• No results found

M aatskaplikew erkhulpverlening met betrekking tot die juniorprim ere skoolkind se selfbew ussyn en em osionele selfregulering

‘N TEORETIESE PERSPEKTIEF OP EMOSIONELE INTELLIGENSIE

2.2.3 M aatskaplikew erkhulpverlening met betrekking tot die juniorprim ere skoolkind se selfbew ussyn en em osionele selfregulering

In die literatuur w ord verskillende vaardighede aangetoon, w at subkom ponente kan vorm van selfbew ussyn, as persoonlike em osionele bevoegdheidskom ponent van die juniorprim ere skoolkind se em osionele intelligensie. In hierdie bespreking word daar egter spesifiek gefokus op die aspekte w at m oontlik ontw ikkelingsgew ys van toepassing sou kon wees tydens m aatskaplikew erkhulpverlening aan die juniorprim ere skoolkind. (Vgl. 3.1.) M oontlike wyses waarop hierdie aspekte tydens hulpverlening aangespreek kan word, word volledig in hoofstuk 5 bespreek. V aardighede ten opsigte van die volgende aspekte behoort moontlik van toepassing te wees (vgl. A rtz 1994:74; G olem an 1995:268; 1998a:54 en 61; Cooper & Saw af 1997:13; Shapiro 1997:269; M ayer & Salovey 1997:11; Saam i 1997:47-58; Freedman et al. 1998:1; Jensen e ta l. 1998:5; Stone-M cCow n et al. 1998:51-58 en Steiner & Perry 1999:30):

• Om em osies te kan identifiseer aan die hand van fisiologiese ervaringe, gevoelservaringe en denke.

• Om die betekenis wat n em osie oordra te interpreteer en om redes vir em osies te kan aanvoer.

• B eskikking oor ’n em osionele w oordeskat en verm oe om em osies akkuraat te benoem en uit te druk.

• Om te begryp dat teenstrydige em osies tegelykertyd ervaar kan word. • Selfkennis en die vermoe tot selfassessering van sterkpunte en beperkinge.

• Bew ussyn van behoeftes wat ervaar word, asook om behoeftes wat in verband met em osies gebring kan word, te kan uitdruk.

U it bogenoem de kan die afleiding gem aak word dat selfbew ussyn as kom ponent van em osionele intelligensie uit bepaalde subkom ponente bestaan, wat tydens hulpverlening aandag behoort te kry. Dit kom voor dat hierdie subkom ponente fokus vaardighede ten opsigte van affektiew e aspekte, soos die bew ussyn dat ’n sekere em osie ervaar word en die liggaam se reaksie daarop. H ierdie subkom ponente fokus ook op kognitiew e aspekte soos die bewussyn van die rede vir die emosie, insig ten opsigte van teenstrydige emosies, asook die beskikking oor die verm oe om hierdie em osies te kan benoem. Bew ussyn van eie behoeftes, sterkpunte en beperkinge is verder aspekte w at aandag behoort te geniet. Daar word aangeneem dat die juniorprim ere skoolkind ten opsigte van elkeen van hierdie aspekte slegs binne sy ontw ikkelingsvlak hierdie vaardighede behoort te kan aanleer. Die mate w aartoe die juniorprim ere skoolkind in staat behoort te wees om die genoem de vaardighede tydens

hulpverlening te bekom , word volledig bespreek in 3.1.

D eur m iddel van psigoterapie is reeds bewys dat m ense die ta a l van em osies op enige ouderdom kan aanleer, hoewel diegene wat dit as kind aangeleer het gewoonlik m eer vaardig is daarm ee (Shapiro 1997:268). Die kind moet geleer word dat em osies op sigself skadeloos is en dat dit vryelik ervaar mag word. Die hanteringstrategie wat die kind vir sy em osies kies, kan egter positiew e o f negatiew e gevolge inhou met ander woorde positiew e o f negatiew e gedrag kan hieruit voortspruit (M yers 1996:140-141). H ieruit kan die afleiding gem aak word dat die kind m oet leer dat em osies nie reg o f verkeerd is nie en sodoende toestem m ing verkry om enige em osie te mag ervaar. Hierdie aspek is w aarskynlik die basis van hulpverlening aan die kind ten opsigte van sy selfbewussyn, aangesien die kind wat glo dat sekere emosies verbode is, w aarskynlik konstant problem e sal ondervind om in kontak te kom hiermee.

