• No results found

ULTRA VIRES-LEERSTUK

7. DIE IMPAK VAN STATUTÊRE BEPALINGS 1 Inleiding

8.1. Engeland 1 Inleiding

8.1.5 Statutêre wysigings van die ultra vires-leerstuk

Die eerste statutêre wysiging van die ultra vires-leerstuk het plaasgevind met die byna woordelikse oorname van artikel 9(1) van die European Communities Act van 1972 in die vorm van artikel 35109 van die Companies Act van 1985. Hierdie artikel het bepaal dat enige handeling wat deur die direkteure met ’n bona fide-derde

109 Artikel 35 van die Companies Act van 1985 lees soos volg:

“(1) In favour of a person dealing with a company in good faith, any transaction decided on by the directors is deemed to be one which it is within the capacity of the company to enter into, and the power of the directors to bind the company is deemed to be free of any limitation under the memorandum or articles.

(2) A party to a transaction so decided on is not bound to enquire as to the capacity of the company to enter into it or as to any such limitation on the powers of the directors, and is presumed to have acted in good faith unless the contrary is proved.”

aangegaan is, geag binne die vermoë van die maatskappy te wees. Goeie trou is vermoed by die derde tensy die teendeel bewys kon word en daar is nie van die derde verwag om ondersoek na die vermoë van die maatskappy in te stel nie (die effek van die leerstuk van toegerekende kennis is dus in wese omgekeer).

Die artikel het grootskaalse kritiek ontlok vir die gebrekkige beskerming wat aan derde partye gebied is en vir die feit dat dit nie op skenkings van toepassing was nie.110 Verdere kritiek wat teen die artikel uitgespreek is, is dat die artikel nie ’n definisie van goeie trou bevat het nie, en dat die artikel die vereiste gestel het dat die besluit deur die direkteure geneem moes wees. Net soos in Suid-Afrika het die vraag ontstaan wat presies met die term “direkteure” bedoel is. Moes die besluit op ’n direksievergadering deur al die direkteure geneem gewees het? Kon dit individueel deur elke direkteur geneem gewees het of kon dit deur ’n besturende direkteur aan wie die nodige volmag gedelegeer is geneem gewees het?111

’n Aantal sake is beslis ingevolge hierdie artikel.112 Daar is egter ’n sterk behoefte ervaar dat die gebreke van artikel 35 reggestel moes word. Hierdie behoefte het daartoe gelei dat professor Dan Prentice aangestel is om verbeteringe voor te stel wat sou lei tot die aansuiwering van die gebreke van artikel 35. Die Prentice-verslag het in 1986 die lig gesien en ’n aantal van sy aanbevelings is in die 1989 Companies Act vervat.113

As gevolg van die algemene ontevredenheid met artikel 35 is ’n nuwe artikel 35 in 1989 gepromulgeer, wat soos volg daaruit gesien het:

(1) The validity of an act done by a company shall not be called into question on the ground of lack of capacity by reason of anything in the company’s memorandum. (2) A member of a company may bring proceedings to restrain the doing of an act

which but for subsection (1) would be beyond the company’s capacity; but no such proceedings shall lie in respect of an act to be done in fulfillment of a legal obligation arising from a previous act of the company.

110 Sien Morse et al 1999:54 asook Fourie 1996:51; Re Halt Garage (1964) Ltd [1982] 3 All ER 1016:1024, per Oliver J.

111 Griffin 1991:39. Sien ook TCB Ltd v Gray [1987] Ch 458 waar uitdruklik beslis is dat ’n besluit wat deur al die direkteure individueel geneem is ook onder die trefwydte van artikel 35 tuisgebring kon word.

112 International Sales & Agencies Ltd v Marcus [1982] 3 All ER 551; Barclays Bank v TSOG Trust Fund [1984] BCLC 16-18; TCB Ltd v Gray 1986 Ch 578 affd [1987] Ch

458 CA.

113 Vir ’n volledige bespreking van die Prentice-verslag, sien Pennington 1987:103. Sien ook Griffin 1991:39-40.

(3) It remains the duty of the directors to observe any limitations on their powers flowing from the company’s memorandum.

