• No results found

INTELLIGENSIE KAN BEINVLOED

3.4.2 Indirekte beinvloeding vanuit die om gewing

Kinders se vaardighede ten opsigte van die em osionele bevoegdheidskom ponente van hulle em osionele intelligensie kan ook op ’n indirekte wyse vanuit die om gewing beinvloed word. Die wyse w aarop ouers em osies soos woede en konflik hanteer, kan die kind se ontw ikkeling van strategies vir die bestuur van em osies beinvloed (Brenner & Salovey 1997:178). In ’n navorsingstudie deur M alatesta en H aviland (1982:996) is byvoorbeeld bevind dat babas hul moeder se patroon vir die uitdrukking van emosies aanneem. Indien die m oeder se uitdrukking van em osie m eer woede ingesluit het as die van ander moeders, het die babas ook m eer woede geopenbaar as die ander babas. As moeders meer blydskap geopenbaar het, het die babas op ses maande ook meer blydskap geopenbaar. Hieruit kan die afleiding gem aak word dat kinders bloot deur die w aam em ing van die wyse waarop hul prim ere versorgers hul em osies reguleer op ’n indirekte wyse beinvloed word om dieselfde patroon van em osionele uitdrukking aan te neem.

Indirekte be'invloeding van ’n kind se em osionele uitdrukking en regulering vind verder plaas deur reels vir die uitdrukking van em osie (“display rules”), binne ’n sekere kultuur. Hierdie reels bepaal w atter optrede as wyse om ’n spesifieke em osie te bestuur, toepaslik en ontoepaslik binne n spesifieke situasie is. Deur middel van kultuur word mense geleer dat seker emosies uitgedruk mag word, terwyl andere onderdruk moet word. Lede van verskillende kulture druk bepaalde em osies verskillend uit in die openbaar, terwyl die em osies wat ervaar word dieselfde kan wees. (Vgl. Harris 1989:131-145; G olem an 1995:113; M orris 1996:379; W oodhead et al.

1998:169 en Shaffer 1999:394.) Volgens Goleman (1995:113) is daar sekere basiese reels vir die uitdrukking van em osie, naamlik:

• M inim aliseer die uitdrukking daarvan deur die ware em osie wat ervaar word te verbloem soos ’n seun w at lag w anneer hy hartseer is, om dat huil as ’n teken van swakheid beskou word.

• V ergropt die uitdrukking daarvan deur die uitdrukking van die emosie op te hemel soos w anneer h sesjarige ’n w oedeuitbarsting te kry as hy nie sy sin kry nie.

• Vervarlg die em osie deur n ander soos in verskeie Asiatiese en Afrikakulture waar dit swak m aniere is om nee te se en die ja soms gebruik word as daar nee bedoel word.

In aansluiting met bogenoem de, meld Myers (1996:139) dat indien die kind geleer word om sy innerlike belew enis vir hom self te hou, hy inderwaarheid leer dat ’n aspek van hom self sleg is en nie gesien mag word nie. Dit lei tot ’n lae selfbeeld en dra daartoe by dat dit ’n gewoonte by die kind w ord om sy innerlike ervaring te ontken. Kinders se ouderdom speel ’n belangrike rol met betrekking tot die wyse w aarop emosies volgens hierdie reels uitgedruk word. (Vgl. 3.1.4.3.) Uit bogenoem de kan die afleiding gemaak word dat kinders se strategiee vir em osionele selfregulering w aarskynlik op ’n indirekte wyse bei'nvloed kan word deur die kulturele reels vir die uitdrukking van emosie, wat die betrokke kultuur w aaraan die kind behoort, voorskryf. Dit kom verder voor aso f hierdie reels die kind kan bei'nvloed ten opsigte van watter emosies uitgedruk mag word, asook watter wyse van em osionele bestuur en beheer toepaslik en ontoepaslik is vir ’n spesifieke situasie. Indien die kind die boodskap kry dat sekere emosies ontoelaatbaar is, kan hy begin glo dat ’n deel van hom self sleg is. Hierdie aspek word vanuit die gestaltteorie as ’n kontakgrensversteuring, naam lik introjeksie beskou en bei'nvloed waarskynlik die kind se selfbew ussyn en em osionele selfregulering negatief. (Vgl. 4.2.3.1.)

162

Em patiese vaardighede word volgens Owens (1993:528) ook bei'nvloed deur belangrike sosialiseerders in die kind se lewe, soos blootstelling aan sy ouers en ander persone as warm en em patiese modelle. Thom pson (1 9 8 7 :128) meld dat ’n positiew e aanvoeling tussen m oeder en baba bydra tot "the development o f resonant emotional response by the baby”. Indien die m oeder teenoor die baba optree m et ’n glimlag, sal die baba se positiewe em osionele opwekking hierdeur bevorder word. Hierdie em osionele oordraagbaarheid dra by tot die ontw ikkeling van affektiew e sinchronisiasie tydens episodes van spel tussen ma en baba en vorm voorts ’n belangrike grondslag vir die ontw ikkeling van meer gesofistikeerde vorme van empatie tussen m a en kind. N avorsing deur Hoffm an (1982:306) het verder bevind dat die bevrediging van ’n baba se behoeftes, deur middel van ouerlike toegeneentheid, ’n belangrike rol speel ten opsigte van die ontw ikkeling van em patiese vaardighede by die kind. . D it blyk uit bogenoem de dat die wyse waarop ’n baba se prim ere versorger teenoor sy emosies reageer en sy em osionele behoeftes bevredig, ’n prom inente rol behoort te speel in die ontw ikkeling van sy em patiese vermoens.

