• No results found

O ntw ikkelingaspekte m et betrekking tot verskillende sosiale verhoudings

INTELLIGENSIE KAN BEINVLOED

3.1.5.3 O ntw ikkelingaspekte m et betrekking tot verskillende sosiale verhoudings

D ie juniorprim ere skoolkind se sosiale ontw ikkeling hou im plikasies in vir sy verhouding met sy ouers, sibbe en sy portuurgroep, terwyl sy skooltoetrede ook bydra tot bepaalde sosiale aanpassings w at van hom vereis word. Hierdie aspekte word vervolgens verder bespreek.

(a) V erhouding met ouers en sibbe

Skoolgaande kinders bestee toenem end m inder tyd met hul ouers, terwyl meer tyd met hul portuurgroep deurgebring word. N ieteenstaande hierdie feit, is die kind se verhouding met sy ouers tydens hierdie fase steeds van die belangrikste verhoudings in sy lewe. Die meeste skoolgaande kinders het ook broers en susters en hulle beinvloed m ekaar se sosiale ontw ikkeling wedersyds. Hoewel die verhoudings tussen sibbe gew oonlik gekenm erk word deur nabyheid, liefdevolheid en sensitiw iteit vir mekaar, vind daar ook dikw els rusies plaas, wat kan dien as oefening vir die kind se sosiale vaardighede. (Vgl. Du Toit & Kruger 1991:125 en Papalia & O lds 1996:512.)

V anuit bogenoem de blyk dit dat alhoewel die juniorprim ere skoolkind w aarskynlik al hoe m inder tyd tuis deurbring, sy ouers, broers en susters steeds ’n belangrike rol speel in die ontw ikkeling van sy vaardighede met betrekking tot die em osionele bevoegdheidskom ponente van sy em osionele intelligensie, soos byvoorbeeld em osionele selfregulering. (Vgl. 2.2.3.)

(b) V erhouding met sy portuurgroep

Die m eer intiem e, wederkerige en eksklusiewe vriendskappe van die skoolgaande kind vereis m eer gesofistikeerde sosiale vaardighede en sosiale kognitiew e vermoens. Hierdie vaardighede m oet verder deurlopend benut word, ten einde vriendskappe in stand te hou. M et betrekking tot sosiaal kognitiew e vermoens, speel die kind se vermoe tot sosiale vergelyking (die vermoe om die portuurgroep te beskryf en te evalueer ten opsigte van verskillende aspekte) ’n belangrike rol. Die jo n g er kind fokus hier veral op w aam eem bare kenm erke soos die fisiese voorkom s van die portuurgroep. H ierdie sosiale vergelyking beinvloed die wyse van interaksie met die portuurgroep, deurdat sosiale gedrag hiervolgens gerig word (K rantz 1994:439-440). Die juniorprim ere skoolkind se vriendskappe word gew oonlik gekenm erk deur groepe van vier o f vy f kinders. Hierdie groepering vind in form ed plaas en die groep het gew oonlik nie ’n leier nie. V riendskappe word verder gekenm erk deur geslagsooreenstem m ing, terwyl vriendskappe met

die teenoorgestelde geslag baie raar is. (Vgl. Decker 1990:351; Du Toit & Kruger 1991:127 en Owens 1993:359.)

N a aanleiding van bogenoem de kan die afleiding gem aak word dat die kind se kognitiewe verm oens ten opsigte van sosiale vergelyking ’n belangrike rol speel ten einde sy gedrag op so !n wyse te rig dat hy aanvaar word binne sy portuugroep. Dit kom verder voor dat die ju n io r­ prim ere skoolkind in die verband veral fokus op konkreet w aam eem bare aspekte. wat ooreenstem met sy kognitiewe ontw ikkelingsfase van konkreet-operasionele denke (vgl. 3,1.1), asook geslagsooreenstem m ing, by die keuse van vriende.

> Funksies van die portuurgroep

V riendskappe het volgens verskillende skrywers (vgl. Decker 1990:351-352; Lefrancois 1992:520-521; Papalia & Olds 1996:531-532 en Louw et al. 1998:369-370) belangrike funksies tydens die m iddelkinderjare, wat dus ook die juniorprim ere fase insluit, naamlik:

• dit dra by tot die aanleer van waardes soos om te deel en lojaliteit

• dit bied aan die kind die geleentheid om die reels van sosiale interaksie te leer ken, asook w at die gevolge kan wees indien hierdie reels nie nagekom word nie

• dit help die kind om m inder afhanklik van volw assenes te word

• dit bied aan die kind em osionele ondersteuning deur die deel van emosies en geheime

• dit bei'nvloed die kind se selfkonsep deurdat hy hom self begin sien soos die portuurgroep hom sien en hiervolgens begin optree (vgl. 3.1.5.1.)

