• No results found

O ntw ikkelingsaspekte met betrekking tot taal en em osionele kom m unikasie

INTELLIGENSIE KAN BEINVLOED

3.1.2 O ntw ikkelingsaspekte met betrekking tot taal en em osionele kom m unikasie

Em osies kan op verskeie wyses gekom m unikeer word, naam lik deur verbale kom m unikasie soos gesprekvoering, nie-verbale kom m unikasie soos gesigsuitdrukking, liggaamshouding, stem toon, handgebare en oogkontak o f beide vorme van kom m unikasie (M orris 1996:578). Die ontw ikkeling van die juniorprim ere skoolkind se vermoe om em osies op beide verbale en nie-

verbale w yse te kom m unikeer, behoort ’n direkte invloed op die em osionele bevoegdheids­ kom ponente van sy em osionele intelligensie uit te oefen. Hierdie ontw ikkelingsaspekte word vervolgens bespreek.

3.1.2.1 V erbale kom m unikasievaardighede en taalontw ikkeling

Volgens Elliott et al. (1996:112) is daar ’n parallelle verband tussen die kind in die primere skooljare se kognitiew e ontw ikkeling en taalontwikkeling. Twee kenm erke van die kind se taalontw ikkeling is dat verbale begrip tydens hierdie stadium ontwikkel en dat hierdie begrip verbandhou m et konkrete objekte, met ander woorde objekte wat konkreet teenwoordig is. Die kind in hierdie ouderdom sgroep beskik volgens Owens (1993:318) reeds oor 'n uitgebreide w oordeskat, hoewel die proses van taalverfyning kan voortduur tot op tienjarige ouderdom en selfs later. Die afleiding kan gem aak word dat die ontw ikkeling van hierdie verbale begrip. verbandhoudend met konkrete objekte. w aarskynlik verband hou met die kind se kognitiewe ontw ikkelingsfase van konkreet-operasionele denke. (Vgl. 3.1.1.)

Behalw e vir die feit dat die juniorprim ere skoolkind se verbale begrip verband hou met konkrete objekte, word hierdie fase ook gekenm erk deur ’n taalbeperking, deurdat die kind alle stellings letterlik opneem en nie figuurlike stellings verstaan nie. Figuurlike stellings word gew oonlik letterlik opgeneem . Die kind is ook nie in staat om sarkasme te begryp nie. aangesien dit verskeie kom plekse idees kan bevat en die kind moet begryp dat die spreker nie letterlik bedoel dit wat hy gese het nie (Owens 1993:319-320). Elliott et al. (1996:110) meld in teenstelling hierm ee dat kinders op agtjarige ouderdom wel kan begryp dat woorde meer as een betekenis kan he, terwyl Louw et al. (1998:343) noem dat die kind teen skoolgaande ouderdom wel figuurlike taal soos n hart van goud kan verstaan en op sewejarige ouderdom kan begryp dat dit w at gese w ord, nie noodw endig dit is wat bedoel word nie.

U it bogenoem de kan afgelei word dat verskillende outeurs m ekaar weerspreek ten opsigte van die juniorprim ere skoolkind se vermoe om meer abstrakte kom m unikasie soos figuurlike taal en sarkasm e te begryp. Dit kan w aarskynlik daaraan toegeskryf word dat kinders nie op presies dieselfde, ouderdom dieselfde ontw ikkelingsm ylpale bereik nie. Dit sou dus m oontlik kon wees dat een kind op sewejarige ouderdom wel in staat is om hierdie aspekte te begryp. terwyl n ander kind dit eers op !n latere ouderdom bemeester.

102

D ie verm oe om em osies verbaal te kom m unikeer is ’n belangrike aspek in die bevrediging van die kind se basiese. behoeftes (Shapiro 1997:265). V olgens Van der M erwe (1996a:8) is die kleiner kind se verbale gesprek nie altyd betroubaar nie, aangesien sy verbale vermoens nog onderontw ikkeld is. Die kind vind die verbalisering van em osies, selfs die op ’n bewustelike vlak, m oeilik, aangesien sy kennis van em osionele taal nog beperk is. Bretherton et al.

(1986:537) m eld egter dat kinders se verm oe om verbaal te reflekteer ten opsigte van em osioneel verw ante situasies vanaf vyfjarige ouderdom toeneem ten opsigte van akkuraatheid, duidelikheid en kompleksiteit. Hierdie aspek word deur G reenberg en Snell (1997:105) ondersteun deurdat hulle die volgende vermeld: “One o f the crucial developmental tasks during the preschool and early elementary-school-age years is to learn to integrate previously developed modes o f thinking and feeling with the newly acquired ability to use language-based codes. ” Dit blyk dus dat die juniorprim ere skoolkind se taalvaardighede met betrekking tot em osionele uitdrukking steeds in die proses van ontw ikkeling is en dat sy vermoe om emosies te verbaliseer w aarskynlik sal afhang van die em osionele taalvaardighede w aaroor hy op die spesifieke stadium beskik.

