• No results found

ULTRA VIRES-LEERSTUK

HOOFSTUK 7 DIE TURQUAND-REËL

6. VERHOUDING TUSSEN DIE TURQUAND-REËL EN DIE ULTRA VIRES LEERSTUK

Beide die Turquand-reël en die ultra vires-leerstuk het betrekking op bevoegdheidsoorskrydings. Die ultra vires-leerstuk hou verband met die vermoë van die maatskappy en die gevolge van die oorskryding daarvan. Die Turquand-reël, daarenteen, vind toepassing waar maatskappyverteenwoordigers hul volmag oorskry. ’n Ultra vires-handeling was tradisioneel nietig en dit kon nie regskrag ex post facto kry nie, selfs nie deur die werking van estoppel of eenparige goedkeuring van die aandeelhouers nie.72 Dit is ook nie moontlik vir die Turquand-reël om regskrag aan ’n ultra vires-handeling te verleen nie. Dit is dus duidelik dat die Turquand-reël slegs toepassing kan vind waar die handeling intra vires die maatskappy is.73 Hierdie was die tradisionele beskouing.

68 Veral in navolging van die uitspraak in Freeman and Lockyer v Buckhurst Park

Properties (Mangal) Ltd 1964 1 All ER 630 (CA). Sien Wolpert v Uitzigt Properties (Pty) Ltd 1961 2 SA 257 W. Sien ook Blackman et al 2002:4.34-4.46.

69 1964 1 All ER 630 (CA).

70 Hierdie benadering is alreeds in Engeland sowel as in Australië gevolg. Sien paragrawe 11.1 en 11.3.

71 Sien hoofstuk 8 vir meer inligting in hierdie verband.

72 Vir ’n volledige bespreking van die ultra vires-leerstuk, sien hoofstuk 5. 73 Oosthuizen 1976:137.

Verskeie statutêre ontwikkelings74 het daartoe bygedra dat die verhouding ’n nuwe dimensie aangeneem het. Artikel 36 van die Maatskappywet75 gaan van die veronderstelling uit dat ’n handeling nie nietig is bloot omdat dit ultra vires is nie. Daar word geen vereiste gestel dat ’n derde slegs beskerming mag geniet indien hy inderdaad bona fide handel nie en gevolglik was dit nie nodig om die leerstuk van toegerekende kennis af te skaf nie.76 Die leerstuk van toegerekende kennis geld dus onveranderd in alle gevalle behalwe met betrekking tot die bepalings in die akte van oprigting en statute waarin die vermoë van die maatskappy uiteengesit word.77 Kennis sal dus nog steeds aan derdes toegereken word wat die omskrywing van die bevoegdhede van direkteure of ander verteenwoordigers van die maatskappy in die akte of statute aanbetref.78

Die praktiese uitwerking wat die wetgewing79 dus op die Turquand-reël gehad het, is dat die gedeeltelike afskaffing van die ultra vires-leerstuk gelei het tot ’n teoretiese uitbreiding van die toepassingsveld van die Turquand-reël.80 Dit kan aan die hand van die volgende paar praktiese voorbeelde verduidelik word.81

Die akte van oprigting van ’n maatskappy bepaal dat ’n maatskappy slegs ’n sekere tipe kontrak kan sluit indien daar aan sekere vereistes voldoen word.82 As vereiste word gestel dat ’n besluit wat die sluit van dié spesifieke kontrak magtig, deur ’n voorgeskrewe meerderheid op ’n algemene vergadering goedgekeur word en daarna by die registrateur van maatskappye aangeteken moet word. Daar word later uitgevind dat die besluit op die algemene vergadering goedgekeur is en dat dit inderdaad by die registrateur aangeteken is, maar dit blyk dat die kennisgewing ingevolge waarvan die vergadering belê is, gebrekkig is. Ingevolge die tradisionele ultra vires- leerstuk is hierdie kontrak nietig en kan die derde hom nie eers op die Turquand-reël beroep om die maatskappy gebonde te hou nie.83 Die huidige posisie

74 Vir ’n volledige bespreking van die statutêre ontwikkelings, sien hoofstuk 6. 75 61 van 1973.

76 Die Van Wyk De Vries-kommissie het dit duidelik gemaak dat dit hulle oogmerk is om hierdie aangeleentheid te reël “sonder om in botsing te kom met die juridiese fiksie van toegerekende kennis”.

77 Naudé 1974:325. 78 Naudé 1974:334.

79 Wet 61 van 1973 artikel 36. 80 Oosthuizen 1976:141.

81 Sien Oosthuizen 1976:141–144.

82 So ’n vereiste kan byvoorbeeld ingevolge Wet 61 van 1973 artikel 53(a) geregistreer word.

83 Sien Pacific Coast Coal Mines Limited v Arbuthnot 1917 AC 607 (PC) vir bykans

is dat nie die maatskappy of die derde hom in hierdie geval op die ultra vires-leerstuk kan beroep nie, aangesien die ontbreking van die vereiste die handeling ultra vires maak en ingevolge artikel 36 mag daar nie hierop gesteun word nie. Die maatskappy is dus gebonde sonder dat daar op die Turquand-reël gesteun hoef te word.

