige piekniekterrein verby die palmietbos gegrawe. Ook is leivore aan die bokant van De Anneks gegrawe om die water na Soetvlei te herlei. Bergvliet het verskeie kere van eienaars verwissel (DRDLR 1887), maar die Prinskasteelkanaal was met die verkope van Tokai in 1883 steeds funksioneel (NASA, KAB 1883n;1885b). Dit het die vloedvlakte se vleigebied grootliks drooggelê en die vleie is sedert die vroeë 19de eeu in tuinery omskep. Die oorblyfsels van die eens uitgestrek en kenmerkende landteken, die Buffelsvlei, is in die etlike duikslote van Orpenweg, die M42, te sien, maar onder 'n warboel van name en

variasies. Die verskeie duikslote is desnieteenstaande 'n stille getuienis van 'n vlei wat ten spyte van dras- tiese menslike ingryping, hardnekkig volhard.

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN