• No results found

INTELLIGENSIE KAN BEINVLOED

3.3.3 Interaksie tussen die neokorteks en die limbiese sisteem

Die em osionele (lim biese) en denkende (neokorteks) dele van die brein het verskillende funksies by die bepaling van gedrag, maar is ook volledig interafhanklik van mekaar. Die em osionele deel reageer vinnig en met meer krag, terwyl die korteks, met spesifieke verwysing na die prelrontale lobbe, betekenis aan die situasie gee voordat daar opgetree word (Goleman 1995:15). Hoe ’n persoon oor n sekere saak voel, veroorsaak die afskeiding van bepaalde breingeleidingstow w e, wat weer die neokorteks bei'nvloed. As iets as onaangenaams beleef word, w ord die breingeleidingstof kortisol afgeskei, wat die denkverm oe. asook geheue verminder. As iets aangenaam beleef word, word breingeleidingstow we soos asetielkolien en

interferon afgeskei, w at weer die denkverm oe en geheue verhoog. ’n Duidelike biochemiese verband bestaan dus tussen em osies en denke, dus die lim biese sisteem en die neokorteks - (Fourie 1998:93). V anuit hierdie inligting blyk dit dat die interafhanklike funksionering tussen die neokorteks en die am igdala die wyse waarop em osies ervaar en hanteer word, behoort te beinvloed.

’n V isuele teken beweeg normaalweg van die retina na die talam us, waar dit omgesit word in die taal van die brein. Die grootste deel van die boodskap beweeg dan na die visuele korteks, waar dit geassesseer en geanaliseer word vir ’n akkurate betekenis en ’n toepaslike respons. Indien die respons van em osionele aard is, word ’n teken aan die am igdala gegee, om die em osionele sentrum te aktiveer. (Vgl. G olem an 1995:19; A tkinson 1999:26 en Freedman 1999:7.) Hieruit word afgelei dat sensoriese inligting normaalweg via die neokorteks na die am igdala gelei word, wat daartoe lei dat die individu se em osies en reaksie hierop gegrond is op kognitiewe analise en betekenisgew ing.

N avorsing deur LeDoux (1994:36-38) het egter bevind dat daar ’n klein bundel van senuwees bestaan w at verby die neokorteks direk na die am igdala beweeg, ten einde die am igdala toe te laat om hierop te reageer voor die neokorteks. (Vgl. Oatley & Jenkins 1996:151 en Atkinson 1999:26.) H ierdie navorsing verklaar die krag van em osie, wat dikwels die rasionele oorweldig. D it weerle dus die gedagte dat die am igdala volledig van die tekens van die neokorteks afhanklik is, ten einde te besluit op ’n em osionele reaksie. Sekere em osionele reaksies en herinneringe kan dus gevorm word sonder enige bew ustelike, kognitiewe deelname. Hierdie neurologiese kringloop is veral nodig in situasies wat ’n vinnige respons vereis, soos w anneer ’n persoon in lew ensgevaar verkeer. (Vgl. LeDoux 1994:38; G olem an 1995:17-18 en A tkinson 1999:26.) V olgens G olem an (1995:24-26) kan dit egter ook lei tot em osionele foute, wat gebaseer is op die ervaring van die emosie, eerder as denke hieroor. Die genoemde outeur maak in die verband m elding van die term “emotional hijacking” wat beteken dat die am igdala geprikkel w ord en dat die neokortikale prosesse wat die em osionele prosesse gewoonlik in balans hou, nie geaktiveer word nie. Die rasionele denke word dus oorweldig deur die em osionele. (Vgl. Fourie 1998:14; A tkinson 1999:26 en Freedman 1999:7.) Im pulskontrole vorm hierteenoor deel van die breinfunksie, waar limbiese seine aan die motoriese korteks geinhibeer word (G olem an 1995:81).

154

D it blyk dat sensoriese inligting wat via die talamus eers na die neokorteks en dan na die am igdala bew eeg tot m eer rasionele en deurdagte optrede, dit wil se meer konstruktiewe em osionele selfregulering behoort te lei, as w anneer hierdie inligting direk na die am igdala beweeg. Sensoriese inligting wat direk na die am igdala beweeg kan w aarskynlik somtyds tot die individu se voordeel strek, veral in situasies wat vinnige reaksie ter wille van sy eie veiligheid . vereis. Dit gee egter w aarskynlik meer dikw els aanleiding tot emosioneel ontoepaslike response, soos fisiese aanrandings tydens konfliksituasies. Dit kom dus voor dat die verkryging van vaardighede ten opsigte van im pulskontrole, daartoe behoort by te dra dat die negatiew e gevolge wat em osionele kaping vir die kind se em osionele beheer inhou, voorkom behoort te word deur m eer effektiewe em osionele beheer in sulke situasies. (Vgl.

2.2.3.) .

Die am igdala reageer soms op dringende boodskappe, deur ’n verband te vorm tussen ’n sleutelelem ent van die huidige situasie wat soortgelyk is aan die van die verlede en kan dan reageer sonder dat daar oor volledige inligting beskik word. D it lei daartoe dat in die hede opgetree w ord volgens em osies, denke en gedrag w at aangeleer is in respons tot gebeure lank gelede en w at nie noodw endig in die hede heeltem al toepaslik is nie. (Vgl. Golem an 1995:21 en A tkinson 1999:27.) LeDoux soos aangehaal in G olem an (1995:22) meld dat em osionele lesse gebaseer op die kind se verhouding met sy versorger in die eerste lewensjare in die am igdala geberg w ord as losse, w oordlose bloudrukke vir die em osionele lewe. Die persoon se em osionele optrede as volwassene is dan dikwels m oeilik om te begryp, aangesien dit aangeleer is gedurende ’n tydperk in sy kinderjare toe hy nog nie oor ’n ooreenstem m ende stel denke ten opsigte van die respons o f die verbale vermoens om daaroor te praat, beskik het nie. (Vgl. A tkinson 1999:27.)

Hieruit kan afgelei word dat gebeure in die baba se lewe, soos ’n positiewe o f negatiewe verhouding tussen hom en sy prim ere versorger, kan lei tot die berging van ’n patroon vir em osionele optrede in die amigdala. Indien ’n kind byvoorbeeld as baba aan em osionele trauma blootgestel is deurdat hy deur sy prim ere versorger m ishandel is, kan dit daartoe bydra dat hy later in sy lewe negatiew e gedrag openbaar teenoor persone wat hom hieraan herinner. Hierdie bloudrukke vir sy em osionele lewe kan dus w aarskynlik die kind se em osionele intelligensie ten opsigte van die selfbewussyn en regulering van em osies (vgl. 2.2) be'invloed sonder dat begrip in alle situasies bestaan met betrekking tot die rede vir sy gedrag.

In n navorsingstudie deur Brothers (1989:15) is bevind dat die amigdala, asook die verbintenis hiervan met die visuele korteks, geassosieer kan word met die kringloop van empatie. N avorsing m et ape het bevind dat nie-verbale w aam em ing van vrees deur een aap by ’n ander aap, daartoe lei dat inligting eers deur die visuele korteks en dan na die am igdala gelei word. Voorts is bevind dat sekere neurone in die visuele korteks slegs geprikkel word in respons tot gesigsuitdrukkings o f gebare. Dit verklaar dat die brein van die begin a f so ontw ikkel dat dit kan reageer teenoor em osionele uitdrukkings. Dit blyk dus dat em patie, as em osionele bevoegdheidskom ponent van die kind se em osionele intelligensie (vgl. 2.3), gedeeltelik ook ’n neurologiese oorsprong het.