• No results found

ULTRA VIRES-LEERSTUK

HOOFSTUK 7 DIE TURQUAND-REËL

8. BEPERKINGS OP DIE WERKING VAN DIE TURQUAND-REËL

Die Turquand-reël sal nie indien een van die volgende omstandighede aanwesig is, gebruik kan word nie:

a) waar die buitestander geweet (mala fide gehandel) of geag word om te geweet het van die onreëlmatighede;

b) waar daar agterdogwekkende omstandighede is en die derde as gevolg hiervan op sy hoede geplaas is;

c) gevalle van vervalsing.96

90 Naudé 1971:505–506.

91 Vir ’n bespreking van die billikheid van hierdie toedrag van sake, sien hoofstuk 5. 92 Oosthuizen 1976:146 voetnoot 4: “The rule in Royal British Bank v Turquand was

evolved, not to abolish, but only to limit search…”

93 Campbell 1959:481 beweer dat dit juis die toepassing van die leerstuk van toegerekende kennis was wat gelei het tot die skepping van die Turquand-reël.

94 Gower 1961:110 voetnoot 7; Du Plessis 1993:176.

95 In re Athenaeum Life Assurance Society; Ex Parte The Eagle Insurance Company

(1858) 4 K&J 549; 70 ER 229:234. Du Plessis 1991:301.

96 Palmer 1968:249. Vir ’n volledige bespreking van die toepassing van die Turquand- reël in die geval van vervalsings, sien Pennington 1959:89-90. Dit is in Ruben v

Great Fingall Consolidated 1906 AC 439 beslis dat ’n maatskappy onder geen

omstandighede gebonde gehou kan word aan ’n vervalste dokument nie. In hierdie geval het die maatskappy se sekretaris ’n aandelesertifikaat met die maatskappy se

8.1 Waar die buitestander bewus is van die onreëlmatigheid

Die Turquand-reël is ’n billikheidsreël wat die beskerming van bona fide-derdes ten doel het. Indien die derde egter bewus is van die onreëlmatigheid kan hy hom nie op die beskerming wat die Turquand-reël bied, beroep nie.97 Nie net werklike kennis nie, maar ook toegeskrewe kennis98 van ’n onreëlmatigheid kan ’n derde van die beskerming wat die reël bied, ontneem.

’n Derde moet persoonlike kennis dra van die onreëlmatigheid. Om hierdie rede is kennis wat ’n direkteur opgedoen het nie aan sy vrou as die koper van skuldbriewe toegereken nie.99 Die kennis wat ’n verteenwoordiger egter in die uitoefening van sy pligte opdoen word aan sy prinsipaal toegereken.100 Dit is dus duidelik dat daar ’n plig rus op ’n verteenwoordiger om verwerfde inligting aan sy prinsipaal weer te gee.101

Probleme mag in hierdie verband ontstaan indien twee maatskappye met mekaar kontrakteer. Wanneer sal die kennis aangaande die onreëlmatighede in die bestuur van maatskappy A aan maatskappy B toegeskryf word as gevolg van die feit dat ’n amptenaar van maatskappy B daarvan kennis gedra het?102 Waar die verteenwoordiger van maatskappy B dus die kennis opdoen, is hy ingevolge die algemene verteenwoordigingsbeginsels verplig om kennis aan die maatskappy oor te dra en word kennis daarvan aan die maatskappy toegeskryf. Wat sou egter die posisie wees indien ’n ander werknemer (en nie noodwendig ’n verteenwoordiger nie) van maatskappy B die kennis opdoen?

seël, sy eie handtekening en ’n vervalste handtekening van die direkteur daarop uitgereik. Die maatskappy is nie gebonde gehou aan die vervalste dokument nie. 97 The Wandsworth and Putney Gas- and Light and Coke Co v Wright (1870) 22 LT

404; Howard v Patent Ivory Manufacturing Co (1888) 38 Ch D 156; Burnstein v Yale 1958 1 SA 768 W; Oosthuizen 1976:257.

98 Weens die werking van die leerstuk van toegerekende kennis. 99 In re Fireproof Doors Ltd; Unmey v The Company 1916 2 Ch 142.

