• No results found

ULTRA VIRES-LEERSTUK

4. DIE REGSGEVOLGE VAN ULTRA VIRES-HANDELINGE

Daar het aanvanklik regsonsekerheid oor die regskrag van ultra vires-handelinge geheers.15 Die een denkrigitng was dat ultra vires-handelinge slegs vernietigbaar was.16 In teenstelling hiermee is daar egter in Ashbury Railway Carriage and Iron Co v Riche17 aanvaar dat ultra vires-handelinge ab initio nietig was, en dat daar geen moontlikheid van die ratifikasie van sodanige ooreenkomste bestaan het nie. Die ooreenkomste was ongeldig aangesien dit buite die kontraktuele bevoegdhede van die maatskappy geval het.18 Die punt word duidelik deur die volgende aanhaling uit die Ashbury Railway Carriage-saak geïllustreer:

If so, my Lords, it is not a question whether the contract ever was ratified or was not ratified. If it was a contract void at its beginning, it was void because the company could not make the contract. If every shareholder of the company had been in the room, and every shareholder had said ‘That is a contract which we desire to make, which we authorize the directors to make, to which we sanction the placing of the seal of the company…’ The shareholders would thereby, by unanimous consent, have been attempting to do the very thing which, by the Act of Parliament, they were prohibited from doing. But my Lords if the shareholders of this company could not ab ante have authorized a contract of this kind to be made, how could they subsequently sanction the contract after it had, in point of fact been made?…It appears to me that it would be perfectly fatal to the whole scheme of legislation…if you were to hold that, in the first place directors might do that which even the whole company could not do and that then, the shareholders finding out what had been done could sanction subsequently, what they could not antecedently have authorized.

Dié standpunt is sedertdien as die korrekte standpunt aanvaar.19 Daar het gevolglik geen aanspreeklikheid ex contactu vir enige van die partye ontstaan nie. Die beginsels van die gewone kontraktereg het gegeld na so ’n ultra vires-handeling indien die prestasies steeds bestaan het. Elke kontraksparty was gevolglik geregtig op terugvordering van dit wat hy reeds presteer het.20 Probleme het egter ontstaan waar die prestasie nie meer bestaan het nie, of onidentifiseerbaar was. Daar is

15 Benade 1964:79.

16 Taylor v Cichester and Midhurst Railway Co (1867) LR 2 Exch 356. 17 (1875) LR 7 HL 653.

18 Ashbury Railway Carriage & Iron Co v Riche (1875) LR 7 HL 653.

19 Fredman 1982:289; Benade 1964:80 voetnoot 1; Edwards v Haliwell (1950) 2 All ER 1064 (CA).

aanvaar dat ’n eis vir ongeregverdigde verryking aan ’n kontraktant in so ’n geval toegestaan sou word.21

Lede van die maatskappy beskik oor die reg om direkteure deur middel van ’n interdik te verhoed om ultra vires-handelinge te verrig.22 Hierdie reg van elke individuele lid spruit voort uit die kontraktuele verhouding wat tussen die lid en die maatskappy bestaan.23

Die direkteure kan ook persoonlike sivielregtelike aanspreeklikheid teenoor die maatskappy24 en in bepaalde gevalle ook teenoor die ander kontraksparty25 oploop.

Alhoewel die doelstellings, soos vervat in die akte, die aanduiding was van die area waarbuite die maatskappy nie mag optree nie, het die howe nie die doelstellingsklousule letterlik geïnterpreteer nie. Wat ook al as aanvullend tot die hoofdoelstelling beskou kon word, is nie as ultra vires beskou nie26. Die vraag wat as aanvullend tot die doelstelling gesien kon word, was ’n feitevraag wat ondersoek moes word deur van die gewone beginsels aangaande die opstelling van dokumente gebruik te maak27.

