• No results found

AGTERGROND: DIE VERMOË EN VERTEENWOORDIGING VAN ’N MAATSKAPPY

5. POSISIE IN AUSTRALIË

5.2 Huidige posisie

Weens die ooreenstemming tussen die Australiese en Engelse gemeenregtelike posisies het dieselfde probleme as in Engeland opgeduik. Die enigste uitweg om dié onhoudbare situasie aan te spreek was deur middel van wetgewing.85 Dit is gedoen deur die aanvaarding van artikel 81 van die Companies Code 1981. Die terme van artikel 81 is in artikel 183 van die Corporations Law 1989 vervat. Artikel 183 is op sy beurt effens vereenvoudig deur dit in drie artikels te verdeel in die Corporations Act 2001.86 Dié drie artikels (131,87 13288 en 13389) van die Corporations Act90 is egter in

83 Burnett 1996:410.

84 Kelner v Baxter (1886) LR 2 CP 174.

85 Die Australiese statutêre oplossing is grotendeels gebaseer op Report no 8, Pre-

Incorporation Contracts van die Law Reform Commissioner of Victoria (Melbourne,

Victoria:1979).

86 Die modernisasie van die Australiese Maatskappyereg het in 1996 begin met die promulgasie van die Second Corporate Law Simplification Bill van 1996. Hierdie voorgestelde stuk wetgewing is op sy beurt deur die Company Law Review Bill van 1997 vervang. Die Company Law Review Bill van 1997 het gelei tot die verordening van die Company Law Review Act van 1998 wat wysigings aan die Corporations Law van 1989 aangebring het. In 2001 is die 1989 Corporations Law herroep en deur die

Corporations Act van 2001 vervang. Sien in hierdie verband http://www.austlii.edu.au/

au/legis/cth/consol. Toegang op 04 Oktober 2006 om 10:18.

87 (1) If a person enters into, or purports to enter into, a contract on behalf of, or for the benefit of, a company before it is registered, the company becomes bound by the contract and entitled to its benefit if the company, or a company that is reasonably identifiable with it, is registered and ratifies the contract:

(a) within the time agreed to by the parties to the contract; or

(b) if there is no agreed time – within a reasonable time after the contract is entered into.

(2) The person is liable to pay damages to each other party to the pre-registration contract if the company is not registered, or the company is registered but does not ratify the contract or enter into a substitute for it:

(a) within the time agreed to by the parties to the contract; or

(b) if there is no agreed time – within a reasonable time after the contract is entered into.

The amount that the person is liable to pay to a party is the amount the company would be liable to pay to the party if the company had ratified the contract and then did not perform it at all.

(3) If the proceedings are brought to recover damages under subsection (2) because the company is registered but does not ratify the pre-registration contract or enter into a substitute for it, the court may do anything that it considers appropriate in the circumstances, including ordering the company to do 1 or more of the following:

wese ’n oorname van artikel 183. Daar sal gevolglik volstaan word met die bespreking van artikel 183.

Die onderliggende beleidsidee van artikel 183 was dat dit meer aanvaarbaar is vir die promotor van ’n maatskappy om ’n groter aandeel van die risiko te dra indien die maatskappy nie betyds opgerig word, of dalk glad nie opgerig word nie, of wel opgerig word, maar dan besluit om nie te presteer op grond van die kontrak wat die promotor gesluit het nie.91

Hierdie benadering weerspieël ’n oorname en verfyning van oorsese bepalings soos gevind in die Companies Code 1952 (Ghana) artikel 13; Business Corporations Act 1975 (Kanada) artikel 1492; Business Corporations Act 1970 (Ontario) artikels 20-21; en daar is ook gekyk na die Nieu-Seelandse93 statutêre oplossing.94

Artikel 183 van die Corporations Law het die gemeenregtelike posisie geheel en al vervang, aangesien hierdie artikel as ’n algehele kodifikasie van die posisie aangaande voorinlywingskontrakte beskou word. ’n Persoon word geag namens ’n niebestaande maatskappy ’n kontrak te sluit wanneer hy:

a) ’n kontrak sluit “in the name of a company, where no such company exists”95 of

b) ’n kontrak sluit “as agent or trustee for a proposed company”.96

(a) pay all or part of the damages that the person is liable to pay;

(b) transfer property that the company received because of the contract to a party to the contract;

(c) pay an amount to a party to the contract.

