• No results found

New Delhi (1961) en die World Council of Churches (1967)

Ekumeniese benaderings gedurende die

8.3 New Delhi (1961) en die World Council of Churches (1967)

Die byeenkoms in New Delhi (1961) moes die International Missionary Council in die Wêreld Raad van kerke organisatories opneem. Die integrasie het beteken dat die World Council of

Churches (WWC) die sendingtaak sou opneem as ‘n integrale deel van sy werk.9 Die redenasie wat gevoer is ten gunste van die integrasie, was dat die kerk die plek is waardeur God sending in

7

Bosch, a.w., 370.

8

Winter, Ralph D. 1978. Ghana : preparation for marriage. In International Review of Mission, 67 (267), 355.

9

157 die wêreld doen. Die integrering van die IMC het uiteindelik deurgegaan, maar nie sonder heftige debatering nie. Daar was sterk standpunte teen die ineenvloei van die twee Rade.

Die Missio Dei begrip het slegs die kerk as intrument erken waardeur God werk. Die woord ekumenies is gedefinieer as alles wat te doen het met die opdrag van die kerk om die evangelie te bring aan die hele wêreld. J. C. Hoekendijk het die kerklike motief skerp gekritiseer in die teologie van integrasie. Vir Hoekendijk is ekklesiologie slegs funksioneel wanneer die Koninkryk met die wêreld gekonfronteer word. S.C. Neill was gekant teen hierdie integrasie omdat hy geredeneer het dat die International Missionary Council vir die WCC net ’n irritasie was, wat uit die weg geruim moes word. Volgens hom het die World Council of Churches ook geen sterk sendingoriëntasie gehad nie. Die Norwegian Missionary Council het by New Delhi die integrasie heeltemal verwerp omdat hulle die WCC van liberale teologie verdink het. Die Ortodokse kerke was weer gekant teen die integrasie omdat hulle bevrees was dat die WCC sy karakter van Council of Churches sou verloor.10 Lesslie Newbigin het die lewe van die kerk,

koinonia, as die basis van sending gefundeer. Uit koinonia kom martyria en diakonia.11 Dit kon nie met die teologie van die Wêreld Raad van kerke versoen word nie.

Feit van die saak is dat die sendingkonferensies van nou af ’n ekumeniese karakter gekry het, veral omdat soveel meer kerke daaraan deelgeneem het. In 1963 was die tema by die Commision

on World Mission and Evangelism se konferensie in Mexico-City die ‘Mission in six Continents’,

waardeur te kenne gegee is dat sending nie net plaasvind in die suidelike halfrond nie. In hierdie tyd is sekularisasie waardeer en die nie-religieuse verstaan van die Christelike geloof hoog aangeslaan.

Twee verslae in verband met die sending is voorberei vir die byeenkoms van die World Council

of Churches in 1968. Een deur die Wes Europese werkgroep en een deur die Noord-Amerikaanse

werkgroep. Die doel van sending is geïdentifiseer met shalom (vrede) deur die Europeërs en as humanisering deur die Noord-Amerikaners. Bekering is beskryf as iets wat op die vlak van sosiale verandering gebeur eerder as op individuele geestelike en eksistensiële belewing. Sending

10

Nissen, Karsten. 1974. Mission and unity : a look at the integration of the International Missionary Council and the World Council of Churches. In International Review of Mission, 63 (252), 547-549.

11

158 het die sambreel geword vir welwillenheidsorganisasies, jeugprojekte, politieke en aktivistiese groepe, ekonomiese en sosiale ontwikkeling, ens. Sending het die alomvattende term geword vir al die maniere waarop die mens met God saamwerk in die wêreld. Bosch meen dat hierdie definisie van sending ’n te groot verwagting in die kerk gestel het. Die oorsprong daarvan was gesetel in menslike optimisme eerder as in die geloof.12

Die nuwe benadering is voortgesit in die konferensies wat vir die res van die 20ste eeu plaasgevind het. Dit is onnodig om op almal in te gaan. Daarom word net in die verbygaan op hulle gewys. Die Bankok konferensie (1972/3) het bekend geword vir die holistiese benadering ten opsigte van Salvation Today wat beide die geestelike en sosio-politieke dimensies ingesluit het. Daarom is die nuwe kontekstuele en politieke teologië uitdruklik erken. Onreg, uitbuiting, onderdrukking was hoog op die prioriteits lys. Die opvolgende Melbourne konferensie in 1980 het rondom die tema Your Kingdom Come byeengekom. Hier het die armes en die rol van die armes, soos verwoord in die bevrydingsteologie van Suid-Amerika, op die voorgrond getree. Fundamenteel vir die verstaan van die World Council of Churches se uitgangspunte met betrekking tot die sending is die dokument wat in Melbourne aanvaar is: Mission and

