• No results found

Die Westerse Christendom se verhouding met die Oosterse Christendom

Die vestiging van die Evangelie onder die Arabiere

2.6 Die Westerse Christendom se verhouding met die Oosterse Christendom

Word alles wat tot dusver oorsigtelik geskryf is in verband met die vestiging van die Christelike geloof in Arabië in oënskou geneem, moet dit duidelik wees dat dit hier in die algemeen gaan om ’n bepaalde intonasie, ’n bepaalde benadering en beklemtoning, wat onderskei moet word van die groter geheel. In die literatuur word hierdie onderskeid deurgaans getipeer in terme van ’n oosterse en westerse kerk. Hiermee moet ook weer versigtig omgegaan word, omdat die skeidslyne nie rigied getrek kan word nie. Dit het met veel meer as net teologiese verskille te make gehad. Vir die doeleindes van hierdie hoofstuk is die onderskeid wel handig en word dit ook op ’n bepaalde manier aangewend.

Met die algemene erkenning van die Christelike geloof in die Romeinse Ryk gedurende die vierde eeu, het die kerk hom algaande vereenselwig met die hoofstad van die Ryk, wat nou van Rome na Konstantinopel verskuif het. Rome sou al meer op die agtergrond te staan kom, totdat dit in die vyfde eeu geplunder is en tot ’n val gekom het. Aan die einde van die sesde eeu is die stad as sentrum van die Europese en katoliek (Latynse) kerk geïdentifseer waarin Pous Gregorius I die leiding geneem het. In die ooste, dit wil sê vanuit Konstantinopel, is die Christelike Bisantynse Ryk opgebou. In hierdie Ryk het die kerk en die teologie ’n eie ontwikkeling deurloop wat beperk is deur die toetrede van Islam. Die universele katolieke kerk was dus in Konstantinopel gesetel.44 Maar, binne hierdie kerk was daar teologies verskillende uitgangspunte. Op hierdie uiteenloop en verskille moet gewys word. Dit is nodig om die vestiging van die Christelike geloof in Arabië goed te verstaan.

Antiochië was die sentrum van die Christendom in die oostelike deel van die Bisantynse Ryk. Dit het ook kerke ingesluit wat buite die Bisantynse Ryk in die Persiese gebiede geval het. Laasgenoemde het ’n minderheid uitgemaak. Maar, dit het ook kerke en Christelike gemeenskappe ingesluit in die suide van die Arabiese skiereiland, wat eweneens buite die Bisantyns-Christelike Ryk geval het. Antiochië, met sy hellenistiese kultuur, het teologies sterk aan Konstantinopel oriënteer. Dit kon die meeste Christene in Palestina, Sirië, Persië en Arabië nie bevredig nie. As nie-Griekse Semiete is hulle aangespreek deur die Evangelie van Johannes

44

47 en die Ou Testament.45 Die teologiese klem het op die misterie van God in die Skepping en inkarnasie geval.46 Chistene is meer aangespreek deur die asketiese beginsel as uitdrukking van die geloof as die intellektualiteit van die hellenistiese benadering.47

Veral die Arameërs het die Ou Testamentiese tradisies in hulle godsdienstige struktuur behoue laat bly. Sekere Ou Testamentiese helde is as universele figure beskou. Die Arabiere het veral klem op Abraham, Ismael, Amos en Jakob geplaas. Westerse kerke het nie dieselfde verhouding gehad met die Ou Testamentiese figure nie.48 Na die toetrede van Islam het die kerk van Rome en die kerk van Konstantinopel uiteenbeweeg. ‘n Konsilie van Konstantinopel in 692 het dit verder gestimuleer. Op hierdie konsilie het die Bisantynse kerk besluit om met sekere gebruike van Rome te breek soos die huweliksbetreding deur diakens en ouderlinge wat deur hulle toegelaat is in opposisie teen Rome en die voorstelling van Christus as Lam is ook verbied.49 Die finale verwydering in die geskiedenis tussen Konstantinopel die die Latyns-westerse kerk is vergestalt in die teologiese begrip filoque. Filoque (‘en van die Seun’) het beteken dat die Heilige Gees van die Vader én die Seun uitgegaan het. Daarmee is trinitaries alle vorme van subordinisie in die Godsbegrip afgewys. Hierdie teologiese konsep kom die eerste keer in die sesde en sewende eeu in Spanje na vore. Spanje is beset deur die Visigote, ‘n groot stam wat uit die ooste gekom het en die Ariaanse vertolking toegedaan was. Om hulle bekering tot die westerse en Europese kerk te begelei, is die begrip filioque ingevoer. Hulle moes die filioque aanvaar om opgeneem te word in die kerk van Rome. Alhoewel Rome die begrip konfessioneel en afdwingbaar in die 11de eeu aanvaar het, het filioque die gangbare uitdrukking van die identiteit van die westerse kerk geword.

Hierdie ontwikkeling is nie in die kerke van Konstantinopel, of dié in die Arabiese wêreld meegemaak nie. Die ooste was nie gekant daarteen om te sê dat die Heilige Gees van die Vader

45 Trimingham, a.w., 212. 46 Cragg, a.w., 135. 47 Trimingham, a.w., 143. 48 Dies., 240. 49 Dies., 286.

48 af kom deur die Seun nie, maar wel teen die frase: “en die Seun,50 omdat aangevoer is dat die eer en heerlikheid van die Vader daardeur in die gedrang kom.

Vir ons studie is die uiteenloop van die westerse en oosterse kerk ’n belangrike ontwikkeling. Latourette lys die volgende teologiese en kerkhistoriese faktore:

• Die “filoque” frase wat die Weste by die Nisiaanse leerstelling gevoeg het.

• Kerklike amptenare van die Weste was sonder baarde teenoor die Oosterse amptenare wat baarde gedra het.

• Die selibaat van die Weste teenoor die getroude amptenare van die Ooste.

• Ongesuurde brood van die Weste teenoor die brood met suurdeeg van die Ooste tydens die nagmaal.

• Die Oosterse Christendom het nie die Pouslike besluite as bindend beskou nie.

• Die Oosterse vleuel het die klem op die goddelike natuur van Christus geplaas. Die Weste het die klem op die volle goddelikheid van Christus asook sy volle menslikheid geplaas.

• Die Ooste is deur die Weste daarvan beskuldig dat hulle die Christus van die Evangelies gereduseer het tot ‘n mistieke hemelse verlosser.

• Westerse Christendom was aktivisties en moreel van aard. Die Bisantynse liturgie was baie meer uitgebreid.51

Teen 1100 was die skeiding ’n voldonge feit. Die oosterse kerk het sy eie weg opgegaan: teologies en ekklesiologies. Binne die oosterse kerk het die kerklike gemeenskappe van Arabië verder geïsolleerd geraak en is as ’n minderheidsgroep met Islam gekonfronteer.52

50

Dies., 303, 304.

51

Dies., 570-572. Bailey, Betty Jane & Bailey, J. Martin Bailey. 2003. Who are the Christians in

49 Die laaste paragraaf van ons hoofstuk gee ’n samevattende oorsig oor die redes waarom Arabiere die Christelike geloof aanvaar het, en gesorg het dat dit in Arabië vestig.