• No results found

Khoi-woorde en woordelyste: gebruikstaal, maar nie plekname nie

Hoofstuk 2: Eienaarskap van die groter Steenbergvallei

2.3 Khoi-woorde en woordelyste: gebruikstaal, maar nie plekname nie

nie

Daar is reeds gewys op die traagheid van die setlaars om Khoik-benamings of te leer ken of te probeer skryf. Heelwat later sou Khoi-woorde deel van die Europeërs se woordeskat word. Die eerste neder- setters het dikwels die Khoi-taal verwarrend en onverstaanbaar gevind (Mentzel 1944:271). As gevolg van die suig- of klikklanke was dit 'n moeilike taal om aan te leer, hoewel enkelinge blykbaar goed daarin geslaag het (Boshoff, Nienaber 1966:25). Dit blyk uit twee Khoi-woordelyste wat voor 1700 die lig gesien het. Die Wreede-woordelys, wat in óf 1663 óf 1664 in Amsterdam gedruk is, word deur die Here XVII in 1664 bevestig, maar die navorser van die Van Linschoten-vereniging in Nederland, dr. E.C. Godée-Molsbergen, kon nie 'n gedrukte kopie opspoor nie en het die handgeskrewe kopie laat herdruk (1916:215). Die bekende skrywer, Peter Kolb, het ook 'n woordelys in sy boek, De Beschrijving van de

Kaap de Goede Hoop (Amsterdam, 1727), opgeneem, maar die outeur van die woordelys was in werklik-

heid Jan Willem De Grevenbroek wat in 1705 'n kopie aan Francois Valentyn gegee het (Godée-Molsber- gen 1916:225). Hoewel beide woordelyste van belang vir navorsers is om die leef- en denkwêreld van die Khoina beter te verstaan, is weinig inheemse plekname opgeteken. Ook het kartograwe baie selde nedersettings van Khoi-krale of staanplekke aangedui. Omdat Khoi-krale seisoenaal van plek verwissel het weens behoefte aan weiding, is hul gebiede baie selde gekarteer4 (Glatigny, Maré, Viljoen 2008:1-2). Die seisoenale bewegings het ook die aanleer van die taal deur die Europeërs bemoeilik, want daar was streeksverskille in hul taal. Mettertyd het verskeie woordelyste gevolg, maar dit behoort merendeels aan Khoi-stamme wat buite die Skiereiland gewoon het (Boshoff, Nienaber 1966:26).

'n Klein seleksie van 17de eeuse Nederlandse woorde met betrekking tot die geografie van die Steenberge toon geen verband met Khoi-woorde in die twee opgetekende woordelyste, soos gepubliseer in Godée Molsbergen (1916:215-233), nie.

4 Kaartwerk was teen 1700 nog onbevredigend. 'n Bespreking van die moontlike oorsprong van Valentyn se kaart suggereer dat die vroegste kaart in ca 1688 geteken is (Valentyn 1971:21-30). Dit is dus onwaarskynlik dat kaarte voor 1700 Khoi-krale in die groter Houtbaai-, Steenbergvalleie en die Kaapse Vlakte langs die Steenberg- vallei sou aandui. Die gebied word wel op Valentyn se kaart as die area van die “Goringaiquas” aangedui (:teenoor 34, Inlaskaart).

Seleksie van Nederlandse en Khoi-woorde

Nederlands/ Bataafs Khoi-taal : G.W. Wreede, ca 1659-63

Khoi-taal : J.W. de Greven-broeck, ca 1695.Gepubliseer deur P. Kolb Scaepen / schaap Goudie Gh~oudie

Koeyen Goies Gojes

Rivier of / water K'â / kamma kamma

Bomen Bi inquäa Aȳ - Büng~uaá

Buffel of stier Qu'Arahó / t'Aouvv Qu'~Araho

Berg K'koe K~hu

Klippen Yqua (Steen of rots) Héiqua

Klowe a'ouvv Aõuob

Hout equa -

Jan van Riebeeck het die voorbeeld gestel om die Khoi-stamme korrek te probeer benoem (Thom 1954: 189,295). Die Steenberge kon moontlik 'n vertaling van 'n Khoi-woord wees, maar die naamgewing van die Steenberge het in die eerste vyf jaar van die Hollanders se verblyf plaasgevind (:142). Dit is eerder vanuit 'n Hollandse denkpatroon gegee. Die Nederlanders het landtekens en sake in hulle eie taal volgens hul waarneming van die omgewing in die Kaap benoem. Hierdie plekke is in dokumente beskryf. Die lede van die Europese geselskap het nie altyd uit die boonste geleerde lae van die samelewing gekom nie. Hulle het ook uit verskillende Nederlandse dialekgebiede gekom en moes hulle by 'n nuwe omgewing met eiesoortige behoeftes aanpas. Die Nederlands van die 17de eeu het veral sterk op die provinsies van Noord- en Suid-Holland berus. Dit verklaar waarom daar dikwels na die taal as Hollands verwys word. Maar die taal was nóg in inhoud en nóg in naam 'n uniformiteit, maar 'n eenheid in verskeidenheid, soos in alle kultuurtale. Die naam van die taal is daarom Nederlands, want Jan van Riebeeck het reeds 'n klomp wisselvorme na die Kaap gebring (Boshoff, Nienaber 1966:18-19).

Met verloop van tyd het die Hollanders die inheemse taal begin bemeester. Latere ekspedisies, soos die van Hendrik Hop5, het dikwels Khoi-name vertaal, soos die Koussie- of Buffelsrivier by Namaqualand. Dit is ook die Groot Sandrivier genoem (Mentzel, 1944:132, 133,137vn180,142 vn190). Navorsing oor plekname in die Khoi-taal het nie agterweë gebly nie, soos blyk uit die publikasie van G.S. Nienaber en P.E. Raper. Die eerste pleknaamwoordeboek, Toponymica Hottentotica ( Pretoria), is deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing in 1977 uitgegee.

Die Khoina het instinktief sekere areas weens roofdiere en swak weiding asook gevaarlike ligging teen vyandelikhede vermy, maar dit sou hulle nie verhinder het om plekke aan landtekens in herinnering te roep nie (Boshoff, Nienaber 1966:26). Die onderskeie Kaapse Khoi-groepe het deur oorlogvoering en ander teenslae maklik hul vee verloor, verarm en van gebiede verwissel weens die kwesbaarheid van hul herdersekonomie (Elphick 1977:45-6;67-8). Dit was dus moeilik om 'n gelokaliseerde plek te benoem weens die wisseling van krale, maar daar was meer permanente vestings. Claas Jagersberg, naby die Kaap De Goede Hoop-natuurreservaat, is vernoem na Claas Jager, die leier van 'n onbekende Khoi-stam wat in 1754 daar gewoon het (Sleigh 2004:308). Tafelberg se inheemse naam, Hoerikwaggo, word in 1994 in ere herstel. Die eerste optekening van Hoerikwaggo of Hoer'kwaggo kan na majoor Robert Gordon6 in 1779 teruggetrek word. Hy het die woord, wat seeberg beteken, by die Khoina gehoor en opgeteken (Twidle 2010:5). Daar moet in gedagte gehou word dat Gordon se optekening van die naam meer as 'n eeu na die eerste naamgewing deur Europeërs geskied. Dokumentering van Khoi-plekname is dus wel gedoen, maar selektief. Die Steenberge, Steenbergvallei of Constantiaberg en ander landtekens kan tot hede egter nog nie na Khoi-benamings teruggevoer word nie.

2.4

Prekoloniale geskiedenis van die die Steenbergvallei: die San

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN