• No results found

ULTRA VIRES-LEERSTUK

6. KOMMISSIES VAN ONDERSOEK

Verskeie kommissies van ondersoek is op die been gebring om die ultra vires- leerstuk te ondersoek. In Engeland het die Cohen-komissie41 aanbeveel dat ’n maatskappy ten gunste van derde persone, geag behoort te word oor al die bevoegdhede van ’n natuurlike persoon te beskik. Die kommissie het gevolglik aanbeveel dat die doelstellingsklousule van die maatskappy slegs as ’n ooreenkoms tussen die maatskappy en sy lede moet geld en nie ten opsigte van derde partye nie. Die Jenkins-kommissie het selfs verder as die Cohen-kommissie gegaan en aanbeveel dat die leerstuk van toegerekende kennis afgeskaf behoort te word.42 Daar is verder aanbeveel dat selfs werklike kennis van die akte en statute nie ’n derde van sy reg om ’n kontrak teen die maatskappy af te dwing behoort te ontneem, as die derde redelikerwys en eerlik nie besef het dat die bepalings van die akte en statute die maatskappy se beamptes verbied het om so ’n kontrak aan te gaan nie. Bona fides deur die derde word dus as ’n oorkoepelende vereiste gestel.

In Suid-Afrika het die Van Wyk de Vries-kommissie43 ook die situasie met betrekking tot ultra vires-handelinge ondersoek. Die kommissie het voor die vraag te staan gekom of die ultra vires-leerstuk in sy geheel afgeskaf moet word en of die maatskappy gesien behoort te word as ’n entiteit met onbeperkte vermoë. Die kommissie het ongelukkig bevind dat hierdie voorstel nie aanvaar kan word nie, aangesien dit te veel mag aan direkteure van ’n maatskappy sal gee. Die kommissie

new Companies Act aimed at, and consequential upon, the elimination of what was said to be ‘the undesirable aspect of the ultra vires principle’.”

39 Benade 1964:45. 40 Gower 1992:168.

41 Cohen-kommissie Cmd 6659/1962 Report of Company Law Committee. 42 Griffin 1991:39 voetnoot 11.

het gevoel dat hierdie voorstel dus die posisie van aandeelhouers vis-a-vis die direkteure sou verswak.44

Die kommissie het verder aangevoer dat daar geen praktiese onderskeid behoort te wees tussen ’n maatskappy en ’n natuurlike persoon in die handelswêreld nie, maar dat daar ’n “equitable equilibrium” moet wees tussen die belange van die aandeelhouers en die direkteure wat die bevoegdhede van die maatskappy uitoefen.45 Daar was ’n gevoel dat daar te veel magte aan direkteure gegee sou word indien die ultra vires-leerstuk afgeskaf word. Die kommissie was daarom van opinie dat die ultra vires-leerstuk nie in geheel afgeskaf behoort te word nie.46 Die beskerming van aandeelhouers is dus as ’n prioriteit deur die kommissie beskou. Soos egter reeds aangetoon is, beskerm die ultra vires-leerstuk nie aandeelhouers nie. Die kommissie se aanbevelings in hierdie verband berus nie op ’n suiwer regsgrondslag nie en kan dus nie ondersteun word nie.47

Op sy beurt voer Benade48 aan dat ’n bevredigende oplossing vir die ultra vires- leerstuk slegs gevind kan word indien daar van die volgende twee uitgangspunte uitgegaan word, naamlik eerstens dat ’n maatskappy se bevoegdhede geensins deur sy doelstellings beperk behoort te word nie; en tweedens dat die verteenwoordigers van ’n maatskappy se bevoegdhede beperk moet kan word, maar dit behoort egter die maatskappy se verantwoordelikheid te wees om sodanige beperkings onder die derde se aandag te bring.

Een van die mees omvangryke ondersoeke na die ultra vires-leerstuk is die Engelse Prentice-verslag.49 In die verslag word onder meer die omseiling van die ultra vires- leerstuk deur die breë formulering van doelstellingsklousules onder die loep geneem.

44 “The first proposal to be considered is the suggestion that the Act, without more, should abolish the ultra vires doctrine. As the effect of this measure would be to confer absolute power on the directors, in the sense that there could be no recourse against them whatsoever, we are not enamoured of this position. A proposal, which has been given serious consideration, has been that the Act should lay down that every company should have unrestricted capacity…However we are afraid that this proposition goes too far. The effect of such a provision would be in practice, to place too much power in the hands of the directors vis-a-vis the shareholders. Whereas it is the approach of the Commission to shore up the position of the shareholders and not to weaken it, it is considered that the adoption of this proposal would be a retrograde step.”

45 Hoofverslag paragraaf 27.23. 46 Hoofverslag paragraaf 27.24.

47 Sien in hierdie verband die Prentice Reform of Ultra Vires Report:18. 48 1964:45.

Die verslag het bevind dat die ultra vires-leerstuk as gevolg van die ontwikkelings in die Engelse reg in verband met doelstellingsklousules van geen nut meer in dié jurisdiksie is nie.50 Daar is verder in die verslag bevind dat die leerstuk onnodige

beperkings op die handelinge van maatskappye plaas sonder dat daar enige voordeel uit hierdie beperkings getrek word.51

Die Prentice-verslag het dit duidelik gemaak dat die belang van doelstellingsklousules aansienlik afgeneem het. In moderne maatskappye het die lengte en kompleksiteit van doelstellingsklousules die hoofdoel van die doelstellingsklousule, naamlik om voornemende beleggers in staat te stel om te bepaal in watter handelsfeer hul belegging belê gaan word, begin oorskadu.52

Daar word ook verder pertinent in die verslag gekyk na die aspek of die ultra vires- leerstuk inderdaad beskerming aan aandeelhouers bied. Daar word tot die volgende gevolgtrekking gekom:

The doctrine of ultra vires has failed to provide any significant protection to either creditors or shareholders. In so far as either creditors or shareholders have a legitimate interest in ensuring that a company restricts its activities to those enumerated in its objects clause, this can be achieved in other ways. To provide such protection it is not necessary to impose restrictions on a company’s capacity which could prejudice a third party dealing with a company.53

Die aanbeveling in die verslag word na oorweging van die posisies in die VSA en Kanada gemaak dat ’n maatskappy die wydste moontlike bevoegdhede behoort te hê, en indien moontlik, dieselfde bevoegdhede as ’n natuurlike persoon.54 Die punt word verder gemaak dat voldoende regsmiddele beskikbaar is vir die beskerming van die belange van aandeelhouers, al word onbeperkte bevoegdhede aan ’n maatskappy verleen.55

50 Prentice Reform of Ultra Vires Report:7. “The consequence of these developments is that the doctrine of ultra vires no longer serves any useful purpose. The doctrine is for all intents and purposes defeasable at the discretion of the draftsman.”

51 Prentice Reform of Ultra Vires Report:13. “The result is that the doctrine of ultra vires imposes an unnecessary burden on companies and those with whom they deal, without there being any compensating advantages.”

52 Sien Griffin 1991:40.

53 Prentice Reform of Ultra Vires Report:18.

54 Prentice Reform of Ultra Vires Report:19. Sien ook Griffin 1991:40. 55 Prentice Reform of Ultra Vires Report:63.

Daar word ook in die verslag aanbeveel dat die leerstuk van toegerekende kennis herroep word, maar dat dit by wyse van uitsondering behou word vir sekere gespesifiseerde dokumente.56

7. DIE IMPAK VAN STATUTÊRE BEPALINGS