Die weg wat die howe met betrekking tot hierdie aangeleentheid ingeslaan het word deur die uitspraak van Buckley LJ in Attorney-General v Mersey Railway Co28 geïllustreer. Die regter voel dat ten einde vas te stel of ’n handeling inderdaad ultra vires is, daar eerstens oor ’n aantal faktore sekerheid verkry moet word. Die eerste belangrike faktor wat bepaal moet word is wat die hoofdoelwit van die maatskappy is. Tweedens moet die spesiale bevoegdhede bepaal word wat die maatskappy in staat sal stel om uitvoering aan sy hoofdoelwit te gee. Indien daar egter vasgestel word dat die handeling nie binne een van bogenoemde twee kategorieë tuisgebring kan

21 Benade 1964:81; Crispette and Candy Co Ltd v Michaelis 1948 1 SA 404 W.

22 Gower 1992:69; Du Plessis 1990:12; Henochsberg 1985:56; Fredman 1982:286; Benade 1964:93; Edwards v Haliwell (1950) 2 All ER 1064 (CA):1066.

23 Hierdie reg van ’n lid is een van die uitsonderings op die reël soos neergelê in Foss v

Harbottle (1843) 2 Hare 461 67 ER 189, naamlik dat ’n maatskappy deur

meerderheidsbewind beheer word en gevolglik self sy korporatiewe regte moet afdwing. Sien ook Cilliers et al 2000:297-301; Gower 1992:644; Benade 1964:94;

Foss v Harbottle (1843) 2 Hare 461 67 ER 189; Edward v Haliwell (1950) 2 All ER

1064 (CA); Gründling v Beyers 1967 2 SA 131 W.

24 Fredman 1982:288; Naudé 1974:328; Palmer 1968:583; Benade 1964:90; Crispette

and Candy Co Ltd v Michaelis 1948 1 SA 404 W.

25 Benade 1964:91; Blower v Van Noorden 1909 TS 890.

26 The Attorney-General v The Great Eastern Railway Co (1880) 5 App Cas 473 (HL).

word nie moet ’n verdere ondersoek geloods word. Tydens hierdie ondersoek moet daar vasgestel word of die handeling insidenteel is tot die hoofdoelwit, of dat daar ’n logiese verband tussen die handeling en die verwesenliking van die hoofdoelwit bestaan. Die regter het die voorbeeld van die bedryf van ’n hotel as ’n praktiese illustrasie gebruik. Die akte en statute van die betrokke hotel maak voorsiening vir die aankoop van grond waarop die hotel gebou mag word. Daar word egter geen verdere bepalings in hierdie verband in die akte en statute opgeneem nie. Die regter voer aan dat ’n hele aantal handelinge insidenteel tot die verwesenliking van die hoofdoelwit van die hotel sal wees, soos byvoorbeeld die aankoop van: meublement, beddegoed, voedsel, drank asook perde en koetse om die gaste te vervoer. Die regter voer verder aan dat die vestiging van ’n gholfbaan, tennisbane en rolbalbane ook in baie gevalle intra vires sal wees. So ook sal die instandhouding van tuine en ontspanningsareas sowel as die aanskaffing van bote waarmee gaste op visvang ekskursies geneem kan word intra vires wees. Die regter het egter bevind dat heelwat van voorgenome handelinge nie intra vires vir doeleindes van die bedryf van ’n hotel in die middestad sal wees nie, maar eerder bloot vir ’n hotel in die platteland. Dit is dus ’n feitevraag of ’n sekere handeling wel gesien kan word as insidenteel tot die verwesenliking van die hoofdoelwit van die maatskappy.29

28 1907 1 Ch 81 (HL).

