• No results found

Die grondlegging van die Tokai-landgoed as landboueenheid

Hoofstuk 3: Ekonomiese verbruik van die aarde: Tokai-landgoed en omliggende grond, 1792-1883

3.4 Druiweverbouing en wynbereiding

3.4.2 Die grondlegging van die Tokai-landgoed as landboueenheid

Hoewel die Tokai-plaas in 1810 nie groot in oppervlakte was nie, was dit die beste moontlike grond vir bewerking, blykens verslae van 1791 en 1794 voor die Politieke Raad (TANAPb 1791f;1794c). Baas Rauch, die poshouer van De Schuer, het die 1791-uitgif uitgesoek, maar die grond is deur die Politieke Raad goedgekeur, terwyl die 1795-uitgif deur albei kommissarisse van houtbosse in 1794 gewaardeer is. Eksteen bekom ook 31 morg leengrond in 1811 (NASA, KAB 1811;1811a), maar hierdie grond is nie aangrensend aan enige van die twee eiendomsgedeeltes nie (DRDLR 1880f; NASA, KAB1883a). Soos reeds aangedui, was dit dig begroei met kreupelbos. In April 1813 doen hy weer 'n keer aansoek vir die grond tussen sy twee eiendomsplase en die twee stukkies leengrond van 1811 aan die noordekant (NASA, KAB 1813). Hierdie aansoek moes dus al die grond aaneenskakel, sodat daar nie 'n geleentheid kon ont- staan vir 'n vreemdeling om dit te bekom en uiteraard sy posisie en beweeglikheid te bemoeilik nie. Die grond sou dus uit eiendom, erfpag en ewigdurende erfpag saamgestel word – vandaar die naam, Tokai- landgoed of Tockay Estate. Maar ten minste sou dit sy beweeglikheid tussen verskillende seksies verge- maklik. Hy beskryf die grond in sy 1813-aansoek, as “...adjacent to his place Tokay at the Steenberg is some cultivated and uncultivated land belonging to Government.” (1813) Dit is die area wat Pondok- vallei en -vlei oorspan, waterafloop noord van Pondokvallei in die Buffelsvlei in, asook die Buffelsvlei en al die waterafloop wat in die Prinskasteelrivier deur De Anneks vloei en in Soetvlei dreineer (DRDLR 1813; NASA 1885b). Al hierdie vleie het saam een groot vlei, Buffelsvlei, in 'n kom gevorm. Die kom, 'n verwysing uit 1795, suggereer die laagliggende rivierbedding, Buffelsvallei of -vlei. Buffelsvallei of -vlei word ook in die grondbriewe van onderskeidelik Simon van der Stel, 1685 en Nicolaas Oortmans, 1711, verwys (NASA, KAB 1685;1711;TANAPb 1795). Hierdie aansoek van 1813 was suksesvol en Petrus Michiel voeg 'n verdere 255 morg ewigdurende erfpag by sy bestaande eiendoms- en erfpaggrond (NASA, KAB 1814). Tokai word dan 'n volwaardige landgoed, maar met beperkte ontwikkeling. In Eksteen se aansoek word daar nie gesê wie die grond tussen die twee eiendomme bewerk het en wat daar aangeplant is nie (1813). Die VOC-houtwerkers het tot in 1795 ongetwyfeld 'n houtveldaktiwiteit daar bedryf – vandaar die weiering aan Teubes om daardie grond te bekom (TANAPb 1794c;1795). Soos reeds verduidelik, was daar 'n struktuur met 'n aangrensende kraal aan die onderpunt van Pondokvallei, naby die fontein (Brommer 2009:192). Dit was moontlik die kraal bokant die Buffelsvlei, Buffelskraal, wat aan die houtpos sy identiteit gegee het.

