• No results found

AGTERGROND: DIE VERMOË EN VERTEENWOORDIGING VAN ’N MAATSKAPPY

4. AANSPREEKLIKHEID VAN DIE VERTEENWOORDIGER TEENOOR BUITESTANDERS

Die vraag ontstaan of daar ’n ander remedie vir die onskuldige buitestander bestaan indien die maatskappy nie op grond van die Turquand-reël of estoppel aanspreeklik gehou kan word nie. Kan die verteenwoordiger deur ’n derde aanspreeklik gehou word?

In die Romeinse reg was direkte verteenwoordiging onbekend en het die kontrak altyd tussen die verteenwoordiger en die derde tot stand gekom. Indien die verteenwoordiger nie oor die nodige volmag beskik het nie, kon hy steeds op grond van die oorspronlike kontrak aanspreeklik gehou word.88 In die Romeins- Hollandse reg ontstaan direkte verteenwoordiging. Die Romeins-Hollandse skrywers89 hou egter vol met die Romeinsregtelike beginsel dat indien die prinsipaal ontken dat die verteenwoordiger oor die nodige volmag beskik, die verteenwoordiger self op grond van die kontrak aanspreeklikheid opdoen. In navolging hiervan is daar oorspronklik in die Suid-Afrikaanse regspraak aanvaar dat die verteenwoordiger wel op grond van die kontrak aanspreeklik gehou kon word.90

Die oorspronklike posisie in die Engelse reg was dat ’n verteenwoordiger nie as kontraksparty aanspreeklik gehou kan word indien dit blyk dat hy sonder die nodige volmag opgetree het of sy volmag oorskry het nie.91 Agt jaar later het ’n verdere ontwikkeling in hierdie verband plaasgevind deurdat daar in Collen v Wright92 beslis is dat alhoewel ’n verteenwoordiger nie aanspreeklikheid opdoen ooreenkomstig die oorspronklike kontrak nie, die verteenwoordiger wel op grond van die sogenaamde stilswyende waarborg van volmag93 aanspreeklik gehou kan word. Ingevolge hierdie leerstuk waarborg ’n verteenwoordiger uitdruklik of stilswyend dat hy oor die nodige volmag beskik wanneer hy met die buitestander

88 Joubert 1979:77.

89 Van Leeuwen Censura Forensis 1 4 3 10; Matthaeus De Auct 2 5 35.

90 Wright v Williams (1891) 8 SC 166 per dictum lord De Villiers: “…by virtue of the

rule of our law that the agent is liable for damages on the contract itself. In

Pakes v Thrupp & Co 1906 TS 741 verklaar die hof as volg: “If he had no

authority then by our law he would be liable, not on a breach of warranty of authority but on the contract itself.”

91 Jenkins v Henderson (1849) 13 QBD 744.

onderhandel. Daar kom dus ’n nuwe kontrak tussen die derde en die verteenwoordiger tot stand.94 Indien dit later blyk dat die verteenwoordiger se volmag gebrekkig was, is die verteenwoordiger skuldig aan waarborgbreuk en aanspreeklik vir die positiewe interesse aan die derde.95

Die aanvanklike benadering in die Suid-Afrikaanse reg was uiters onbevredigend en dit is in die beslissing van Blower v Van Noorden96 verwerp. In hierdie uitspraak volg hoofregter Innes die Engelse regsposisie na en baseer die aanspreeklikheid van die verteenwoordiger op grond van die verbreking van ’n stilswyende waarborg van volmag.97 Die aanspreeklikheid van die verteenwoordiger is nie van die aanwesigheid van skuld afhanklik nie. Selfs al het die verteenwoordiger bona fide98 gehandel, kan hy nog steeds aanspreeklik

gehou word, mits daar bloot bewys word dat hy die derde onder die indruk gebring het dat hy oor die nodige volmag beskik.99

De Wet en Yeats100 voer aan dat hierdie vorm van aanspreeklikheid onsuiwer is en dat die verteenwoordiger eerder op grond van misleiding aanspreeklik gehou behoort te word. Indien die verteenwoordiger hom dus skuldbewus voorgedoen het as iemand wat oor die nodige volmag beskik, moet hy deliktueel aanspreeklik gehou word. Indien daar geen skuld aanwesig is nie, moet die verteenwoordiger geen aanspreekikheid opdoen nie. Die derde behoort slegs op negatiewe interesse aanspraak te maak.101 Die derde sal slegs die verteenwoordiger kan aanspreek indien hy skuld kan bewys. Hierdie toedrag van sake kortwiek egter die beskerming wat aan onskuldige derde partye gebied

93 “implied warranty of authority”.