29 “…To ascertain whether any particular act is ultra vires…or not the main purposes must first be ascertained; then the special powers for effectuating that purpose must be looked for, and then, if the act is not within either the main purpose as described in or the special powers expressly given by the statute, the inquiry remains whether the act is incidental to or consequential upon the main purpose and is a thing reasonably to be done for effectuating it…By way of illustration, let me suppose that the main purpose found in the statute or in the memorandum of association of a statutory company is to [100] establish and carry on an hotel, and that express power is given to buy land at a particular place and to build, and that as to anything further the statute or memorandum of association is silent. It is quite clear law that all such acts as are reasonably necessary for effectuating that purpose are intra vires, such, for instance, as the purchase of furniture, and of linen, of provisions, and of wines and spirits, the hiring of servants, the payment of licences, the ownership probably of horses and carriages, the maintenance and working of an omnibus which shall attend at the railway station to take the intending guests to the hotel and the like. In a large number of cases the maintenance of a garden and pleasure grounds would be intra vires…The maintenance of tennis lawns or of a bowling green would, in many circumstances be legitimate. Under circumstances such as presently put a golf links might be intra vires. All these and the like will without express mention be within the company’s powers. Then I may instance other acts as to which it would be a question of fact in the case of the particular hotel whether it was such an act as was reasonably incidental or consequential. If, for instance, the hotel were at Bundoran or Rosapenna or elsewhere in the country of Donegal it might be intra vires to lay out and maintain in good order a golf links or to acquire rights of fishing and to own boats and supply gillies for the purpose of fishing upon the lakes. It may be that in the particular locality custom could only be reasonably expected or obtained by offering those attractions, and they might be as necessary as a smoking-room or a bowling green elsewhere. If the hotel in question were the Savoy Hotel in the Strand or the

Dit blyk duidelik dat daar in hierdie verband op ’n kasuïstiese wyse te werk gegaan is. Die vraag of daar inderdaad by die doelstellings van ’n maatskappy gehou is, moes dus na gelang van ’n deeglike ondersoek van die spesifieke besigheid wat die maatskappy bedryf het beantwoord word.

Daar is menigte ander gevalle in hofverslae vervat met betrekking tot die werking van die ultra vires-leerstuk. Slegs drie gevalle word bespreek ten einde die werking van die ultra vires-leerstuk te illustreer. Die algemene beginsels rakende die werking van die leerstuk blyk duidelik uit die bespreking van hierdie voorbeelde en gevolglik word daar met hierdie voorbeelde volstaan. Daar word in elkeen van hierdie gevalle ook spesifiek na die besigheid wat deur die maatskappy bedryf word gekyk.

In Evans v Brunner Mond & Co Ltd30 is bevind dat waar groot bedrae geld deur

chemisiese maatskappye aan universiteite of ander wetenskaplike instellings gegee word vir doeleindeindes van wetenskaplike onderrig of navorsing, hierdie betalings wel as deel van die besigheid van ’n chemise vervaardiger beskou kan word en is sodanige betaling nie ultra vires nie.31 Ook in Foster v London, Chatham & Dover

Railway Co32 is bevind dat waar ‘n spoorwegmaatskappy gemagtig is om grond vir die bedryf van die spoorweg aan te wend en dan ‘n spoorlyn bou wat bo die grond in ‘n reeks brue loop, kan die oop spasie onder die brue verhuur word aan winkeleienaars en is die handeling nie ultra vires nie.33 Daarteenoor is die handeling

Great Central Hotel in Marylebone Road the proposition would cease to be true. So, again if the hotel were situated in a place inaccessible unless special means of communication were provided – say, at a lovely spot at the end of a Scotch loch to which there is no road, or at a place to which there is access by road but which is not served by any coach or mail cart service – it might be intra vires for that hotel to run a steam launch or a motor car to bring its guests to their destination. It would in such a case be analogous to the omnibus which the hotel in the [101] country town sends to the railway station. The question is in each case a question of fact. Is the particular act as to which it is in question whether it is intra vires an act which in the circumstances of that particular case is incidental to or consequential upon or reasonably necessary for effectuating the main purpose which the statute defines?” 30 1921 1 Ch 359.

31 Evans v Brunner Mond & Co Ltd [1921] 1 Ch 359: “Is an application of funds

incidental or conducive to the business of chemical manufacturers to distribute to universities and other scientific institutions a large sum of money for the purposes of scientific education or research, not confined to the particular sphere in which the company operates. Such a distribution of money is, therefore, not ultra vires.”

32 [1895] 1 QB 711 CA.

33 Foster v London, Chatham & Dover Railway Co [1895] 1 QB 711 CA: “Where a

railway company is authorised to use land for purposes of railway operation and constructs a line which runs over a series of arches it has power by implication to let the space in the interior of the arches to persons who carry on business as shopkeepers.”

van ‘n maatskappy wat slegs die bevoegdheid het om treinwaens te bou en te verkoop, maar dan ‘n spoorwegkonsessie koop, ultra vires en nietig.34