• No results found

| ALGEMENE ORIENTERING

5. Evaluasie en gevorderde ontw ikkeling

1.6.2 Fase twee: Inligtinginsam eling en sintese

Die fase van inligtinginsam eling en -sintese im pliseer nie "[r] einventing the wheel” nie (Faw cett et al. 1994:31). W anneer ’n navorsingsprojek beplan word, is dit noodsaaklik om te bepaal w at andere reeds gedoen het, ten einde die probleem aan te spreek. Die verkrvging van

16

kennis beteken verder die identifisering en verkryging van relevante tipe kennis en die benutting en integrering van toepaslike bronne van inligting (De Vos 1998:390). Hierdie fase bestaan uit drie aksies, naamlik:

• benutting van bestaande inligtingsbronne • bestudering van natuurlike voorbeelde

• identifisering van funksionele elemente van suksesvolle modelle.

1.6.2.1 B enutting van bestaande inligtingsbronne

:n Literatuursoektog bestaan gew oonlik uit die bestudering van geselekteerde em piriese navorsing en gei'dentifiseerde aksies, relevant tot die bepaalde probleem wat bestudeer word. Die intervensienavorser moet wyer kyk as net na literatuur in sy spesifieke studieveld (De Vos 1998:390). ’n Bibliografiese soektog is voor die aanvang van die navorsing geloods met betrekking tot die konsepte em osionele intelligensie, gestaltterapie, gestaltspelterapie, spelte- rapie, kinderontw ikkeling en die juniorprim ere skoolkind. Intem asionale literatuur met betrekking tot em osionele intelligensie, gestaltterapie, gestaltspelterapie en spelterapie is geredelik beskikbaar, terwyl nasionale literatuur hieroor beperk is. Intem asionale en nasionale literatuur oor die ontw ikkelingsfase van die prim ere skoolkind is veral vanuit die opvoedkunde as vakdissipline beskikbaar. Literatuurbronne kom meestal uit aanverw ante professies soos die sielkunde en opvoedkunde, terwyl min bronne vanuit m aatskaplike werk as vakgebied hieroor beskikbaar is.

V anuit die N ational Research Foundation (NRF) se N A V O -basis is vasgestel dat 'n m eestersgraadskripsie in m aatskaplike werk met die titel: A ssesseringsriglyn vir die bepaling van die kind se em osionele bewussyn: 'n m a atska p likew erk-p ersp ektief aan die einde

van 1998 voltooi is. Deur middel van hierdie studie is bevind dat sekere spelterapietegnieke effektief vir die assessering van die kind se em osionele bew ussyn in die m iddelkinderjare benut kan word. N avorsing met betrekking tot die benutting van gestaltspelterapie met adolessente is verder vir doeleindes van ’n m eestersgraadskripsie deur die navorser onderneem. Die navorser is dus reeds vertroud m et hierdie teoretiese model.

Relevante literatuur wat beskikbaar is, is bestudeer en die nodige inligting met betrekking tot die studieonderw erp word volledig in hoofstukke 2 tot 5 bespreek. Gevorderde gestaltspelterapieopleiding is gedurende Julie 1999 by V iolet Oaklander, die grondlegger van gestaltspelterapie met kinders, te Santa Barbara in die Verenigde State van Amerika ontvang.

O pleiding in die assessering en ontw ikkeling van em osionele intelligensie is ook gedurende O ktober 1999 te V anderbijlpark ontvang. Hierdie opleiding is aangebied deur dr Jensen en mnr Freedm an van die "Six Seconds”-orgamsasie in San Francisco, V erenigde State van Amerika.

"Six Secon d s” is ’n opvoedkundige, nie-w insgew ende diensorganisasie wat opleiding en

opleidingsm ateriaal vir em osionele intelligensie voorsien. Toepaslike aspekte van hierdie organisasie se " S e lf Science''-program vir em osionele intelligensie, word in hoofstuk 2, as deel van die konseptualisering van em osionele intelligensie beskryf. (Vgl. 2.1.5.)

