• No results found

I 'N TEORETIESE PERSPEKTIEF OP GESTALTSPELTERAPIE

4.2.2 H om eostase/O rganism iese selfregulering

Vanuit die gestaltteorie word die uitgangspunt gehuldig dat alle gedrag gereguleer word deur 'n proses, w at hom eostase o f organismiese selfregulering genoem word. H om eostase word beskryf as die proses w aartydens die organisme sy balans, onder verskillende omstandighede in stand hou. Hierdie proses van selfregulering dien as wyse w aarop die mens se behoeftes bevredig word. Behoeftes w ord sowel binne die individu, as vanuit die omgewing bevredig. Die omgewing bring ook voortdurend nuwe behoeftes tot stand. Nuwe behoeftes gee aanleiding tot ongemak, totdat 'n manier gevind word waardeur dit bevredig word en tot groei kan lei. (Vgl. Van Wyk 1984:11; Aronstam 1989:633; Korb et al. 1989:11 en Clarkson & M ackewn 1994:48­ 49.) Behoeftes kan fisies, emosioneel o f intellektueel van aard wees. Ongemak word ervaar totdat 'n bepaalde behoefte bevredig en die ekwilibrium gevolglik herstel is (Oaklander

1994a:282).

Dit blyk dat die konsepte homeostase en organismiese selfregulering impliseer dat die individu voortdurend behoeftes van verskillende aard soos fisiese, emosionele o f intellektuele behoeftes ervaar. Dit gee aanleiding tot ongemak, totdat aksie geneem word om hierdie behoefte te bevredig, waarna homeostase verkry word. Die proses waarvolgens opgetree word ten einde behoeftes te bevredig word beskou as organismiese selfregulering.

M et betrekking tot die teoretiese konsepte van hom eostase en organism iese selfregulering word hier gefokus op wyse van selfregulering, figuurgrond, die proses van gestaltvorm ing en -ver- nietiging en organism iese selfregulering by die kind.

4.2.2.1 W yses van selfregulering

Daar is twee wyses waarop regulering kan plaasvind, te wete ekstem e en interne (self) regulering. Interne regulering word beskou as 'n eienskap inherent aan die individu, wat spontaan plaasvind en veral daarop ingestel is om organism iese behoeftes te bevredig (A ronstam 1989:633). Korb et al. (1989:11) beskou selfregulering as "a spontaneous, integral, natural part o f the organism, biologically as well as psychologically ”. Eksterne regulering meng gew oonlik in met die spontane proses van interne regulering en lei daartoe dat die spontane proses van gestaltvorm ing verlore raak. Hierdeur ontstaan fragmentering en funksioneer die individu nie meer as holistiese eenheid nie (A ronstam 1989:633).

V anuit bogenoem de word afgelei dat interne regulering 'n spontane en natuurlike proses eie aan die individu is, terwyl ekstem e regulering w aarskynlik van buite op 'n persoon afgedwing word, wat gew oonlik daartoe lei dat gestaltvoltooiing belem m er word en fragmentasie ontstaan. ‘n V oorbeeld ter praktiese illustrasie van hierdie konsep is dat die kind wat ’n behoefte het aan liefde en aandag van interne regulering gebruik m aak indien hy spontaan na sy ma toe hardloop en haar vasdruk, terwyl ekstem e regulering, soos dat hy bang is sy maats lag vir hom vanwee kulturele voorskrifte, hom w aarskynlik daarvan kan weerhou om sy behoefte op hierdie natuurlike en spontane wyse te bevredig. Sy behoefte bly dus onbevredig wat lei tot fragm entering en !n onvoltooide gestalt.

4.2.2.2 Figuurgrond

Die konsep figuurgrond vorm !n prim ere deel van die teoretiese konsepte met betrekking tot organism iese selfregulering. Die figuur word beskou as dit wat op daardie oom blik die betekenisvolste vir die persoon is, met ander woorde dit wat die persoon se aandag die meeste trek, byvoorbeeld dat hy honger is. Die grond verwys na die agtergrond van die mens se ervaring bp die spesifieke oomblik, byvoorbeeld die musiek wat in die agtergrond speel, terwyl die persoon eet. Sodra die behoefte bevredig is en die gestalt voltooi is, verdwyn die figuur

weer, word dit deel van die agtergrond en tree 'n nuwe figuur (behoefte) weer op die voorgrond. Die proses van figuurgrond-interaksie is voortdurend aan die gang. (Vgl. Aronstam 1989:631;

Clarkson 1989:5; Y ontef & Simkin 1989:336; Clarkson & M ackew n 1994:41 en Thom pson & Rudolph 1996:142.)

