• No results found

INTELLIGENSIE KAN BEINVLOED

3.4.1 D irekte bei'nvloeding vanuit die om gewing

’n K ind se ouers en ander versorgers speel ’n belangrike rol met betrekking tot die aanleer van ’n

emosionele taal. Een wyse waarop dit gedoen kan word, is deur met die kind te praat oor algem ene gebeure wat emosie ontlok. H ierdeur word die kind se innerlike ervaring van emosie gestruktureer en verkry hy kennis oor die innerlike ervaring van andere (Oatley & Jenkins 1996:202). In gesinne waarbinne em osies openlik gekom m unikeer word, word daartoe bygedra dat kinders die verm oe ontwikkel om oor em osies te dink en dit te komm unikeer. In teenstelling hierm ee sal die kind in ’n gesin waar em osies onderdruk word en em osionele kom m unikasie verm y word, m eer geneig wees om em osioneel onuitgesproke te wees (Vgl. M yers 1996:152; Oatley & Jenkins 1996:203; G ottm an et al. 1997:97 en Shapiro 1997:268.)

V olgens navorsing gedoen deur Dunn, Brow n en Beardsall (1991:454-454) het gesprekvoering oor em osionele aspekte met die kind vanaf ’n jong ouderdom ’n direkte invloed op sy latere em osionele begrip. Die genoemde navorsers het bevind dat hoe meer moeders met hulle

158

driejarige kinders gepraat het oor emosies, hoe m eer vaardighede het die kinders getoon toe hulle ses ja a r oud was om em osies wat deur onbekende volw assenes uitgedruk word, te beoordeel. Die bespreking van negatiewe emosies het voorts ’n baie sterk verband getoon met die vermoe om em osies in ’n gestandaardiseerde taak te identifiseer. In 'n verdere navorsingstudie deur Brown en D unn (1996:799) is bevind dat hoe m eer gesinsbespreking ten opsigte van die gevolge van m enslike gedrag by voorskoolse kinders plaasgevind het, hoe beter was die kinders se vermoe om basiese em osies te herken en te begryp, oorsake van emosies aan te toon, asook begrip ten opsigte van am bivalente em osies op sesjarige ouderdom. G ottm an et al. (1997:178) het voorts tydens navorsing bevind dat agtjarige kinders, wie se ouers bewus is van hulle kinders se em osies en hulle gelei het in die betekenis van die emosie, asook die hantering daarvan, oor positiewe sosiale bevoegdhede beskik het, bewus was van hul emosies en in staat was tot positiewe selfregulering daarvan.

Die afleiding kan gem aak word dat ’n kind se versorgers deur middel van direkte be'invloeding, vaardighede ten opsigte van selfbewussyn, em osionele selfregulering en em patiese vermoens (vgl. 2.2.3 en 2.3.4) p ositief kan bei'nvloed deurdat sy bewussyn van sy eie en andere se em osies, asook die aanleer van emosionele taal en die verm oe om em osies te identifiseer, te begryp, te kom m unikeer en am bivalente emosies te begryp hierdeur bevorder word. Die wyse w aarop em osies deur die kind se versorgers hanteer word, bei'nvloed verder em osionele begrip van sy eie en andere se em osies en sy vermoe om em osies konstruktief te bestuur.

Kinders kan ook leer hoe om em osies te reguleer deur direkte be'invloeding, soos dat hul ouers vir hulle hanteringstrategiee aanleer. Navorsing met kinders van geskeide ouers, het ’n positiew e verband gevind tussen strategiee soos kognitiewe herform ulering wat deur die kinders se ouers aangem oedig is en die kinders se benutting van hierdie strategiee vyf maande later (Brenner & Salovey 1997:178). N avorsing deur Seligman (1996:128) het in aansluiting hierm ee bevind dat kinders wat blootgestel is aan ’n program w aar hulle geleer is om hulle denke oor gebeure te verifieer en dus nie die eerste gedagte te glo wat in hulle kop kom nie, na afloop van die program 35% m inder depressiewe simptome getoon het, terwyl die depressiewe sim ptom e twee jaar later met 100% afgeneem het. Hieruit kan afgelei word dat persone met wie die kind kontak het soos ouers, opvoedkundiges o f terapeute deur bepaalde insette, hetsy n toepaslike program o f meer inform ele ingrepe, die kind se strategiee vir die emosionele selfregulering op ’n direkte wyse positief kan bei'nvloed.