100 Potchefstroom se Stadsraad v Kotze 1960 3 SA 616 A:630: “It is trite law that if

agency, whether express or implied, is proved to exist, knowledge, within certain limits, acquired by the agent within the scope of such authority, is deemed to be the knowledge of the principal”.

101 Joubert 1979:225; Kerr 1972:205.

102 In hierdie opsig het die toeskrywing van kennis meestal verband gehou met die feit of ’n maatskappy deur estoppel verbied kon word om die volmag van ’n bepaalde verteenwoordiger te ontken. Vir ’n bespreking van die leerstuk van estoppel, sien hoofstuk 8. Vir ’n verdere bespreking hiervan, sien Oosthuizen 1976:258, sowel as

Oosthuizen103 identifiseer ’n verdere probleem in hierdie verband: Wat sou die posisie wees indien die twee maatskappye gemeenskaplike amptenare het? Kan kennis aan beide die maatskappye toegeskryf word as gevolg van die feit dat hulle gemeenskaplike amptenare het, of moet elke amptenaar se bevoegdhede in ’n vakuum beskou word? Daar is nie eenvoudige antwoorde vir hierdie vrae nie en dit blyk dat die Suid-Afrikaanse reg wat hierdie aspek aanbetref in ’n nimmereindigende moeras van onsekerheid rondspartel.104 ’n Moontlike oplossing sou waarskynlik wees dat daar op ’n kasuïstiese basis met elke probleemgeval omgegaan word ten einde die omvang van die kennis sowel as die verpligtinge van die amptenaar om die kennis aan die maatskappy te openbaar vas te stel, ten einde te bepaal of werklike kennis aan die derde toegereken kan word wat gevolglik sy bona fides sal ontsenu.

8.2 Agterdogwekkende omstandighede

Die werking van die Turquand-reël word uitgeskakel indien daar agterdogwekkende omstandighede aanwesig is wat die derde se bona fides sal ontsenu.105 Die agterdogwekkende omstandighede kan basies in twee kategorieë verdeel word, naamlik eerstens die verlening van magtiging aan ’n bepaalde beampte en tweedens die uitoefening van die verleende volmag.106

Montrose107 verduidelik die agterdogwekkende omstandighede wat tot verdere ondersoek deur die derde moet lei soos volg:

[A] provision in the articles, for example of a power to delegate is not by itself sufficient to constitute an appearance of authority. The circumstances, including the nature of the representation, may be such as to put a reasonable person on inquiry as to the existence of actual authority….The provision in the articles has to be read

103 Oosthuizen 1976:258.

104 Oosthuizen 1976:259 probeer oplossings vir hierdie vrae in sy proefskrif te bied. Hy verwys na Engelse regspraak, maar gee toe dat die antwoorde “vaag” is.

105 Du Plessis 1991: 302, 305-306. Sien B Ligget (Liverpool) Ltd v Barclays Bank Ltd 1928 1 KB 48 per Wright J: “Whatever may be the exact scope of the rule in Turquand’s case I think it is quite clear on principle and on the authorities that it can never be relied upon by a person who is put on inquiry. The rule proceeds on a presumption that certain acts have been regularly done, and if the circumstances are such that the person claiming the benefit of the rule is really put on inquiry, if there are circumstances which debar that person from relying on the prima facie presumption, that it is clear…that he cannot claim the benefit of the rule.” Sien ook

Wolpert v Uitzigt Properties (Pty) Ltd 1961 2 SA 257 W op 266 F(punt (iii)); Big Dutchman (South Africa) Pty Ltd v Barclays National Bank Ltd 1979 3 SA 267 W op

280 B-C; Rolled Steel Products (Holdings) Ltd v British Steel Corp 1985 3 All ER 52 CA op 77j-78d.

106 Vir ’n volledige bespreking van hierdie kategorieë sien Oosthuizen 1976:265-272. 107 1968.

together with the general circumstances as a whole in order that there be a representation of authority.108

8.3 Vervalsings

Na die 1906-beslissing van die Court of Appeal in Ruben v Great Fingall Consolidated109 is dit algemeen aanvaar dat die Turquand-reël nie toepassing vind in gevalle van vervalsing nie. Indien iemand (wat nie self bevoeg is om namens die maatskappy te handel nie) dus byvoorbeeld die handtekeninge van die sekretaris of direkteure van ’n maatskappy vervals, is die maatskappy nie op grond van die Turquand-reël hieraan gebonde nie.110