Die leningsbevoegdheid van ’n maatskappy word in die akte van oprigting tot R 1 000 000 beperk. Die statute bepaal verder dat die direksie ’n besturende direkteur mag aanstel en die nodige bevoegdhede aan hom mag delegeer. Die statute bepaal egter verder dat slegs die direksie as sulks die bevoegdheid het om enige lenings van ’n bedrag groter as R 200 000 goed te keur. Die maatskappy het alreeds R 990 000 geleen. Die besturende direkteur gaan leen egter ’n verdere R 250 000. Artikel 36 verbied die maatskappy om hom daarop te beroep dat die kontrak ultra vires is. Die maatskappy sal egter nie aanspreeklik gehou kan word nie, aangesien daar ’n verdere gebrek is, deurdat die direkteur sy volmag oorskry het en die derde word in terme van die leerstuk van toegerekende kennis geag hiervan bewus te wees.84 Die Turquand-reël kan ook nie in hierdie geval toepassing vind nie, aangesien die leerstuk van toegerekende kennis die derde verhoed om hom hierop te beroep.

X is die besturende direkteur van ’n maatskappy. Die statute bepaal dat die direksie sekere bevoegdhede na goeddunke aan die besturende direkteur mag delegeer. A sluit ’n kontrak wat normaalweg binne die bevoegdheid van ’n besturende direkteur val, maar hierdie kontrak val egter buite die vermoënsfeer van die maatskappy. Dit blyk by nadere ondersoek dat die direksie nie die betrokke bevoegdheid aan die besturende direkteur gedelegeer het om hom in staat te stel om die kontrak te sluit nie. Ingevolge artikel 36 kan die maatskappy hom nie daarop beroep dat die kontrak buite die vermoënsfeer van die maatskappy val nie. Artikel 36 verbied egter nie die maatskappy om aan te voer dat die bevoegdheid wat aan die direkteur gedelegeer is, gebrekkig was nie. Die maatskappy sal egter steeds gebonde gehou word aangesien die Turquand-reël in hierdie omstandighede toepassing sal vind. Ingevolge die

is. In sy uitspraak laat burggraaf Haldane hom soos volg uit: “…unless the condition prescribed by the words cited from the private Act was literally and in reality fulfilled, the agreement…remained ultra vires…”

84 Die oorskryding van die direkteur se volmag hou nie verband met die feit dat die handeling buite die vermoënsfeer van die maatskappy val nie, maar hou verband met die spesifieke voorskrifte in die statute wat handel oor die leningsbevoegdhede van direkteure. Indien die direksie egter die lening aangegaan het sou die derde beskerming ingevolge artikel 36 geniet het. Die direksie se gebrek aan volmag hou in hierdie geval verband met die gebrek aan verdere lenings wat deur die maatskappy aangegaan kan word. Dit sou ook die geval wees indien die direkteur tussen R100 000 en R200 000 sou leen.

Turquand-reël kan die derde aanneem dat die interne bestuur85 van die maatskappy na behore geskied. Die leerstuk van toegerekende kennis sal ook nie in hierdie omstandighede teen die derde werk nie. In hierdie geval is dit interessant om daarop te let dat selfs indien die derde dus mala fide opgetree het, dit dus nie sy beskerming ingevolge artikel 36 sal beïnvloed nie.86

Om dus op te som: In die eerste plek vind die leerstuk van toegerekende kennis nie meer toepassing ten opsigte van beperkings wat op die bevoegdhede van die maatskappy in die akte en statute vervat word nie. Hierdie feit, gekoppel daaraan dat nie die derde of die maatskappy op die nietigheid van ’n transaksie kan aanspraak maak bloot vanweë die feit dat dit buite die vermoënsfeer van die maatskappy val nie, het tot gevolg dat die beskerming wat aan ’n derde verleen word uitgebrei word, sonder dat daar op die Turquand-reël gesteun word.87 Tweedens verhoed die leerstuk van toegerekende kennis steeds dat ’n derde beskerm word in soverre dit beperkings aanbetref wat op die vermoëns van maatskappyverteenwoordigers in die akte en statute geplaas word.88 Derdens blyk dit dat die Turquand-reël in die huidige omstandighede toepassing sal vind waar die transaksie ingevolge die eertydse bestel ultra vires en gevolglik nietig sou gewees het, en waar die werking van die Turquand- reël gevolglik uitgesluit sou gewees het.89

7. VERHOUDING TUSSEN DIE TURQUAND-REËL EN DIE LEERSTUK VAN