• No results found

DIE WET OP BESLOTE KORPORASIES 69 VAN 1984: ’N MOONTLIKE OPLOSSING?

ULTRA VIRES-LEERSTUK

9. DIE WET OP BESLOTE KORPORASIES 69 VAN 1984: ’N MOONTLIKE OPLOSSING?

McLennan207 voel dat daar na die Wet op Beslote Korporasies208 gekyk behoort te word ten einde ’n oplossing te vind vir die probleme wat deur die werking van die ultra vires-leerstuk geskep word. Hy stel voor dat artikels 33, 34 en 36 sowel as skedule 2 van die Maatskappywet van 1973 herroep behoort te word.

Hierdie artikels behoort dan deur die volgende artikels vervang te word: (1) Capacity and powers of companies

‘There shall be no limit to the capacity and powers of a company other than such capacity and powers as are impossible for a juristic person to possess or to exercise.’

(2) No constructive notice of company documents

‘No person shall be deemed to have knowledge of any particulars merely because such particulars are stated, or referred to, in any document regarding a company registered by the Registrar or lodged with him, or which

(b) a director and a company secretary of the company; or

(c) for a proprietary company that has a sole director who is also the sole company secretary – that director.

Note: If a company executes a document in this way, people will be able to rely on the assumptions in subsection 129(6) for dealings in relation to the company.

(3) A company may execute a document as a deed if the document is expressed to be executed as a deed and is executed in accordance with subsection (1) or (2).

This section does not limit the ways in which a company may execute a document (including a deed).

206 1984:493. 207 1997:333. 208 69 van 1984.

is kept at the registered office of a company in accordance with the provisions of this Act.’

McLennan209 gebruik in (1) hierbo ’n aanpassing van artikel 2(4) van die Wet op Beslote Korporasies, terwyl (2) basies ’n oorname van artikel 17 van die Wet op Beslote Korporasies is. McLennan wys verder daarop dat indien (1) en (2) hierbo aanvaar sou word, dit verder tot gevolg sal hê dat artikel 55 van die Maatskappywet oorbodig sal word en dat die verwysing na hierdie artikel in artikel 252(2)(a) ook verwyder sal moet word. ’n Verdere wysiging wat aangebring sal moet word is die skrapping van artikel 52(1) van die Maatskappywet en die vervanging daarvan met die volgende artikel:

(1) The memorandum of a company shall state – (a) the name of the company; and

(b) the purpose referred to in section 32, for which it is to be formed and incorporated, describing the main business which the company is to carry on or, in the case of an association not for gain, the main object it is to promote. McLennan210 voer aan dat bogenoemde oplossings ’n baie meer bevredigende posisie as die huidige een tot gevolg sal hê en dat die Suid-Afrikaanse maatskappyereg as gevolg hiervan “…would be rid finally of the pernicious doctrine of constructive notice and, as a further consequence, the problematic Turquand rule would also become legal history.” McLennan se standpunt moet gekwalifiseerd ondersteun word, aangesien die probleme wat deur die werking van die ultra vires- leerstuk geskep is op ’n eenvoudige dog doeltreffende wyse deur die betrokke bepalings van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 opgelos is. Die afskaffing van die leerstuk van toegerekende kennis word om verskeie redes voorgestaan en word in Hoofstuk 5 bespreek. Die feit dat die ultra vires-leerstuk in wese afgeskaf word sal definitief die regsposisie vereenvoudig, daar kan egter nie met McLennan saamgestem word dat die Turquand-reël sonder meer regsgeskiedenis sal word nie, hierdie aspek word volledig in Hoofstuk 7 bespreek.

209 1997:333. 210 1997:333.

10. GEVOLGTREKKING

Daar word aan die hand gedoen dat die regsposisie in die Suid-Afrikaanse maatskappyeregreg aangaande die hantering van die ultra vires-leerstuk uiters onbevredigend is.

Die posisie aangaande doelstellingsklousules in Suid-Afrika word onbevredigend deur artikels 33 en 34 van die Wet hanteer. Die vaagheid van hierdie artikels het tot gevolg dat daar in die afgelope 30 jaar geen regsontwikkeling in hierdie verband kon plaasvind nie. Waarom word die onbenullige bepaling dat ’n maatskappy oor ’n doelstellingsklousule moet beskik steeds in Suid-Afrikaanse Maatskappywetgewing vervat? Daar is al in ander jurisdiksies met hierdie bepaling weggedoen.211

Die wetgewer se poging om die ultra vires-leerstuk in Suid-Afrika te “bestuur” met behulp van artikel 36 is ewe hopeloos. Die eerste punt van kritiek is die ongelukkige woordkeuse van “direkteure”212 in artikel 36. Tweedens heers daar onsekerheid oor die aspek of daar onderskeid getref behoort te word tussen binnestanders en buitestanders wat regshandelinge met die maatskappy aangaan.213

Die derde probleem wat homself voordoen is dat artikel 36 geen vereiste van bona fides vir ’n derde wat handelinge met ’n maatskappy aangaan, daarstel nie. Dit is onaanvaarbaar dat ’n derde wat kennis van die bevoegdheidsoorskryding dra, steeds die maatskappy gebonde kan hou aan die handeling wat ultra vires aangegaan is.214

Daar is twee moontlike oplossings vir die probleem, die eerste is ’n algehele afskaffing van die ultra vires-leerstuk. Die tweede en minder bevredigende oplossing is die wysiging van artikel 36 deur taalkundige verbeterings aan te bring en die daarstelling van ’n oorkoepelende bona fides-toets wat betref die handelinge wat derdes met die maatskappy aangaan.

Dit sou die eenvoudigste wees om die ultra vires-leerstuk in sy geheel af te skaf, veral as in gedagte gehou word dat die Wet op Beslote Korporasies215 dieselfde magte aan ’n beslote korporasie verleen as waarop ’n natuurlike persoon geregtig is

211 Sien byvoorbeeld paragraaf 8.3. 212 Sien die bespreking in paragraaf 7.3.3. 213 Sien die bespreking in paragraaf 7.3.5. 214 Sien die bespreking in paragraaf 7.3.4. 215 Wet 69 van 1984.

(uitlsuitend natuurlik sekere bevoegdhede wat slegs deur ’n natuurlike persoon uitgeoefen kan word, byvoorbeeld om ’n verlowingskontrak te sluit). Die behoefte aan doelstellingsklousules sal verval indien hierdie uitweg geneem word. ’n Soortgelyke benadering is byvoorbeeld in Australië gevolg. Die rede waarom daar egter gemengde welslae met hierdie benadering in bogenoemde jurisdiksie behaal is, is weens die feit dat die Australiese aanvanklike poging as halfhartig bestempel kon word.

Verskeie skrywers216 het inderdaad al die algehele verwydering van die ultra vires- leerstuk bepleit. Dit is gevolglik uiters ongelukkig dat in twee gesaghebbende ondersoeke217 in die verlede nie so ver gegaan is as die algehele afskaffing van die ultra vires-leerstuk nie. In die hoofverslag van die Van Wyk De Vries-Kommissie word die vrees geopper dat daar te ver gegaan sal word indien onbeperkte bevoegdhede aan ’n maatskappy verleen word.218 Die beskerming van aandeelhouers is as ’n prioriteit deur die kommissie beskou. Soos reeds aangetoon kan daar nie met die kommissie se bevinding saamgestem word dat die ultra vires- leerstuk beskerming aan aandeelhouers, voornemende beleggers en krediteure bied nie.219 Aandeelhouers geniet beskerming in die Suid-Afrikaanse maatskappyereg as gevolg van die volgende aspekte: die toepassing van die gewone verteenwoordigingsreëls, die vertrouenspligte van direkteure220 sowel as die kontraktuele regte van aandeelhouers.221 Die algehele afskaffing van die ultra vires- leerstuk sal nie die beskerming wat tans aan aandeelhouers in Suid-Afrika gebied word inperk nie.

Daar moet egter toegegee word dat dit moontlik moet wees om die bevoegdhede van maatskappyverteenwoordigers te beperk. Dit is egter net billik dat die onus op die maatskappy moet rus om dié beperkings onder die derde se aandag te bring. Die belange van bona fide-derdes moet dus swaarder weeg as dié van die maatskappy, aangesien dit billik is dat die maatskappy eerder as die derde die gevolge dra van die

216 McLennan 1997:333; Fourie 1996:59-60; Gower 1992:168; Blackman 1975:1; Benade 1964:45. Sien ook paragraaf 5.

217 Sien Benade 1964 en die aanbevelings van die Van Wyk De Vries-kommissie. 218 Paragraaf 27.27.

219 Sien paragrawe 3, 5 en 6.

220 Sien Havenga 1995:27-32 vir ’n bespreking van die beskerming wat aandeelhouers geniet as gevolg van die vertrouenspligte van direkteure. Die skrywer maak dit duidelik dat daar geen direkte vertrouenspligte tussen die direkteure en aandeelhouers bestaan nie, maar dat hierdie pligte eerder aan die maatskappy as sulks verskuldig is. Die skrywer gee egter toe dat daar indirekte beskerming aan aandeelhouers gebied word vanweë die vertrouenspligte van die direkteure.

onbesonne optrede deur die direkteure of ander verteenwoordigers van die maatskappy. Die maatskappy het immers self die beheer oor wie hy as ampsbekleërs aanstel.222

Dit blyk duidelik dat daar met Gower223 saamgestem moet word dat die ultra vires- leerstuk ’n doel op sigself geword het, in plaas daarvan om ’n doel te dien. Daar moet verder ’n belangrike les uit die hantering van die ultra vires-leerstuk in Australië, Engeland en die VSA geleer word, en dit is dat die ultra vires-leerstuk inderdaad soos Shapira224 beweer die “Lazarus” van die maatskappyereg is. Die enigste doeltreffende uitweg om hierdie leerstuk finaal tot ruste te lê, blyk die algehele afskaffing daarvan te wees.

221 Fourie 1996:60-61.

222 Naudé 1971:506. Sien ook die geval wat homself voorgedoen het in Oranje Benefit

Society v Central Merchant Bank Ltd 1976 4 SA 659 A. Alhoewel artikel 36 van die

Maatskappywet nie toepassing gevind het nie, is hierdie saak ’n sprekende voorbeeld

waar die onus op die maatskappy moes rus om die derde (die bank) in kennis te stel

van die bevoegdheidsoorskreiding wat na bewering sou plaasvind indien die maatkskappy (Oranje Benefit Society) sekerheid vir die skuld van ’n ander party sou

stel. Die agente wat namens die Maatskappy onderhandel het, was bewus daarvan dat daar ’n regsopinie gegee is wat bepaal het dat die handeling ’n bevoegdheidsoorskreiding daar sou stel. Hulle het egter nie die bona fide derde daarvan in kennis gestel nie. In hierdie geval sou dit skreiend onbillik wees indien die derde die risiko van benadeling moes dra.

223 Gower 1992:168. 224 1984:493.

HOOFSTUK 7