Daar kan dan met redelike sekerheid aanvaar word dat Eksteen die regeringsgrond tussen sy eiendomme sedert 1803 gebruik het. Cloete laat na in sy 1803-opsomming van die houtveld om Buffelskraal per se uit te lig (NASA, KAB 1803f). Die Goewerneur en Raad van 1803 was baie ten gunste van Eksteen se aansoek toe hy net vir die strook tussen die twee plase aansoek gedoen het, maar die grootste struikelblok vir enige registrasie in die Bataafse periode was die afwesigheid van 'n karteringsregister van staatsgrond (1803h;1804). Om van die opstal na De Anneks te beweeg, moes Eksteen oor hierdie grond perdry, loop

of vee aanjaag en die kanaal grawe. Dit was in daardie tyd reeds praktyk dat boere grond beset of bewerk het na die formele aansoek en voor registrasie (Duly 1965:364). Alle opmeetwerk en grondtransaksies is tydens die oorname van die Britse regering verder vertraag. Ook die daaropvolgende onsekerheid oor die permanensie van die Kaap as 'n Britse kolonie het die administrasie verhinder om rigting te kry (:359). Eers teen 1813 kom die opmeting van oop stukke grond in die Steenbergvallei aan die beurt. Die opme- ting van Eksteen se aansoek, 15 April 1813, is kort daarna op 24 Julie goedgekeur en op 4 April die vol- gende jaar as ewigdurende erfpag geregistreer (DRDLR 1813;NASA, KAB 1814).

3.4.2.1 Wingerdverbouing: grondslaglegging op Tokai

Die eerste wingerde op Aan de Buffelskraal is aan weerskante van die koppie, waarop die woning gebou is, aangelê. Die woning het noord gefront en die wynkelder is wes van die woning gebou. Daar was ook 'n sogenaamde lang huis diagonaal tot die woning naby die wapad. Die Wynberg-wapad het noord na suid verby die lang huis geloop (MA 1800;a; Brommer 2009:192;DRDLR 1913). 'n Vergelyking tussen die koopsom wat Herwig en Loos (Figuur 3 Bylaag A) teenoor Teubes betaal het, suggereer dat Teubes die eerste wingerde aangeplant en al die geboue laat oprig het. Van hierdie geboue het net die woonhuis behoue gebly.

Buffelskraal se druiwe was reeds besig om ryp te word, gereed vir die oes in 1800, toe Herwig die plaas in Novembermaand van 1799 gekoop het (NASA, KAB 1799). Sy eerste wyn moes dus tussen Januarie tot Maart gemaak gewees het. As wynhandelaar het hy hom terselfdertyd steeds op die koop en verkoop van wyn toegespits. Daar was 50,000 wynstokke op 25 morg op sy plaas van 39 morg aangeplant. Die opgaaf maak ook melding van 20 lêer26 wyn (1800d). Dit kon moontlik Buffelskraal se wyn gewees het. Teubes het waarskynlik Groendruiwe, die gewildste, veiligste en bekendste druifsoort, aangeplant (Van Zyl 1973:26). Hy het Buffelskraal vir Rds 100 of ƒ300 van Rauch gekoop en dit vir ƒ50,000 of Rds 16,667 aan Herwig verkoop (NASA, KAB 1792;1799). Casper Loos het die plaas vir ƒ45,050 of Rds 15,016 op 'n openbare vendusie in 1800 gekoop (NASA, KAB 1800h). Die daling in die prys kan toege- skryf word aan veranderinge wat Herwig aan die woonhuis aangebring het. Die veranderinge blyk uit twee sketse wat tussen ca 1799 en 1800 van Tokai gemaak is (MA 1800;1800a). Dit was moontlik nie voltooi tydens sy skielike afsterwe nie (NASA, KAB 1800e). Twee jaar later koop Eksteen die plaas teen 'n nog laer prys van ƒ35,400 of Rds 12,800 (1802a). Die volgehoue prysdaling kan aan moontlike dalings in die wynpryse, swak oeste en dergelike oorsake toegeskryf word.

Tokai is as 'n wingerdplaas met die oog op wynverbouing begin (MA 1800;1800a) en die agtereen-vol- gende eienaars het daarmee volstaan. Daar is ook geen aanduiding van veeboerdery in die eerste jare van die plaas se bestaan nie. Toe die plaas in 1802 weer onder die hamer kom, is dit met wingerde en wyn geadverteer, terwyl De Anneks as onbewerk geadverteer is, maar “... very well adopted for the planting of 26 Een lêer wyn of brandewyn is 152 gellings of 575.38 liter.

vines” (NASA, KAB 1802). Die meeste wynboere het in daardie tyd in laagliggende grond langs riviere aangeplant, omdat druiwe daar meer egalig ryp geword het (Van Zyl 1973:27-8). Die grond wat Eksteen in 1802 koop, het 'n woonhuis, die hartbeeshuis of die sogenaamde langhuis en 'n wynkelder gehad (NASA, KAB 1802a; MA1800;1800a). Die langhuis op die Hamilton-afdruk (MA 1800a) is na alle waarskynlik as slawekwartier gebruik, aangesien die advertensie ook na slawe as onder meer “cellar boys, coachmen and gardeners” verwys. Die kelder is met wynboutoerusting en al verkoop. Die indruk word geskep dat Loos nie verdere uitbreiding op die plaas gedoen het nie – ook dat hy nie self geboer het nie, maar dat sy slawe in beheer van die boerdery was (NASA, KAB 1800f).