(4) If the company ratifies the pre-registration contract but fails to perform all or part of it, the court may order the person to pay all or part of the damages that the company is ordered to pay.

88 (1) A party to the pre-registration contract may release the person from all or part of their liability under section 131 to the party by signing a release.

(2) Despite any rule of law or equity, the person does not have any right of indemnity against the company in respect of the person’s liability under this Part. This is so even if the person was acting, or purporting to act, as trustee for the company.

89 This Part replaces any rights or liabilities anyone would otherwise have on the pre- registration contract.

90 2001.

91 1980 Verduidelikende memorandum in verband met die Proposed New Australian Company Code AGPS 28 Maart 1980:59.

92 Vir ’n gedetailleerde bespreking van artikel 14, sien Easson en Soberman 1992:439- 451.

93 Vir meer oor die Nieu-Seelandse oplossing sien Watson 1985:83. 94 Tomasic et al 1992:148.

95 Artikel 183(1)(a)(i).

Subartikel 183(1)(c)(i) en (ii) verbreed die effek van die artikel sodanig dat ’n verwysing na ’n niebestaande of voorgestelde maatskappy, ’n maatskappy sou insluit wat indien gevorm redelik identifiseerbaar met die niebestaande maatskappy ten bate van wie die voorinlywingskontrak gesluit is, sou wees. Die rede vir hierdie subartikel is om te verseker dat artikel 183 steeds van toepassing is op ’n maatskappy wat opgerig word en nie wesenlik van die voorgestelde maatskappy verskil nie. ’n Voorbeeld van so ’n nie-wesenlike verskil sou wees indien die maatskappy uiteindelik onder ’n verskillende naam as oorspronklik geïnkorporeer word.97

Dit is egter duidelik dat dit somtyds uiters moeilik kan wees om te bepaal of ’n gestigte maatskappy steeds redelik identifiseerbaar is met die maatskappy wat in die voorinlywingskontrak beoog was. Daar is al voorgestel dat artikel 183(1)(c)(ii) moontlik nie die situasie sal dek waar ’n persoon ’n kontrak as agent of trustee namens ’n maatskappy sluit wat hulle foutiewelik glo alreeds geïnkorporeer is nie.98

Die rede vir hierdie interpretasie is dat artikel 183(1)(c) bepaal dat dit moeilik gaan wees om te bewys dat die persoon die kontrak namens ’n “propsed company” onderteken het indien hy glo dat die maatskappy alreeds bestaan. Indien hierdie standpunt egter gehandhaaf word sal enige sodanige “kontrak” nie geratifiseer kan word nie,99 net so kan ‘n bevel om skadevergoeding100 te betaal dan ook nie teen die promotor toegestaan word nie. Dit is oortuigend deur skrywers aangetoon dat hierdie interpretasie van artikel 183 ’n onnodige beperking op die werking van die artikel plaas en gevolglik nie in lyn met die wetgewer se bedoeling is nie.101

Die posisie van die verkeie partye met betrekking tot artikel 183 word deur die volgende diagram geïllustreer:

97 Tomasic et al 1992:148.

98 Black v Smallwood (1966) 117 CLR 52.

99 Ingevolge artikel 183(2).

100 Ingevolge artikel 183(4),(7). Met die idee van “skadevergoeding” is daar in die Australiese bestel weg beweeg van die kontraktuele aanspreeklikheidsbenadering wat soveel probleme in Kanada skep. Sien in hierdie verband Easson en Soberman 1992:451.

101 Tomasic et al 1992:149. Die werking van artikel 183 se voorganger word in besonderhede bespreek in Commonwealth Bank of Australia v Australian Solar

Information Pty Ltd & Ors (1987) 11 ACLR 380 asook in Bay v Illawarra Stationary Supplies Pty Ltd (1986) 4 ACLC 429.

