• No results found

Toepassing van die “moderne” ultra vires-leerstuk in Australië

ULTRA VIRES-LEERSTUK

7. DIE IMPAK VAN STATUTÊRE BEPALINGS 1 Inleiding

8.3. Australië 1 Inleiding

8.3.2. Toepassing van die “moderne” ultra vires-leerstuk in Australië

Alhoewel ’n maatskappy nie meer verplig word om doelstellingsklousules in die akte te vervat nie, mag die maatskappy dit steeds doen indien dit so verkies word.170 Spesifieke beperkings kan ook in die akte vervat word, wat die maatskappy uitdruklik verhoed om sekere bevoegdhede uit te oefen.171 Daar mag verskeie redes wees waarom ’n maatskappy beperkings op sy bevoegdhede wil plaas, een hiervan kan wees om byvoorbeeld voordele wat in terme van die reg aan tipes maatskappye toegestaan word te verkry.172 Indien die maatskappy hierdie beperkings verontagsaam, oortree die maatskappy artikel 162(2) van die Companies Act. ’n Maatskappyverteenwoordiger wat op sy beurt hierdie verbode handeling aangaan oortree artikel 162(3). Die oortreding van artikels 162(2) en 162(3) het egter nie tot gevolg dat die maatskappy of die verteenwoordiger skuldig is aan ’n oortreding nie.173 Die handeling is ook nie ongeldig bloot vanweë die oortreding van die beperking nie.174 Die oortreding van hierdie artikels mag egter bepaalde ander gevolge hê, soos uit die onderstaande sal blyk.

Die oortreding van die beperkings kan slegs in ’n paar spesifieke gevalle opgewerp word. Eerstens by die vervolging van oortredings daargestel deur die Maatskappywet.175 Tweedens in geval van aansoeke wat ingevolge artikel 230 gebring word om ’n persoon te verbied om by die bestuur van ’n maatskappy vir ’n bepaalde tydperk betrokke te wees.176 Derdens in geval van aansoeke wat ingevolge artikel 260 gebring word ten einde die onblillike bestuur van ’n maatskappy

168 Artikel 161(2) (a) en (b).

169 Artikel 161(3). Hierdeur word die beslissing van Re Lee Behrens & Co Ltd [1932] 2 Ch 46 dus uitdruklik omvergewerp.

170 Artikel 117(2). 171 Artikel 162(1).

172 Byvoorbeeld die voordele wat aan ’n maatskappy toegestaan deur die woord “Limited” uit sy naam weg te laat ingevolge artikel 383(2).

173 Artikel 162 (3) en (4). 174 Artikel 162 (5) en (6).

175 Die aangaan van ’n ultra vires-handeling kan tot ’n vervolging ingevolge artikel 232 lei; hierdie artikel sal toepassing vind indien ’n direkteur sy statutêre pligte oorskry het. Sien artikel 162(7)(c).

176 ’n Persoon kan byvoorbeeld ingevolge artikel 230 verbied word om ’n maatskappy vir ’n bepaalde tydperk te bestuur. Artikel 162(7)(d).

te verhoed.177 Vierdens in geval van aansoeke ingevolge artikel 1324 om ’n interdik te verkry waarvolgens ’n maatskappy verbied word om ’n bepaalde ooreenkoms te sluit.178 Voorlaastens kan die oortreding van beprekings opgewerp word by enige optrede (behalwe die verkryging van ’n interdik) wat deur die maatskappy of ’n lid teen enige voormalige of huidige beampte van die maatskappy geneem word.179 Daar kan in die laaste plek ook op die oortreding van die beperkings staatgemaak word in geval van aansoeke wat deur die Kommissie of deur ’n lid van die maatskappy gebring word, ten einde die maatskappy te ontbind.180

Die Australiese wetgewer het verder ingegryp en artikels 164-166 van die Corporations Law181 gepromulgeer om die anomaliese gevolge van die toepassing van die gemenereg in hierdie verband verder te beperk. Artikel 164182 handel met die bevoegdhede van die verteenwoordigers van ’n maatskappy en ook spesifiek met die Turquand-reël. Artikel 165183 skaf op sy beurt in effek die leerstuk van toegerekende kennis af.

In ANZ Executors & Trustee Co Ltd v Quintex Australian Ltd184 is beslis dat artikels 159-166 van die Corporations Law die tradisionele ultra vires-leerstuk afgeskaf het in soverre dit die korporatiewe bevoegdhede van die maatskappy aanbetref, maar dat die ultra vires-leerstuk steeds van toepassing sal wees waar maatskappyverteenwoordigers hul bevoegdhede oorskry het.185 Alhoewel hierdie beslissing in ten minste een geval186 nagevolg is, het die howe kort daarna van hierdie beslissing begin afwyk en is toegegee dat hierdie posisie tot grootskaalse verwarring kan lei.187

177 Hierdie bepaling word aangewend waar die maatskappy op ’n onbillike wyse bestuur word. Artikel 162(7)(e).

178 Soos reeds hierbo genoem, kan hierdie aansoek nie gebring word indien die maatskappy alreeds die ooreenkoms gesluit het en nou bloot ooreenkomstig dáárdie ooreenkoms presteer nie (artikel 162(8)). Die hof mag egter die maatskappy of ’n bepaalde verteenwoordiger van die maatskappy beveel om skadevergoeding te betaal vir skade wat deur die maatskappy gely is, weens die ooreenkoms wat gesluit is. Artikel 162(7)(f).