V ier ouerlike style by die hantering van em osionaliteit by kinders word deur Goleman (1995:190-191) onderskei, naamlik:

• Ignorering van alle em osies - die kind se em osies word gei'gnoreer en word beskou as iets wat sonder enige optrede moet oorgaan. Die ouer faal daarin om em osionele mom ente te benut as geleentheid om nader aan sy kind te kom o f om aan die kind lesse in em osionele bevoegdheid te leer.

• Perm issiew e styl - die ouer neem waar hoe die kind voel, maar gee glad nie om watter keuse die kind m aak met betrekking tot die hantering van die em osie nie. Die ouer benut onderhandeling en omkopery om die kind te troos as hy byvoorbeeld huil o f skree.

• M inagting en geen respek vir kind se em osies nie - die ouer kritiseer die kind se emosie en straf hom vinnig daarvoor. Die kind mag geen vorm van woede uitdruk nie en word gestraf by die geringste teken hiervan.

• Ouer as em osionele m entor - die ouer benut sy kind se em osionele belewenis as ’n geleentheid om op te tree as em osionele mentor. Die kind se em osies word em stig opgeneem en die ouer poog om die rede vir die em osie te begryp, asook om die kind by te staan om positiew e hanteringstrategiee vir die em osies te vind.

In aansluiting met laasgenoemde styl onderskei G ottm an et al. (1997:85) die volgende eienskappe van ’n.ouer wat sy kind se em osionele bewussyn p ositief kan be'invloed:

• die ouer is bewus van die kind se emosie - ook laer intensiteite van em osies soos dat 'n kind nie eers h o ef te huil voordat sy ouer kan sien dat hy hartseer is nie

• die kind se negatiewe emosie word beskou as n geleentheid vir intim iteit en onderrig

• die ouer het em patie met die kind se emosie, aanvaar dit en kom m unikeer opregte begrip hiervoor

• die ouer help die kind om verbaal !n naam te gee vir die em osie wat ervaar word deur die em osie te reflekteer

• die ouer help die kind om die probleem op te los deur grense te stel vir toepaslike gedrag en die gevolge van ontoepaslike gedrag aan te dui.

Evaluerend kan gese word dat G olem an (1995) se eerste drie style waarskynlik 'n negatiewe invloed op die kind se vaardighede vir selfbewussyn en em osionele selfregulering behoort uit te uitoefen, aangesien die kind daardeur geleer word dat em osies verkeerd o f onaanvaarbaar is, verplaas m oet word o f dat daar deur middel van em osies gem anipuleer kan word. Die laaste

160

styl w aar die ouer optree as em osionele m entor behoort egter ’n positiew e invloed te he op die kind se vaardighede ten opsigte van sy selfbewussyn en em osionele selfregulering, aangesien die ouer m et hierdie styl w aarskynlik aan die kind voortdurend toepaslike leiding met betrekking tot die belewenis en hantering van sy emosie sal bied.

In ’n navorsingstudie deur Toner, M oore en Em mons (1980:618-620) is bevind dat positiewe etikettering, waar ’n onbekende volwassene as deel van ’n algem ene gesprek vir die eksperim entele groep kinders gese het “ek weet j y is baie geduldig en dat j y kan wag vir goeie dinge wat j y nie dadelik kan kry nie ” ’n positiewe invloed op die vyf- tot negejarige kinders in die groep se selfbeheer en uitstel van behoeftebevrediging gehad het. ’n G evolgtrekking wat deur die navorsers hiem a gemaak is, is dat positiewe etikettering w aarskynlik ’n betekenisvolle effek op ander vorme van selfbeheer, soos em osionele selfbeheer behoort uit te oefen. Hieruit word die afleiding gem aak dat om gewingsinvloede in die vorm van etikettering deur byvoorbeeld die kind se ouers, w aarskynlik ’n direkte invloed op die kind se em osionele selfbeheer behoort uit te oefen. Indien ouers byvoorbeeld dikw els vir ’n kind se dat hulle weet hy kan dit regkry om nie aan ’n m aatjie te slaan w anneer hy baie kwaad is nie, behoort hy hierdeur bem agtig te word om sy aggressie te beheer w anneer hy kw aad is.

O psom m end kan dus genoem word dat die juniorprim ere skoolkind se vaardighede ten opsigte van selfbew ussyn en em osionele selfregulering op ’n direkte wyse positief o f negatief beinvloed kan word deur middel van om gewingsfaktore soos gebeure in sy ouerhuis. (Vgl. 2.2.3.)