94 Sien Joubert 1969:111 asook Joubert 1979:82.

95 Joubert 1979:81; Simons v Patchett (1857) 7 E1 B1 568.

96 1909 TS 890.

97 Blower v Van Noorden 1909 TS 890:906 per dictum hoofregter Innes: “an agent

who has exceeded his authority in contracting for a named principal is liable in damages to the other contracting party on the ground that, from his representation of authority, a personal undertaking on his part is to be implied that his principal will be bound, and that, if not, the other party will be placed in as good a position if he were.”

98 Vir ’n bespreking van die vereistes waaraan die derde moet voldoen alvorens die derde die verteenwoordiger aanspreeklik kan hou, sien Kerr 1972:216. Sien ook Rider 1998:278-280.

99 Blower v Van Noorden 1909 TS 890:906. Vir ’n volledige bespreking van die

billikheid van hierdie vorm van skuldlose aanspreeklikheid sien Joubert 1979:80 asook Van Jaarsveld 1974:225.

word.102 Dit sou onbillik wees om die derde se beskerming aan so ’n onsekere remedie afhanklik te stel.103

Waar onderhandelinge dus deur middel van ’n maatskappyverteenwoordiger geskied, geld stilswyende waarborg van volmag en kan die verteenwoordiger op grond van hierdie subooreenkoms vir positiewe interesse aanspreeklik gehou word.104

Die stilswyende waarborg moet egter in die geval van die maatskappyereg aangepas word, as gevolg van die werking van die leerstuk van toegerekende kennis. Indien die derde weet dat die verteenwoordiger se volmag gebrekkig is, kan die derde nie die verteenwoordiger op grond van waarborgbreuk aanspreeklik hou nie.105 As gevolg van die werking van die leerstuk van toegerekende kennis word die derde dus sy beskerming ontneem indien dit uit die openbare dokumente blyk dat die verteenwoordiger se volmag gebrekkig is.106

101 De Wet en Yeats 1964:86–87.

102 De Wet en Yeats 1964:38; De Villiers en Macintosh 1956:291: Die posisie is seker waar daar sprake van opsetlike wanvoorstelling was. Perlman v

Zoutendyk 1934 CPD 151; Herschel v Mrupe 1954 2 SA 464 A; Hamman v

Moolman 1968 4 SA 340 A; Phame (Pty) Ltd v Paizes 1973 3 SA 397 A. Daar

heers egter steeds groot onsekerheid in gevalle van nalatige wanvoorstelling. In

Latham v Sher 1974 4 SA 687 W en Du Plessis v Semmelink 1976 2 SA 500 T

is die standpunt ingeneem dat nalatige wanvoorstelling wat ’n kontrak ten gevolge het nie tot ’n skadevergoedingseis aanleiding kan gee nie.

103 Oosthuizen 1976:291.

104 Peak Lode Gold Mining Co Ltd v Union Government 1932 TPD 48; Nordis Construction Co (Pty) Ltd v Theron Burke and Isaac 1972 2 SA 535 D. Du Plessis 1991:303 stem saam dat die verteenwoordiger in so ’n geval persoonlike aanspreeklikheid oploop. Die skrywer bespreek ongelukkig nie die aard van hierdie vorm van aanspreeklikheid nie.

105 Tensy die derde uitdruklik waarborg dat hy oor die nodige volmag beskik of dat die maatskappy die ooreenkoms sal ratifiseer. Oosthuizen 1976:293.

106 Du Plessis 1991:300; Hahlo 1969:376; De Villiers en Macintosh 1956:288. Indien die verteenwoordiger egter op ’n bedrieglike wyse voorgegee het dat hy oor die nodige volmag beskik kan hy hom nie op die ander party se toegerekende kennis beroep nie. Wiley v African Realty Trust Ltd 1908 TH 104; De Wet en Yeats 1964:41. Vir ’n volledige bespreking van die effek van die leerstuk van toegerekende kennis sien hoofstuk 5.

5. AANSPREEKLIKHEID VAN DIE VERTEENWOORDIGER TEENOOR