76

Die blote hulpverlening aan die kind om insig te kry in sy em osies, is nie genoegsaam met betrekking tot die aanleer van vaardighede vir em osionele bestuur nie. Em osionele geletterdheid m oet gerig word op die em osionele en denkende dele van die brein. (Vgl. Shapiro 1997:285-286 en 3.3.) Emosionele bestuur sluit volgens O ’Connor (1983:251) bepaalde subvaardighede in, naam lik bewussyn van verskillende em osies, die verm oe van die kind om hierdie em osies in verband te bring met sy alledaagse lewe en die verm oe om hierdie em osies toepaslik te verbaliseer. Daar moet verder met die kind gepraat word oor die feit dat keuses uitgeoefen kan word met betrekking tot die wyse w aarop em osies uitgedruk word, asook wat die gevolge van ’n spesifieke keuse kan wees. Die kind m oet dus ten opsigte van em osionele selfregulering leer om sy aksies te beheer, ten einde die m ees kreatiew e en toepaslike besluit ten opsigte van die hantering hiervan te neem. (Vgl. O aklander 1988:122; M yers 1996:142 en Freedm an et al. 1998:1.) In aansluiting hierm ee m eld Jensen et al. (1998:20) dat kinders verantw oordelikheid moet neem vir hulle besluite en aksies. Jonger kinders m oet egter begelei word d e u rh u lle te help om altem atiew e hanteringstrategiee vir em osies te identifiseer.

Dit blyk .uit bogenoem de dat vaardighede vir selfbew ussyn en vaardighede vir em osionele selfregulering nou verw ant is aan m ekaar en w aarskynlik tydens hulpverlening as ’n eenheid hanteer sal word. Die kind moet dus tydens hulpverlening onder andere daartoe gelei w ord om, w anneer hy ’n bepaalde em osie ervaar, die verskillende aksies wat hy kan neem, te evalueer, ten einde ’n verantw oordelike keuse uit te oefen.

Die verm oe om selfspraak te benut as gids vir gedrag, ontwikkel tussen die ouderdom van v y f en sewe ja a r (vgl. 3.1.2.1) en kan veral deur die kind as strategic benut word om veelvoudige opsies vir die hantering van sy emosies te ondersoek, asook as selfregulerende meganisme wat die kind kan bystaan ten opsigte van die monitering en beheer oor sy denke, gedrag en emosies. (Vgl. Shaffer 1994:229; Shapiro 1997:120 en Freedm an et al. 1998:1.) Selfspraak word deur Jensen e t al. (1998:19) beskou as “a m echanism to m entally explore m ultiple options and

view poin ts...'' ’n V oorbeeld hiervan is dat die kind w anneer hy angs ervaar deur middel van selfspraak vir hom self verskillende hanteringstrategiee uitspel en die gevolge van elkeen oorw eeg ten einde die mees geskikte strategic te kies. Dit kan verder as strategic deur die kind benut w ord om te leer om im pulsiewe gedrag te beheer. ’n Beginsel wat hierdie strategie onderle is dat die kind deur ’n stelling aan hom self te herhaal, begin om dit te glo. So byvoorbeeld kan die kind w anneer ’n ander kind hom wil boelie, herhaaldelik vir hom self se:

"Ek kan P ie t hanteer, ek kan vir hom se om m y uit te los, ek w eet hoe om hulp te kry” . Deur dit te se behoort hy dit te begin glo. Hierdie herhalende denke stim uleer aktiwiteite in die

neokorteks van die brein (vgl. 3.3.1), w at die em osionele brein se afskeiding van hormone en ander chem iese boodskappers wat lei tot gereedm aking om te reageer, inhibeer. (Vgl. Shapiro 1997:121.) .

Die juniorprim ere skoolkind kan dus m oontlik tydens hulpverlening bewus gem aak word van die m oontlikheid om selfspraak te benut vir konstruktiew e em osionele bestuur en beheer en behoort daartoe gelei te word om toepaslike wyses van selfspraak vir verskillende situasies te identifiseer.

Em osionele skaking (“em otional highjacking”), dit is w anneer gereageer word op die blote ervaring van emosie, sonder dat enige rasionele denke daaroor bestaan, lei tot ondeurdagte aksies en kan bydra tot ontoepaslike em osionele bestuur, soos dat die kind uit woede ’n ander kind slaan, voordat hy die gevolge van sy aksie oordink het. (Vgl. 3.3.3.) Dit neem egter ongeveer ses sekondes vir die kortikale brein om ’n bew ustelike w eldeurdagte respons te skep. Die kind behoort dus tydens hulpverlening vaardighede aangeleer te word om vir ses sekondes te fokus op kortikale denke soos om te fokus op ses aspekte van ’n pragtige plek, wanneer em osionele skaking voorkom. (Vgl. Jensen et al. 1998:15 en Freedm an 1999:7.) ’n Wyse waarop die kind se em osionele beheer verder bevorder kan word, is deur bem agtiging van die kind. Indien die kind verseker word dat hy oor bepaalde kw aliteite soos selfdissipline o f geduld beskik en in staat is om w anneer hy kwaad is sy emosie toepaslik te bestuur, deur nie ’n ander kind te byt nie, kan dit daartoe bydra dat sy em osionele beheer verbeter. Dit is moontlik vanwee die bem agtiging en beheer wat die kind b eleef en die toepaslike bevordering van sy selfbeeld (S haffer 1994:231-232).

’n Strategie w aarvolgens die kind tydens hulpverlening bygestaan kan word om te leer om sy em osies m eer toepaslik te bestuur word deur Stone-M cCow n et al. (1998:13-14) beskryf as die

“trum pet p r o c e s s ” en vorm ’n integrale deel van “S e lf Science ” se em osionele intelligensie- kurrikulum vir prim ere skoolkinders. (Vgl. 2.1.5.) Hierdie proses bestaan uit die volgende stappe:

• Die deel van ’n affektiewe ervaring, soos dat die kind vertel het dat hy kw aad gew ord het toe ’n m aat hom geterg het.

• Die m aak van ’n lys van response, waar die kind gehelp word om vrae te antwoord soos: Wat het jy gedink? Wat het jy gevoel? en Wat het jy gedoen?

78

• D ie herkenning van patrone, deurdat die kind se bew ustheid van sy tipiese gedrag binne ’n bepaalde situasie verhoog word. Vrae soos: W at het jy so pas gedoen? W at is jy besig om te doen? en Doen jy dit gew oonlik? kan gevra word.

• Die besit van patrone, deurdat die kind die patrone wat in die vorige stap herken is, ondersoek en aanvaar as sy eie, m et ander woorde ek slaan gew oonlik ’n maat as ek kwaad w ord, w ant dit laat my beter voel.

• Die oorw eging van verskillende gevolge, w aar die kind gehelp word om die gevolge wat verskillende patrone vir die hantering van em osies vir hom inhou, te ondersoek.

• Die oorw eging van altem atiew e, w aar die kind gehelp word om altem atiew e wyses van optrede te ondersoek en deur middel van sy verbeelding daarvan bewus te word dat daar m eer as een m anier is om in ’n situasie op te tree.

• Die m aak van evaluasies, w aar die kind die uitkom ste van die verskillende altem atiew e teenoor m ekaar opweeg.

• D ie m aak van ’n keuse, w aar die kind ’n keuse maak ten opsigte van toekom stige optrede en verantw oordelikheid hiervoor neem.

Dit blyk dus dat die kind eerstens bewus moet word van hoe hy norm aalw eg binne ’n situasie optree, voordat hy daartoe gelei kan word om ’n altem atiew e keuse oor die hantering van die situasie te maak. H ierdie proses vind aansluiting by een van die doelstellings van gestaltspel- terapie, naam lik dat die kind bewus gem aak m oet word van sy eie proses, wat hy doen en hoe hy dit doen. (Vgl. 4.3.2.) ’n V erdere afleiding is dat die juniorprim ere skoolkind w aarskynlik deur m iddel van ouderdom stoepaslike tegnieke soos besk ry f in hoofstuk 5 hiertoe begelei behoort te word.

Hoewel die juniorprim ere skoolkind w aarskynlik verskillende basiese emosies soos geluk, hartseer en w oede en m eer kom plekse em osies soos jaloesie kan ervaar, (vgl. 3.1.4.1) word hier kortliks gefokus op die em osies van w oede, vrees en angs aangesien die kind dikwels vanuit sy om gew ing nie toestem m ing het om hierdie em osies te verbaliseer nie. H ierdie aspek word as volg deur Fontana en Slack (1998:54) gem otiveer: “One o f the reason s why children fe e l

helpless in the f a c e o f stron g em otions like f e a r a n d anger is that they lack any rea l un derstan ding o f them. Such em otions can seem to be p o w e rfu l things that rise unbidden, an d overw helm them with energies they are unable to control.

Verskeie outeurs (vgl. Oaklander 1988:221; G olem an 1995:59; W right & Oliver 1995:90 en Shapiro 1997:285) is van mening dat die probleem wat kinders die meeste in die alledaagse

lewe mee te doen het, die doeltreffende bestuur van w oede is en dat hierdie emosie dikwels onderdruk word. M instens 40% tot 50% van kinders wat verw ys word vir terapeutiese hulpverlening ervaar volgens Shapiro (1997:285) problem e met die hantering van woede en aggressie. O aklander (1988:221) bevestig hierdie stellings deur te konstateer dat woede is die mees "feared, resisted, suppressed, threatening em otion - because it. is so often the m ost

im portant a n d d eep est hidden block to one 's sense o f wholeness a n d well-being".

Hieruit kan die afleiding gem aak word dat daar tydens hulpverlening aan die juniorprim ere skoolkind aandag geskenk moet word aan die kind se em osionele bewussyn en selfregulering van woede.

Daar behoort aan die volgende aspekte aandag gegee te word w anneer daar tydens hulpverlening met die kind se woede gew erk word (vgl. O aklander 1988:209*, W right & Oliver 1995:95-101 en Schoem an 1996b: 175-178):

• Praktiese wyses moet gebied word om sy woede uit te druk. • Die kind moet gelei word om sy woede te besit.

• Die kind moet gehelp word om sy woede verbaal uit te druk. • D aar moet met die kind oor sy woede gepraat word.

• Die kind moet tot insig gelei word dat woede op sigself nie goed o f sleg is nie.

• Die kind moet daartoe gelei word om verantwoordelikheid vir sy woede te aanvaar ten einde beheer daaroor te neem.

• Die kind moet daartoe gelei word om keuses te maak oor die toepaslike bestuur van sy woede.

