• No results found

Sosio-ekonomiese impak van Eksteen (senior) se welvaartsposisie op sy gesin

Hoofstuk 3: Ekonomiese verbruik van die aarde: Tokai-landgoed en omliggende grond, 1792-1883

3.4 Druiweverbouing en wynbereiding

3.4.9 Sosio-ekonomiese impak van Eksteen (senior) se welvaartsposisie op sy gesin

Daar is reeds gewys op die tekort aan fondse om vir sy gesin behoorlik te versorg (NASA, KAB 1831). Daar kan geredeneer word dat Petrus Michiel sy groot gesin as verskoning voorgehou het. Dit was nie vreemd nie, maar tekenend van die ekonomiese omstandighede en die finansiële knyptang waarin wyn- boere hulle bevind het. Hendrik Cloete de oude het oor die kostes op sy plaas en die effek op sy slawe en

sy lewe gekla: “My lewe word dan heel duister en sonder uitweg, vanweë die drukkende omstandighede.” (Schutte 2003:84) Teen 1829 het die Paarlse boere dit onomwonde aan die regering gestel, dat die meeste boere uiters spaarsamig te werk moes gaan om vir hul families te voorsien sonder om hul goedere te ver- koop of geld te leen (Van Zyl 1973:538). In 1816 het Cloete geen oes gehad nie (:430). 'n Swak oesjaar, soos 1816 te Groot Constantia, is ook op Tokai ondervind toe Eksteen net 6 en drieagste lêer Groendruif- wyn en een 1êer Steenwyn kon lewer (NASA, KAB 1814; 1816). Na 1820 het die wynpryse drasties ge- daal en het boere begin om agterstallig te raak ten opsigte van distrikbelasting en erfpag (Van Zyl 1973: 527-9). Eksteen kon wel 1820 se ewigdurende erfpag betaal, maar nie 1821 of 1822 s'n nie (NASA, KAB 1814a). In 1826 kon die wynprys van Rds 30 per lêer wyn kwalik die vervoerkoste mark toe regverdig (Van Zyl 1973:527-9). Die Kamer van Koophandel waarsku in 1828 dat die meeste wynboere swaar verbande op hul plase het en dat die prys wat die wynboere vir hul wyn behaal het, kwalik in noodsaak- like lewensmiddele kon voorsien, nadat die bedryfkoste van die wynbedryf in berekening gebring is. Ook koerante het in 1831 berig oor die algemene verarming van die wynboere en die weinige waarde van die grond van gewone wynboere. Die wynboere was op 'n trajek van stygende koste vir landboubenodigd- hede en toerusting sedert 1803 en onder sulke omstandighede was dit feitlik onmoontlik om kapitaal by- een te bring. Petrus Michiel het kapitaal uit lenings en verbande byeengebring om sy wynboerdery op Tokai uit te brei, maar hy kon nie genoeg kapitaal genereer om die wynbedryf te finansier nie. Van spaar- geld was daar nie sprake nie en daar was dus geen neseier vir swak oesjare nie. Dit blyk dan ook uit sy brief aan die Goewerneur waarin hy pleit vir afslag op die boete van Joemat (NASA, KAB 1831). Die regering se amptenary het weinig simpatie vir die finansiële dilemma van die wynboere getoon. Op sy beurt het dit weer tot wantroue onder die boere gelei vir enige inisiatief wat deur die regering aan die dag gelê is. Uit die regering se reaksie op Eksteen se memorandum oor sy slaaf Jamoet, blyk dit dat Eksteen toe reeds herhaaldelik sy finansiële posisie onder die regering se aandag gebring het. Soortgelyke plei- dooie het voortgeduur tot 1842, toe die regering nagelaat het om 'n aanbeveling van die Grondraad in sake 'n verlaging van sy erfpagfooi opgevolg en geïmplementeer het (1833;1842a) . Boere moes onder hierdie omstandighede probeer om vir hulle seuns ook 'n toekoms te verseker.

