• No results found

INTELLIGENSIE KAN BEINVLOED

3.1.4.3 V erm oe tot em osionele selfregulering

Verskeie navorsingstudies het bevind dat kinders van verskillende ouderdom m e verskillende strategiee benut om hul em osies te reguleer en te bestuur, terwyl geslagsverskille in die verband ook voorkom . K inders se verhoogde benutting van interne reguleringstrategiee vir em osies. hou verder verband met hulle kognitiewe ontw ikkeling, aangesien hulle em osionele kennis toenem end verhoog. Emosionele kennis kan beskou word as die inligting w aaroor die kind beskik m et betrekking tot emosie en em osionele ervaring in hom self en andere, wat benut kan word om gebeure in die omgewing te begryp en te interpreteer. (Vgl. Brenner & Salovey

(a) Strategiee vir em osionele selfregulering

Kinders kan alreeds v an af vierjarige ouderdom hulle verm oe om em osies te reguleer herken (Salovey & M ayer 1994:314). N avorsing met betrekking tot die regulering en bestuur van em osies deur Harris (1989:152-154), het bevind dat kinders van verskillende ouderdomm e verskillende strategiee benut om hul emosies te bestuur. Daar is bevind dat die mees populere strategie by sesjariges is om die onm iddellike situasie te verander, o f hulle aandag van die em osie a f te trek deur iets lekkers te gaan doen, sonder om ’n kognitiewe strategie daarvoor te benut o f te noem dat die verandering van hul denke, as strategie vir die regulering van negatiewe em osies benut kan word. (Vgl. Bretherton et al. 1986:543.) Elf- en vyftienjariges was m eer geneig om kognitiew e strategiee te benut ten einde hul emosies te bestuur.

’n N avorsingstudie deur Brown et al. (1991:273-287) het soortgelyke bevindinge getoon. Tydens hierdie studie is kinders (vier- tot vyftienjariges) gevra om na stories te luister, w aartydens hulle em osies van hartseer, geluk o f woede kon ervaar. D aam a is verskeie kognitiew e en gedragstrategiee aangetoon, wat hulle kon benut om die em osionele ervaring te reguleer. V ier-tot sesjariges in die studie was net so in staat as sewe- tot negejariges om effektiew e strategiee vir em osionele regulering te identifiseer, w anneer hulle van ’n aantal altem atiew e voorsien is. Die vier- tot sesjarige kinders was egter m inder geneig om kognitiewe em osionele reguleringstrategiee voor te stel (byvoorbeeld probeer om te onthou wat jo u gelukkig m aak), w anneer hulle versoek is om self toepaslike strategiee te genereer. Kinders in hierdie ouderdom sgroep was m eer geneig as sewe- tot vyftienjariges om situasionele strategiee te genereer (byvoorbeeld om iets te gaan doen waarvan jy hou). Die outeurs meld verder dat vier- tot sesjariges m oontlik op ’n m eer spontane wyse van kognisie gebruik m aak tydens em osionele selfregulering, sonder dat bewussyn hiervan bestaan. Brenner en Salovey (1997:172) meld in aansluiting hierm ee dat kinders se vaardigheid om em osies sonder die hulp van andere te reguleer, toeneem nam ate hulle ouer word.

O uderdom sverw ante verhoging in die benutting van kognitiew e strategiee vir em osionele selfregulering kom dus voor, terwyl gedragstrategiee konstant bly. Voorts fokus kinders met verhoging in ouderdom toenem end op interne em osie-gerigte strategiee (byvoorbeeld om die negatiew e em osie wat uit die probleem voortspruit te bestuur), terwyl die benutting van ekstem e probleem gerigte strategiee (byvoorbeeld om die probleem wat tot die emosie lei aan te spreek soos om m eer tyd aan huiswerk a f te staan) konstant bly met verhoging in ouderdom. Kinders

benut dus met verhoging in ouderdom toenem end interne reguleringstrategiee vir emosies, terwyl die benutting van ekstem e strategies konstant bly. Jonger kinders (5 jaar tot 6 jaar) wat nog problem e ondervind om negatiewe em osies toepaslik te bestuur, benodig meer gei'ndividualiseerde aandag vir die aanleer van vaardighede daarvoor. Hulle sal dus beter reageer op aktiw iteite soos speletjies vir die aanleer van vaardighede (Brenner & Salovey 1997:172-173 en 182).