Hierdie aspek is volgens Oosthuizen nog nie pertinent in Suid-Afrika onder die loep geneem nie.111 Indien dit wel ter sprake sou kom, sou die Suid-Afrikaanse reg volgens hom waarskynlik “in dieselfde moeras…beland”. Alhoewel dit op eerste oogopslag mag lyk asof daar wel sprake van vervalsing in die beslissing van Oranje Benefit Society v Central Merchant Bank Ltd112 was, is dit egter nie die geval nie. Die twee agente (die sekretaris en hoof uitvoerende beampte sowel as die voorsitter van die uitvoerende komitee) het in stryd met die besluit van die uitvoerende komitee opgetree. Hierdie persone sou egter in normale omstandighede oor die bevoegdheid beskik het om die maatskappy in die betrokke omstandighede te bind. Hulle het bedrieglik opgetree deur voor te gee dat die uitvoerende komitee wel die handeling goedgekeur het. Hulle het egter self die dokumente vervals (dit is nie deur ’n derde wat onbevoeg was om die maatskappy te bind gedoen nie), en die kommunikasie met die derde het geskied by wyse van ’n dokument wat deur die agente self onderteken is, die dokument is dus bloot ter ondersteuning van die wanvoorstelling gebruik.

108 Op 255.

109 1906 AC 439 (HL). Op 443: “…that the doctrine applies only to irregularities that otherwise might affect a genuine transaction. It cannot apply to a forgery.” (Eie beklemtoning).

110 Volgens Oosthuizen kan die maatskappy wel op grond van estoppel in soortgelyke omstandighede aanspreeklikheid opdoen indien die maatskappy byvoorbeeld die skyn verwek het dat die handtekeninge eg is. Vir ’n dieptebespreking van die vervalsingsaspek in die Engelse reg, sien die bespreking hiervan in Oosthuizen 1976. 111 1976:282.

Snyman omskryf bedrog113 as; “die wederregtelike opsetlike maak van ’n wanvoorstelling wat werklike benadeling tot gevolg het, of wat potensiële nadeel vir ’n ander inhou.” Terwyl hy vervalsing114 soos volg omskryf: “vervalsing word gepleeg indien iemand wederregtelik ’n valse dokument opstel met die opset om te bedrieg, en hierdie optrede aanleiding gee tot werklike of potensiële nadeel vir iemand anders.”

Alhoewel die onderskeid moontlik oormatig tegnies is, wil dit voorkom of die kern van die onderskeid tussen die twee misdade gesetel is in die feit dat daar by vervalsing altyd sprake van ’n dokument is, terwyl dit nie die geval by bedrog is nie.

Die gemeenregtelike posisie in Australië was onseker na die Ruben v Great Fingall Consolidated115-uitspraak en die teenstrydige uitspraak wat in Lloyd v Grace Smith & Co116 gelewer is. Hierdie onsekerheid is duidelik te bespeur in die uitsprake van al die regters117 in Northside Developments Pty Ltd v Registrar-General & Ors.118

Artikel 166 van die Australiese Companies Act119 is egter daargestel om bogenoemde probleme op te los. Die gesamentlike uitwerking van artikel 166 en artikel 164(3)(d) is die volgende: ’n Buitestander mag die aannames vervat in artikel 164(3) maak, selfs indien ’n maatskappyverteenwoordiger of agent bedrieglik gehandel het en selfs indien die amptenaar of agent ’n dokument vervals het wat klaarblyklik namens die maatskappy geseël is. Die enigste geval waar die buitestander ingevolge artikel 166 verhoed word om op die statutêre aannames staat te maak, is waar die derde werklike kennis gedra het van die vervalsing. Dit is nie voldoende om bloot aan te voer dat die derde redelikerwys behoort kennis te dra van die vervalsing nie.120

113 1999: 534. 114 1999: 544.

115 1906 AC 439 (HL). 116 1912 AC 716.

117 Sien Mason J op 166; Brennan J op 186; Dawson J op 192-193 en Toohey J op 202- 203.

118 1990 2 ACSR 161. 119 1989.

9. WISSELWERKING TUSSEN DIE TURQUAND-REËL EN ARTIKEL 228