Daar behoort dus tydens hulpverlening aan die kind spesifieke aandag verleen te word aan sy bewussyn en hanteringstrategiee van woede. Dit kom voor aso f die kind toestem m ing moet kry om die em osie te ervaar, ten einde beheer daaroor te verkry. Die kind sal w aarskynlik eers hierna in staat wees om meer toepaslike keuses ten opsigte van die bestuur van sy woede te kan maak. Spelterapietegnieke hiervoor, wat benut kan word, word volledig in hoofstuk 5 bespreek. Ander em osies wat die juniorprim ere skoolkind w aarskynlik van bewus moet word en moet leer om te hanteer, is vrese en angstigheid. Volgens O aklander (1988:238) en Swedo en Leonard (1998:104) het kinders baie meer vrese as waarvan volwassenes bewus is. Skoolgaande kinders het minstens vrese ten opsigte van een aspek, terwyl party kinders vrese ervaar ten opsigte van verskeie aspekte. (Vgl. 3.1.4. Ic.) Kinders het nodig om oor hul vrese te praat. Dit moet erken,

aanvaar en gerespekteer word. Slegs dan kan die kind meer innerlike sterkte bekom om dit te hanteer. Volgens Schoeman (1996d: 88) kan fantasiee in die vorm van feeverhale positief benut word om die kind te leer om bewus te raak- van sy vrese, wat hy normaalweg onderdruk, ten einde hanteringstrategiee daarvoor te bekom. D eur middel van die fantasie kan die kind gehelp word om sy vrese te projekteer ten einde sy eie em osie te ontlaai. Die benutting van fantasie as spelterapietegniek word volledig in hoofstuk 5 bespreek.

Dit blyk uit bogenoem de dat die juniorprim ere skoolkind tydens hulpverlening daartoe gelei moet word om bewus te word van die vrese wat hy ervaar en om toepaslike emosionele bestuursvaardighede daarvoor te bekom. Dit kom verder voor asof fantasie in die vorm van stories o f feeverhale moontlik positief vir die doel aangewend kan word, deurdat die kind byvoorbeeld die geleentheid kry om sy vrese op 'n karakter in die storie o f feeverhaal te projekteer en te identifiseer met 'n hanteringstrategie wat 'n karakter in die storie o f feeverhaal daarvoor benut.

O psom m end kan genoem word dat m aatskaplikew erkhulpverlening ten opsigte van die juniorprim ere skoolkind se selfbewussyn en em osionle selfregulering 'n verskeidenheid vaardighede behoort aan te spreek. Ten opsigte van vaardighede vir selfbewussyn behoort daar gefokus te word op affektiewe aspekte soos die bewussyn van emosies en liggaamlike ervaringe van em osies en kognitiewe aspekte soos die bewussyn van die redes vir em osies en die benoem ing van emosies. Bewussyn van eie behoeftes, sterkpunte en beperkinge blyk verder belangrike aspekte te wees. Vaardighede met betrekking tot emosionele selfregulering sluit dus in die eerste plek bewussyn van die em osie in. Die vermoe om selfspraak te benut, asook om em osionele skaking te oorkom, vorm belangrike aspekte met betrekking tot emosionele selfregulering. Bem agtiging van die kind ten opsigte van bepaalde kwaliteite w aaroor hy beskik, kan verder 'n bydrae daartoe lewer. Die effektiew e regulering van em osies soos woede, angstigheid en vrese behoort in besonder aandag te geniet, aangesien dit voorkom o f kinders .dikwels nie begrip het vir hierdie em osies nie, o f van die toestem m ing ontneem word om hierdie em osies uit te druk. Hulpverlening behoort dus eerstens daarop te fokus om die kind te help om die emosie te besit en uit te druk, waarna toepaslike hanteringstrategiee aangespreek behoort te word, ten einde die kind in staat te stel om verantwoordelikheid vir -die emosie te neem en sodoende beheer daaroor te verkry.

Empatiese vaardighede word prim er as interpersoonlike em osionele bevoegdheidskom ponent vir hierdie navorsing onderskei, terwyl die regulering van em osies in andere slegs inleidend aangespreek word. (Vgl. 2.1.6.2.) Die konsepte em patie, bekragtiging en regulering van em osies in andere word vervolgens omskryf, w aam a aspekte wat tydens m aatskaplikew erk- hulpverlening aan die juniorprim ere skoolkind in die verband aangespreek behoort te word, uitgelig word.