Die juniorprim ere skoolkind beskik nie oor die kognitiewe bewussyn van interne o f kognitiewe strategies w at hy kan benut vir em osionele selfregulering nie, hoewel hy w aarskynlik reeds in som m ige gevalle effektiewe strategies hiervoor kan benut, soos om sy onm iddellike situasie te verander. H ierdie aspek toon w aarskynlik ’n verband met sy onverm oe tot metakognisie. (Vgl. 3.1.4.2a.) Alhoew el hy dus w aarskynlik oor die vaardigheid beskik om toepaslike konkrete strategies vir die regulering van sommige van sy em osies te identifiseer, sal hy m oontlik nog individuele hulp benodig met die generering van toepaslike strategies vir die bestuur van em osies soos woede en angs. "n Verdere afleiding is dat die kind m oontlik tydens m aatskaplikew erkhulpverlening in ooreenstem m ing met sy ontw ikkelingsvlak gehelp kan word om toepaslike strategies te identifiseer. deur byvoorbeeld die situasie te verander, met behulp van fantasie.

n A nder aspek vyat verband hou met die regulering van em osies, is die bevinding dat kinders van alle ouderdom m e glo dat die intensiteit van emosie met verloop van tyd afneem. (Vgl. H arris 1953:493-507 en Brown et al. 1991:284.) Jonger kinders (vier- tot sesjariges) glo dat die em osie verander na ’n teenoorgestelde emosie, byvoorbeeld dat dit van hartseer na bly verander, terwyl ouer kinders meen dat die em osie dieselfde bly, maar afneem in intensiteit, byvoorbeeld dat woede oorgaan in irritasie. Jonger kinders glo dus dat die emosie gereguleer behoort te word deur op so ’n wyse op te tree, dat die teenoorgestelde em osie beleef kan word, eerder as regulering wat daarop gerig is om die intensiteit van die bestaande emosie te verlaag. Dit kan w aarskynlik verklaar word deurdat hulle glo dat ’n verandering in die situasie sal lei tot ’n verandering in die emosie (Brown et al. 1991:284). Hierdie aspek hou m oontlik verband daarm ee dat kinders jonger as e lf jaar hoofsaaklik hulle bewussyn van !n emosie verkry deur dit in verband te bring met die situasie. (Vgl. 3.1.4.2a.) Dit is in ooreenstem m ing met wat reeds bespreek is. naam lik dat die juniorprim ere skoolkind se strategies vir em osionele selfregulering m oontlik m erendeels daarop gerig sal wees om die teenoorgestelde emosie te beleef deur te poog om die onm iddellike situasie te verander.

120

(b) R egulering met betrekking tot die innerlike belewenis en uiterlike uitdrukking van em osie

Kinders kan v anaf ’n jo n g ouderdom onderskei tussen die uiterlike tekens van em osie en die ervaring van die emosie. (Vgl. Bretherton et al. 1986:537 en Harris 1989:170.) Hulle het dus ook begrip van twee wyses van strategiese beheer van emosies, naam lik beheer oor die uiterlike uitdrukking van die em osie en beheer oor die ervaring daarvan. Sesjariges beskik reeds oor die insig dat die uiterlike tekens van emosie verander kan word, ten einde ware emosie te verbloem. H ierdie w yse van em osionele regulering word veral deur kulturele reels (“display rules”) vir die uitdrukking van em osie bei'nvloed. (Vgl. 3.4.2.) Deur middel van "display rules’’’’ leer die kind eksplisiete voorskrifte met betrekking tot die wysiging o f regulering van emosionele uitdrukkings na sosiaal aanvaarbare vorme van uitdrukking. Die kind moet dus oor kennis beskik m et betrekking tot die toepaslikheid van ’n spesifieke emosie binne ’n bepaalde situasie, binne die spesifieke kulturele konteks. H ierdie kennis sou kon inhou dat die kind leer hoe om sy innerlike em osie te verbloem en te vervang met byvoorbeeld ’n gesigsuitdrukking wat ’n teenoorgestelde em osie uitdruk (Jones, Abbey & Cum berland 1998:1209).

N avorsing deur Saam i (1979:426) het bevind dat sesjariges veral die volgende redes aanvoer w aarom ’n individu sy ware em osie m oet verbloem: om m oeilikheid te vermy, om vem edering te voorkom , selfbeeld en verhoudings in stand te hou en om uitdrukking te gee aan sosiale norme. K inders beweeg deur twee stadia ten opsigte van die aanneem en begrip van kulturele reels vir die uitdrukking van emosie. Tussen drie ja ar en vier ja ar leer hulle om hul ware em osie te verbloem onder sekere om standighede, m aar dit word op ’n sem i-outom atiese wyse gedoen. Teen sesjarige ouderdom begin hulle begrip ontwikkel vir die m isleidende impak van die reels vir die uitdruk van emosie. Die kind verstaan dus dat hierdie reels bepaalde funksies kan verrig soos om hom self te beskerm teen andere se bespotting o f woede. Skoolgaande kinders is dus redelik bewus van reels vir die uitdrukking van em osies binne hulle kultuur, met ander w oorde hulle weet w anneer om em osies terug te hou om nie gekritiseer te word nie en w anneer hierdie selfde em osie uitgedruk kan word, soos byvoorbeeld in ’n nabye vriendskapsverhouding. M in verskille kom ook by prim ere skoolkinders van verskillende ouderdom m e voor ten opsigte van kennis en bewussyn van die doel van kulturele reels vir die uitdrukking van emosie. Dit word verklaar aan die hand van die feit dat ’n groot leerkurwe ten opsigte hiervan by die voorskoolse kind voorkom en hierdie kennis w aarskynlik teen

skooltoetrede reeds vasgele is. (Vgl. Harris 1989:146; Saarni 1997:54 en Jones et al.

1998 1220.)

In aansluiting met bogenoem de het Jones et al. (1998:1214) bevind dat kulturele reels vir die uitdrukking van emosie een van drie doelstellings vir die kind kan inhou, naamlik:

• 'n pro-sosiale doel w aar die kind besorg is dat die uitdrukking van sy ware emosie die ander persoon seergem aak kan laat voel

• 'n norminstandhoudingsdoel waar die kind se gedrag in ooreenstemming met sosiale norme is deur byvoorbeeld gelukkig te lyk as hy 'n geskenk kry w aarvan hy nie hou nie

• 'n selfbeskermingsdoel waar die kind sy ware emosie verbloem o f verander om straf te voorkom.

Hieruit blyk dit dat die juniorprimere skoolkind waarskynlik oor die kennis, insig en vermoe behoort ‘te beskik om in sekere omstandighede sy ware emosies te verbloem. Om dus nie em osionele eerlikheid te openbaar nie, vanwee om gewingsfaktore soos bepaalde reels wat hy aangeleer het dat sekere emosies verkeerd o f ontoelaatbaar is, om te konform eer aan sosiale norme, o f om hom self teen straf te beskerm. Hierdie aspek kan moontlik soms daartoe aanleiding gee dat emosies soos woede en angs herhaaldelik onderdruk word, wat daartoe kan lei dat dit op 'n destruktiew e wyse manifesteer, soos byvoorbeeld deur psigosomatiese klagtes o f onbeheerde woedeuitbarstings.

(c) Verm oe ten opsigte van em osionele beheer

Die kind se verm oe om impulse te w eerstaan en bevrediging uit te stel, is 'n fundamentele vaardigheid, wat as die wortel van sy emosionele bestuur beskou kan word, aangesien alle emosies lei tot die impuls om te wil optree (Goleman 1995:81). Emosionele beheer word toenem end geinternaliseer namate die kind ouer w ord en norme en standaarde aanneem wat emosionele selfbeheer beklemtoon. Hierdie norme en standaarde is egter eers teen pre- addolessensie en adolessensie ten voile geinternaliseer (Shaffer 1999:445). Navorsing soos gedoen deur Shoda, Mischel en Peake (1990:982) het bevind dat kinders wat op vierjarige ouderdom groter im pulskontrole gehad het, as adolessente meer sosiaal bevoeg kon optree, meer selfhandhawend was en oor beter vaardighede beskik het om lewensfrustrasies te kan hanteer. Hulle w as m inder geneig om te regresseer onder spanning en om gedisorganiseerd op te tree on der druk. Hulle het selfvertroue gehad en het uitdagings aangegryp en inisiatief geneem. Hulle was in staat om opofferings te maak ten einde hulle doelwitte te bereik. Die

122

kinders w at egter op vierjarige ouderdom oor min im pulskontrole beskik het, het oor baie m inder van hierdie kw aliteite beskik en het ’n meer problem atiese sielkundige beeld gehad. As adolessente het hulle w eggeskram van sosiale kontak, hulle was hardkoppig, kon hulle nie besluite neem nie en is hulle m aklik ontstel deur frustrasies. Hulle het ’n negatiewe selfbeeld gehad en is geim m obiliseer deur stres. Hulle was meer geneig tot jaloesie en het ’n oorreaksie ten opsigte van irritasies getoon. .

V anuit bogenoem de word afgelei dat vaardigheid ten opsigte van em osionele selfbeheer deur m iddel van im pulskontrole en die uitstel van bevrediging w aarskynlik toeneem namate die kind ouer word. Dit kom egter verder voor aso f individuele verskille by kinders ten opsigte van im pulskontrole voorkom. Hierdie aspek hou w aarskynlik verband met tem peram entele eienskappe by die kind. (Vgl. 3.2.) Die kind se verm oe tot im pulskontrole en die uitstel van behoeftebevrediging het w aarskynlik 'n direkte invloed op sy em osionele selfregulering.