Voorinlywingskontrakte: Artikel 183(1)

Maatskappy binne ’n redelike tyd ingelyf

Maatskappy nie binne ’n redelike tyd ingelyf nie

Maatskappy ratifiseer nie binne ’n redelike tyd nie: artikel

183(4)(b) Maatskappy ratifiseer binne ’n

redelike tyd: artikel 183(2)

Promotor aanspreeklik: artikel 183(4)(b)

TENSY: Ander party die promotor kwytskeld i.t.v. artikel 183(8), (9) OF kontrak genoveer i.t.v. artikel 183(10) PRIMÊRE AAN- SPREEK- LIKHEID Maatskappy aanspreeklik: artikel 183(3)

Indien die maatskappy weier of in gebreke bly

om sy kontraktuele verpligtinge na te kom, kan die hof die promotor beveel om die geheel of

gedeelte van die skadevergoeding te betaal: artikel 183(7)

Indien die hof dink dat dit regverding en billik is kan

dit die maatskappy beveel om die geheel of

gedeelte van die skadevergoeding te betaal: artikel 183(5) SEKONDÊRE

AANSPREEK- LIKHEID

Met die bestudering van die diagram is dit duidelik dat daar basies drie situasies is waar artikel 183 van toepassing sal wees:

(a) Die maatskappy ratifiseer die kontrak na oprigting en inkorporasie: artikel 183(2)

Artikel 183(2) bepaal dat indien ’n maatskappy binne ’n redelike tyd opgerig word, die maatskappy ’n kontrak wat voor die datum van inlywing van die maatskappy gesluit is, binne ’n redelike tyd na die oprigting van die maatskappy mag ratifiseer.

Subartikel 183(13) bepaal dat ’n maatskappy ’n kontrak kan ratifiseer

…in the same manner as a contract may be made by a company under section 182…

Die effek van die ratifikasie is dat die maatskappy primêr aanspreeklik word op grond van die kontrak en ook geregtig word op die voordeel wat in terme van die kontrak beding is, asof die maatskappy behoorlik geïnkorporeer was voor die datum van kontraksluiting. Die maatskappy word gevolglik as ’n party tot die kontrak beskou.102

(b) Die maatskappy word geïnkorporeer en ratifiseer die voorinlywingskontrak soos per artikel 183(2), maar die maatskappy bly in gebreke om sy kontraktuele verpligtinge na te kom.

In hierdie situasie is die maatskapppy primêr aanspreeklik, maar die promotor kan moontlik sekondêre aanspreeklikheid oploop.103 Dus, indien die maatskappy versuim om sy kontraktuele verpligtinge na te kom, en ’n derde party spreek die maatskappy aan om skadevergoeding weens die kontrakbreuk, kan die hof indien hy dit as “just and equitable” bevind, die promotor beveel om die geheel of ’n gedeeelte van die skadevergoeding te betaal.104 In die verduidelikende memorandum105 word dit gestel dat die voorganger van artikel 183(7):

…relates to circumstances where it is just and equitable that the promoter’s liability should not cease on ratification and the promoter should remain liable: eg where the promoter is the major shareholder of a company which, because it is undercapitalised, is unable to meet its contractual obligations.

102 Artikel 183(3). 103 Artikel 183(7).

104 Die skadevergoeding word toegestaan as gevolg van ’n waarborg wat die promotor gee,dat die korporasie inderdaad opgerig sal word. Vir ’n bespreking van die omvang van die skade wat verhaal kan word, sien Easson en Soberman 1992:451-453. 105 Verduidelikende memorandum:130.