179 Artikel 162(7)(g). 180 Artikel 162(7)(h). 181 1989.

182 Sien hoofstuk 7 vir ’n gedetailleerde bespreking van hierdie artikel. 183 Sien hoofstuk 5 vir ’n gedetailleerde bespreking van hierdie artikel. 184 1990 2 ACSR 676.

185 Vir ’n bespreking van hierdie splitsing met betrekking tot die toepassing van die ultra

vires-leerstuk, sien Baxt 1991:101; Griggs & Nitschke 1993:176; Sneddon 1992:70.

186 Rolled Steel Ltd v British Steel Corporation 1986 Ch 246 1983 3 ALL ER 52:302.

187 Advanced Bank v FAI 1987 5 ACLC 725, 733-4; Darvall v North Sydney Brick & Tile

Die gebruik van ’n doelstellingsklousule is nou opsioneel in Australië.188 Daar is ook verder gepoog om die ultra vires-leerstuk sowel as die leerstuk van toegerekende kennis met wortel en tak uit te roei.189 Hierdie poging was egter soms halfhartig en het gelei tot verdere onsekerheid, soos duidelik geblyk het uit die beslissing van ANZ Executors & Trustee Co Ltd v Quintex Australian Ltd.190

Teen die 1980’s was die werking van die ultra vires-leerstuk tot so ’n mate deur statutêre maatreëls getemper dat dit eintlik nie meer ’n faktor in die maatskappyregtelike konteks was nie.191 Daar is slegs drie gerapporteerde sake in Australië van 1971 tot 1990 wat oor ultra vires gehandel het, in twee van die drie sake is argumente gebaseer op ultra vires verwerp.192

Daar is in 1984 gepoog om die ultra vires-leerstuk in Australië af te skaf. Dit is gedoen deur die aanvaarding van artikels 161 en 162 van die Corporations Law 1984. Artikel 161 het aan ’n maatskappy al die magte van ’n natuurlike persoon besorg. Aangesien ’n maatskappy egter steeds oor doelstellingsklousules mag beskik, bepaal artikel 162 dat indien ’n maatskappy beoog om ’n handeling aan te gaan wat buite die doelstellingsklousule van die maatskappy val, die aandeelhouers of ander belanghebbendes ’n interdik kan aanvra om die maatskappy te verhoed om sodanige handeling te verrig. Indien die maatskappy egter alreeds ’n handeling buite sy vermoënsfeer verrig het, is die handeling geldig en kan dit nie op grond van die beperkings deur die maatskappy opgelê in sy akte aangeveg word nie.

188 Fourie 1996:58.

189 Ten spyte van hierdie pogings worstel die Australiese reg steeds met probleme, selfs na die wetswysigings wat in 1983 plaasgevind het. Vir ’n gedetailleerde bespreking van hierdie probleme sien Willein 1984:256 asook Egbert 1988:73.

190 1990 2 ACSR 676.

191 Burnett 1996:63; Lipton en Herzberg 1988:71; French 1990:47-49. A 67 gee aan elke maatskappy onbeperkte bevoegdhede. Dit beteken dat ’n maatskappy se bevoeghede om met buitestanders te kontrakteer onbeperk is. Artikel 68 bepaal dat ’n handeling wat buite die vermoë van die maatskappy val slegs toepassing met betrekking tot interne prosedures van die maatskappy het en nie as ’n verweer teen derdes gebruik kan word nie. Artikel 66C dien tot aanvulling van artikels 67 en 68 deurdat dit aanvoer dat die oogmerk van die twee artikels is om ultra vires met betrekking tot derdes af te skaf, maar steeds in plek te hou mbt die direkteure en ander beamptes van die maatskappy. Die leerstuk van toegerekende kennis is afgeskaf deur al 68C. Vir ’n volledige bespreking van die leerstuk van toegerekende kennis, sien hoofstuk 5. Vir ’n geskiedkundige agtergrond van die ontwikkeling van die ultra vires-leerstuk in Australië tot en met 1960, sien Paterson en Ednie 1962:172- 176.

Maatskappy direkteure en ander beamptes wat handelinge buite die doelstellingsklousule aangegaan het kon persoonlike aanspreeklikheid oploop in terme van artikels 162(8), 230, 232 en 260 van die Companies Law 1984.193

In ANZ Executors & Trustee Co Ltd v Quintex Australia Ltd194 word ’n argument wat op ultra vires gebaseer is en inderdaad suksesvol was aangetref. Om laasgenoemde saak kortliks saam te vat: Q Ltd het geld geleen. As deel van die leningskontrak het Q Ltd onderneem om sy volfiliale as borge vir die skuld te benoem. Hierdie waarborge is egter nie deurgevoer toe Q Ltd in gebreke gebly het om die premies te delg nie. Die applikant het die hof genader om Q Ltd te beveel om sy volfiliale die opdrag te gee om die waarborge op te neem. Die hof het geweier om die bevel te maak en aangevoer dat daar ’n fundamentele reël in die maatskappyereg is wat bepaal dat ’n maatskappy slegs fondse mag aanwend vir die doeleindes van die maatskappy self. Die sekerheidstelling vir Q Ltd se skulde kon nie gesien word as vir die doeleindes van die volfiliaal self nie. Die sekerheidstelling was dus ultra vires betreffende die volfiliale. Die hof sou nie ’n aandeelhouer (Q Ltd) beveel om ’n ultra vires-handeling te verrig nie. Die hof het verder beslis dat artikels 161 en 162 nie die uitleners van hulp kon wees nie, aangesien die geskil nie tussen die uitleners en die volfiliale was nie (daar was geen kontrak tussen die volfiliale en die uitleners nie). Die hof het beslis dat die situasie anders sou wees indien die volfiliale ook partye tot die ooreenkoms was.