Die mens organiseer dus sy sintuie, denke, kognisies en gedrag rondom 'n bepaalde behoefte, totdat dit bevredig is. Sodra dit bevredig is verkeer die individu in 'n staat van onttrekking, rus o f ekw ilibrium , totdat 'n nuwe behoefte weer na vore tree en die siklus herhaal word. Indien die persoon m eer as een behoefte gelyktydig ervaar, sal die gesonde organism e in staat wees om aan die mees dom inante behoefte eerste aandag te gee. O rganism iese selfregulering im pliseer nie dat alle behoeftes te alle tye bevredig sal word nie, aangesien die nodige bronne in die om gewing som s ontbreek. Dit im pliseer egter dat 'n persoon sal poog om selfregulerend op te tree binne die hulpbronne wat op 'n spesifieke tyd beskikbaar is. (Vgl. A ronstam 1989:634 en C larkson & M ackewn 1994:49.) Thom pson en Rudolph (1996:141) meld in aansluiting hierm ee dat psigies gesonde persone daartoe in staat is om hulle bewussyn te behou, sonder dat hul aandag deur verskeie om gewingstim uli afgetrek word. Hierdie individue kan dus hul eie behoeftes, asook om gew ingsaltem atiew e om hierdie behoeftes te bevredig, duidelik identifiseer. Dit blyk dat die gesonde organism e w aarskynlik daartoe in staat is om die mees dominante behoefte op sy voorgrond te identifiseer, ten einde hulpbronne in hom self o f die om gewing te benut om dit te bevredig. Bevrediging dra dan by tot hom eostase. ’n Eie interpretasie is dat die juniorprim ere skoolkind w aarskynlik slegs op ’n beperkte wyse, volgens sy ontwikkelingsvlak, daartoe in staat sal wees om bewussyn van sy behoeftes te bekom , ten einde hulpbronne in ho m self en die omgewing te vind om dit te bevredig, sodat hom eostase bereik kan word. Behoeftes w at die juniorprim ere skoolkind kan ervaar, hou w aarskynlik verband met sy ontw ikkelingsvlak en omgewingsinvloede. Hierdie aspekte is reeds volledig in hoofstuk 3 bespreek, m aar ’n aspek w at w aarskynlik veral van belang is, is dat die kind op ’n konkrete wyse, in ooreenstem m ing met sy konkreet-operasionele fase van kognitiew e ontw ikkeling (vgl. 3.1.1) tot bew ussyn van sy behoeftes gelei behoort te word.

Deur m iddel van sy konsep van selfregulering ontken Peris nie die feit dat die individu somtyds selfregulering moet inhibeer ter wille van sy eie o f andere se belange nie. W anneer 'n persoon baie kw aad is, sal hy hom daarvan kan weerhou om 'n moord te pleeg. As gevolg van die holistiese eenheid tussen' die mens en die omgewing, word die inagneming van andere se behoeftes as 'n intrinsieke aspek van selfregulering beskou (Clarkson & M ackewn 1994:49). Die afleiding kan dus gem aak word dat 'n persoon soms die behoefte op sy voorgrond moet

onderdruk, in die lig van 'n ander behoefte om byvoorbeeld sosiaal aanvaarbaar op te tree. Hierdie aspek behoort w aarskynlik ook toenem end binne die verm oe van die juniorprim ere skoolkind te wees, in die lig van die afname van egosentrism e wat deur hierdie ontw ikkelingsvlak gekenm erk word. (Vgl. 3.1.1.3.) Die mate waartoe die juniorprim ere skoolkind daartoe in staat is om sy eie behoeftes te inhibeer ter wille van sy eie en andere se belang, hou w aarskynlik ook verband met ander ontw ikkelingsaspekte soos sy vlak van morele ontw ikkeling (vgl. 3.1.3), sy vermoe tot em osionele selfregulering (vgl. 3.1.4.3.) en omgewings- invloede (vgl. 3.4.)

4.2.2.3 Proses van gestaltvorm ing en -vernietiging

Die proses van gestaltvorm ing en -vernietiging o f organism iese selfregulering bestaan uit 'n siklus van fases. Die fases plaas die klem op verskillende fokuspunte en kan dus met mekaar oorvleuel. O uteurs (vgl. Clarkson 1989:29-36; Korb et al. 1989:24-25 en Clarkson & M ackewn 1994:50-52) verskil van m ekaar ten opsigte van die hoeveelheid fases wat deel vorm van die proses, deur tussen v y f en agt fases te onderskei. Die inhoud hiervan kom egter grootliks ooreen m et mekaar. V ir doeleindes van hierdie bespreking word die inligting geintegreerd aangebied deur die proses in ’n siklus met vyf fases te verdeel. Figuur 5 dui die siklus van die proses van gestaltvorm ing en -vernietiging diagram m aties aan, w aam a die verskillende fases kortliks bespreek word.

180

FIGUUR 5: SIK LU S VAN DIE PR O SES VAN G ESTA LTV O R M IN G EN