• No results found

‘N TEORETIESE PERSPEKTIEF OP EMOSIONELE INTELLIGENSIE

2.1.2 G olem an se model

G olem an (1995:43) verwys in sy oorspronlike model na die werk van Salovey en M ayer (1990) w anneer hy vaardighede met betrekking tot em osionele intelligensie in die volgende vyf kom ponente indeel:

• Selfbew ussyn, w at im pliseer dat em osies herken word w anneer dit voorkom. Hierdie aspek vorm die basis vir em osionele intelligensie.

• Om em osies toepaslik te kan bestuur. Hierdie kom ponent volg op em osionele selfbewussyn en fokus op verskillende hanteringstrategiee vir emosies.

• Selfm otivering w at im pliseer dat em osies toepaslik bestuur word vir doelbereiking, bem eestering en kreatiwiteit. Hierdie kom ponent sluit ook in aspekte soos die uitstel van behoeftebevrediging en die vermoe om im pulsiw iteit te onderdruk.

• V erm oe om em osies in andere te herken, oftewel die verm oe om em patie te kan betoon. Hierdie aspek word beskou as ’n fundam entele sosiale vaardigheid en bou voort op ’n em osionele selfbewussyn. '

• Sosiale bevoegdheid ten einde em osies in andere toepaslik te kan bestuur.

In ’n verdere publikasie wat veral fokus op em osionele intelligensie binne die werksplek definieer G olem an (199 8a:317) em osionele intelligensie as 11 [ t]he ca p a city f o r recogn ising our

own fe e lin g s an d those o f others, f o r m otivatin g ourselves, a n d f o r m anaging em otions w ell in o u rselves a n d in our relation sh ips Hierdie definisie vat dus die kom ponente saam soos dit in 1995 deur die outeur aangetoon is. Die genoem de outeur maak in hierdie publikasie melding van ’n em osionele bevoegdheidsraam w erk, w anneer hy (in ooreenstem m ing met sy model van 1995) em osionele intelligensie in v y f kom ponente verdeel, naam lik (G olem an 1998a:26-27): • persoonlike bevoegdhede van selfbewussyn, selfregulering en selfm otivering

• sosiale bevoegdhede van em patie en sosiale vaardighede.

n V erskeidenheid aspekte word as onderafdelings van elk van hierdie hoofkom ponente aangetoon. So byvoorbeeld bestaan selfbew ussyn uit aspekte soos ’n em osionele bewussyn, wat verwys na die herkenning van em osies en die effek daarvan, asook die vermoe tot akkurate selfassessering en selfvertroue. Selfregulering sluit onder andere in die verm oe tot selfkontrole en aanpasbaarheid, terwyl m otivering aspekte soos optim ism e en inisiatief insluit. Empatie sluit aspekte in soos begrip en die ontw ikkeling van andere, terwyl sosiale vaardighede fokus op aspekte soos kom m unikasie, konflikhantering en leierskapsontw ikkeling. ’n Eie interpretasie is dat som m ige van die onderafdelings van elke kom ponent prim er verband hou met em osionele intelligensie binne die w erksplek en dus nie toepaslik is vir die om vang van hierdie navorsing nie.

Uit bogenoem de kan die afleiding gem aak word dat G olem an se model ten minste ooreenkom ste toon met M ayer en Salovey se model, ten opsigte van die drie komponente, te wete selfbew ussyn, em osionele regulering en bestuur en em patiese vermoens. Die kom ponent van selfm otivering word egter glad nie by M ayer en Salovey se model ingesluit nie. Daar word voorts ook nie pertinent deur M ayer en Salovey verwys na sosiale vaardighede as kom ponent van em osionele intelligensie nie, hoewel sommige van die verm oens en vaardighede wat deur

