• No results found

INTELLIGENSIE KAN BEINVLOED

3.1.5 Sosiale ontw ikkeling

D ie kind se sosiale ontw ikkeling bestaan uit verskeie fasette soos die ontw ikkeling van empatiese" verm oens, die ontw ikkeling ten opsigte van verskillende verhoudings soos portuurgroepverhoudings en die ontw ikkeling van sosiale spel. Selfkonsepontwikkeling word deur Louw et al. (1998:348) as ’n elem ent van die kind se persoonlikheidsontw ikkeling beskou, terwyl Lefrancois (1992:505) dit as deel van die kind se sosiale ontw ikkeling beskou, aangesien sosiale ontw ikkeling ook die ontw ikkeling van sosiale kognisie impliseer, wat verwys na die ontw ikkeling van ’n bew ussyn ten opsigte van die self en andere, wat w eer die selfkonsep im pliseer. Vir doeleindes van hierdie navorsing word die juniorprim ere skoolkind se selfkonsepontw ikkeling as deel van sy sosiale ontw ikkeling bespreek, w aam a daar gefokus w ord op die ontw ikkeling ten opsigte van em patiese vaardighede, ontw ikkeling ten opsigte van verskillende verhoudings en die rol van spel by die ju n io r prim ereskoolkind. f

3.1.5.1 Selfkonsepontw ikkeling

Die kind -se selfkonsep kan beskou word as sy beeld van homself, dit wil se sy beskrywing van hom self ten opsigte van rolle, eienskappe en hoedanighede. Hierdie idee word gevorm deur die

terugvoering w at van andere verkry word, ’n kind se eie evaluasie van dit wat hy is, teenoor dit wat hy graag wil wees en sy evaluasie van sy eie bevoegdheid ten opsigte van verskeie areas. (Vgl. Lefrancois 1992:698; M cCown, Driscoll & Roop 1996:63 en Papalia & Olds 1996:507.) Die konsep selfagting verwys verder na die evaluasie van die kw aliteite wat die individu as deel van h o m self beskou, asook die em osies w at hierm ee gepaardgaan. Die kind met ’n hoe selfagting is dus tevrede met hom self en erken sy kw aliteite en beperkinge, terwyl die kind met ’n lae selfagting hoofsaaklik fokus op sy beperkinge en ontoereikende em osies as gevolg hiervan. (Vgl. Shaffer 1994:220 en 1999:441 en M cCow n et al. 1996:63.)

Dit blyk dus dat die kind se selfkonsep verwys na sy konsep van homself, wat gevorm word deur sy evaluasie van sy kw aliteite en bevoegdhede, asook die terugvoering wat hy vanuit die om gewing ontvang, terwyl sy selfagting spesifiek verwys na die evaluasie van sy kw aliteite en bevoegdhede en gepaardgaande emosies.

(a) A spekte w at die juniorprim ere skoolkind se selfkonsep bei'nvloed

Selfkonsepontw ikkeling vind vinnig gedurende die skoolgaande jare plaas. Hierdie tydperk word ook as ’n sensitiew e periode vir die kind se selfkonsepontw ikkeling beskou, aangesien spesifieke ervaringe belangrike gevolge vir die ontw ikkeling van die selfkonsep inhou. Die kind begin v a n af ses- tot sewejarige ouderdom hom self ten opsigte van sy ware self (hoe hy is) en ideale s e lf (hoe hy graag wil wees) definieer en ontw ikkel ook nou die verm oe om m eer akkurate beoordelings van hom self te maak. Voorts raak die kind ook nou toenem end bewus van sy eie tekortkom inge. Selfevaluasie raak m eer kom pleks aangesien die kind nou baie besorgd raak oor w at andere van hom dink. Nam ate die kind hom self met andere vergelyk, ontw ikkel hy ’n sin vir die self, met ander woorde vir wie hy is. (Vgl. Decker 1990:346; Papalia & Olds 1996:508 en L o u w ^ a /. 1998:348.)

Tydens die prim ere skooljare is die grootste bydraende faktor tot positiewe selfwaarde by die kind, die m ate van agting wat hy ontvang van belangrike persone in sy lewe. Fisiese voorkom s word as die belangrikste dom ein van selfevaluasie beskou, gevolg deur sosiale aanvaarding en bevoegdhede ten opsigte van skoolw erk en sport (Papalia & Olds 1996:509). In aansluiting hierm ee m eld Du Toit en Kruger (1991:110) en Louw et al. (1998:329-330) dat die verfyning van psigom otoriese vaardighede een van die uitstaande ontw ikkelingskenm erke van die m iddelkinderjare is en dat hierdie aspek bevorderlik is vir die kind se persoonlikheids- ontw ikkeling. So kan sy sosiale ontw ikkeling byvoorbeeld bevorder word deur deelnam e aan

126

sport. Indien hy goed vaar in sport kan sy gew ildheid styg, w at weer sy selfkonsep p o sitief kan beinvloed. H ierdie aspekte vind aansluiting by Erikson se teorie dat die krisis wat hierdie kind m oet bem eester, die van arbeidsaam heid versus m inderw aardigheid is. Die kind wil dus tydens hierdie fase ’n sin vir persoonlike en interpersoonlike bevoegheid bekom, deur die verkryging van belangrike vaardighede wat noodsaaklik is vir aanvaarding deur sy maats en portuurgroep. Indien hy hierin slaag, beleef hy ’n sin vir arbeidsaam heid en indien nie, beleef hy m inderw aardigheid wat bydra tot ’n negatiew e selfkonsep. (Vgl. Shaffer 1994:221-222 en P ap alia& O lds 1996:508.)

U it bogenoem de kan die afleiding gem aak word dat die juniorprim ere skoolkind se selfkonsep beinvloed w ord deur sy evaluasie van wie hy is, teenoor wie hy graag wil wees. Hierdie evaluasie w ord verder beinvloed deur die terugvoering wat hy van andere ontvang, aangesien hierdie kind hom self toenem end met andere, soos sy portuugroep, begin vergelyk. Die wyse w aarop die kind terugvoer vanuit sy om gewing ontvang m et betrekking tot aspekte soos sy fisiese voorkom s, sosiale bevoegdheid en akadem iese- en sportprestasies, sal w aarskynlik ’n belangrike rol speel ten opsigte van die ontw ikkeling van ’n positiew e o f negatiewe selfkonsep. ’n V erdere afleiding is dat die kind tydens hierdie fase bepaalde interpersoonlike vaardighede m oet bekom , ten einde ’n gevoel van arbeidsaam heid te beleef en aanvaarding binne sy portuurgroep te verkry en dat ’n gebrek hieraan w aarskynlik kan bydra tot ’n negatiewe selfkonsep.

Tabel 8 bied ’n opsom m ing van die areas w aarin kinders tydens die m iddelkinderjare hulle selfw aarde evalueer soos aangedui deur Lefrancois (1992:508).

TA B EL 8: A REA S W A ARIN K IN DER S IN DIE M ID D ELK IN D ER JA R E