• dit verskaf kam eraadskap aan die kind: persone met wie hy kan gesels en sy tyd verwyl • dit help om geslagsrolle te versterk, aangesien die kind tydens hierdie fase veral bewus is

van verskille tussen seuns en dogters

• dit help om kennis en inligting oor te dra soos hoe om die rekenaar te gebruik o f sekere speletjies te speel

• dit bied aan die kind ondervinding in verhoudings, w aar hy op gelyke voet met ander meeding.

Dit blyk uit bogenoem de dat die handhawing van positiew e portuurgroepverhoiidinge w aarskynlik h belangrike rol kan speel ten opsigte van die juniorprim ere skoolkind se morele ontw ikkeling, selfstandigheid, em osionele sekuriteit, selfkonsep en sosiale bevoegdheid. deur­ dat die portuurgroep belangrike funksies hierrondom vervul. Die kind wat problem e met die

134

handhaw ing van positiew e portuurgroepverhoudinge ervaar, se ontw ikkeling kan waarskynlik ten opsigte van al die bogenoem de aspekte skade lei.

> Fases in die ontw ikkeling van vriendskappe by die junior prim ereskoolkind

V erskillende fases ten opsigte van die ontw ikkeling van vriendskappe kan tydens die juniorprim ere fase onderskei word. In sy navorsing deur m iddel van onderhoude met volw assenes en kinders het Selm an tot die gevolgtrekking gekom dat die ontw ikkeling van vriendskapsverhoudings deur v y f oorvleuelende stadiums beweeg. Slegs die stadium s wat van toepassing is op die ju n io r prim ereskoolkind, word vervolgens kortliks bespreek. (Vgl. Decker

1990:350-351; Owens 1993:358; Papalia & Olds 1996:537-538 en Louw et al. 1998:372-373.)

Stadium 0 - kortstondige vriendskap (ongeveer 3 jaar tot 7 jaar)

Tydens hierdie stadium vorm die kinders nie w erklik vriendskappe nie. D it word beskou as ’n ongedifferensieerde vlak van vriendskap. Die kind se denke is egosentries (3.1.1.3) en hy het problem e om ’n ander se standpunt in te sien. Hy fokus bloot op sy behoeftes in die verhouding. V riende w ord gedefinieer ten opsigte van fisiese nabyheid ( “sy bly naby my”), materiele besittings (“sy het h Barbiepop”) o f om dat dit sekere voordele vir hom bied (“hy is my maatjie want hy het lekker karretjies om mee te speel”).

Die afleiding kan gem aak word dat die juniorprim ere skoolkind se vriendskappe m oontlik by skooltoetrede nog van hierdie egosentriese kenm erke kan toon, ’n Eie interpretasie is dat hierdie egosentrism e binne die vriendskapsverhouding w aarskynlik tot die m eeste konflik aanleiding sal gee en dat vriendskappe w aarskynlik as gevolg hiervan van korte duur kan wees. Kinders is w aarskynlik ook tydens hierdie fase in ’n groot mate afhanklik van volw assenes se leiding ten opsigte van die hantering van konflik.

Stadium 1 - Eenrigtingbystand (ongeveer 4 jaar tot 9 jaar)

Tydens hierdie fase word vriende gedefinieer as daardie individue wat van hul besittings deel, g aaf is en„prettig is om mee tyd deur te bring. Die verhouding word gesien as kortstondig en van verbygaande aard met min individualiteit wat met die vriend geassosieer word; die kind dink alle vriende is dieselfde. Die kind fokus verder op spesifieke aksies wat die vriend uitvoer, ten einde sy behoeftes te bevredig. Vriende word as belangrik beskou, aangesien hulle aksies uitvoer wat' die kind gedoen wil he. Die kind het byvoorbeeld ’n vriend nodig, want hy wil speletjies speel. Die mate waartoe egosentrism e steeds teenwoordig is, veroorsaak dat die kind

’n vriend beskou as iemand w at hom kan help. Hoewel gee en neem voorkom , dien dit die kinders afsonderlik, eerder as gesamentlik. Die kind sal m aklik verklaar; "Sy is nie meer my maatjie nie, wont sy wil nie he dot ek met hcicir poppe moet speel nie o f "My is my mcicitjie want hy leen sy karretjies vir my

D it blyk dat hierdie fase steeds ’n mate van egosentrism e inhou, aangesien die kind die vriendskap benut ten einde van sy behoeftes te bevredig. H ierdie egosentrism e is w aarskynlik die rede w aarom vriendskappe tydens hierdie stadium nie langdurig van aard is nie.