Dat daar Groendruiwe en Steendruiwe op Tokai aangeplant is, word met die lewering van Petrus Michiel se druiwe vroeg in die negentiende eeu bevestig (NASA, KAB 1811d;1814b). Hierin het die vorige eie- naars van die plaas die voorbeeld van wynboere uit die Kompanjiestydperk gevolg, naamlik om voorkeur aan Groendruiwe te gee (Van Zyl 1973:26). Teen 1795 was 93.2% van die aanplantings Groendruiwe. Ander stokke wat deur wynboere aangeplant is, was Muskadel met 2.4%, 1.2% Hanepoot en Pontak, 0.8% Steen en ander, sowat 0.7%. Groendruiwe se gewildheid het uit die stok se goeie drakrag, asook goeie weerstand teen swartroes, wat toe die bekendste wingerdsiekte was, voortgespruit. Rooi en wit Groendruiwe is in die meeste gevalle deurmekaar aangeplant. Groendruif se gewildheid maak dit on- waarskynlik dat Herwig, die eienaar wat die naam na Tokai verander het, Hongaarse druiwe kon aanplant, want die plaas was maar net vir sowat nege maande sy eiendom. Herwig het die grond in November 1799 met wingerde aangekoop (NASA, KAB 1799;1800d). Na sy afsterwe word die plaas met wyn van “superieure” kwaliteit geadverteer (:1800f). Die Hongaarse wyndorp, Tokaij, waarna die plaas Tokai vernoem is, se druiwesoorte is Furmint (60%) , Hárslevelú (30%) en Geel Muscat of Muscat lunel (Tokaji.net 2014). Herwig se ontydige afsterwe het hom moontlik verhoed om sy droom van Hongaarse druiwe as teenvoeter vir die Constantia-wyne te plant. Volgens die wynmaakmetode in Hongarye is die druiwekorrels droog en verrot gepluk. Die korrels is vermeng met Furmint as die belangrikste bestand- deel (Tokaji.net 2014). Hierdie metode, naamlik om ryp en inmekaargetrekte druiwekorrels te pluk, is ook op die Constantia-plase gevolg, maar daar is beslis nie Furmint toegevoeg nie. Die druiwe moes reeds so oorryp wees sodat die helfte van die korreltjies rosyntjies was (Van Zyl 1973:85).

3.4.2.2 Daarstelling van infrastruktuur

Eksteen het benewens die koopsom van ƒ35,400 of Rds12,800 (NASA, KAB 1802a), ook kapitaal nodig gehad om buitegeboue aan te bou, om moontlik sy wingerde uit te brei en om die nege morg van De An- neks te ontwikkel. Ook moes Eksteen die rivier kanaliseer, sodat die plase suid van De Anneks die helfte van al die bergafloop se water kon kry. Daar was twee wetlike verpligtinge by betrokke, die voorwaarde van die 1795-grondbrief en die verpligting van skoon water na die Soetvallei en openbare suipplekke van 1803 (1795a;Naude 1951:44-5). Volgens die 1803-plakkaat moes alle openbare uitspanningsplekke se water vry lopend en nie opgedam wees nie en dit moes skoon wees vir mens en dier se gebruik. Die

Prinskasteelrivier was tot na die besetting van 1795 nog herlei na die Steenbergsrivier. Die rivier was teen 1802 steeds nie terugherlei na sy bedding nie, want De Anneks is as ideale wingerdgrond te koop aangebied (NASA, KAB 1802). Die bedding was dus droog en moontlik gedeeltelik voorberei, of die wortelhout van die riete en palmiet is moontlik reeds as brandhout versamel.

