• No results found

Prekoloniale geskiedenis van die die Steenbergvallei: die San of Sonqua en die Khoina

Hoofstuk 2: Eienaarskap van die groter Steenbergvallei

2.4 Prekoloniale geskiedenis van die die Steenbergvallei: die San of Sonqua en die Khoina

Argeoloë onderskei die Steentydperk en die Ystertydperk se mense aan hul werktuie. Die Ystertydperk se mense was landbouers met vee en hulle het hul in die ooste van die land gevestig, terwyl die mense van die Steentydperk klipwerktuie gehad het en hoofsaaklik veeboerdery bedryf het. Die veeherders in die Wes-Kaap is deur jagterversamelaars of die San voorafgegaan. Argeologiese navorsing toon dat die voor- geslagte van die mense, wat deur die eerste Europeërs in die Kaapse Skiereiland aangetref is, reeds uit die laat Middelsteentydperk dateer (Goodwin 1952:135).

Werktuie uit die Voorstellenbosch- of die Vroeë Steentydperk is volgens die argeoloog, Goodwin (1952: 127-9), by Alphen en in die Constantia-vallei gevind. Die plekke in die vallei is by Kloofpas, 700 vt. / 213.36 meter, Kirstenbosch 450 vt/137.16 meter en Bishopscourt 350 vt / 106.68 meter bo seevlak geleë. Goodwin argumenteer dat die rykste bron van neerslae om werktuie op te spoor, waarskynlik in die gruis van strome oor die Constantia-vallei, die Wynbergheuwel, die berge tussen Duiwelspiek en die Steen- berge te vinde is. Werktuie is deur die strome verstrooi. By Silverhurst is werktuie uit die Vroeë Steen- tydperk op ongeveer 60 vt. / 18.288 meter tussen die wingerde en landerye gevind.

Middel- en Laatsteentydperkwerktuie is moeilik in die Skiereiland te vind. Weinig werktuie van die Middelsteentydperk is met enkele neerslae by onder meer Lakeside (die westelike oewer van Sandvlei) en by die Zeekoevlei op 'n 25 vt /7.62 meter hoë kuslyn waargeneem. Progressiewe werktuie word daarna 6 Twidle (2010:5) haal Robert Gordon in G.S. Nienaber en P.E. Raper (1977), Toponymica Hottentotica, uitgegee

op die vloer van die Vishoekvallei gevind, waarskynlik afkomstig van 'n wye grot op hoër sandduine en laer heuwels. Hierdie grot is vernoem na die amateurargeoloë, Victor Peers en sy seun Bertie, wat in die vroeë 1920's daar navorsing begin doen het. Hierdie neerslae het argeoloë in staat gestel om die verband tussen die werktuie en 'n spesifieke menspesie te maak, naamlik die Vishoekmens (of -skelet). Die Vis- hoekmens is verwant aan die moderne mens, maar behoort tot 'n uitgestorwe ras. Sekere karakteristieke is verwant aan die San, terwyl ander merkbaar verskil. 'n Klein San-gesig volg op 'n groot breinholte en 'n lae skedel. Laagvorming het 'n aantal grafte van die San en Khoina met 'n hoë voorkop, 'n relatiewe klein breinholte en gesig met die skedelopening na agter, opgelewer (Goodwin 1952:131-5).

Die Steentydperkmense, voorsate van die San en die Khoina, se leefstyl word onder meer uit afvalhope afgelei. Hoewel die een groep eeue later deur Jan van Riebeeck as die Strandlopers weens hul unieke leefstyl benoem is, is hulle fisies en kultureel verwant aan die ander Khoi-groepe wat Van Riebeeck ont- moet het. Dit was min of meer die teorie tot in die middel 1980's toe argeologiese vondse die verwant- skap tussen die San en Khoina begin betwyfel het (Arthur 2008:209). Desnieteenstaande het vroeë navor- sing waardevolle inligting oor die Steentydperkmense uit afvalhope by grotte in die Wes-Kaap opgelewer. Goodwin (1952:135-6,137,142) beskryf grotte so hoog as 1000 vt / 304.8 meter met neerslae van skulp- hope. Afvalhope het tekens van dierlike en plantafval bevat. Meer voedsel het 'n groter bevolking bete- ken, ongeveer 1 persoon per 1.6 km² soos blyk uit skuilings en grotte op die kuslyn van die Skiereiland. Die afvalhope is in grasland, tussen sandduine en teen berghange gevind. Maar in byna elke grot in die Kaapse Skiereiland is tekens dat neerslae uit die Laatsteentydperk deur onoplettenheid verniel of vernietig is. Sodoende is 'n moontlike bewyslaag uitgewis. Elphick (1977:44,39) reken dat die Khoina die eerste vreemde groep was wat die Kaapse Skiereiland ingetrek het, maar daar is argeoloë wat reken dat linguis- tiek, kulturele en fisiese antropologie voldoende getuienis bied om af te lei dat die San en die Khoina verwant is; dat die Khoina as 'n jagtersgroep sy oorsprong in suidelike Afrika het en dat daar gevolglike interaksies tussen die San en die Khoina se onderskeie geskiedenis is (Arthur 2008:209).