Die beskikbaarheid van ouerlike modelle wat sensitiwiteit en deem is teenoor die kind openbaar, bevorder. ook die ontw ikkeling van em patiese response by die kind. Hoewel ouers belangrike m odelle is vir die kind se sosiaal-em osionele ontwikkeling, kan ’n kind se em patiese vaardighede ook p ositief bei'nvloed word deur blootstelling en interaksie met ander sensitiewe m odelle soos ’n onderwyser o f maat, asook ’n karakter op televisie. Die w aam eem van em patiese m odelle bied aan die kind die geleentheid om pro-sosiale gedrag aan te leer, soos dat dit toepaslik is om om andere te help en dit dra ook kennis oor met betrekking tot hoe andere gehelp kan word. (Vgl. Barnett 1987:152 en Owens 1993:530.) Kinders se em patiese vaardighede word dus bei'nvloed deurdat hulle sien hoe andere reageer w anneer iemand ontsteld is. D eurdat die kind dit wat hy sien naboots, ontwikkel hy ’n repertoire van em patiese response. (Vgl. G olem an 1995:99.)

H ieruit is dit duidelik dat die ontw ikkeling van em patiese vermoens by die kind ook op ’n indirekte wyse deur sy omgewing bei'nvloed kan word, deur middel van m odellering van em patiese response deur sensitiewe modelle in die kind se omgewing, wat sy ouers, maar ook onderw ysers o f vriende kan insluit.

In ’n navorsingstudie deur Zahn-W axler et al. (1992:133-135) is bevind dat die wyse waarop ouers hul kinders dissiplineer, ook ’n rol speel met betrekking tot die ontw ikkeling van

em patiese vaardighede by die kind. Kinders was m eer em paties w anneer baie aandag gegee is aan die ontsteltenis w at hulle swak gedrag vir andere veroorsaak het, soos w anneer ’n ouer byvoorbeeld sou se “kyk hoe hartseer het j y nou vir haar gemaak, ” in plaas van om te se "dit was s to u f'.

Vanuit bogenoem de blyk dit dat selfs die wyse waarop ouers vir hulle kinders bewus maak van die gevolge van hulle gedrag, ook die kind se em patiese vaardighede positief kan beinvloed. Dit blyk dat dissiplinere tegnieke wat fokus op die em osies wat die kind se gedrag by 'n andere ontlok het, eerder as om die kind se gedrag te etiketteer, sy em patiese vaardighede positief behoort te beinvloed.

’n Ander om gew ingsfaktor wat die kinders se vaardighede ten opsigte van die em osionele bevoegdheidskom ponente van hulle em osionele intelligensie op ’n indirekte wyse kan beinvloed, is volgens verskeie outeurs die onderskeid w at ouers m aak ten opsigte van hul kind se geslag, w anneer em osionele aangeleenthede hanteer word. (Vgl. Brody 1985:110; Goleman 1995:131 en G ottm an et al. 1997:230.) Em osies, met die uitsondering van woede word meer met dogters bespreek as m et seuns. Dogters word aan m eer inligting m et betrekking tot em osies blootgestel as seuns en w anneer ouers stories vir hul voorskoolse kinders vertel, gebruik hulle meer em osionele w oorde in die stories vir dogters, as vir seuns. Voorts openbaar m oeders ’n wyer reeks em osies w anneer hulle met dogters speel, as met seuns. Dit dra daartoe by dat seuns m inder bew us is van die em osies in h u lself en andere en dit het ’n direkte invloed op hul em osionele selfregulering. (Vgl. G olem an 1995:131 en G ottm an et al. 1997:114.)