Eksteen (senior) het dit oënskynlik moeilik gevind om al sy kinders in gelyke maat te help. Ook het hy sy kinders se erfporsies van hul moeder vir homself toegeëien (NASA, KAB 1842b). Maar in der waarheid was die geld waarskynlik lankal reeds op die boerdery uitgegee. Toe hy in 1842 geld teen die versekering van die eiendomme wou leen, het die kinders 'n stokkie voor sy planne gesteek en hom verhinder

(1842b). In 1844 het hy 'n laaste poging aangewend om die waarde van die plaas te verhoog deur aan- soek te doen om die erfpaggrond na ewigdurende erfpag om te skakel (1844). Dit is goedgekeur, maar hy was in gebreke om 'n landmeter aan te stel. Op 10 Desember 1844 neem hy 'n verdere verband op en gee die plaas as waarborg. 'n Prokurasieverpligting lei tot 'n verdere hipoteek in 1847 om sy seun, Hermanus Arnoldus, uit sy verknorsing te probeer kry (1842b). Teen daardie tyd kon Eksteen (senior) geen van sy lenings meer terugbetaal nie.

Eksteen (senior) word ook as 'n skuldeiser in sy seun Hermanus se insolvensierekening genoem. Her- manus se insolvente rekening van Januarie 1849 toon 'n tekort van £1,808/10 aan. Hermanus het 'n slag- huis in Wynberg gehad en werk aan hul broer, Petrus Michiel (junior), verskaf (NASA, KAB 1840a). Eksteen (senior) het belang by Hermanus se slaghuis gehad – dit was vir hom 'n afsetgebied van vee wat hy of ingekoop en vetgevoer het, of moontlik deur die Duckitts bekom het. Die veeboerdery was Jacob Pieter, die tweede jongste seun, se bedryf op die plaas. Volgens die rekening van ontvangste en uitbeta- lings van 1849 is daar 'n onderskrif wat aantoon dat Petrus Michiel Rds 710 of £53/10 vir slagskape vir Japie betaal het (NASA, KAB 1842b;Duckitt 2014). Ook is daar geldtransaksies tussen die vader en die seuns, soos blyk uit die opsomming van die Registrateur van Aktes in Petrus Michiel (senior) se insolven- te boedellêer (NASA, KAB 1842b). Op 30 April 1842 staan Petrus Michiel in as borg van £1,000 vir Hermanus en op 28 Februarie 1846 as borg van £225 vir Petrus Michiel junior. Op 18 Desember 1848 leen hy £500 by sy oudste seun, Hendrik Oosterwald. Ten tyde van die voltooiing van die lys van debi- teure word daar £942/15 agter die naam van Hermanus Arnoldus geskryf (1840;1842b). Die koopsom, £1,930, wat die die twee seuns, Bastiaan en Japie, op 22 November vir die plaas betaal, was boonop on- der die markwaarde van die plaas. Die Eksteens was nie uniek in hul stryd om ekonomiese voortbestaan nie. Ten spyte van alles het die plaas in die besit van die Eksteens gebly. Op daardie manier het die on- dernemingsgees van Eksteen (senior) voortgeleef. Ook hierdie nietasbare erfenis behoort erkenning te geniet.

Die plaas was te klein vir verdere onderverdeling. Dit is tog vreemd dat die ouer seuns nie daarin belang- gestel het om 'n gedeelte op Tokai te boer nie, maar wel twee van die latere seuns. In die laat 1840's het Sebastian Valentyn, gebore 1815, reeds 'n gedeelte van die wyngaard bestuur waarvoor hy sy vader Rds 400 huurgeld betaal het (NASA, KAB 1881;1842b). Bastiaan was toe 34 jaar oud. Ook Jacob Pieter of Japie, is gehelp. Eksteen (senior) het vir Japie slagskape van Rds 710 of £53 pond oor elf maande inge- koop. Teen 1883 het Japie steeds die vee en die tuinery behartig (1883b), terwyl Bastiaan tot en met sy dood in 1881 die wynverbouing behartig het (1881). Nadat Petrus Michiel (junior) se insolvente boedel afgehandel is, het hy hom in Darling op die plaas van sy swaer, William Duckitt junior, gaan vestig. Pe- trus Michiel is op 27 November 1881 op 74 jaar ouderdom te Klavervallei oorlede. Hy het net kontant nagelaat en het nooit getrou nie (1846;1881a). Daarteenoor het die weduwee van Bastiaan, Johanna Isa- bella Christina Dreyer (1905) en Jacob Pieter (1893) beide boedels van meer as £2,000 elk nagelaat. Pe- trus Michiel senior se nalatenskap aan sy kinders kon miskien nie vir almal in gelyke maat in geld gemeet word nie, maar in waagmoed en bereidheid om te help, het dit nie ontbreek nie.

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN