• No results found

Kerklik-Protestantse sending

6.3 Motiewe en uitgangspunte van Protestantse sendelinge

Die eerste Amerikaanse sendelinge het in 1820 die Bybellande (d.w.s. Palestina) aangekom. Die oorheersende gedagte was dat hulle “die vestings van Satan se koninkryk” onder beheer van die Turks-Ottomaanse Ryk betree het. Jonas King, sendeling in Sirië, het die volgende geskryf na sy aankoms in Jerusalem:

“Oh, that you could be with me in Calvary, where I am writing, and hear the roaring of the Turks from the minarets, and see the deep iniquity with which this Holy Land is polluted! ... Everything around me seems blasted and withered by the Curse of the Almighty.”7

Een van die motiewe van die protestantse sending was om die Christelike geloof na die Heilige Land terug te bring en om sodoende die koms van die nuwe Jerusalem te bespoedig. Voor Levi Parsons sy reis per skip ondergaan het, het hy die sending van Amerika na die Heilige Land as volg gemotiveer: “Destroy the Ottoman empire and nothing but a miracle will prevent the ‘Jews’ immediate return from the four winds of heaven.”8

In 1837 het die American Board die volgende besluit geneem oor die sending aan die nasies van die wêreld. Die raad het gewys na die vrede wat oral teenwoordig was, die verspreiding van handel en die voortgang van geografiese ontdekking wat as tekens van die tyd gesien is. Die lang verwagte era wanneer die evanglie deur die hele wêreld gepredik sou word, het aangebreek. Dit het beteken dat ook aan Moslems die Evangelie verkondig moes word, met die stellige verwagting van hulle bekering.

In 1830 het Eli Smith en H.G.O. Dwight (1830–1862) ’n reis na die Midde-Ooste onderneem. Hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat die Oosterse kerke, naamlik die Grieks Ortodokse -, Armeniaanse - en Nestoriaanse kerke, eers na die ware lig gebring moet word. Die Board het dus gemeen dat die bekering van Moslems nie sou kon realiseer voordat die Oosterse kerke ‘n toonbeeld van die ware Christelike geloof sou uitstraal nie. Dit het beteken dat via ’n spesiale

7

Haines F.E. 1879. Jonas King, Missionary to Syria and Greece, 123.

8

110 sendingpoging die Oosterse kerke tot die ware geloof gebring moes word, voordat die bekeringswerk onder die Moslems aangepak sou word.

Amerikaanse sendelinge het dus die Ortodokse kerke as hindernisse beskou om die Evangelie aan die Moslems te verkondig. Die Sendelinge het gepoog om die Oosterse kerk op hulle foute te wys. Volgens hulle het die Oosterse Christene vasgeval in bygelowigheid en misleiding. Eli Smith het die valse Christelike leer en praktyk die skuld gegee vir die vinnige verspreiding van Islam. Die werk van die Amerikaanse sending het egter nie gelei tot herlewing in die Oosterse kerk nie, maar eerder tot verdeeldheid en ‘n verder verswakking van Oosterse Christendom.9 Teen 1842 het die American Board die poging om die Oosterse kerke te probeer verander, laat vaar. Die fokus het na Moslems begin skuif. In die eerste vyftig jaar van die American Board se bestaan was daar agt sendingposte in Palestina, Sirië, Griekeland en Armenië.10 Die eerste Protestantse kerk is gestig in 1848. Teen die einde van die negentiende eeu het die kerk bestaan uit honderduisend dooplidmate. Die meerderheid van die lidmate het gekom van Oosterse kerke. Die ontstaan van die kerk het skerp kritiek uitgelok veral vanuit die hoek van die Church of England. Hierdie kerk was van mening dat die nuwe kerk gewoon opgebou word ten koste van die bestaande kerk.

Teen die middel van die negentiende eeu was daar ‘n passievolle oortuiging in sekere kringe dat God besig was om die Moslems voor te berei vir ‘n oomblik van vervulling en dat die ou beloftes aan Ismael binnekort sou realiseer. Islam sal na Christus keer indien die kerk sy rol as prediker met wysheid en dapperheid sou vervul. Dus het sendelinge hulle toegewy aan onderrig, verspreiding van die Bybel en die produsering van literatuur. Die Amerikaanse sendeling Henry H. Jessup (1832-1910), wat ook, sekretaris was van die Americal Board, het die verband aangetoon wat daar sou wees tussen Christelike Brittanje en die opkoms van Islam en dat dit deel was van die Goddelike plan vir die Weste om Moslems te evangeliseer. Jessup het die volgende oor Islam gesê:

9

Barton, a.w., 174.

10

111 “..whatever in the Koran is true was taken from the Bible, and what is not from the Bible is either false or frivolous. Islam is an intensely formal and ritual system, a religion of outward works, not affecting the heart or requiring transformation of the life. ... As their whole idea of deen (religion), refers to the outward and ceremonial, they have lost all conception of the spiritual nature of religion. ...”

