• No results found

DIE LEERSTUK VAN OPENBAARMAKING

5. WERKING VAN DIE OPENBAARMAKINGSBEGINSEL

Die beginsel is op elke fase van die bestaan van die maatskappy van toepassing, van registrasie tot ontbinding of deregistrasie van die maatskappy. Daar is verskeie maniere waarop die leerstuk funksioneer, so byvoorbeeld word die hele geskiedenis van elke maatskappy, in besonder dié van ’n publieke maatskappy, bygehou in dokumente wat vir openbare insae by die Registrateur van maatskappye beskikbaar is.60

Die volgende voorbeeld illustreer die werking van die leerstuk van openbaarmaking. Die vertroulike inligting wat tot die beskikking van direkteure is, skep die gevaar dat direkteure tot moontlike nadeel van aandeelhouers met die aandele van ’n publieke maatskappy kan spekuleer.

Die Wet self beperk egter nie die aandeletransaksies wat deur ’n direkteur aangegaan mag word nie. Die Wet bepaal egter wel dat besonderhede betreffende direkteure se aandelebesit en die uitreiking van aandele geopenbaar word en deur middel van bepaalde prosedures geskied.61 Binnekennistransaksies word tans deur die Security Services Act 36 van 2004 gereël. Hierdie stuk wetgewing bevat ’n omskrywing van handelinge62 wat as binnekennistransaksies beskou word en skep siviele aanspreeklikheid vir persone wat hierdie wet oortree en gevolglik skuldig bevind word.63

58 Rose 1963:8. 59 Cilliers 1964:204. 60 Cilliers et al 1992:183.

61 Artikel 221, 222 en 223 van Wet 61/1973. 62 Artikels 73-75.

Soos reeds vermeld moet openbaarmaking in ooreenstemming met algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk geskied.64 Die openbaarmakingsvereistes van die rekeningkundige standpunte word in die Vierde Bylae van die Wet vervat. Nie- gepromulgeerde algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk word dikwels “klein aarp” genoem, in teenstelling met “groot AARP”, naamlik daardie rekeningkundige praktyke wat in standpunte gekodifiseer is. AARP dui dus op rekeningkundige praktyke wat in standpunte beskryf is, terwyl aarp op praktyke dui wat algemene aanvaarding geniet, deurdat dit deur ’n beduidende groep maatskappye toegepas word, hoewel dit nie in enige standpunt oor algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk beskryf word nie.65

Ten einde aan die vereistes van artikel 286(3)66 van die Wet te voldoen hoef ’n maatskappy slegs die voorskrifte van aarp na te kom. Aangesien dit egter in baie gevalle moeilik is om die presiese omvang van aarp-vereistes vas te stel, word maatskappye aangemoedig om hul finansiële state ingevolge AARP op te stel. Direkteure behoort dus een van bogenoemde raamwerke as primêre

64 Standpunte oor algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk word almal genoteer met die voorvoegsel RE 1, direk gevolg deur twee verdere syfers. Publikasies met die voorvoegsel RE 2, direk gevolg deur twee verdere syfers, staan as rekeningkundige riglyne bekend, en dié met die voorvoegsel RE 3, direk gevolg deur twee verdere syfers, staan as menings bekend. Die RE 4-reeks is interpretasies van bepaalde aspekte van sekere standpunte. Vorster et al 2001:1-9. Die Rekeningkundige Praktykeraad is toegewyd daaraan om die Suid-Afrikaanse AARP standaarde so na as moontlik aan dié van die IASB te hou. Dit is egter in sommige gevalle nodig om die RE 1 standpunte op ’n ander wyse te interpreteer, aangesien sekere omstandighede mag voorkom wat eiesoortig is aan Suid-Afrika. Om vir hierdie gevalle voorsiening te maak het die Rekeningkundige Praktykeraad die RE 5-reeks begin uitvaardig. Die RE 5-reeks dra dieselfde gewig as die RE 1- sowel as RE 4-reekse en moet gevolglik tesame met hierdie reekse gelees word. Vorster et al 2004:10-11. ED 167 is deur die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters uitgereik ten einde AARP aan te suiwer sodat dit die IFRS-posisie in alle omstandighede sal weergee. Vir ’n volledige lys van AARP standpunte met hul internasionale ekwivalente sien; Opperman et al 2005:1; Vorster 2004:8-11; Vorster 2003:9. Vir ’n volledige beskrywing van al die Internasionale standaarde kan die International Financial Reporting Standards (IFRS) 2004 geraadpleeg word.

65 Vorster et al 2004:5; Vorster et al 2003:10; Vorster et al 2001:9.

66 Artikel 286(3) bepaal soos volg: “Die finansiële jaarstate van ’n maatskappy moet ooreenkomstig algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk die toestand van die sake van die maatskappy en sy besigheid aan die einde van die betrokke boekjaar en die wins of verlies van die maatskappy vir daardie boekjaar redelik weergee en moet vir daardie voel in ooreenstemming wees met en ten minste insluit die aangeleenthede voorgeskryf deur bylae 4, vir sover as wat dit toepaslik is, en aan enige ander vereistes van hierdie Wet voldoen.” Artikel 300(i) van die Wet bepaal voorts dat die maatskappy se ouditeur moet verseker dat die maatskappy se finansiële state voldoen aan algemeen aanvaarde praktyk, en dat die wyse waarop die inligting weergegee word, versoenbaar is met die manier waarop dit op die vorige jaar gedoen is. Sien ook Everingham en Lomax 2005:12.

verslagdoeningsbasis te kies en hul keuse duidelik in die finansiële state aan te dui.67

Daar kan egter tereg gevra word hoe effektief die publikasie van finansiële state ingevolge AARP-vereistes (wat deur wetgewing vereis en afgedwing word) toekomstige skandale soos byvoorbeeld Enron in die toekoms sal kan beperk.

6. BELANGEGROEPE WAT BESKERMING GENIET DEUR MIDDEL VAN

OPENBAARMAKING

Daar kan verskillende groeperings onderskei word, wie se belange deur die werking van die openbaarmakingsbeginsel beskerm of bevoordeel word. Hierdie groeperings is onder meer: potensiële aandeelhouers of beleggers, aandeelhouers, skuldeisers, die maatskappy self en persone wat met die maatskappy kontrakteer.68 Aanvanklik is die verskaffing van publisiteit as een van die doeltreffendste wyses beskou om wanpraktyke deur maatskappye aan die kaak te stel.69 Dit blyk egter uit moderne finansiële skandale soos bv. Enron en Worldcom dat die publikasie van inligitng nie as die enigste oplossing beskou kan word ten einde die wanbestuur van maatskappye te voorkom nie.

7. REGSVERGELYKENDE BLIK

Ten einde internasionale eenvormigheid met betrekking tot rekeningkundige gebruike te bereik, is ’n liggaam genaamd die Internasionale Komitee vir Rekeningkundige Standaarde (hierna IASC) gestig. Die meeste Westerse lande, onder wie Suid-Afrika, Groot-Brittanje, Australië asook die VSA was op hierdie komitee verteenwoordig.

Die IASC was ’n vrywillige vereniging van professionele rekeningkundige liggame en sy gesag het berus in die gesag van dáárdie liggame oor hul eie lede.

67 Vorster et al 2003:11; Vorster et al 2001:10. Daar moet egter ook in gedagte gehou

word dat die Johannesburgse Sekuriteite Beurs sedert 1 Januarie 2005 alle genoteerde maatskappye verplig om aan die standaarde, soos gestel deur die IASB, te voldoen. Sien Everingham en Lomax 2005:13.

68 Sealy 1981:55-56.

Die doelwitte van die IASC was:

a) om in die openbare belang rekeningkundige standaarde te formuleer en te publiseer wat nagekom sal word by die opstel van finansiële state en om die wêreldwye aanvaarding en nakoming van sodanige standaarde aan te moedig, en

b) om die verbetering en harmonisering van regulasies, rekeningkundige standaarde en prosedures in verband met die aanbieding van finansiële state te bevorder.70

Die Internasionale Komitee vir Rekeningkundige Standaarde (IASC) staan sedert 2001 bekend as die Internasionale Raad vir Rekeningkundige Standaarde (IASB)71 met Suid-Afrika wat ook by laasgenoemde liggaam verteenwoordig word.

Die missie van die IASB is:

…developing, in the public interest, a single set of high quality, understandable and enforceable global accounting standards that require transparent and comparable information in general purpose financial statements. In addition, the Board cooperates with national accounting standard setters to achieve convergence in accounting standards around the world.72

Die IASB-standaarde word wêreldwyd gebruik en ’n toenemende getal internasionale finansiële instellings onderskryf hierdie standaarde.

’n Harmonisering van Suid-Afrikaanse rekeningkundige standpunte en dié van die IASB is onderneem. Die vernaamste vordering wat in hierdie verband gemaak is, is dat die noteringsvereistes van die Johannesburgse Sekuriteite Beurs sodanig gewysig is, dat dit vereis dat alle genoteerde maatskappye teen 2005 aan die International Financial Reporting Standards (hierna IFRS) standaarde moet voldoen.73

70 Vorster et al 2001:8-9.

71 Die Internasionale Raad vir Rekeningkundige Standaarde (IASB) is ’n vrywillige vereniging van professionele rekeningkundige liggame. Die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters onderskryf die oogmerk van die IASB. Hierdie oogmerk is om die internasionale aanvaarding van die IASB se International Accounting Standards (IAS) en International Financial Reporting Standards (IFRS) te bevorder. Sien Everingham en Lomax 2005:11.

72 Vorster et al 2003:8.

73 Vir ’n bespreking van die Johannesburgse Sekuriteite Beurs se noteringsvereistes, sien Vorster et al 2004:44.

Die Johannesburgse Sekuriteite Beurs tesame met die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters het ’n liggaam, die Moniteringspaneel van Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk (GAAP-Monitoring Panel) in die lewe geroep om te verseker dat die genoteerde maatskappye inderdaad aan AARP-standaarde voldoen. Die jurisdiksie van hierdie paneel word beperk tot genoteerde maatskappye op die Johannesburgse Sekuriteite Beurs, sowel as maatskappye wat aan ’n groepering behoort waarvan genoteerde maatskappye ’n deel uitmaak. Die Paneel funksioneer op ’n klagtebasis en adviseer die Johannesburgse Sekuriteite Beurs in gevalle waar daar nie aan AARP-standaarde voldoen word nie.74 Alhoewel hierdie poging deur die Johannesburgse Sekuriteite Beurs prysenswaardig is, blyk dit onrusbarend te wees dat die Paneel bloot op ’n klagtebasis te werk gaan en dat daar nie pro-aktiewe stappe geneem word nie.

Daar bestaan weinig wesenlike verskille tussen AARP en die IFRS. As gevolg van die feit dat daar egter wel verskille is en as gevolg van die verwarring wat hierdie verskille tot gevolg het, het die Rekeningkundige Praktykeraad besluit om die IFRS in Suid-Afrika sonder enige wysigings aan te neem. ’n Blootstellingsontwerp, ED 167, is deur die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters uitgereik ten einde AARP aan te suiwer sodat dit die IFRS-posisie in alle omstandighede sal weergee.75

Soos reeds genoem, word die IASB-standaarde wyd aanvaar en ook deur baie lande as hul eie standpunte aanvaar. As gevolg van hierdie internasionale neiging tot eenvormigheid is daar vandag weinig verskille wat die openbaarmakingsvereistes van finansiële state van die IASB-lidlande aanbetref.

Ander internasionale liggame wat ook rolspelers in die rekeningkundige arena is, sluit die Internasionale Federasie van Rekenmeesters (IFAC), die Verenigde Nasies (VN), die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO), en die Europese Kommissie (EK).

Die IFAC, waarvan die IASB ’n geaffilieerde liggaam is, is verantwoordelik vir die uitreiking van internasionale standaarde oor ouditkunde, etiek, opvoeding en

74 Vir ’n gedetailleerde bespreking van die Moniteringspaneel van Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk en in besonder die werkswyse van hierdie paneel, sien Vorster 2004:11.

75 Vorster et al 2003:9. Vir ’n volledige lys van AARP-standpunte met hul internasionale

opleiding. Die IFAC bestaan uit meer as 100 professionele rekeningkundige liggame afkomstig van 80 lande wêreldwyd.

Die VN het verskeie werkgroepe en komitees wat hul met rekeningkundige aangeleenthede besig hou, byvoorbeeld die “International Working Group of Experts on International Standards and Reporting” en die “Centre on Transnational Reporting Corporations”.

Die OESO is ’n liggaam wat hom toespits op ekonomiese ontwikkeling en finansiële stabiliteit wêreldwyd. Dié liggaam ondersteun die werk van die IASB en onderneem soms rekeningkundige navorsingsprojekte.

Die EK is verantwoordelik vir die uitreiking van rekeningkundige standaarde wat in die Europese Unie wetlike gesag het. Die EK erken die rol wat die IASB in die wêreldwye standaardisasie van rekeningkundige praktyke speel en streef na die harmonisering van sy standaarde met dié van die IASB.76

Dit blyk duidelik uit bogenoemde dat daar ’n wêreldwye uniformiteitsneiging na die daarstelling van eenvormige rekeningkundige standaarde bestaan.

8. DIE STATUTÊRE AFDWINGING VAN ALGEMEEN AANVAARDE