1.6.2.2 B estudering van ’n natuurlike voorbeeld

’n Bruikbare bron van inligting, is gelee in die w aam em ing van lede van die gem eenskap wat met die probleem o f ’n soortgelyke probleem gekonfronteer is en hoe hulle gepoog het om die probleem aan te spreek. O nderhoude met persone wat die probleem ervaar, soos die klient, o f diensverskaffers, kan tot insig lei in watter intervensies suksesvol kan wees. Die bestudering van onsuksesvolle program m e kan ook w aardevol wees, aangesien dit bydra tot die verkryging van begrip oor w atter metodes en aspekte krities is vir die sukses van so ’n program (Faw cett et

al. 1994:32-33).

Die navorser het reeds verskeie natuurlike voorbeelde bestudeer in haar privaatpraktyk die afgelope paar jaar. Sy is dus reeds bevvus van w atter tegnieke in gestaltspelterapie m oontlik sou kon bydra tot die bereiking van die program doelstellings. Telefoniese en/of persoonlike onderhoude is verder gevoer met dr R de Klerk (m aatskaplike w erker in privaatpraktyk wat spesialiseer in opleiding met betrekking tot em osionele intelligensie), mev E Venter (m aatskaplike w erker wat ’n assesseringsriglyn vir die kind se em osionele bew ussyn vanuit spelterapie ontwikkel het), dr H Schoem an (outeur van ’n boek en kenner van gestaltspelterapie in Suid-A frika) en dr A Jensen (President van die “Six S,ecow/s'”-organisasie). Tydens hierdie onderhoude is w aardevolle kermis met betrekking tot die ontw erp en im plem entering van die program bekom . D eur middel van die Internet is ook gekorrespondeer m et dr J M ayer, een van die twee persone wat verbind word met die eerste ontw ikkeling van die konsep, em osionele intelligensie, as ’n em piriese navorsingsarea en wat tans ook die voortou neem met betrekking tot w etenskaplike navorsing in die verband. H ierdie korrespondensie het daartoe bygedra dat die navorser die jongste w etenskaplike navorsing met betrekking tot em osionele intelligensie kon bekom.

18

1.6.2.3 Identifisering van funksionele elem ente van suksesvolle m odelle

Tydens hierdie aksie bepaal die navorser o f daar ’n model, program o f beleid, o f praktyk is. wat reeds suksesvol was in die verandering van die teikengedrag en uitkomste. Die vraag wat verder gevra m oet word, is wat het hierdie spesifieke program, beleid o f praktyk suksesvol gem aak het en watter gebeure krities is vir die sukses van die program. Deur die bestudering van suksesvolle en onsuksesvolle modelle o f programm e, wat die probleem kan aanspreek. kan die navorser sekere potensiele bruikbare elemente vir die intervensie identifiseer (De Vos

1998:392).

V erskillende modelle en program m e vir em osionele intelligensie word in hoofstuk 2 bespreek, as deel van die konseptualisering van em osionele intelligensie, vir hierdie navorsing. Deur m iddel hiervan word bepaalde persoonlike en interpersoonlike em osionele bevoegdheids- kom ponente van em osionele intelligensie geidentifiseer, w aaruit vveer vaardighede ge'identifiseer word wat aangespreek kan word in ’n hulpprogram vir juniorprim ere skoolkinders se em osionele intelligensie. n Teoretiese perspektief op gestaltspelterapie, wat benut word as konseptuele raam werk in hierdie navorsing, word in hoofstuk 4 gebied, terwy l daar in hoofstuk 5 gefokus word op spelterapietegnieke en -aktiwiteite wat vanuit ’n gestaltteoretiese benadering toepaslik kan wees in die genoem de hulpprogram . G estaltspelterapie word as teoretiese raam w erk vir die ontw ikkeling van die hulpprogram uitgesonder, aangesien die navorser reeds n geruim e aantal jare spesialiseer in die benutting van hierdie benadering in terapie met kinders. Die navorser beskik oor ’n gedoseerde m eestersgraad in spelterapie met klem op die gestaltbenadering en het ook gedurende Julie 1999 gevorderde spelterapieopleiding vanuit die gestaltbenadering in die V erenigde State van A m erika by ’n wereldkenner, Violet Daklander, ontvang.