Dit sou eers na die ontdekking en identifikasie van herderkrale by Kasteelberg op die Vredenburgse Skiereiland in die middel 1980's wees dat 'n kulturele onderskeid tussen die twee groepe al hoe meer wys. Etnografiese literatuur lei argeoloë tot die besef dat herders in die Wes-Kaap in die prekoloniale era 'n spesifieke pastorale leefstyl in marginale grasland gevolg het. Dit is strydig met die San, wat nie grond- eienaarskap of die opgaar van kuddes uitgeleef het nie. 'n Aantal persele in die Vredenburgse Skiereiland wat oor die Swartland uitkyk, is ondersoek en daar word 'n duidelike onderskeid tussen herder- en jagter- persele waargeneem (Arthur 2008:209-10). Herderpersele vertoon meer potskerwe, maalstene, groot volstruiseierdoppe en herderdiere se beendere in teenstelling met die voorkoms van beendere van wilde diere, minder potskerwe, klein volstruis-eierdoppe, skulpskrapers en enkele maalstene by jagters. Twintig jaar na 1986 is argeoloë in staat om met behulp van modelle, gebaseer op sekere soorte en tipes artefakte, tussen jagters en herders te onderskei. Drie verskillende ontruimde gebiede, by Kasteelberg, Boesman-

land en die Seekoevallei (Seacow Valley) illustreer voorts dat herders gebiedsgebonde aan plek en om- gewing was. Hierdie siening word in kontras tot Van Riebeeck se waarneming gedoen, naamlik dat her- ders konstant aan die beweeg was, op soek na weiveld. Ook is dit onwaarskynlik dat binnelandse rivier- valleie op die kusvlaktes van die Wes-Kaap noodwendig argeologiese data sou oplewer (Arthur 2008 : 212).

Van Riebeeck het ongetwyfeld die bewegingspatrone van die Khoi-stamme genotuleer. Die Van Rie- beeck-waarneming waarna Arthur verwys, kan myns insiens nie summier verwerp word nie. As verskaf- fers van vee was die bewegingspatrone van die Khoi-herders baie belangrik vir Van Riebeeck en sy ge- selskap se ekonomiese funksie binne die VOC – so ook vir die beskerming van die setlaars se veekuddes. Glatigny, Maré en Viljoen (2008:301) bevestig dat die nomadiese lewenstyl van die Khoina ook deur reisigers opgeteken is. Willem ten Rhyne, chirurgijn van die VOC, het in 1673 sy reis na Java onderbreek om 'n paar maande saam met die Khoina te spandeer. Hy merk op dat die Khoi-groepe sonder grense of grenslyne van mekaar geskei leef, of “inter se nulli fines”. Ook die Duitse medikus, J.D. Buttner, het in die vroeë 18de eeu gevind dat die Khoina se verhouding tot die grond eerder met betrekking tot gebruik as eienaarskap was. Argeologiese persele wat die belangrikheid van Khoi-krale bevestig, suggereer 'n sen-trale kraal of blyplek, maar dat ter wille van weiding rondgetrek is, is ook waar. Van Riebeeck se waarneming is dus nie so verkeerd nie, want die gebruik van standplase rondom die eerste nedersetting deur rondtrekkende Khoi-herders suggereer plekgebonde kamp- of kraalplekke wat sekere tye van die jaar beset was (Thom 1952:292,368-9). Dit suggereer 'n seminomadiese herdersbestaan, soos ook deur Glatigny, Maré en Viljoen (2008:304) gesien.

Dit wil voorkom of Van Riebeeck wel tussen kampplekke en krale onderskei. Tydens seisoenale besoeke het die Khoina 'n kamp opgerig deur die hutte in 'n sirkel te plaas en die vee in die middel te huisves (Thom 1952:369). 'n Kraal was dus 'n struktuur wat met plantmateriaal of klippe opgerig is. Die “Ronde Doorn Bosjen” (1954:71) (Rondebosch) was 'n sirkel doringbome of -struike7 wat moonlik as 'n kraal deur die Khoina gebruik is. Boshoff en Nienaber (1967:369) onderskei 'n kraal as “... 'n beperkte om- heinde ruimte vir beskerming van vee” en Khoi-stat. Die skrywers voer hul afleiding terug na Van Rie- beeck. Die vryburgers van die Harmans- en Stevens-kolonies het in Junie 1657 'n verkennigstog van vyftien uur suidwaarts onderneem. Die nag het hulle oorval en hulle is huisvesting deur die Kaapmans aangebied. Die Kaapmans het onmiddellik en “volgens gewoonte” takke gaan haal om 'n borswering as beskerming teen wilde diere om die vryburgers te vorm (Thom 1954:122). Geen terrein was werklik veilig in die 1650's nie. Kolb se siening van 'n kraal, hutte met die skape binne die sirkel en die beeste 7 Op navraag onderskei dr. Tony Rebelo (2016) die Asparagus- en Lycium-species as moontlike plante wat vir krale gebruik kon gewees het. Hoewel etlike plantname van kraal afgelei word, word die name nie in Thinder- Smith (2006) vir hierdie area aangedui nie. Die katdoring (Asparagus capensis), basterpendoring (Putterlickia

pyracantha) en kraalkriedoring (Lycium afrum) word deur Rebelo (2016) voorgestel en kom in Thinder-Smith

buite om die hutte (Glatigny, Maré, Viljoen 2008:306) dateer uit ca 1700's en kan nie op die onherberg- same en onveilige terrein van die 1650's toegepas word nie.