Die kind se taalvaardigheid is verder ’n belangrike faktor wat sy selfbewussyn, asook sy em osionele selfregulering beinvloed. Deur middel hiervan kan hy sy innerlike em osionele belew enis aan andere oordra. W anneer hy dus oor die verbale verm oe beskik, kan hy praat oor dit wat hom bang m aak o f dit w at spanning veroorsaak, eerder as om dit bloot deur sy gesigsuitdrukking o f liggaam shouding te kom m unikeer. (Vgl. Oatley & Jenkins 1996:190 en G reenberg & Snell 1997:105.) Die ontw ikkeling van die verm oe tot selfspraak op ongeveer vierjarige ouderdom , bied verder aan die kind ’n stuk gereedskap vir em osionele selfregulering. Die wyse w aarop selfspraak benut word, verander nam ate die kind ouer word. W aar vierjariges dikw els vol sinne met hulself praat, word selfspraak by skoolgaande kinders hoofsaaklik gekenm erk deur enkele woorde o f lipbewegings. Hulle m aak dus toenem end van binnespraak gebruik, hoew el selfspraak nooit heeltem al verdwyn nie. (Vgl. Shaffer 1994:229-230 en G ottm an et al. 1997:113-114.)

Selfspraak o f binnespraak behoort deur die juniorprim ere skoolkind benut te kan word as strategic vir em osionele selfregulering. (Vgl. 2.2.3.) Dit blyk dus dat die juniorprim ere skoolkind se ontw ikkelende taalvaardighede sy selfbewussyn, asook em osionele selfregulering po sitief behoort te beinvloed.

V erskille in die taalontw ikkeling by seuns en dogters speel ook ’n rol ten opsigte van die regulering en bestuur van emosies. Dogters se taalontw ikkeling vind norm aalw eg vinniger plaas as die van seuns. D it dra daartoe by dat dogters m eer ervaring in die artikulering van em osies het en oor m eer vaardighede beskik om woorde te benut vir em osionele uitdrukking, eerder as om byvoorbeeld aan aggressie uiting te gee deur middel van fisiese gevegte. (Vgl. Brody 198.5:110 en G olem an 1995:131.) Hieruit kan afgelei word dat dogters m oontlik op ’n jon ger ouderdom oor m eer verbale vaardighede vir em osionele bestuur en beheer as seuns beskik, terw yl seuns by ’n gebrek aan die verbale vermoens, m oontlik eerder van strategies soos fisiese gevegte in hul em osionele bestuur gebruik sal maak. Laasgenoemde kan waarskynlik daartoe bydra dat seuns in die juniorprim ere fase m eer problem e ten opsigte van konstruktiewe em osionele bestuur en beheer kan ervaar, as dogters.

3.1.2.2 V erm oe ten opsigte van nie-verbale kom m unikasie van emosies

N ie-verbale kom m unkasie van em osies deur middel van gesiguitdrukkings word as die mees akkurate vorm van nie-verbale kom m unikasie beskou, aangesien die kom pleksiteit van gesigspiere, gesigsuitdrukkings m oontlik maak wat em osies soos hartseer o f angs baie spesifiek kan uitdruk (M orris 1996:578). Soos reeds bespreek in 2 .2 .L i e is daar ook deur m iddel van navorsing bevind dat gesigsuitdrukkings met betrekking tot sekere em osies universeel is vir alle kulture. Mehrab'ian (1971:43) het deur sy navorsing bevind dat in kom m unikasie van aangesig tot aangesig, 55% van die em osionele betekenis van die boodskap deur middel van nie-verbale aspekte soos gesigsuitdrukking, liggaamshouding en gebare uitgedruk word en ’n verdere 38% deur m iddel van stem toon. Slegs ongeveer 7% van die em osionele betekenis van ’n boodskap vind plaas deur middel van verbale kommunikasie.

D ie afleiding kan dus gem aak word dat emosies deur middel van verbale en nie-verbale kom m unikasie uitgedruk kan word, hoewel dit voorkom aso f die grootste deel van die em osionele betekenis van die boodskap normaalweg deur middel van nie-verbale kom m unikasie oorgedra word, w aarvan die gesigsuitdrukking w aarskynlik die grootste deel uitmaak. -

N ie-verbale kom m unikasie van em osies deur gesigsuitdrukkings en liggaamshouding word ook toenem end deur die kind in die juniorprim ere fase benut, as deel van sy verbale komm unikasie (Owens 1993:318). Die Griekse term dyssemia wat beteken “d y s” vir problem e en '‘sem es” vir seine, verw ys na die onverm oe om nie-verbale tekens te lees. Die volgende areas van nie-

104

verbale kommunikasie is dikwels vir kinders problematies om te lees, te begryp o f uit te druk en kan bydra to t ontoereikende emosionele kommunikasie (vgl. Nowicki & D uke 1992:14-15): • Liggaamshouding en gebare is 'n belangrike wyse w aarop kinders die emosionele inhoud van

hul w oorde oordra. 'n Sekere liggaamshouding kan byvoorbeeld disrespek o f 'n gebrek aan belangstelling kommunikeer, alhoewel dit nie die kind se ware emosie is nie.