Om die kanaal te bou, was duur. Eksteen moes waarskynlik van die diens van 'n landmeter gebruik ge- maak het. Die kanaal is op 'n kontoerlyn gebou, wat die water uit die rivierbedding en die groter vlei- gebied uithou, maar terselfdertyd stormwater na die Soetvleiarea, noord en suid van die Ondertuine, moes voer. Ook moes Eksteen oor 'n hele aantal slawe beskik het om die kanaal te grawe. In 1810 word 22 manlike slawe en 3 vroulike slawe in sy opgaaf gelys (NASA, KAB 1810a). Die feit dat die grenslyn van 1883 volgens die 1883-kaart die kanaal net-net binne die Tokai-landgoed se grenslyn van 1814 aandui, laat die suggestie onstaan dat die kanaal ten minste vir 'n kort gedeelte die grenslyn was. Indien die ka- naal buite die grenslyn was, sou met redelike sekerheid aanvaar kon word dat of die Bataafse regering, 1803-1806, of die Britse regering na 1806, die skepper en eienaar van die kanaal was. Die feit dat die kanaal egter binne die grenslyn is, suggereer dat die skepper of bouer en eienaar Petrus Michiel was. Pe- trus Michiel se aansoek van 1803 vir die grond tussen sy twee plase, die gedeeltelike ontwikkeling van die grond volgens die 1813-aansoek van Eksteen en die grenslyn parallel met die kanaal op die 1883- kaart, versterk die aanname dat Petrus Michiel die kanaal laat bou het (1803h;1813;1883n), maar voordat die grond tussen die twee plase aan hom toegeken is. Die kanaal is gebou voordat die plaas opgemeet is, want Petrus Michiel sou nie die wingerde in die rivierbedding kon aanlê alvorens die water nie weggelei is nie. Die wegswenk van die kanaal suggereer dat Eksteen die water so ver as moontlik moes weglei om wintervloedwater uit die rivierbedding, waar sy nuwe wingerde was, te hou (Diagram 5,11,33-4, Bylaag B). Die 1883-kaart dui wingerde aan tot na aan die laagtepunt, waar die Palmietvleie 'n eenheid met die Soetvlei vorm. Die landmetersdiagram van 1885 vir Hertzog, skets 'n onmiskenbare vleiland op die plaas Soetvlei. Dit dui ook die kanaal aan wat deur Munnik in 1837 gegrawe is (DRDLR 1885;NASA, KAB 1837b;1838). Eksteen het ooglopend die kanaal net verby sy lande in die Ondertuin gegrawe. Die kanaal het meer as een uitloop in 'n suidelike rigting van waar dit sy pad oopgespoel het om die winterafloop van die vallei, aangedui op die 1838-diagram (NASA, KAB 1838; Diagram 5) te vorm.

Die herleiding van die rivier in 'n kanaal was 'n duur proses, vergeleke met die begroting vir 'n grag, wat in 1803 vir die opknapping van die militêre pos by Muysenburg in die vooruitsig gestel is (NASA, KAB 1803g). Die beraamde koste van 'n grag van sewe tot nege voet diep, maar wat deur klip gekap moes word, was sowat ƒ10,500 of Rds 3,500. Dit sou 70 tot 80 dae vir 200 arbeiders nodig wees. Daarvoor moes hulle toegerus wees met 40 kruiwaens, 80 pikke, 50 skopgrawe, 20 ysterkoevoets, 20 stampers, vier ysterstokers en waens om die grond weg te ry. Hierteenoor blyk die grawe van die kanaal te Tokai taam- lik eenvoudig – die kanaal moes op die regte hoogte bo seevlak in sanderige grond gegrawe word, sodat die water steeds afdraande loop. Die surplus sand kon dien as 'n ekstra wal. Maar dit het gereedskap,

