• No results found

DIE LEERSTUK VAN OPENBAARMAKING

REKENINGKUNDIGE PRAKTYK

Dit is moontlik dat klein aarp wel gebruik mag word om inligting aangaande die maatskappy se finansiële posisie weer te gee. Dit kan egter tot die gebruik van ongesonde rekeningkundige praktyke lei, bloot vanweë die feit dat ’n aantal instansies van hierdie praktyke gebruik maak. Hierdie posisie is onaanvaarbaar. Die wetgewer het in hierdie verband ingegryp deur paragraaf 5 van die vierde Bylae van die Maatskappywet te promulgeer.77

Paragraaf 5 lees soos volg:

Indien dit vir die direkteure van ’n maatskappy voorkom dat daar redes is om in die opstel van die maatskappy se finansiële state ten opsigte van enige rekenpligtige tydperk af te wyk van enige rekeningkundige begrippe soos

76 Vorster et al 2003:12-13; Vorster et al 2001:10-11.

uiteengesit in die Standpunte van Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk goedgekeur deur die Rekeningkundige Praktyke Raad, waar sulke Standpunte bestaan, mag hulle dit doen, maar besonderhede van die afwyking, die uitwerking daarvan en die redes daarvoor moet vermeld word.

Die direkteure mag dus afwyk van AARP indien daar redes bestaan het om dit te doen en indien hulle hierdie redes sowel as volledige besonderhede aangaande die afwyking publiseer. Daar word egter geen aanduiding gegee van wat hierdie redes mag behels nie. Daar word aan die hand gedoen dat hierdie paragraaf nie voldoen aan die gees en strekking van die internasionale tendens tot die standaardisasie en bevordering van Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk (AARP) nie.

Beleggers maak staat op die inligting wat in finansiële state vervat word. Dit is dus van kardinale belang dat die gebruik van gesonde Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk statutêr afgedwing word. Hierdie praktyke word al vir dekades in die VSA, Kanada, Australië, Nieu-Seeland en die Verenigde Koningkryk statutêr afgedwing.78

Die statutêre afdwinging van Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk is al by verskeie geleenthede in Suid-Afrika bepleit.79 Ten einde die posisie te beredder, is ’n statutêre ingryp in hierdie verband in 2001 voorgestel, naamlik die Finansiële Verslaggewingswetsontwerp.80 Teen Augustus 2006 was hierdie stuk wetgewing nog steeds nie gefinaliseer nie wat ’n leemte in Suid-Afrika tot gevolg het.

’n Onlangse stuk wetgewing wat bepalings aangaande openbaarmakingsvereistes bevat, is die Auditing Profession Act 26 van 2005. Hierdie wetgewing het dit ten doel om ’n raamwerk daar te stel vir die regulering van die ouditprofessie in Suid-Afrika. Dit word gedoen deur die skepping van ’n liggaam genaamd die Onafhanklike

78 Vorster 2004:6. Sien verder: Raphael 2001:195; Cheffins 1999:515; Greenbury Report 1995; Cadbury Report 1992; Principles of Corporate Governance 1992.

79 Sien die 1994 sowel as die 2002 King-verslae (King I en King II) oor Korporatiewe Bestuur “Corporate Governance”. Vir ’n volledige bespreking van die King-verslae, sien Vorster 2004: hoofstuk 23. Sien verder ook Etsebeth 2005:784; Mangalo 2003:173; De Jager 2002 (deel 1):205; De Jager 2002 (deel 2):713.

80 Vorster 2004:6. Dit is interessant om daarop te let dat die wetsontwerp ’n onderskeid tref tussen veeldoelige finansiële verslaggewingstandaarde en finansiële verslaggewing-standaarde met ’n beperkte doel. Die eerste groep standaarde het slegs betrekking op publieke maatskappye, terwyl die tweede groep standaarde op sommige private maatskappye betrekking sal hê. Die wetgewer het dus kennis daarvan geneem dat die behoeftes van private en publieke maatskappye verskil, en

Beheerraad (“Independant Regulatory Board”) wat die ouditprofessie in Suid-Afrika moet reguleer. Openbaarmaking word bevorder deurdat daar ’n aantal statutêre ouditverpligtinge81 in die wetgewing vervat word. Ouditeure word ook verplig om in sekere omstandighede ongerymdhede openbaar te maak.82 Laastens, maak die wetgewing ook voorsiening vir die aanstelling van ’n Komitee vir Ouditstandaarde (“Committee for auditing standards”) wat dit onder andere ten doel het om die Onafhanklike Beheerraad by te staan met die handhawing, ontwikkeling en uitvaardiging van ouditstandaarde in Suid-Afrika.83 Daar is egter bitter weinig ander verwysing na openbaarmaking in hierdie stuk wetgewing.

Die Engelse Companies Act 2006 bevat breedvoerige bepalings aangaande die publikasie en weergee van finansiële rekords en ander verslae. Hierdie bepalings word aangetref onder die opskrif “Accounts and Reports” in Deel 15 van die betrokke stuk wetgewing en strek vanaf artikel 380 tot en met 474. Breedvoerige bepalings aangaande maatskappy ouditeure word ook in die Engelse Companies Act 2006 vervat in Deel 16 van dié betrokke wet en strek op hul beurt vanaf artikel 475 tot en met 539.

9. GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

In 1999 is RE101 gepromulgeer. Hierdie standpunt reël die posisie rondom die aanbieding van inligting in finansiële state in terme van Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk. RE101 stem ooreen met die Internasionale Rekeningkundige Standaard, IAS1. Paragraaf 11 bepaal dat finansiële state die finansiële posisie, finansiële prestasie en kontantvloei van ’n saak billik moet aandui. Dit bepaal verder dat met die gepaste toepassing van AARP en die vereiste openbaarmaking in sekere omstandighede daar “in virtually all circumstances” ’n billike weergawe van die finansiële posisie in die finansiële state vervat sal word.84

dat dit gevolglik in sommige omstandighede nie sin sal maak om private maatskappye te dwing om aan internasionale ouditstandaarde te voldoen nie.

81 Artikel 44. 82 Artikel 45. 83 Artikel 22.

Daar moet egter in gedagte gehou word, dat in soverre dit die Suid-Afrikaanse AARP aanbetref, daar nog verskeie problematiese aspekte85 aanwesig is wat meebring dat bogenoemde stelling ooroptimisties blyk te wees. Dit is van wesenlike belang dat die Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk so spoedig moontlik statutêr afgedwing word en dat daar nie verder deur die wetgewer in hierdie verband gesloer word nie.86 Die nodige wysigings aan die Maatskappywet87 moet ook in hierdie verband aangebring word.88

Ten spyte van al die probleme wat met die beginsel ondervind word, is dit verblydend dat die openbaarmakingsbeginsel wêreldwyd steeds meer ontwikkel word, veral met die Enron-, Regal-, Xerox en Worldcom-skandale wat gedurende 2002 die finansiële wêreld geskud het.89 Dit blyk egter die neiging in Engeland en nou ook in Suid- Afrika90 te wees dat ingewikkelde en elle lange wetsartikels in hierdie verband gepromulgeer word ten einde die ontwikkeling van die openbaarmakingsbeginsel te bevorder.91 Dit blyk verder ook die tendens in Engeland te wees om die ouditprofessie ekstensief in die betrokke jurisdiksie se Maatskappywetgewing te reël.92 Dit is ’n ope vraag of die oplossing van die probleme wat in hierdie verband ontstaan deur middel van die promulgasie van gedetailleerde en ingewikkelde wetsartikels gevind sal word. In hierdie verband is die spreekwoord: “Slegs tyd sal leer...” ongelukkig uiters gepas.

Dit blyk duidelik dat die beginsel van openbaarmaking ’n uiters doeltreffende maatreël vir die beskerming van verskeie belangegroepe binne maatskappyregtelike verband kan wees. Dit kan egter nie as die enigste maatreël vir die voorkoming van die wanbestuur van maatskappye beskou word nie. Die interaksie wat die openbaarmakingsbeginsel met verskeie ander leerstukke het, bly egter problematies

85 Sien Wainer 2001:133. Wainer wys op die problematiese aspekte rondom RE 131 en die toepassing daarvan op artikels 76 en 90 van Wet 61/1973. ’n Verdere probleem wat Wainer op wys is die feit dat gewysigde artikel 39 en 85 tot 89 van Wet 61/1973 moontlik in konflik met RE 101 is.

86 Sien ook die spesifieke voorstelle van Basson 1994:92-92 in hierdie verband. 87 Wet 61 van 1973.

88 Artikel 286(3) sowel as paragraaf 5 van Vierde Bylae. 89 Sien Etsebeth 2005:784.

88 Dit blyk dat alhoewel dit die wetgewer se bedoeling is om ’n unieke Maatskappyewet vir Suid-Afrika te skep, die wetgewer tog in die 2006 Wetsontwerp in verband met die Maatskappyereg wel met betrekking tot hierdie aspek met die Engelse Companies

Act 2006 probeer konformeer.

89 Die Engelse Companies Act 2006 reël die publikasie van finansiële verslae sowel as

ander verslae in Deel 15 (Artikels 380 tot 474) van dié betrokke wet.

90 Die Engelse Companies Act 2006 reël die posisie met betrekking tot maatskappy

en verg dringende aandag.93 Daar word dus aan die hand gedoen dat die openbaarmakingsbeginsel ontwikkel moet word in soverre dit die openbaarmaking van finansiële state en direkteurshandelinge aanbetref. Dit beteken nie dat die openbaarmakingsbeginsel uitgebrei moet word ten einde die werking van die leerstuk van toegerekende kennis te versterk nie. Soos later aangedui sal word, sal daar aanbeveel word dat die leerstuk van toegerekende kennis inderdaad in Suid-Afrika afgeskaf behoort te word.94

Daar kan met die woorde van Basson95 in hierdie verband volstaan word:

Ek is oortuig daarvan dat die geheim in omvangryke openbaarmaking lê, in die beste tradisie van ’n Westerse oop gemeenskap, met die nodige sensitiwiteit van die werklikhede van ’n land met Suid-Afrika se ontwikkelingsvlak.

93 Verdere kommentaar en moontlike oplossings vir die probleem sal in hoofstukke 5, 6, 7 en 9 gelewer word.

94 Sien hoofstuk 5. 95 1994:93.

HOOFSTUK 5