• No results found

INTELLIGENSIE KAN BEINVLOED

3.1.5.2 O ntw ikkeling van em patiese verm oens

Soos reeds bespreek in 2.3 word die kind se em patiese verm oens as ’n interpersoonlike em osionele bevoegdheidskom ponent van sy em osionele intelligensie beskou. V erskillende fases wat verbandhou met die kind se ontw ikkelingsfase en ouderdom, kan met betrekking tot die ontw ikkeling van em patiese vaardighede gei'dentifiseer word. (Vgl. H offm an 1988:104-111 en O wens 1993:525-531.) H ier word egter spesifiek gefokus op die ontw ikkeling van em patiese vaardighede by die juniorprim ere skoolkind.

Em patiese verm oens ontwikkel reeds v an af die babajare af. O ntw ikkelingsielkundiges het bevind dat babas sim patiese spanning beleef, selfs voordat hulle besef dat hulle los van andere bestaan. Selfs binne die eerste paar m aande na geboorte reageer ’n baba w anneer ’n ander kind huil deur ook te begin huil. (Vgl. Thom pson 1987:125-126; H offm an 1988:104; Owens 1993:525; G olem an 1995:98 en Shapiro 1997:50.) Em patie tydens die voorskoolse jare word as affektiew e em patie beskou aangesien egosentrism e tydens hierdie fase lei tot em patie in die vorm v a a n plaasvervangende emosie, sonder om be'invloed te word deur die ander persoon o f sy em osie. (Vgl. Shapiro 1997:50 en 2.3.1.) .

Tussen die ouderdom van vyf ja ar en sewe ja ar begin die egosentrism e van die voorskoolse jare afneem. H ierdie afnam e in egosentrism e help die kind om te begryp dat individue dieselfde situasie verskillend kan interpreteer eh verskillend daarop kan reageer. (Vgl. Decker 1990:328;

130

Du Toit & K ruger 1991:117; K rantz 1994:399; Louw et al. 1998:353 en 3.1.1.3.) Die kind se vermoe tot kognitiew e em patie begin dus ontwikkel, deurdat hy oor die verm oe begin beskik om 5n ander persoon se persepsie te kan insien en sy aksies hiervolgens kan rig. (Vgl. 2.3.1.) Hierdie kognitiew e em patiese vaardighede stel die kind byvoorbeeld in staat om te weet w anneer om te reageer teenoor ’n hartseer vriend en w anneer om hom eerder alleen te laat. As gevolg van die ontw ikkeling van desentrasie (vgl. 3.1.1.1) kan die kind vanaf sewejarige ouderdom aandag skenk aan m eer as een dim ensie van ’n situasie op ’n keer (Owens 1993:524). Die rede w aarom prim ere skoolkinders w aarskynlik beter in staat is om em osies by andere korrek te identifiseer, is gelee in die feit dat jonger kinders merendeels staatm aak op gesigsuitdrukkings om ’n persoon se em osionele belewenis te bepaal, terwyl ouer kinders tussen agt ja ar en nege ja ar fokus op die gesigsuitdrukking en tekens in die situasie, ten einde die persoon se em osionele belewenis te beoordeel. (Vgl. M asters & Carlson 1988:444 en 3.1.1.1.) Die vaardigheid om andere se perspektiew e en rolle in ag te neem word as een van die hoofaspekte van em patie onderskei en hou verband met die kind se kognitiewe ontwikkeling. (Vgl. R oberts & Strayer 1996:467; 2.3.1 en 3.1.1.3.) R oloom am e behels ’n doelbewuste kognitiew e aksie, waarvolgens die individu hom self in ’n ander se skoene plaas (H offm an 1982:284). Selm an se roloom am eteorie huldig die uitgangspunt dat kinders toenem end vaardighede bekom om hulleself en andere te begryp, nam ate hulle die vermoe bekom om te onderskei tussen hulle eie perspektief en die van andere. Die onderliggende aannam e van die teorie is dat, ten einde ’n persoon te ken, sy perspektief in ag geneem moet word en sy denke, em osies, m otiew e en intensies begryp moet word. Selman grond sy teorie op ’n studie wat hy gedoen het, om die wyse waarop vaardighede vir roloom am e by kinders ontwikkel te ondersoek, deur hulle te versoek om te reageer op ’n aantal interpersoonlike dilemm as. (Vgl. Erwin 1993:35 en Shaffer 1994:130.)

Twee vlakke van roloom am e is w aarskynlik van toepassing op die juniorprim ere skoolkind, naam lik (vgl. Shaffer 1988:180; Lefrancois 1992:503-504; Erw in 1993:36-37 en Papalia & Olds 1996:464):

• Fase 1: Ses jaar tot agt jaar - roloorname vanwee sosiale inligting

Die kind ontwikkel begrip dat ander mense 'n situasie verskillend van hom kan interpreteer, maar glo dat die rede daarvoor is dat die individue verskillende inligting as hy ontvang het; die persoon sou dieselfde as hy gevoel het, as hy dieselfde inligting ontvang het.

• Fase 2: Agt jaar tot tien jaar - selfreflektiewe roloorname

Die kind ontwikkel 'n wederkerige bewussyn. Hy begryp dat sy standpunt kan verskil van die van andere, selfs al het hulle dieselfde inligting ontvang. Die kind is nou in staat om die ander persoon se standpunt in ag te neem, maar kan nie sy eie perspektief en die van die ander persoon op dieselfde tyd in aanmerking neem nie.

Eers teen die ouderdom van 10 jaar tot 12 jaar, brei die kind se empatie uit vanaf bekende mense na groepe o f mense wat hy nog nooit ontm oet het nie. Dit word beskou as abstrakte empatie en die kind met hierdie vaardigheid kan byvoorbeeld kommer uitspreek oor mense met minder voorregte. (Vgl. Hoffman 1988:113-114 en Shapiro 1997:53.) Owens (1993:528) verwys na hierdie vlak as die van uitgebreide empatie, w aar die kind se empatie beweeg na die waardering van emosies weg van die kind se onmiddellike situasie.

Die afleiding kan dus gemaak word dat die juniorprim ere skoolkind toenemend oor die vermoe behoort te beskik om kognitiewe empatie te betoon, as gevolg van die afname van egosentrisme en die ontwikkeling van die vermoe tot desentrasie. Hy behoort verder toenemende begrip te toon dat sy standpunt van 'n andere sin kan verskil, hoewel dit waarskynlik aanvanklik gekoppel sal w ord aan sy persepsie dat die ander persoon ander inligting as hy ontvang het. Sy vermoe om 'n ander se standpunt in ag te neem en te begryp dat sy standpunt daarvan kan verskil behoort aan die einde van die juniorprim ere fase toe te neem. Aan die begin van die juniorprimere fase sal hy waarskynlik nie oor die vermoe beskik om sy eie perspektief en die van 'n ander gelyktydig in aanmerking te neem nie en sal hy nog nie in staat wees tot 'n meer abstrakte vorm van empatie nie. Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat empatiese vermoens by die juniorprimere skoolkind beinvloed word deur sy vermoe om die onderskeid tussen hom self en andere te verstaan, asook deur die toenemende bewussyn dat ander mense emosies beleef wat kan verskil van syne en dat aksies daarvolgens gerig kan word.

132