• No results found

Sendingwerk deur middel van sendingorganisasies

9.4 Youth With a Mission (YWAM)

9.4.1 Ontstaan

YWAM voer sy ontstaan terug na 1956 en verbind dit met Loren Cunningham. Hy was ‘n twintigjarige Amerikaanse Kollege student. Tydens ’n uitreik aan die Bahamas het hy eendag op

7

Arab World Ministries, Doctrinal Statement - Arab World Ministries - International -, Besoek op 9 Junie 2010 , http://www.awm.org/i/about/doctrinal-statement/

180 sy bed gelê en ‘n visie gehad. Hy het ’n kaart van die wêreld oop voor hom gesien en seegolwe het op die kaart geslaan. Die seegolwe het toe verander in jong mense, duisende van hulle, wat na elke kontinent gegaan het om die goeie boodskap van Jesus aan die nasies te bring. Vier jaar later (1960) het hy begin met die organsie Youth With A Mission (YWAM). Hy was toe ‘n pastoor in Los Angelos by die Assemblies of God.

Vanaf Desember 1969 tot die somer van 1970 het YWAM sy eerste skool van evangelisasie aangebied vir ses-en-dertig studente. Dit het plaasgevind in Lausanne, Switserland wat ook gedien het as YWAM se eerste permanente basis vir opleiding. In 1974 is daar met ’n tweede opleidingskool in New Jersey begin. Baie van die studente was vroeë bekeerlinge vanuit die

Jesus Movement van die 1970’s. As gevolg hiervan het die New Jersey skool begin met

opleiding wat gefokus was op Bybelse karakterontwikkeling sowel as op sending. Die opleiding het bekend geword as die Discipleship Training School (DTS) wat vandag oor die hele wêreld aangebied word. Dit bestaan uit drie maande van lesings en daarna drie maande van uitreik. Gedurende die 1980’s het YWAM begin werk onder vlugtelingskampe in Thailand. Die personeel van YWAM het nou al bestaan uit eenduisend agthonderd voltydse werkers. Thailand was ’n groot fokus van hulle werk en teen 1992 het hulle klere verskaf aan drie-en-vyftigduisend vyfhonderd vlugtelinge, elfduisend kinders geïmuniseer, honderd-en-nege landbou studente opgelei, vier-en-veertig duisend maandelikse briewe versprei en Bybelse opleiding aan ses-en- twintig pastore verskaf. Hierdie groot nood het YWAM laat begin fokus op drie areas, naamlik evangelisasie, opleiding en die Mercy-ministries wat ingestel was op versorging en ondersteuning.

In 1992 het YWAM sy werk uitgebreid na die Midde-Ooste met Egipte as die vertrekpunt. Daar is begin met ’n dertig dae gebed ten behoewe van Moslems en hulle bekering. Een van die mees aangrypende YWAM aksies was die Reconcilation Walk waarin Christene vir ’n afstand van 1500 myl geloop het op die pad van die kruistogte om vir die kruisvaders se optrede en dade om verskoning te vra. Meer as tweeduisend vyfhonderd Christene het aan hierdie Reconcilation

Walk deelgeneem. Christene is vriendelik ontvang deur Moslems, Ortodokse Christene en Jode.

181 onder leiding van Jim Stier ’n nuwe internasionale doelwit geïdentifiseer, naamlik om in gebed duisend onbereikte volke aan te neem teen die jaar 2000.

Teen die jaar 2000 het YWAM, elfduisend voltydse personeel gehad, verteenwoordig in meer as honderd-en-dertig lande. YWAM se personeel was ook 50% nie-Westers. In 2003 het hulle bediening ook uitgebrei na die Mercy skepe.8

9.4.2 Waardes en belydenis

YWAM se kernwaardes is die volgende: • Om God te ken.

• Om God bekend te maak. • Om God se stem te hoor.

• Om aanbidding en intersessie uit te oefen in die praktyk. • Om visionêr te wees.

• Om jong mense te inspireer.

• Om wydgestruktureerd te wees en gedesentraliseerd. • Om internasionaal en interdenominaal te wees. • Om ’n Bybelse uitkyk op die wêreld te hê. • Om in spanverband te funksioneer.

• Uitbeelding van diensbare leierskap • Doen eers en dan onderrig.

8

YWAM, The History of YWAM / Who we are / About YWAM / ywam.org / Home - YWAM - Besoek op 9 Junie 2010, http://www.ywam.org/About-YWAM/Who-we-are/The-History-of- YWAM

182 • Om verhoudingsgeoriënteerd te wees.

• Waarde toevoeging aan die individu. • Waardering van families

• Om te vertrou op Verhoudingsgesinde ondersteuning. • Praktiese gasvryheid9

YWAM se geloofsverklaring spel die volgende uit: “We of Youth With A Mission believe:

that the Bible is God's inspired and authoritative word, revealing that Jesus Christ is God's son; that people are created in God's image;

that He created us to have eternal life through Jesus Christ;

that although all people have sinned and come short of God's glory, God has made salvation possible through the death on the cross and resurrection of Jesus Christ; that repentance, faith, love and obedience are fitting responses to God's initiative of grace towards us;

that God desires all people to be saved and to come to the knowledge of the truth;

and that the Holy Spirit's power is demonstrated in and through us for the accomplishment of Christ's last commandment, "...Go ye into all the world and preach the gospel to every creature." (Mark 16:15).10

9

YWAM, The Foundational Values of Youth With A Mission / Who we are / About YWAM / ywam.org / Home - YWAM - Besoek op 9 Junie 2010, http://www.ywam.org/About- YWAM/Who-we-are/The-Foundational-Values-of-Youth-With-A-Mission

10

YWAM, Statement of Faith / Who we are / About YWAM / ywam.org / Home - YWAM - Besoek op 9 Junie 2010, http://www.ywam.org/About-YWAM/Who-we-are/Statement-of-Faith

183