• No results found

ULTRA VIRES-LEERSTUK

HOOFSTUK 7 DIE TURQUAND-REËL

11. ALTERNATIEWE REMEDIES

Dit is belangrik om daarop te let dat daar ook alternatiewe remedies tot die Turquand-reël is, wat vir derdes beskerming kan bied.125 Voorbeelde hiervan is die estoppelleerstuk, die geldigheidsvermoede,126 ander beskermingsvoorskrifte wat in die statute mag voorkom,127 die bewyskrag van die notule128 en enkele ander wetsvoorskrifte.129

12. REGSVERGELYKENDE BLIK

12.1 Engeland

Die Turquand-reël het in Engeland ontstaan130 en die verdere ontwikkeling van die reël stem grootliks met die Suid-Afrikaanse posisie ooreen. Daar is egter een belangrike verskil en dit is dat die leerstuk van toegerekende kennis alreeds in Engeland afgeskaf is.131 Artikel 35B van die Engelse Companies Act132 lees soos volg:

A party to a transaction with a company is not bound to enquire as to whether it is permitted by the company’s memorandum or as to any limitation on the powers of the board of directors to bind the company or authorise others to do so.

Die afskaffing van die leerstuk van toegerekende kennis tesame met die statutêre Turquand-reël133 het grootliks die probleme in hierdie verband in Engeland opgelos.

125 ’n Volledige bespreking van hierdie alternatiewe remedies kan gevind word in Oosthuizen 1976:298-317.

126 Wet 61/1973 artikel 214.

127 Byvoorbeeld r 83 van tabel A wat ’n uitbreiding is op artikel 214; sien ook klousule 79 van tabel A van die Engelse Companies Act van 1948.

128 Sien ook Wet 61 van 1973 artikel 243.

129 Sien byvoorbeeld artikel 74(1) van die Engelse Law of Properties Act 1925. Daar blyk egter nie soortgelyke bepalings in die Suid-Afrikaanse reg aanwesig te wees nie. 130 Royal British Bank v Turquand (1856) 6 E&B 327.

131 Dit is gedoen deur die Companies Act 1985 artikel 711 tesame met die bepalings van artikel 35B te lees. Sien Dine 1994:58 sowel as Stamp 1986:963-964. Sien ook hoofstuk 5 vir ’n meer gedetailleerde bespreking van die leerstuk van toegerekende kennis.

132 1985. Vir ’n bespreking van die posisie jeens die afskaffing van die leerstuk van toegerekende kennis in terme van die 2006 Companies Act sien hoofstuk 5: paragraaf 8.1., voetnota 79 en hoofstuk 6: paragraaf 8.1.5.

Daar word egter een uitsondering op bogenoemde situasie aangetref en dit word vervat in artikel 322A van die Companies Act.134 Hierdie artikel bepaal dat waar ’n derde ’n transaksie met die maatskappy en (i) ’n direkteur van daardie maatskappy of ’n direkteur van daardie maatskappy se houermaatskappy; of (ii) ’n persoon verbonde aan die direkteur of die maatskappy met wie sodanige direkteur geassosieer word aangaan, die situasie soos volg daar sal uitsien:135

a) Die transaksie is vernietigbaar op aandrang van die maatskappy in soverre dit persone genoem in kategorieë (i) en (ii) insluit.

b) Elkeen van die persone genoem in kategorieë (i) en (ii), sowel as enige direkteur wat die transaksie gemagtig het, is persoonlik aanspreeklik teenoor die maatskappy vir enige persoonlike wins gemaak sowel as vir die vergoeding van enige verlies wat die maatskappy moontlik as gevolg van die transaksie kon ly.

c) Persone wat egter buite die bestek van kategorieë (i) en (ii) val, geniet steeds die beskerming ingevolge artikel 35B van die Companies Act.136 Die hof het egter in hierdie gevalle ’n breedvoerige billikheidsdiskresie om selfs die transaksie ter syde te stel indien die hof dit as billik en regverdig ag.137

Die Engelse wetgewer het ’n nuwe Companies Act in 2006 gepromulgeer. Artikel 35 van die 1989 Companies Act is in die 2006 Wet deur artikels 39 en 40 vervang. Die regsposisie het nie veel verander in die 2006 Wet nie. Daar is egter subtiele verskille tussen die twee wette, hierdie verskille is egter reeds breedvoerig in hoofstuk 6 bespreek en ’n asfonderlike bespreking sal onnodige duplisering tot gevolg hê.138

Artikel 322A van die 1989 Companies Act is byna woordeliks in artikel 41 van die 2006 Companies Act oorgeneem en gevolglik bly bogenoemde bespreking van artikel 322A steeds relevant, artikel 41 lees soos volg:

41 Constitutional limitations: transactions involving directors or their associates (1) This section applies to a transaction if or to the extent that its validity depends on section 40 (power of directors deemed to be free of limitations under company’s

134 1985.

135 Vir ’n volledige beskrywing van hierdie terme sien Dine 1994: hoofstuk 6. Vir ’n bespreking van die posisie van ’n besturende direkteur in die Engelse reg in soverre dit die Turquand-reël aanbetref, sien Criterion Properties PLC v Stratford UK

Properties Llc, Aubrey Glaser & Criterion-Stratford Umbrella Group Ltd; 17 June

2004, House of Lords. 136 1985.

constitution in favour of person dealing with company in good faith). Nothing in this section shall be read as excluding the operation of any other enactment or rule of law by virtue of which the transaction may be called in question or any liability to the company may arise.

(2) Where—

(a) a company enters into such a transaction, and (b) the parties to the transaction include—

(i) a director of the company or of its holding company, or

(ii) a person connected with any such director, the transaction is voidable at the instance of the company.

(3) Whether or not it is avoided, any such party to the transaction as is mentioned in subsection (2)(b)(i) or (ii), and any director of the company who authorised the transaction, is liable—

(a) to account to the company for any gain he has made directly or indirectly by the transaction, and

(b) to indemnify the company for any loss or damage resulting from the transaction.

(4) The transaction ceases to be voidable if—

(a) restitution of any money or other asset which was the subject matter of the transaction is no longer possible, or

(b) the company is indemnified for any loss or damage resulting from the transaction, or

(c) rights acquired bona fide for value and without actual notice of the directors’ exceeding their powers by a person who is not party to the transaction would be affected by the avoidance, or

(d) the transaction is affirmed by the company.

(5) A person other than a director of the company is not liable under subsection (3) if he shows that at the time the transaction was entered into he did not know that the directors were exceeding their powers.

(6) Nothing in the preceding provisions of this section affects the rights of any party to the transaction not within subsection (2)(b)(i) or (ii). But the court may, on the application of the company or any such party, make an order affirming, severing or setting aside the transaction on such terms as appear to the court to be just.

(7) In this section—

(a) “transaction” includes any act; and

(b) the reference to a person connected with a director has the same meaning as in Part 10 (company directors).