• Die klank van spraak - alle klankaspekte van emosie in kommunikasie deur spraak (stem toon en intensiteit) en nie-spraak (fluit en geraas) is van belang. Ongeveer een derde van 'n kind se em osionele betekenis word deur sogenaamde para-taal uitgedruk. Selfs 'n gew oonte soos om aanhoudend keel skoon te maak, kan lei tot sosiale verwerping.

• O ogkontak - gedurende 'n gesprek sal 'n individu gemiddeld 30% tot 60% van die tyd benut om na 'n ander persoon se gesig te kyk. Afwykings aan weerskante van die norm kan as ontoepaslik beskou word.

• Interpersoonlike ruimte - indien die kind te ver o f te naby staan aan die persoon met wie hy komm unikeer, o f 'n ander kind ontoepaslik aanraak, kan dit lei tot gevoelens van ongemak. Dit blyk dus dat die wyse w aarop die kind sy nie-verbale emosionele kommunikasie deur middel van liggaamshouding, gebare en oogkontak, asook die klankaspekte van emosie in spraak en interpersoonlike ruimte aanvullend tot verbale kommunikasie benut, asook sy vermoe om hierdie nie-verbale tekens by andere te lees en te begryp, 'n aspek is wat 'n belangrike rol speel ten opsigte van die effektiwiteit van sy emosionele kommunikasie.

M et betrekking tot die vermoe om nie-verbale tekens van emosies in andere te onderskei, het navorsing bevind dat jong kinders (drie- tot vyfjariges), asook volwassenes dit makliker vind om gesigsuitdrukkings van positiewe emosies soos blydskap, as gesigsuitdrukkings van negatiewe emosies soos w oede en vrees, te onderskei. V erder is bevind dat, hoewel individuele verskille ten opsigte van die vermoe om emosionele gesigsuitdrukkings te produseer en te herken voorgekom het, is hierdie verskille nie ouderdom sverw ant nie. (Vgl. Field & Walden 1982:1299 en M asters & Carlson 1988:443.) As rede w aarom kinders en volwassenes dit m a k lik er. vind om gesigsuitdrukkings van positiewe, as negatiewe emosies te onderskei, voer Field en Walden (1982:1310) aan dat “less socially acceptable expressions such as anger and fe a r are less accurately produced than positive expressions”.

Dit blyk dus dat gesigsuitdrukkings met betrekking tot positiewe emosies makliker onderskei word deur persone van alle ouderdomm e as gesigsuitdrukkings w at negatiewe emosies uitdruk,

aangesien eersgenoem de m eer akkuraat deur andere uitgedruk word as laasgenoemde. Hierdie aspek is ook tydens eie praktykervaring telkens bevestig. Dit kom ook voor dat die juniorprim ere skoolkind se verm oe om em osionele gesigsuitdrukkings voort te bring en te onderskei, m oontlik eerder deur ander faktore soos om gew ingsinvloede (vgl. 3.4), as deur sy unieke ontw ikkelingsfase be'invloed sal word.

O psom m enderw ys kan daar verm eld word dat ontw ikkelingsaspekte aangaande verbale en nie- verbale kom m unikasievaardighede w aarskynlik ’n belangrike rol behoort te speel ten opsigte van die juniorprim ere skoolkind se em osionele bevoegdheidskom ponente wat deel uitm aak van sy em osionele intelligensie. W at betref verbale vaardighede is sy beskikking oor em osionele taalvaardighede en die verm oe om em osies te benoem en te verbaliseer ’n belangrike aspek, terwyl vaardighede vir selfspraak ook benut behoort te word om em osies effektief te reguleer en te bestuur. Ten opsigte van sy nie-verbale vaardighede kan sy em osionele kom m unikasie deur m iddel van byvoorbeeld liggaam shouding en stem toon die effektiw iteit van hierdie kom m unikasie bevorder o f belemmer. Sy vermoe om te onderskei tussen nie-verbale kom m unikasie van em osies is w aarskynlik ’n belangrike vaardigheid ten opsigte van sy em patiese verm oens (vgl. 2.3.4), hoewel hierdie vaardigheid w aarskynlik nie ouderdom s- verw ant is nie.