Elke subartikel sal voorts afsonderlik in oënskou geneem word. Artikel 35(1) skaf in effek die ultra vires-leerstuk af, in soverre dit die vermoë van die maatskappy aanbetref. Artikel 35(1) is op alle handelinge van toepassing, ongeag die status van die derde party met wie daar gekontrakteer word.114 Hierdie artikel maak dit dus moontlik vir die maatskappy om enige transaksie wat in konflik met sy hoofdoelstelling is, te ratifiseer.115

Alhoewel artikel 35(1) die eksterne werking van die ultra vires-leerstuk afgeskaf het, bly die interne werking van die leerstuk steeds relevant. Artikel 35(2) gee aan elke lid ’n persoonlike aksie116 om die maatskappy te verhoed om enige handeling aan te gaan wat indien dit nie vir die werking van artikel 35(1) was nie, ultra vires sou gewees het. Die lid kan egter nie die handeling verhoed indien die optrede ter uitvoering van ’n vorige handeling is nie.117 Ten spyte van hierdie kontraktuele reg wat ’n lid het om die maatskappy daarvan te weerhou om ultra vires-handelinge aan te gaan, het lede nog altyd oor ’n algemene afgeleide aksie beskik om die maatskappy te verhoed om ultra vires-handelinge aan te gaan.118 Die Prentice-

114 Morse et al 1999:54; Griffin 1991:39.

115 Artikel 35 is egter onderhewig aan die bepalings van a 322A van die Companies Act van 1985 wat die situasie reël waar die derde met wie die kontrak gesluit word, ook ’n direkteur van die betrokke maatskappy is.

116 Hierdie aksie vloei voort uit a 14 van die Companies Act van 1985, wat bepaal dat die akte en statute van die maatskappy die maatskappy en die lede bind asof elke lid afsonderlik die akte en statute onderteken het en daarmee onderneem het om al die bepalings van die akte en statute na te kom. Ten spyte van hierdie kontraktuele reg wat ’n lid het om die maatskappy daarvan te weerhou om ultra vires handelinge aan te gaan het lede nog altyd oor ’n algemene persoonlike aksie beskik om die maatskappy te verhoed om ultra vires-handelinge aan te gaan.

117 Die lid kan dus nie die maatskappy verhoed om te presteer ingevolge ’n kontrak wat alreeds op ’n vorige geleentheid gesluit is nie. Sien a 35(2) van die 1985-Wet. Lord Wedderburn het ’n interessante opmerking gemaak oor die term “legal obligation” wat in hierdie verband gebruik word, toe die Companies Act in die Parlement ter tafel gelê is. Hy het aangevoer dat die maatskappy altyd een of ander tipe “legal obligation” sou aangaan voor elke kommersiële handeling. Dus het Lord Wedderburn verder geargumenteer dat elke kommersiële handeling buite die trefwydte van die artikel sou wees. Dit sou tot gevolg hê dat ’n aandeelhouer dus in die meeste gevalle van ’n aksie ontneem sou wees. Hierdie argument van Lord Wedderburn blyk redelik wel deurdag en oortuigend te wees. Die enigste twee maniere waarop hierdie subartikel dus toepassing sou kon vind, sou wees waar die aandeelhouer tussenbeide tree voordat enige ooreenkoms bereik is, of waar die howe ’n ander interpretasie aan die term “legal obligation” heg. Sien ook in hierdie verband Griffin 1991:41.

118 Bowen 1995:54. Bowen voer aan dat hierdie aksie in die volgende sake toegepas is: Coleman v Eastern Counties Railway Company (1846) 10 Beav 1 50 ER 481. Asook in Simpson v Westminste Palace Hotel Co. (1860) 8 H.L. Cas. 712.

verslag119 maak die opmerking dat dit bitter weing sal gebeur dat ’n aandeelhouer vroeg genoeg omtrent ’n ultra vires-handeling ingelig sal word (indien hy kennis dra van die inhoud van die doelstellingsklousules van die maatskappy) sodat hy inderdaad die handeling sal kan verhoed deur die instelling van ’n persoonlike aksie. Daar moet met die bevindings van die Prentice-verslag saamgestem word en alhoewel die beskerming van ’n aandeelhouer groter in die geval van ’n klein privaat maatskappy is, bied hierdie subartikel weinig beskerming aan aandeelhouers in ’n groot maatskappy waar daar ’n wesenlike onderskeid tussen die bestuur en aandeelhouding van die maatskappy is.

Artikel 35(3) bepaal dat die direkteure hul pligte aan die maatskappy verskuldig is en gevolglik kan die maatskappy enige pligskending in hierdie verband deur middel van ’n spesiale besluit ratifiseer.120 Hierdie ratifikasie mag dit nie ten doel hê om die aanspreeklikheid van die direkteure in te perk nie; ’n afsonderlike spesiale besluit word hiervoor vereis. Spesiale besluite word in hierdie verband vereis aangesien dit ’n de facto-wysiging van die maatskappy se doelstellingsklousule tot gevolg het.121