In sy beslissing of die promotor sekondêre aanspreeklikheid in terme van artikel 183(7) moet oploop mag die hof ’n faktor soos die mate van beheer oor die maatskappy waarvoor die promotor werklik beskik, in ag neem. So byvoorbeeld sal die hof meer geneig wees om sy diskresie uit te oefen om nie ’n promotor sekondêre aanspreeklikheid te laat oploop nie, indien die promotor, alhoewel hy ’n party tot die voorinlywingskontrak was, bloot ’n “passiewe” rol met betrekking tot die oprigting en bestuur van die maatskappy gespeel het.106

Die beleid onderliggend aan artikels 183(3) en (7) kan kortliks soos volg saamgevat word: Die maatskappy is primêr aanspreeklik op grond van die geratifiseerde kontrak, die promotor bly egter ’n potensiële sekondêre aanspreeklike. Die rede hiervoor is om ’n ewewigtige posisie te verseker waar die derde party nie remedieloos gelaat word indien die maatskappy versuim om die bepalings van die geratifiseerde kontrak na behore na te kom nie. Die resultaat van artikel 183 is dus dat die promotor en nie die onskuldige derde party (soos gemeenregtelik die posisie was) die residuele risiko van nienakoming van die kontrak deur die maatskappy dra nie. Hierdie posisie strook met openbare beleid aangesien die promotor meer van die maatskappy se doen en late weet, asook moontlike invloed op die bestuur van die maatskappy uitoefen.

Artikel 183 skep egter ook probleme. Artikel 183(2) stel ’n dubbele “redelike tyd”- toets daar, deurdat die maatskappy gevorm moet word binne ’n redelike tyd na die sluiting van die voorinlywingskontrak en die voorinlywingskontrak ook binne ’n redelike tyd deur die maatskappy geratifiseer moet word. Die probleem is dat die begrip “redelike tyd” ’n uiters vae regskonsep is, wat eintlik maar afhanklik is van die feite van elke situasie.107 Die dubbele “redelike tyd”-toets neergelê in artikel 183(2) het dus aansienlike praktiese onsekerheid tot gevolg.

(c) Die maatskappy word nie binne ’n redelike tyd na die sluiting van die voorinlywingskontrak opgerig nie, of die maatskappy versuim om die kontrak binne ’n redelike tyd na oprigting te ratifiseer.

In hierdie geval bly die promotor primêr aanspreeklik, met die maatskappy wat moontlike sekondêre aanspreeklikheid kan oploop.108 Die gevolg hiervan is dat die derde party tot die kontrak ’n bedrag aan skadevergoeding van die promotor kan

106 Tracy v Mandalay Pty Ltd (1953) 88 CLR 215.

107 Sien Hick v Raymond [1983] AC 22 asook Monkland v Jack Barclay [1951] 2 KB 252.

verhaal wat invorderbaar sou wees indien die maatskappy die kontrak na behore geratifiseer het en dan versuim het om sy verpligtinge in terme van die kontrak na te kom.109

Die beleid onderliggend hieraan is om te verseker dat die derde of te wel die buitestander beskerm word. Die promotor bly dus primêr aanspreeklik. Die hof kan egter, indien hy dit regverdig en billik, ag die maatskappy beveel om:

a) aan enige genomineerde party ingevolge die kontrak enige voordeel wat die maatskappy ingevolge die kontrak ontvang het, oor te betaal; of ’n bedrag gelykstaande aan daardie voordeel aan daardie persoon te betaal;110

b) die geheel of gedeelte van die skadevergoeding waarvoor die promotor aanspreeklik mag wees te betaal.111

Die beleid onderliggend aan artikel 183(5) is bloot die teenoorgestelde van artikel 183(7) deurdat dit onregverdig sou wees dat ’n maatskappy wat na datum van inkorporasie weier om ’n kontrak te ratifiseer die voordeel in terme van daardie kontrak behou, terwyl die promotor vir die skade as gevolg van die kontrakbreuk aanspreeklik gehou word. Gevolglik verkry die hof ’n diskresie om die maatskappy te beveel “to bring the benefit to account” om die partye se aanspreeklikheid te bepaal. Byvoorbeeld: Veronderstel dat A ’n kontrak sluit vir die lewering van goedere aan maatskappy B, ’n maatskappy wat nog nie ingelyf is nie. Die betrokke goedere word ingevolge die kontrak aan maatskappy B gelewer. Indien maatskappy B nou weier om die kontrak te ratifiseer, kan ’n hof artikel 183(5) aanwend om maatskappy B te beveel om die goedere terug te besorg aan die derde, of selfs om die waarde daarvan aan die derde te betaal.