Stadium 2 - T w eerigting-m ooiw eersam ew erking (ongeveer 6 jaar tot 12 jaar)

V riende w ord tydens hierdie stadium beskryf as mense wat m ekaar spontaan o f in respons teenoor die uitdrukking van ’n spesifieke behoefte kan help. Die mees sentrale kenm erk van hierdie fase is vertroue en betroubaarheid. K inders neem tydens hierdie fase ’n meer relativistiese perspektief en toon insig dat elkeen betrokke in die vriendskap van som m ige dinge hou en van ander nie hou nie. Konflik kom voor tussen groepe, eerder as wat dit veroorsaak word deur een persoon. Beide groepe moet betrokke raak by die oplos van die probleem. Problem aties van hierdie fase is die feit dat kinders steeds voel dat die oplossing van die probleem hul eie behoefte moet bevredig, m et ander woorde die vriendskap dien steeds m erendeels die belange van die kind. Dit dra daartoe by dat vriendskap dikwels tot niet gaan as kinders argum enteer. Vriende word as belangrik beskou, aangesien elkeen ’n kam eraad nodig het. V ertroue im pliseer tydens hierdie stadium dat ’n geheim bew aar kan word, sonder om dit oor te vertel.

Uit bogenoem de kan die afleiding gem aak word dat hoewel die kind tydens hierdie stadium m inder egosentries in sy vriendskappe optree, die kind steeds die vriendskap benut om sy behoeftes te dien. Ten spyte hiervan kom dit voor aso f die kind nou groter insig begin ontw ikkel in die feit dat andere se behoeftes van hom kan verskil. Dit stem ooreen m et die ontw ikkeling van sy vaardigheid vir sosiale roloom am e. (Vgl. 3.1.5.2.) O psom m end kan gem eld w ord dat die juniorprim ere skoolkind se vriendskappe w aarskynlik gekenm erk word deur egosentrism e, deurdat dit in ’n groot mate deur die kind benut word vir sy eie behoeftebevrediging, sonder om andere se behoeftes in ag te neem. Die ontw ikkeling van die kind se vaardigheid tot sosiale roloom am e dra w aarskynlik daartoe by dat die kind geleidelik ook andere se behoeftes en standpunt in ag begin neem. A angesien die bespreekte stadia van vrienskapsontw ikkeling oorvleueling ten opsigte van ouderdom m e toon, word aangeneem dat

136

aspekte soos die kind se unieke ontw ikkeling ten opsigte van em osionele en sosiale bevoegdhede, asook die rol van byvoorbeeld om gewingsfaktore (vgl. 3.4) ’n rol behoort te speel, in die stadium w aarin elke kind horn bevind.

(c) Die rol van die skool

Die juniorprim ere skoolkind se toetrede tot die skool dra by tot groot veranderinge in sy lewe. Hoewel sy gesin, soos reeds genoem , steeds ’n belangrike rol in sy lewe speel, oefen die skool ook nou ’n belangrike invloed op die ontw ikkeling van die kind uit. Die kind se skooltoetrede vereis bepaalde aanpassings van hom aangesien hy die huis verlaat vir die meer onbekende om gew ing van die skool. Hy m oet ook aanpas by die onderw yser as ’n nuwe gesagsfiguur. Die onderw yser kan m oontlik nuwe reels en eise stel, w at anders is as dit w aaraan die kind gewoond is. Die kind moet nuwe gedragswyses aanleer. Die feit dat daar ook van die kind verwag word om akadem ies suksesvol te wees, plaas verdere druk op hom (Louw et al. 1998:363-365). Die afleiding kan gem aak word dat die juniorprim ere skoolkind se skooltoetrede van hom bepaalde sosiale, em osionele en kognitiew e vaardighede vereis, ten einde suksesvol te kan aanpas. D ie sukses w aarm ee hy op verskillende vlakke, soos akadem ie en sport by die skool aanpas, behoort weer ’n direkte im pak op sy selfkonsep te he. (Vgl. 3.1.5.1.) Skooltoetrede vereis w aarskynlik ook bepaalde vaardighede ten opsigte van die em osionele bevoegdheids­ kom ponente van die juniorprim ere skoolkind se em osionele intelligensie. (Vgl. 2.2 en 2.3.)