• No results found

DIE LEERSTUK VAN TOEGEREKENDE KENNIS

3. HISTORIESE OORSIG

Die Engelse Joint Stock Companies Act 18443, is grootliks deur vennootskapsregtelike beginsels beïnvloed,4 en het voorsiening gemaak vir die inlywing van maatskappye ingevolge ’n algemeen magtigende wet. In die Engelse vennootskapsreg beskik elke vennoot in beginsel oor die vermoë om die vennootskap te bind indien die ooreenkoms binne die vennootskapsbesigheid tuisgebring kan word.5 Indien daar ’n onderlinge ooreenkoms tussen die lede is dat ’n lid nie ooreenkomste mag aangaan nie, sal die betrokke lid steeds die vennootskap bind indien die derde met wie die ooreenkoms aangegaan word, nie bewus is van die onderlinge ooreenkoms tussen die lede nie.6 Elke aandeelhouer kan egter nie die maatskappy bind nie en is die verteenwoordigingsbevoegdheid opgedra aan die die direksie van die maatskappy.7 Ten aansien van die direksie se verteenwoordigingsbevoegdheid is die vennootskapsanalogie toegepas. Daar is dus aanvaar dat die direksie, net soos vennote, oor volle verteenwoordigingsbevoegdheid ten aansien van maatskappy-aangeleenthede beskik. Die maatskappygrondwet skep dus nie bevoegdhede nie, maar dien bloot tot reëling en inperking van hierdie bevoegdhede.8 Indien hierdie benadering sonder enige kwalifikasies toegepas sou word, sou dit aandeelhouers totaal aan die genade van direksielede uitgelewer het, aangesien die direksielede onbeperkte bevoegdhede sou hê.

Die uitspraak van die House of Lords in Ernest v Nicholls9 word uit vele oorde as die oorsprong van die leerstuk van toegerekende kennis beskou.10 Oosthuizen11 voel dat

3 7 en 8 Vict c. 110.

4 Lombard 2003:32-33; Oosthuizen 1979:4.

5 Ernest v Nicholls (1857) 6 HL Cas 401:408 en Partnership Act 1890 (53 en 54 Vict c.

39) artikel 5. In Suid-Afrika is die posisie dieselfde, sien Snyman 2000:345-347; Henning en Du Plessis 1993:339 asook De Wet en Van Wyk 1978:402.

6 Ernest v Nicholls (1857) 6 HL Cas 401; Snyman 2000:345-347; De Wet en Van Wyk

1978:402.

7 Joint Stock Companies Act 1844 artikels 7 en 27. Dit was ook moontlik vir die

maatskappy om iemand anders as verteenwoordiger aan te stel.

8 Smith v The Hull Glass Company 8 CB Rep 668:675: “It seems to us that the

directors, unless restrained by parliament, or the deed, would have all the authority given to partners by the rules of the common law.” Sien ook Montrose 1934:238. 9 (1857) 6 HL Cas 401 op 418-419 ingevolge Lord Wensleydale: “The Legislature then

devised the plan of incorporating these companies…providing at the same time that all the world should have notice who were the persons authorized to bind all the shareholders, by requiring the copartnership deed to be registered, certified by the directors, and accessible to all persons, therefore, must take notice of the deed and the provisions of the Act. If they do not choose to acquaint themselves with the powers of the directors it is their own fault…”

hierdie beskouing foutief is aangesien regter Maule reeds vyf jaar vantevore die volgende stelling in Smith v The Hull Glass Company12 gemaak het:

The statute 7 en 8 Vict c. 110, requires the deed of settlement to be registered, and that defines…the powers of the directors; and all persons who contract with the directors must be taken to be cognisant of the extent of the authority conferred upon them.13

’n Soortgelyke benadering as dié van regter Maule kan uit die uitspraak van regter Jervis in Royal British Bank v Turquand14 afgelei word, waar die regter die bestaan van die leerstuk van toegerekende kennis aanvoer as een van die redes vir die skepping van die Turquand-reël. Daar moet egter toegegee word dat die uitspraak van Lord Wensleydale in Ernest v Nicholls15 die eerste bewuste poging van die regsbank was om die leerstuk van toegerekende kennis te ontleed en met die nuwe geregistreerde maatskappyvorm in verband te bring.16

Daar is besef dat elke aandeelhouer nie soos in die geval by vennootskappe werklike of skynbare magtiging kon hê om die maatskappy te verteenwoordig nie.17 Wat die verteenwoordigingsbevoegdhede van direkteure betref, is daar egter met die vennootskapsanalogie gewerk, deurdat direkteure se verteenwoordigings- bevoegdheid gelyk gestel is aan die gemeenregtelike bevoegdheid van vennote.18 Die verteenwoordigingsbevoegdhede van verteenwoordigers is as natuurlike uitvloeisel van ampsbekleding beskou.19 Direkteure kon egter nie toegelaat word om enige handeling binne die besigheidsfeer van die maatskappy te verrig nie, aangesien dit die aandeelhouers onbillik aan die besluite van die direksie sou

10 Montrose 1968:244; Campbell 1959:475; Gower 1957:153 voetnoot 65; Mahoney v

The East Holyford Mining Co (Ltd) (1875) LR 7 HL Cas 869.

11 Oosthuizen 1976:15. 12 11 CB Rep 897.

13 Smith v The Hull Glass Company 8 CB Rep 668:927.

14 (1856) 6 E&B 327. 15 (1875) 6 HL Cas 401. 16 Oosthuizen 1976:15.

17 Ernest v Nicholls (1857) 6 HLC 401:420; 10 ER 1351:1359.

18 Sien die dictum van Wilde CJ in Smith v Hull Glass Co (1849) 8 CB 668:675: “At

common law, one of several partners in a trading concern may bind all by a contract made within the scope of the matters relating to the partnership…It seems to us that the directors, unless restrained by the Act of Parliament or the deed would have all the authority given to partners by the rules of common Law.” Vir ’n volledige bespreking van die invloed van die vennootskapsreg in hierdie verband, sien Paterson en Ednie 1962:183-184.

uitlewer. ’n Balans moes gevind word.20 Dit is dan juis as gevolg van hierdie soeke na ’n balans dat die howe nie bereid was om die bevoegdhede van direkteure in alle opsigte aan dié van vennote gelyk te stel nie.21

Direkteursbevoegdhede is dus in die oprigtingsdokumente (wat geregistreer moes word en vir publieke insae beskikbaar was) van die maatskappy geskep. Die omvang van hierdie bevoegdhede sou dan in die openbare dokument (“deed of settlement”) waar die buitestander die omvang daarvan kan vasstel, omskryf word. Indien die buitestander sou versuim om die omvang van die bevoegdheid vas te stel, kon dit doodeenvoudig aan hom toegereken word.22

Artikels 7 en 8 van die Joint Stock Companies Act 1944 het voorsiening gemaak vir die registrasie van ’n “deed of settlement”23 wat vir openbare insae beskikbaar moes wees. Uit die publisiteit wat aan hierdie dokumente verleen is, het die Engelse howe die leerstuk van toegerekende kennis ontwikkel.24

In plaas daarvan om dus van die vennootskapsanalogie ontslae te raak, het die howe ’n nuwe leerstuk geskep (die leerstuk van toegerekende kennis) om die nodige balans te probeer skep. Die howe wou dus keer dat ongemagtigde verteenwoordigers (in hierdie geval direkteure) kontrakte namens ’n maatskappy sluit en die maatkskappy dan aan hierdie ooreenkomste gebonde gehou sou word. Indien die direkteure se bevoegdhede dus beperk is in die akte en statute is kennis van hierdie beperkings dus aan derdes toegereken of hulle nou daarvan bewus was of nie. Dit is gedoen om beskerming aan die aandeelhouers van die maatskappy te bied. Hierdie saadjie wat egter deur die howe gesaai is, het tot ’n nare indringer ontwikkel wat eindelose probleme skep.25 Daar bestaan vandag meer as ooit ’n

20 In re Athenaeum Life Assurance Society; Ex Parte The Eagle Insurance Co (1858) 4

K&J 549.

21 Ernest v Nicholls (1857) 6 HL Cas 401:419 per Lord Wensleydale: “…the directors

can make no contract as to bind the whole body of shareholders, for whose protection the rules are made, unless they are strictly complied with.”

22 Campbell 1959:475-476.

23 Die voorganger van die akte van oprigting en statute van ’n maatskappy.

24 Oosthuizen 1976:14; Pennington 1959:82. Daar is aangevoer dat hierdie dokumente “accessible to the public” is en dat hul inhoud “can be readily ascertained”, sien

Brownett v Newton 1941 64 CLR 439 op 445, waar regter Starke verwys na Lindley on Companies, 6de uitgawe 1902, volume 1, p. 350-351 en ook na Moss Steamship Co Ltd v Whinney 1912 AC 254 op 266.

uiters groot behoefte dat die leerstuk van toegerekende kennis in die Suid-Afrikaanse reg afgeskaf moet word.26