Teen so vroeg as 1497 het die eerste moderne seevaarders San in Tafelbaai opgeteken (Smith, Malherbe e.a. 2004:35). Die San of Sonkwa het van jag en die versameling van plante geleef, soos die uitgrawing van knolle (kormusse) van die Iridaceae soos watsonias, moraeas en gladiolusse. Ook ander plantmate- riaal soos sade, bessies en ander bolle is versamel (Parkington 1992:73-4). Navorsing in die Richtersveld het 70 plantspesies as eetbaar, 40 as medisinaal en 43 vir ander gebruike geklassifiseer. Laasgenoemde groep sluit plante in vir gebruik as matjies en boumateriaal. 'n Verdere veertien spesies is as vuurmaak- hout gebruik. Aan die kus is die vleisdieet met jag op kleiner boksoorte aangevul, terwyl seediere soos seeleeus en walvisse hul bronne vir vet was ( Smith, Malherbe e.a. 2004:13). In die lig hiervan kan afge- lei word dat die vlakte van die Steenbergvallei 'n goeie spens vir die San was indien daar gereken word dat blombolle volop voorkom. Te oordeel aan De Beaulieu se beskrywing van volop wild (Raven-Hart 1967:100), sou dit ook 'n jagterrein kon bied, maar die roofdiere sou dit 'n gevaarlike area gemaak het. Die eerste voedselproduserende groep mense wat deur die vroeëre besoekers aangetref is, is die Khoina. Hulle het van die begin van die Christelike jaartelling of vroeër die terrein beset wat strek van Swakop- mund in die weste tot in die Transkei-gebied, moontlik ook Natal. Die Khoina het ook gejag en voedsel versamel, maar hul stapelvoedsel was melk. Daarom het hulle periodiek kampplekke of oorstaanplekke verwissel om vars weiding vir hul beeste en skape te vind (Wright 1977: 24-5). Van Riebeeck se waar- neming van plekgebonde, maar seisoenale standplase, is dus geldig.

Hoewel die Prinskasteelgrot baie kenmerkend uitstaan, is daar geen San-nalatenskap in die vorm van rotstekeninge nie (Diagram 73 Bylaag B). Die grotopening het 'n enorme groot bek en 'n geweldige skuins vloerbedding met rotsblokke. Die grotingang, wat soos 'n saal vertoon, front oos-suidoos en hoewel die ingang deur die berghang beskut is, bied dit baie beperkte skuiling teen wind en weer. Dit is ook bykans onmoontlik om vee daarin te versamel weens die smal en rotslysagtige ingangsroete en die klein vloeroppervlakte. Twee ander en baie klein grotte kom ten noorde van die Prinskasteelgrot voor, maar hulle is bykans onbereikbaar. In die naby geleë Muysenberg en Kalkbaaiberge is daar 67 grotte van verskillende groottes, maar slegs een grot met rotskuns, Peer se grot of Skildergat bokant Vishoek (Lundy 1991:67; Mountain 2001:25). Tensy die Prinskasteelgrot argeologies ondersoek word, kan geen verdere afleidings omtrent die grot en of moontlike inwoners gemaak word nie. Tans blyk daar weinig belang- stelling te wees om die argeologiese voorkoloniale geskiedenis te ontgin. Algemene stellings, soos die van Aikman, Malan en Winter (2001:41) dat die gebied voorheen deur San en Khoi bewoon en benut is, dra nie werklik by tot 'n akademiese diskoers oor die argeologie van Tokai nie. Dit is niksseggend. Daar is nog nie bewys van klipgeboude krale in literatuur oor die Wes-Kaap gevind nie (Arthur 2008: 215), hoewel argeoloë reeds lankal bewus is van 'n verband tussen vrugbare grond en Khoi-krale. Be- werkte grond word as voordelig vir argeologiese aktiwiteite gesien. Om dus meer te wete te kom oor

moontlike Khoi-krale in die groter Steenbergvallei, moet daar op die postkontakperiode van Khoi-bewe- gings gelet word. Arthur (:216) reken dis die plekke waar Khoi-plaaswerkers gewoon en geleef het. Volgens rekord was daar vyf plaaswerkerhutte in 1883 op Tokai (NASA, KAB 1883b;c). 'n Kaart, wat 'n oorsig oor die plaas ses maande na verkope weergee, dui vyf hutte in die area net noord van die Onder- tuine aan (1883n), min of meer waar die historiese Bloekomlaan vandag geleë is. Latere landbourekords van die Eksteens sou aantoon dat die veld nie natuurlike weiding oplewer nie en dat die grond arm en onvrugbaar is (NASA, KAB 1842).

2.5

Die Skiereilandse Khoina se gebruik van die Steenbergvallei –

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN