• No results found

ULTRA VIRES-LEERSTUK

HOOFSTUK 7 DIE TURQUAND-REËL

3. GESKIEDKUNDIGE OORSIG VAN DIE TURQUAND-REëL

3.1. Engeland

Die Turquand-reël is van Engelsregtelike oorsprong, en dit is bykans onveranderd in die Suid-Afrikaanse reg oorgeneem.22 Die Turquand-reël is ’n skepping van die Engelse howe, alhoewel daar al pogings was om die reël statutêre beslag te gee.23 Daar moet in gedagte gehou word dat Engelse hofbeslissings nie bindend is op Suid-

16 In re Fireproof Doors Ltd; Unmey v The Company 1916 2 Ch 142; Welgedacht Exploration Co Ltd v Transvaal and Delagoa Bay Investment Co Ltd 1909 TH 90; County of Gloucester Bank v Rudry Merthyr Steam and House Coal Colliery Co 1895

1 Ch 629; Re Scottish Petroleum Co (1883) 23 Ch D 413.

17 Royal British Bank v Turquand (1856) 6 E&B 327; Mine Workers’ Union v Prinsloo

1948 3 SA 831 A.

18 Du Plessis 1991:290,301. The Registrar General v Northside Developments Pty Ltd 1988 14 ACLR 543 SC (NSW) op 551-552.

19 Du Plessis 1991:301-302; Montrose 1968:253-254, 255, 261. Die estoppelleerstuk mag egter steeds in hierdie omstandighede toepassing vind, sien hoofstuk 8.

20 1968. 21 Op 255.

22 Cilliers et al 2000:19; Du Plessis 1993:175.

Afrikaanse howe nie, maar dit het egter wel sterk oortuigingskrag.24 Die oortuigingskrag van Engelse beslissings moet egter nie oorbeklemtoon word nie, aangesien verskeie faktore tot gevolg het dat Suid-Afrikaanse en Engelse maatskappyereg geleidelik besig is om van mekaar weg te dryf.25

Die Turquand-reël het volgens Oosthuizen26 sy ontstaan te danke aan die uitspraak van regter Maule in Smith v The Hull Glass Company27:

The statute…requires the deed of settlement to be registered, and that defines the purpose for which the company is incorporated, and the power of the directors; and all persons who contract with the directors must be taken to be cognisant of the extent of the authority conferred upon them. But it by no means follows that they are to be taken to be cognisant of all the proceedings of the board of directors…whether or not the persons so appointed were regularly appointed, the plaintiffs, or any other persons dealing with them could have no means of knowing: they have no power to inspect the minute book. …The plaintiffs could only know that the directors had power to appoint persons to perform the duties they appeared to be doing; and they had a right to assume that they were duly and properly appointed.28

Die ander drie regters het egter die saak op grond van ratifikasie beslis, met regter Jervis wat bloot na die moontlikheid van so ’n reël verwys, maar nie sy opinie daaroor uitspreek nie.29

Regter Jervis verwys egter vier jaar later in Royal British Bank v Turquand30 na hierdie reël soos geformuleer deur regter Maule as “vanselfsprekend”31 en gevolglik word die saak op grond van dié reël beslis.

24 Sien in die algemeen Cilliers et al 2000:19-20.

25 Oor die laaste 25 jaar is die ontwikkeling van maatskappyereg in Engeland sterk deur die direktiewe van die Europese Unie beïnvloed. Die nuwe grondwetlike bestel in Suid-Afrika sal ook die Suid-Afrikaanse maatskappyereg verder beïnvloed. Sien ook

Trust Bank van Afrika v Eksteen 1964 3 SA 402 A.

26 1976:13.

27 11 CB Rep 897 (138 ER 729) 1852.

28 Smith v The Hull Glass Company 11 CB Rep 897 (138 ER 729) 1852:927-929. 29 Smith v The Hull Glass Company 11 CB Rep 897 (138 ER 729) 1852:926: “Joint-

stock companies, it is now admitted, are not to be treated as ordinary trading partnerships: they are only bound by contracts made by the directors within the scope of their authority. The public have no right to complain. They know that the company is acting under the sanction and direction of an act of parliament and of a deed of settlement; and they have a ready access to that deed. But, beyond that, the public have no power, no means of knowledge. It may be sufficient if the public are

satisfied that the directors have authority under the deed to appoint a manager; and they see a man acting in that character. But upon that I wish to pronounce no opinion…” (eie beklemtoning).

3.2. Die aanvaarding van die Turquand-reël in Suid-Afrika

Dit is algemeen bekend dat die Suid-Afrikaanse maatskappywetgewing die Engelse voorbeeld nougeset gevolg het. So byvoorbeeld was die eerste maatskappywetgewing in Suid-Afrika, naamlik die Kaapse Joint Stock Companies Limited Liability Act32 op twee Engelse wette gebaseer naamlik die Joint Stock Companies Act 184433 en die Limited Liability Act 1855.34 Hierdie proses was nie net beperk tot die Kaapprovinsie nie, maar is in die ander kolonies en republieke herhaal.35 Hierdie proses is dan ook voortgesit na die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910. Die Maatskappyewet van 192636 is op die Transvaalse Maatskappywet van 1909 gebaseer, wat weer op sy beurt op die Engelse Companies (Consolidation) Act van 1908 gebaseer is.37

Hoewel daar met die huidige Maatskappywet38 gepoog is om ’n eie selfstandige weg in te slaan, is die wet tog grotendeels op die Maatskappywet van 1926 met sy Engelsregtelike oorsprong geskoei.39 Nie die Engelse of Suid-Afrikaanse maatskappywette is egter ’n kodifikasie van die maatskappyereg nie.40 Daar is van talle belangrike maatskappyregtelike beginsels, soos byvoorbeeld die Turquand-reël, geen spoor in die wetgewing te vinde nie. Met die oorname van Engelse maatskappywetgewing in Suid-Afrika is ook die voorgeskiedenis van daardie wetgeweing tot ’n groot mate oorgeneem. Dit was so aangesien die Engelse maatskappywetgewing grootliks die produk van sy eie voorgeskeidenis was.41 ’n Gunstige klimaat is dus geskep vir die oorname van die belangrike maatskappyregtelike beginsels deur die Suid-Afrikaanse howe42, soos byvoorbeeld die Turquand-reël, soos dit met verloop van tyd uitgebou is deur die Engelse howe.

31 Oosthuizen 1976:12. 32 Wet 23 van 1861.

33 7 & 8 Vict c 110 herroep in 1856. 34 18 & 19 Vict c 133 herroep in 1856.

35 Vir ’n volledige bespreking van die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse maatskappyereg sien Cilliers et al 2000:23; Naudé 1970:8-9.

36 Wet 46 van 1926. 37 8 Edw VII C 69. 38 Wet 61 van 1973. 39 Oosthuizen 1976:37. 40 Gower 1979:52. 41 Oosthuizen 1976:38.

42 Vir direkte erkenning van die Turquand-reël in die Suid-Afrikaanse reg, sien Mine

Workers’ Union v Prinsloo 1948 3 SA 831 A asook Wolpert v Uitzigt Properties (Pty) Ltd 1961 2 SA 257 W:261.