Volgens hom gee Islam iemand net drie opsies: Islam, slawerny of die dood. Hy het nie alleen ’n aggressiewe houding teenoor Islam gehandhaaf nie, maar ook teen die Ortodokse kerk. Wanneer iemand hom van Islam sou bekeer het tot die Christendom, kon dit nie na die Ortodokse Christendom gebeur nie, maar uitsluitlik na “the simpler and purer form of Protestant evangelical faith.”11 Jessup het aangevoer dat die rede waarom Moslems so traag was om Christene te word, juis was omdat hulle nog nie blootgestel was aan die krag en suiwerheid van die ware Christendom nie. Tot nou het die Moslems nog net ‘n valse vertolking en vergestalting van die Christendom teëgekom. Jessup se bywoning van ‘n Ortodokse kerkdiens het aanleiding tot die volgende stelling gelei:

“…it was a painful and nauseating spectacle of praying masses who burned incense, lit candles and bowed before “the dirty painted boards and then devoutly kissing them and crossing themselves. ... “Let Protestant Christianity keep her white garments free of the defilement of the unholy practices of these fallen and unspiritual systems of the east.”12

Dit was kenmerkend van veral die eerste helfte van die 19de eeu dat sendelinge ’n agressiewe benadering en negatiewe evaluering van Islam en die Moslems daarop nagehou het. Sou dit ook verband hou met die opbou van Westerse koloniale ryke? Dit staan buite kyf dat Amerikaanse sendelinge die Turkse beheer oor Arabië teengestaan het. Hulle het onder die Arabiere idees van nasionalisme laat invloei sowel die gedagte geplant dat om onafhanklik van die Turke te wees die regte ding is om te doen. Die waardering van die Arabiere vir die sendelinge was eerstens uitgedruk in ‘n nasionale karakter eerder as in godsdienstige terme. Vir die inheemse bevolking van Arabië het dit gou duidelik geword dat die sendelinge nie alleen die evangelie

11

Wessels, a.w., 167, 168.

12

112 verteenwoordig het nie, maar ook die mag van die regerings van die nasie waarvandaan hulle gekom het. ’n Nasionale vereenselwiging is op die sendingveld ingedra. Die sendingwerk onder die Arabiere het immers bekend gestaan as The American missionary work in Egypt, Syria,

Libanon and Turkia. Hulle kon nie ontslae raak van die American Mission nie.

Die vroeë Amerikaanse teologiese verstaan van Islam was nie gegrond op ’n dialoog met Moslems nie. ’n Akademiese verstaan van die studie van Islamitiese tekste was daar nie sprake van nie. Islam is benader vanuit ‘n eskatologiese eksegetiese perspektief met klem op die frase “die einde van die tyd.” Daar was ’n Goddelike beskikking onderliggend aan die sendingwerk, wat ’n versigtige deurdagte benadering nie aangemoedig het nie. Daar was elemente van ‘n aggressie van die kruistogte by die sending. En dit tot ’n land wat eeue lank al Christen was. Timothy Marr se groot kritiek teen hierdie tydperk van protestantse denke is dat hulle gefaal het om die Moslems as medemense te beskou.13

Daar is gevolglik in Christen geledere maklik gepraat van “The Mohammedan threat.” Hierdie benadering het Islam beskou as die oorsaak van morele chaos. Dit was die algemene houding van die Weste teenoor Islam. Die bekende Skotse sendeling, Sir William Muir, wat baie belangrike studies gedoen het oor die onderwerp, het self ’n negatiewe houding jeens Islam ingeneem. In een van sy werke “The Sword of Mohammed and the Koran” sê hy die volgende: “Mohammad

and the Quran are the most dogged enemies of civilization, freedom and truth that the world has ever known”. Pastoor F. Wurtz van die Basler Mission het weer opsprake gemaak met sy pamflet

getiteld : “The Mohammedan Threat.”14 Daarmee is nie rekening gehou met basiese uitgangspunte van Islam nie. Volgens Islam word gelowiges Moslems genoem, en nie Mohammedane nie. Dit gaan daarom in om die aanbidding of verering van Mohammed natuurlik hok te slaan.

Dat sendingwerk en kolonialisme hand aan hand gegaan het in die negentiende eeu kan sonder twyfel beaam word. Jessup, as sekretaris van die American Board het gesê: “The American

Missionary has served his country no less than his Master.” Jessup het ook die volgende

voorspel: “When the scimitar falls their confidence in their own system will fall.” Die koloniale

13

Marr, Timothy. 2006. The Cultural Roots of American Islamicism, 133, 144.

14

113 era was in ‘n mate ‘n voortsetting van die Kruistogte. Na die Eerste Wêreldoorlog het die Franse generaal, Henri-Joseph-Eugene Gourad (1919-1923), hoofkomissaris van Sirië, na die inname van Damaskus, by die graf van Saladin gaan staan met die woorde: “Me voila, Saladin” (Here I am, Saladin). Die Engelse generaal, Edmond Hynman Allenby wat hoof-kommissaris van Egipte was van 1919 tot 1925, het die volgende gesê nadat hy die tempel in Jeruslem ingegaan het: “Today the crusades have ended”.15

Die meeste Westerlinge het ‘n houding van meerderwaardigheid teenoor Moslems gehad. Protestantse sendelinge was oortuig dat hulle die suiwerste vorm van geloof in die wêreld besit het. Daar was twee doele waarna gestrewe is, naamlik om die Bybel in Arabies te vertaal en om ‘n Evangeliese kerk in die Ottomaanse Ryk tot stand te bring. In 1865 is die Skrif in Arabies vertaal deur Eli Smith (1801-1857) en Cornelius Van Dijk (1818 – 1895).16 Zwemer was baie opgewonde oor die Arabiese Bybel en hy was naïef om te dink dat daar in die toekoms net een Arabiese vertaling sou wees.17 Volgens Jessup was elke provinsie wat van Moslem beheer teruggewen is na Westerse beheer, ‘n demonstrasie van die Christelike superioriteit in die samelewing in terme van morele, intellektuele en materiële voortgang.18

Teen die einde van die 19de eeu het ‘n ander benadeering posgevat. Dit is verpersoonlik in die lewe en werk van Samuel Zwemer.