Die onderskeid wat ouers m aak ten opsigte van die hantering van em osies by seuns en dogters, het tot gevolg dat dogters geneig is om negatiewe em osie te inhibeer en op hulself te rig, deur daaroor te dink en sosiale ondersteuning te verkry. D ogters is m eer geneig om emosies te reguleer deur middel van em osioneel-gefokusde reguleringstrategiee, terwyl seuns negatiewe em osies na buite projekteer deur byvoorbeeld fisiese oefening te doen. Hulle wend met ander woorde m eer direkte pogings aan om die negatiewe em osie te bestuur. (Vgl. Brody 1985:115 en Brenner & Salovey 1997:182.) Sosialiseringspatrone kan ook ’n invloed uitoefen op die kognitiew e prossesseringstrategiee wat deur onderskeidelik seuns en dogters benut word ten opsigte van hul em osionele ervarings. Seuns word m oontlik aangem oedig om m eer analities te dink oor em osies en meer die kognitiewe strategiee van die linkerbrein te benut, terwyl dogters aangem oedig word om meer intui'tief te dink oor em osies en dus m eer die kognitiewe strategiee

164

van die regterbrein te benut (Brody 1985:135.). Die reels vir uitdrukking van verskillende em osies (“display rules”) soos hartseer en woede verskil laastens ook dikw els by seuns en dogters. So -byvoorbeeld word die uitdrukking van hartseer norm aalw eg by dogters as toepaslik beskou en die uitdrukking van woede as ontoepaslik. Die teenoorgestelde geld weer ten opsigte van seuns (Vgl. Roberts & Strayer 1996:450 en Jones et al. 1998:1210.) Met betrekking tot die verskil ten opsigte van die hantering van kulturele reels vir die uitdrukking van em osie deur seuns en dogters, het Jones et al. (1998:1220) bevind dat geen verskille by seuns en dogters voorkom m et betrekking tot hulle kennis in die verband nie, m aar dat sosialisering en druk vanuit die om gew ing veroorsaak dat seuns en dogters emosies op verskillende wyses reguleer. Die afleiding kan gem aak word dat ouers se geneigdheid om verskillend teenoor seuns en dogters op te tree w anneer em osionele aspekte hanteer word, w aarskynlik ’n direkte invloed op die kind se selfbew ussyn asook die wyse waarop hy em osies reguleer behoort te he. Dogters word hierin bevoordeel deur meer blootstelling aan em osie wat hul vaardigheid tot selfbew ussyn p ositief behoort te bevorder. Seuns kan m oontlik meer problem e ervaar om selfbew ussyn te bekom, as dogters. !n Verdere afleiding is dat die onderskeid w at tussen geslagte g etref word ten opsigte van die regulering van em osies m oontlik ’n direkte invloed kan uitoefen op die kind se keuse van ’n toepaslike hanteringstrategie daarvoor. So sal seuns m oontlik eerder fisiese aktiw iteite o f fisiese gevegte kies en dogters sal ’n groter behoefite aan sosiale ondersteuning toon o f eenkant sit en huil. Seuns sal w aarskynlik ook m eer geneig wees om em osies soos hartseer te onderdruk, terwyl dogters w aarskynlik meer geneig sal wees om aggressie te onderdruk, as gevolg van die kulturele reels met betrekking tot die uitdrukking daarvan by onderskeidelik seuns en dogters.

N avorsing deur Feshbach (1982:328-332) het ook bevind dat em patiese vaardighede by seuns ’n positiew e verband toon m et kognitiewe bevoegdhede soos w oordeskat en lees, asook lae vlakke van aggressie, terwyl em patiese vaardighede by dogters ’n verband toon met ’n positiewe selfkonsep en die voorkoms van pro-sosiale gedrag. ’n M oontlike verklaring hiervoor is dat dogters as 'gevolg van sosialisering m et betrekking tot em osies, soos reeds hierbo bespreek, m eer interpersoonlik responsief en sensitief vir gevoelsbelew enisse by andere is, terwyl seuns m eer ingestel is op kognitiewe hanteringstrategiee vir emosies. ’n Verdere bevinding was dat moeders veral ’n betekenisvolle bydrae lewer ten opsigte van die ontw ikkeling van dogters se em patiese vaardighede, as daar in die opvoeding gefokus word op die ontw ikkeling van "n positiewe selfkonsep en pro-sosiale gedrag by die dogter. By seuns het hierdie wyse van

sosialisering geen verband met hulle em patiese vaardighede getoon nie. ’n Verband is wel gevind tussen die mate van klem wat deur die seuns se p a ’s op kom petisie geplaas is en hulle em patiese vaardighede. W anneer daar baie klem op kom petisie in die opvoedingsproses geplaas is, het lae vlakke van em patie by die seuns voorgekom.

Dit blyk vanuit bogenoem de dat moeders se optrede veral ’n indirekte invloed op die ontw ikkeling van em patiese vaardighede by dogters behoort te he, terwyl die vader se optrede veral ’n indirekte invloed op die ontw ikkeling van em patiese vaardighede by seuns kan uitoefen. O psom m end kan gem eld word dat die juniorprim ere skoolkind se em osionele bevoegdheids­ kom ponente van sy em osionele intelligensie w aarskynlik op verskeie wyses indirek vanuit die om gewing beinvloed kan word, insluitend deur die kulturele reels ten opsigte van die uitdrukking van em osies binne die kind se kultuur, die wyse waarop sy em osionele behoeftes van kleins a f bevredig word, m odellering deur ouers, onderwysers en vriende, ouers se styl van dissiplinering en die onderskeid wat gem aak word tussen geslagte ten opsigte van verskeie em osionele aspekte.