50

die genoem de outeurs aangetoon word, van toepassing is op die hantering van emosies in verhoudinge met andere, wat w aarskynlik bepaalde sosiale vaardighede sou kon impliseer. Golem an se model word deur verskillende outeurs gekritiseer deurdat daar onder andere gemeld word dat die kom ponent van selfm otivering fokus op m otiverende eienskappe van die individu. eerder as op em osie self, asook dat te veel ongeldige subkom ponente, ingesluit word onder die konsep em osionele intelligensie. Dit word as ’n gem engde model vir em osionele intelligensie beskou. Em osionele intelligensie behoort te verw ys na ’n hoer vlak van em osionele en verstandelike verm oens, met ander woorde em osionele bydraes tot intelligensie o f die intellektuele begrip van emosies. (Vgl. M ayer & Salovey 1997:5 en 16; Epstein 1998:20; M ayer

et al. 1999a:403; M ayer et al. 1999b: 12-13 en Hein 2000a:2-3.) Met betrekking tot die insluiting van sosiale bevoegdheid as deel van die kom ponente van em osionele intelligensie, meld Epstein (1998:19-20) die volgende: “M oreover, on a conceptual basis it is difficult to see,

f o r exam ple, how one can defen d the inclusion o f so c ia l com petence as a com ponent o f em otion al intelligence. S ocial com petence a n d em otion al adjustm ent are two distinct concepts, a n d although related, there is no m ore basis f o r including one as a su bcategory o f the other than the r e v e r s eVoorts konstateer M ayer et al. (1999b: 12) dat “the term s ‘e m o tio n ’ and

'intelligence, ’ are re la tiv e ly un related to such m echanism s as m otivation, or to such tra its as optim ism , sociability, or g o o d relationships. ” Die outeurs meld ook dat Goleman se model van em osionele intelligensie verstandelike verm oens en persoonlikheidseienskappe soos deursettingsverm oe en optim ism e vermeng, aangesien sy definisie van die konsep feitlik alle aspekte-van die persoonlikheid insluit (M ayer et al. 1999b: 13).

Em osionele intelligensie behoort onderskei te word van persoonlikheidstrekke (introver- sie/ekstroversie) en nie-intellektuele vermoens (vaardigheid ten opsigte van ’n sportsoort) (M ayer & Salovey 1997:8). Die kritici meld verder dat die insluiting van te veel ongeldige kom ponente as deel van em osionele intelligensie daartoe bydra dat pogings om hierdie konsep te ontw ikkel tot ’n gelegitim eerde intelligensie, daardeur skipbreuk lei. (Vgl. Epstein 1998:20 en H ein 2000b:2.) O psom m end meld Epstein (1998:20) die volgende aangaande Golem an se model: “A lthough G o le m a n ’s view s are highly a p p ealin g to p e o p le because o f his em phasis on

the im portance o j a b ilities other than intellectual intelligence, they are not very useful f o r identifying a via b le construct o f em otional intelligence. ” ‘ '

Vanuit bogenoem de word die afleiding gem aak dat die prim ere kritiek ten opsigte van Goleman se gem engde model gerig is op die insluiting van te veel kom ponente soos selfm otivering en sosiale bevoegdheid, as deel van die konsep em osionele intelligensie. Dit kom voor aso f die kritici m een dat daar geen navorsingsbew yse bestaan wat aantoon dat hierdie aspekte ’n em osionele bydrae lewer tot intelligensie o f lei tot die intellektuele begrip van em osies nie, hoewel dit nie ontken word dat hierdie aspekte ri w edersydse invloed op m ekaar kan uitoefen nie. ’n Eie interpretasie is dat hierdie aspekte w aarskynlik op ’n m eer indirekte wyse verbind kan w ord met die kom ponente van em osionele intelligensie, deurdat byvoorbeeld selfbew ussyn en toepaslike em osionele bestuur ’n individu se selfm otivering en sosiale bevoegdheid kan bevorder, hoew el dit nie deel vorm van die konseptualisering van em osionele intelligensie nie.