handearbeid en kos en kleding van die slawe behels. Op die keper beskou was die bou van die kanaal moontlik juis die faktor wat enersyds die waarde van die plaas verhoog het, maar andersyds Eksteen die geleentheid ontneem het om kapitaal op te bou. Eksteen se addisionele beroepe as soldaat en karweier tydens die Bataafse bewind, kry in die lig hiervan beter begrip. Die kanaal is waarskynlik gegrawe voor- dat die plaas opgemeet is en in ag genome die wetgewing oor waterafloop, dus tussen 1803 en 1813. Die plaas is op 24 Julie 1813 deur J. Melvill vir Eksteen opgemeet (DRDLR 1813; Diagram 7 Bylaag B). Eksteen moes uit braakland nuwe wingerde aanlê (NASA, KAB 1823b). In 1810 het hy 97 osse gehad (1810a). Daar kan met redelike sekerheid afgelei word dat die eerste bankwissel van die Leningsbank, 25 September 1812, van ƒ2,100 (gulden) of Rds 700, aangewend is om bedryfskostes te delg (1842b). In 1815 gee hy 86,000 wingerdstokke op sy opgaaf aan (1815a). In sy opgaaf van 1819 vermeerder dit tot 125,000 wingerdstokke (1819), en in 1825 tot 130,000 wingerdstokke (1825). Die aantal wingerdstokke het sedert 1802 meer as twee maal verdubbel. Indien Herwig se 50,000 stokke op ongeveer 25 morg as 'n meetstok gebruik word (1800d), dan is 'n verdere 38 morg onder wingerd aangelê. De Anneks was net nege morg groot - dus moes Eksteen ongeveer 27 morg meer van die plaasgrond aan die bokant van die latere Orpenweg onder wingerde aangeplant het. Eksteen het onderneem om die erfpaggrond as houtveld te benut (1809). Die stuk regeringsgrond tussen die drie eenhede is eers in 1814 bekom. Behalwe die oorspronklike wingerde rondom die woning, is die 27 morg waarskynlik in die noordekant van die plaas daarvoor benut. Bastiaan en Japie het aan die einde van hul boerdery slegs 50,000 stokke oorgehou. Dit wingerde was in die Ondertuine (NLSA 1883). Die ekstra aanplantings van hul vader is mettertyd mee weggedoen.

Navorsing toon dat Eksteen heel moontlik verantwoordelik was vir die verandering van die woning se front (Kyk Hoofstuk 4). Dit is na alle waarskynlikheid van noord na oos verander (MA 1800,1800a; NASA, KAB 1895d). Die frontaansig van die woning, die stoep, sylingse trappe en enorme gewel, is in die eerste twintig jaar van P.M. Eksteen se eienaarskap onderneem. Argumente ter stawing hiervan word ook in die volgende hoofstuk behandel. Die geboue aan weerskante van die vooraansig, die slawekwar- tier en die stalkompleks, is ook deur Eksteen opgerig. Die stalkompleks word in 1840 saam met die jon- genshuis verseker. Die jongenshuis was noord van die woning en van dieselfde boumateriaal as die stal- kompleks (NASA, KAB 1842b;1913). Die netwerk van leivore rondom die woning is waarskynlik deur hom beplan (1883n). Alles in ag genome het hy die infrastruktuur op die landgoed uitgebrei en gevestig. Daar is ook 'n pad van die werf na die Ondertuine aangelê en 'n laning is met eikebome aangeplant. Ook die wapad na Wynberg is met eikebome aangeplant. Tuinery is wes en noord van die Ondertuine en in die vleiarea by die samevloeiing van die noordelike spruite bokant dit woning aangelê. In P.M. Eksteen se tyd is daar ook ander gewasse op die plaas verbou, soos aartappels (1842b).

'n Tweede wynkelder is later aan die suidekant van die woning opgerig. Die datum is onbekend. Die kruin van Eksteen se wynproduksie was in die vroeë 1820's (NASA, KAB 1823). Die eerste kelder was

toe net oor die twintig jaar oud. Eksteen het sy aantal wingerdstokke tussen 1802 en 1822 meer as ver- dubbel (1823b). Sou hy twee kelders tegelyk gebruik het? Volgens die inventarisse uit sy boedelrekening was daar net een kelder. Die suidelike kelder, wat gedeeltelik op foto's van die woning sigbaar is, lyk of dit nog volgens die Volksboukuns gebou is. Dit is ook nie ingesink nie. Twee handleidings van 1846 deur Gird, asook Jarvis en Juritz, maak albei melding van wynkelders wat op die grond gebou en nie in- gesink is nie. Hulle aanbeveling is juis dat kelders ingesink moes word (Van Zyl 1973:120). Hoewel foto's van Tokai se wynkelder metaalvensterrame aandui, is dit misleidend ten opsigte van die ouderdom van die gebou (MA ca 1885;NASA, KAB 1913). Die mure vertoon breed, soos in die Volksboustyl, en daar was waarskynlik nie vensterrame en ruite in nie. Die vensterlose holtes het as luggate gedien. Ek- steen se finansiële posisie vanaf 1842 het dit net nie moontlik gemaak om enige groot kapitale uitleg na 1842 te maak nie (1842b).

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN