• No results found

AGTERGROND: DIE VERMOË EN VERTEENWOORDIGING VAN ’N MAATSKAPPY

5. AANSPREEKLIKHEID VAN DIE VERTEENWOORDIGER TEENOOR DIE MAATSKAPPY

6.3 Die posisie in Australië

Die Australiese posisie is in baie opsigte dieselfde as die posisie in Engeland. Vir ’n ooreenkoms om die maatskappy te bind moet die agent oor die nodige werklike volmag of skynbare volmag beskik en die ooreenkoms moet ook intra

125 Harris v Milam 389 P 2d 638 (Okl 1964); Benjamin Plumbing Inc v Barnes 470

NW 2d 888 (Wis 1991). Sien ook Gevurtz 2000:49. 126 Internal Revenue Code 1954 (I.R.C. § 6672.) 127 “tortious conduct”.

128 O’Kelley en Thompson 1999:605. 129 “Authority”.

vires die maatskappy se doelstellings wees.130 Dit is belangrik om daarop te let dat die leerstuk van toegerekende kennis in Australië, soos in Engeland, deur wetgewing afgeskaf is.131 Die posisie in Australië en Engeland is in wese dieselfde insoverre dit verteenwoordiging aanbetref. Daar sal dus volstaan word met bogenoemde bespreking van die Engelse verteenwoordigingsreg, aangesien ’n afsonderlike bespreking onnodige duplisering teweeg sal bring. Die subtiele verskille sal egter in die opeenvolgende hoofstukke uitgelig word met ’n regsvergelykende studie wat aan die einde van elke hoofstuk volg.

7. GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

Hierdie hoofstuk dien as agtergrond en skets die vele verteenwoordiging- sregtelike probleme132 waarmee die Suid-Afrikaanse, Engelse, Amerikaanse en Australiese regstelsels gekonfronteer word. Elkeen van hierdie kwessies sal afsonderlik in die hoofstukke wat volg bespreek word. Die nodige gevolgtrekkings en aanbevelings in verband met elkeen van hierdie kwessies sal in die onderskeie hoofstukke gemaak word.

130 Lipton en Herzberg 1984:76; artikel 68 van die Australiese Maatskappywet van 1989 het egter ’n wesenlike invloed op die toepassing van die ultra vires-leerstuk uitgeoefen. Sien hoofstuk 6, paragraaf 8.3 vir ’n volledige bespreking van die regsposisie in Australië in terme die 2006 Companies Act.

131 Vir ’n volledige bespreking van die leerstuk van toegerekende kennis, sien hoofstuk 5. Vir die invloed wat die Turquand-reël in hierdie verband uitoefen, sien hoofstuk 7.

132 Om bloot ’n paar probleme te noem: Daar is verwarring in die Suid- Afrikaanse verteenwoordigingsreg aangesien die leerstuk van toegerekende kennis steeds in hierdie jurisdiksie erken word. Die ultra vires-leerstuk skep probleme, en net soos in Engeland pas die howe die Turquand-reël onder die vaandel van die estoppelleerstuk toe. Die Engelse-, Australiese- sowel as Amerikaanse verteenwoordigingsreg gaan gebuk onder die gebrek dat ’n kontrak wat namens ’n niebestaande prinsipaal gesluit word nie ratifiseerbaar is nie. Die Amerikaanse bestel word verder gekritiseer dat daar nie vir bepaalde probleemgevalle wat uniek is aan die verteenwoordingsreg in ondernemingsregtelike verband voorsiening gemaak word nie. ’n sprekende voorbeeld hiervan blyk die nie- erkenning van die Turquand-reël in hierdie jurisdiksie te wees.

HOOFSTUK 3

VOORINLYWINGSKONTRAKTE

1. DOELWIT EN WERKSWYSE

Die doel van hierdie hoofstuk is om voorinlywingskontrakte in Suid-Afrika, Australië, Engeland en die VSA te bestudeer. Uit die studie sal die probleme wat die onderskeie jurisdiksies met die sluiting van voorinlywingskontrakte ondervind, duidelik blyk. Daar sal gepoog word om sinvolle, praktiese voorstelle in verband met die oplossing van hierdie probleme te maak.

Die doel word bereik deur op ’n regshistoriese en regsvergelykende grondslag eerstens na die posisies in Engeland, die VSA en daarna Australië te kyk. Die volgorde waarin hierdie jurisdiksies bespreek word, reflekteer die nut wat die betrokke jurisdiksie vir die oplossing van Suid-Afrikaanse probleme bied. Die Australiese posisie is gevolglik van die grootste waarde, met die Engelse posisie wat weinig hulp verleen.

Die posisie in Suid-Afrika word laastens bespreek weens die uniekheid van die Suid- Afrikaanse regsposisie in hierdie verband. Hierdie uniekheid kan grootliks toegeskryf word aan die statutêre ingryp1 gekoppel aan die erkenning van die gemeenreglike stipulatio alteri in Suid-Afrika.

2. INLEIDING

Artikel 64(1) van die Maatskappywet 61 van 19732 bepaal soos volg:

By die registrasie van die akte en statute van die maatskappy endosseer die Registrateur ’n sertifikaat daarop onder sy hand en seël dat die maatskappy ingelyf is.

Verder word in artikel 65(10) bepaal dat:

Vanaf die datum van inlywing, is die ondertekenaars van die akte tesame met die ander persone wat van tyd tot tyd lede van die maatskappy word, ’n regspersoon met die naam vermeld in die akte, wat al die funksies van ’n ingelyfde maatskappy kan

1 Artikel 35 van Wet 61 van 1973. 2 Hierna die “Wet”.

uitoefen, en met voortdurende regsopvolging, maar met die aanspreeklikheid (as daar is) van die lede om in die geval van likwidasie tot die bates van die maatskappy by te dra soos deur hierdie Wet voorgeskryf.

In artikel 172(1) word dit duidelik gestel dat:

Geen maatskappy met ’n aandelekapitaal mag met besigheid begin of leningsbevoegdhede uitoefen nie tensy en voordat die Registrateur onder sy hand en seël ’n sertifikaat wat die maatskappy magtig om met besigheid te begin, kragtens die bepalings van hierdie artikel uitgereik het.

As gevolg van bogenoemde bepalings is dit somtyds nodig om sekere regte vir ’n maatskappy te beding voordat die betrokke maatskappy met regspersoonlikheid beklee word. Hierdie behoefte word raak saamgevat deur appèlregter Trollip waar hy hom in Sentrale Kunsmis Korporasie (Edms) Bpk v NKP Kunsmisverspreiders (Edms) Bpk3 soos volg uitlaat:

Generally a company is formed in order to acquire some business, property, or rights, for the exploitation of which it might require accommodation, equipment, and such ancillary things, and perhaps also the services of experts or experienced executives. Hence, in order to ensure that it will get those benefits on incorporation, it is usually advisable that the terms of the acquisition of those things and the conditions of the employment of those persons should be settled in advance of its incorporation by contracts that will be binding, as far as legally possible, on the contracting parties.4

Die kontrakte wat in bogenoemde aanhaling beoog word, sal voortaan in hierdie studie gerieflikheidshalwe “voorinlywingskontrakte”5 genoem word.

Dit is duidelik dat die maatskappy nog nie bestaan wanneer ’n voorinlywingskontrak gesluit word nie, aangesien ’n maatskappy eers by die registrasie van sy akte en statute ingelyf word en gevolglik met regspersoonlikheid beklee word.6 Die maatskappy as sodanig kan dus nie ’n party tot ’n voorinlywingskontrak wees nie. Weens die feit dat die maatskappy nog nie bestaan nie, kan die oprigters van die maatskappy ook nie gemeenregtelik as verteenwoordigers van die te stigte

3 1970 3 SA 367 A.

4 Sentrale Kunsmis Korporasie (Edms) Bpk v NKP Kunsmisverspreiders (Edms) Bpk

1970 3 SA 367 A.

5 De Wet en Yeats 1964:464 verkies “voorlopige kontrakte”, terwyl Swart 1974:19 die term “voor-inkorporasie kontrakte” gebruik. Cilliers et al 2000:52 gebruik ook die term “voorinlywingskontrak”.

maatskappy optree nie.7 Daar kan egter van ’n rakmaatskappy gebruik gemaak word ten einde regte en vepligtinge vir die maatskappy te bekom. Die direkteure en aandeelhouers word bloot gewysig op die datum waarop die maatskappy dus sy “finale gewaad” aanneem. ’n Volledige bespreking van hierdie aspek val buite die bestek van hierdie proefskrif.

Die posisie aangaande voorinlywingskontrakte in Suid-Afrika word sterk beïnvloed deur die Maatskappywet, die Engelse reg en ook die gemeenregtelike stipulario alteri. Elkeen van hierdie onderwerpe sal van nader beskou word. Die regsposisies rondom voorinlywingskontrakte in Australië en die VSA sal ook op ’n regsvergelykende grondslag bestudeer word.