• No results found

INTELLIGENSIE KAN BEINVLOED

3.1.4.4 V erm oe om emosies in andere te reguleer

M in navorsing is vanuit die literatuur beskikbaar ten opsigte van die strategies wat kinders benut vir em osionele regulering by andere. Soos aangetoon in 2.1.6.2 word hierdie aspek bloot inleidenH ten opsigte van hierdie navorsingstudie aangespreek, aangesien daar van die standpunt a f uitgegaan word dat die regulering van em osies in andere waarskynlik ’n gevorderde vaardigheid is wat nie noodw endig ontwikkelingsgewys binne die repertoire van die ju n io r­ prim ere skoolkind val nie. Die volgende is wel tydens navorsingstudies bevind ten opsigte van die juniorprim ere skoolkind se strategiee van em osionele regulering in andere:

• Sesjariges glo dat em osies in andere verander kan word, deur die situasie te verander, terwyl daar m et verhoging van ouderdom m eer begrip ontstaan ten opsigte van die rol wat kognitiew e prosesse in die verband kan speel. Jonger kinders sal dus byvoorbeeld die kind wat hartseer is probeer troos deur vir hom speelgoed te gee, terwyl ouer kinders ook voorstelle met betrekking tot kognitiewe regulering sal m aak soos om voor te stel dat die kind anders oor die situasie dink. (Vgl. Harris & O lthof 1982:194; M cCoy & M asters 1985:1221 en Brown et al. 1991:274.)

• Vyf- tot negejariges se strategiee is hoofsaaklik daarop gem ik om die ander persoon se em osie na die teenoorgestelde em osie te verander, byvoorbeeld om ’n hartseer persoon bly te laat voel. (Vgl. M cCoy & M asters 1985:1220 en Covell & A bram ovitch 1987:988.) '

• Indien die kind oor kennis beskik met betrekking tot w at die oorsake van ’n emosie by ’n ander persoon is, word strategiee norm aalw eg benut wat konsekw ent is hiermee. M eer sosiaal-regulerende strategiee word byvoorbeeld voorgestel vir em osies wat die gevolg is van ’n sosiale situasie waar ’n kind wat nie vir ’n speletjie gekies is nie, uitgenooi word om te kom speel. Indien daar geen kontekstuele leidrade bestaan met betrekking tot die oorsake van die em osie by die ander persoon nie, is kinders in die ouderdom sfase van die juniorprim ere skoolkind m eer geneig om sosiaal vertroetelende strategiee te benut, soos dat die kind 'n ander kind uitnooi om by hom te kom speel. Kinders in die ouderdom sgroep het dus n alge- m ene voorkeur vir sosiale vertroetelende strategiee ten opsigte van em osionele regulering in andere, ongeag die oorsaak van die emosie (M cCoy & M asters 1985:1219).

• Jonger kinders (vyf ja ar tot agt jaar) is meer geneig tot m ateriele regulerende strategiee soos om iets vir die ander persoon te gee o f te koop, terwyl ouer kinders m eer geneig is om verbale regulerende strategiee te benut soos om die ander persoon se em osies te bekragtig en hom te bem oedig. (Vgl. M cCoy & M asters 1985:1219 en Covell & Abram ovitch 19,87:988.) H ierdie tendens toon ooreenstem m ing m et die feit dat ouer kinders meer geneig is om kognitiew e regulerende strategiee vir hulle eie em osies te benut (vgl. 3.1.4.3a) en hou dus w aarskynlik ook verband met die verhoogde verbale vaardighede waaroor ouer kinders beskik. Jonger kinders se geneigdheid tot m eer materiele regulerende strategiee hou w aarskynlik w eer verband m et hulle kognitiewe vlak van ontwikkeling, te wete hul konkreet- operasionele denke (vgl. 3.1.1) aangesien die gee van ’n m ateriele item aan ’n ander, om hom beter te laat voel, ’n konkrete aksie is.

• In ooreenstem m ing met die kind se verbale taalontw ikkeling (vgl. 3.1.2.1) neem sy kom m unikasievaardighede ten opsigte van bem oediging en vertroosting van andere ook toe. H ier w ord spesifiek verwys na die vermoe om em osies en redes daarvoor in andere verbaal te erken en te bekragtig. Dit sluit ook in die verbale erkenning van ’n ander se perspektief. N avorsing deur B urleson (1982:1582-1586) het bevind dat sesjariges net een verbale boodskap kon form uleer teenoor iemand wat hartseer is, terwyl adolessente ten m inste vier boodskappe kon formuleer. Die kw aliteit van hierdie boodskappe het ook toegeneem. Ouer kinders en adolessente was meer geneig as primere skoolkinders om in hulle verbale boodskap die ander persoon se emosie te erken en te bekragtig. Die genoemde outeur kom tot die gevolgtrekking dat die benutting van verbale strategiee wat eksplisiet die emosie en

124

perspektief van ’n ander erken en bekragtig m oontlik eers tydens vroee volw assenheid ten voile ontw ikkel is.

Dit blyk uit bogenoem de dat juniorprim ere skoolkinders se strategiee vir em osionele regulering in andere daarop gerig sal wees om die ander persoon se situasie te verander, asook om te poog om die persoon se negatiewe em osie na ’n positiew e em osie te verander. Kinders in hierdie ontw ikkelingsfase is verder w aarskynlik meer geneig om te fokus op konkrete aspekte soos em osionele regulering deur materiSle strategies o f sosiale strategies, terwyl ouer kinders (agt ja a r en ouer) se strategies ook pogings insluit om die ander persoon se kognitiew e proses te bei'nvloed deur middel van verbale strategies. D it blyk ook dat die juniorprim ere skoolkind se verbale vaardighede vir die erkenning en bekragtiging van andere se em osies en perspektiewe nog beperk en in die proses van ontw ikkeling is. H ierdie aspek hou im plikasies vir die kind se em patiese vaardighede in, aangesien die vaardigheid van bekragtiging nou verw ant is aan die kind se em patiese vaardighede. (Vgl. 2.3.1 en 2.3.2.) Laastens word daar tot die gevolgtrekking gekom dat die juniorprim ere skoolkind se strategies vir em osionele regulering in andere ooreenkom ste toon m et die strategies vir em psionele selfregulering. (Vgl. 3.1.4.3.)