Indien die direkteure nie volgens hul pligte in terme van artikel 35(3) optree nie, kan derde partye wat by hierdie pligskendings betrokke is aanspreeklikheid teenoor die maatskappy oploop, as sogenaamde “constructive trustees”, indien hulle vooraf kennis gedra het van die pligskending. Hierdie aanspreeklikheid kan slegs deur ’n spesiale besluit opgesê word.122 Bowen123 gee egter toe dat hierdie reg onseker is in terme van die 1985-Wet.124

Die wetgewer in Engeland het aan die einde van die 20ste eeu ’n hervormingsproses van die Engelse Maatskappyereg van stapel gestuur. Die resultaat hiervan was die aanvaarding van die Companies Act van 2006. Die aspekte rakende die vermoë van die maatskappy word in Hoofstuk 4 van hierdie wet gereël. Artikels 39 en 40 is van uiterste belang en lees soos volg:

39 A company’s capacity

(1) The validity of an act done by a company shall not be called into question on the ground of lack of capacity by reason of anything in the company’s constitution.

(2) This section has effect subject to section 42 (companies that are charities).

119 Prentice Report:15 en 61. 120 Griffin 1991:41. 121 Morse et al 1999:56.

122 Sien artikel 35(3) asook Morse et al 1999:56. 123 1995:54.

40 Power of directors to bind the company

(1) In favour of a person dealing with a company in good faith, the power of the directors to bind the company, or authorise others to do so, is deemed to be free of any limitation under the company’s constitution.

(2) For this purpose—

(a) a person “deals with” a company if he is a party to any transaction or other act to which the company is a party,

(b) a person dealing with a company—

(i) is not bound to enquire as to any limitation on the powers of the directors to bind the company or authorise others to do so,

(ii) is presumed to have acted in good faith unless the contrary is proved, and

(iii) is not to be regarded as acting in bad faith by reason only of his knowing that an act is beyond the powers of the directors under the company’s constitution.

(3) The references above to limitations on the directors’ powers under the company’s constitution include limitations deriving—

(a) from a resolution of the company or of any class of shareholders, or (b) from any agreement between the members of the company or of any class of shareholders.

(4) This section does not affect any right of a member of the company to bring proceedings to restrain the doing of an action that is beyond the powers of the directors. But no such proceedings lie in respect of an act to be done in fulfilment of a legal obligation arising from a previous act of the company.

(5) This section does not affect any liability incurred by the directors, or any other person, by reason of the directors’ exceeding their powers.

(6) This section has effect subject to—

section 41 (transactions with directors or their associates), and section 42 (companies that are charities).

Dit is interessant om op die verskille tussen artikel 35 van die 1985 en 1989 Companies Acts en Artikels 39 en 40 van die 2006 Companies Act te let. Die vereiste dat ’n derde bona fide moet handel word behou in sover dit die bevoegdhede van direkteure om die maatskappy te bind aanbetref. Die keuse van die term “directors” is net soos in Suid-Afrika ’n ongelukkige een, beteken dit dat daar altyd meer as een direkteur moes optree, of dui dit dalk op optrede deur die direksie of bloot die handeling van ’n direkteur vir die doeleindes van artikels 43 tot 50 van die Companies Act van 2006? Indien enige ander agent van die maatskappy egter

namens die maatskappy handel word dit nie meer vereis dat die derde bona fide moet handel nie.125

Artikel 40(2)(b)(iii) is veral ’n vreemde bepaling aangesien dit duidelik gestel word dat ’n derde nie noodwendig beskou kan word dat hy mala fide optree bloot vanweë die feit dat hy kennis gedra het van ’n beperking van die betrokke direkteur se bevoegdhede wat in die grondwet van die maatskappy vervat is nie. Dit blyk dat die wetgewer die beskerming van ’n derde party dus uitgebrei het. Die wetgewer het egter ook probeer om ’n maatskappy te beskerm teen gebondenheid wat teweeg gebring word deur die handelinge van ongemagtigde maatskappyverteenwoordigers, deur ’n ingewikkelde stel reëls126 te formuleer ingevolge waarvan maatskappydokumente verly moet word, asook onder meer die aanvaarding van ’n “common seal”127 van die maatskappy, soos wat in Australië aangetref word.

Na bogenoemde bespreking behoort dit duidelik te blyk dat die Engelse wetgewing met betrekking tot ultra vires uiters verwarrend en totaal onbevredigind is.128 Daar kan in 2006 steeds ten sterkste met Ferran129 se standpunt saamgestem word:

…the relevant provisions of the legislation are technically defective…Nevertheless, it is regrettable that new legislation in such an important area of English company law should be so uncertain in its effect that the best advice is simply to ignore it and to carry on as if nothing had changed and the ultra vires rule and its relatives, such as the constructive notice rule, retained their full force and effect.

8.2. VSA