Evangelism – An Ecumenical Affirmation. Dit sou tot die einde van die 20ste die uitstaande dokument wees om in hierdie verband te raadpleeg. Die konferenies in San Antonio (1989) Salvador de Bahia (1996) en Athene (2005) sou hierdie benadering kontekstueel toepas. Die klem het onmiskenbaar in die sending geskuif na die sosiaal-etiese implikasies van die evangelie. Christus die gekruisigde het op die agtergrond geraak. Vir ons studie is die vraag: Wat het gebeur in terme van die sending aan Moslems in hierdie tyd? van belang. Ons moet daarop terugkom.

In 1971 het ‘n subeenheid van die World Council of Churches tot stand gekom en homself as die

Dialogue with People of Living Faiths and Ideologies ( DFI ) gaan identifiseer. ‘n Reeks dialoë

is dienooreenkomstig gehou tussen Christene en Moslems en het plaasgevind op die volgende plekke: Cartigny (1969), Ajultoun (1970), Broumana ( 1972), Colombo (1974), Legon (1974), Hong Kong (1975) en Kaïro (1975).Hierdie konferensies is gehou deur die Conference on World

12

159

Mission and Evangelism (CWME) wat deel was van die WCC.13 wat As basis vir die dialoog met Moslems word die volgende redes aangevoer:

• God het mense van alle nasies geskep. Christene moet besef dat hulle saam met die hele mensdom deel is van ’n universele geskiedenis en het ‘n gemeenskaplike doel in gemeen met alle mense.

• Christene gaan van die veronderstelling uit dat alle mense na die beeld van God geskape is en dat Christus vir alle mense gesterf het. Dit is dus noodsaaklik dat die Christengemeenskap alle gemeenskappe se godsdiens sal respekteer as deel van hulle kultuur en menslikheid.

• Deur dialoog sal meer lig gewerp word op ander godsdienstige tradisies en God se doel met hulle en met die ons van die Christelike geloof.

• Liefde soek altyd ’n manier om te kommunikeer. Die gereedheid om te luister na ander is ’n integrale deel van die dialoog. Om ’n argument te wen is nie die doel van dialoog nie. • Christus is teenwoordig wanneer en waar ookal ’n Christen in dialoog is met ’n ander. ’n

Christen kan met selfvertroue weet dat Christus deur hom sal praat met ’n ander, maar ook dat Christus met hom kan praat deur ’n ander.14

Die toenemende tegnologiese en sekularisasie proses word aangevoer as die rede waarom sodanige dialoog nodig geword het. Die moderne mens vind dit moelik om die transendentale te verstaan en te ervaar. Ons (religieë) het mekaar nodig om die transendentale te herontdek en antwoorde te soek op die belangrikste vrae van die tyd. Dialoog en proklamasie is nie sinonieme nie, maar daar is ’n verhouding en ’n verband tussen die twee. Vir Christene is proklamasie die deel van die goeie nuus van God se handeling in die geskiedenis deur Jesus Christus. Dialoog beteken nie noodwendig gespreksvoering nie. Gebed is ook ’n vorm van dialoog. Christene se

13

World Council of Churches - Commission on World Mission and Evangelism, Besoek op 20 Mei 2012, http://www.oikoumene.org/en/who-are-we/organization-structure/consultative-bodies/world-mission-and-

evangelism.html?print=1print

14

World Council of Churches. 1977. Christians meeting Muslims. WCC papers on ten years of

160 taak is nie om die gewete van mense van ander godsdienste aan te spreek met die bedoeling om hulle in so ’n posisie te plaas dat hulle hulle godsdiens moet verlaat nie. Dit moet aan die individu oorgelaat word om uit te maak of dit God se wil vir hom of haar is.15

Christene oral in die wêreld leef in ‘n pluralistiese omgewing. Oral in die wêreld staan die mensdom voor dieselfde vrae en uitdagings, die soeke na geregtigheid, vrede en ’n hoopvolle toekoms. Die doel van dialoog is die uitdrukking van liefde. Sending in die verlede is gekenmerk deur ‘n gesindheid van dominasie, arrogansie en ongevoeligheid. Dit is nou vergoed verby. Die World Council of Churches se dialogiese benadering stel voor dat Moslems vanuit die posisie van Abraham as vader van die Jode, Christene en Moslems, gesien en verstaan moet word. Die kwessie van die kruis en die triniteit van God word erken as onversoenbare verskille met Islam en dit word as onnodig geag om op hierdie punte te fokus – ter wille van die dialoog. Onderwerpe vir samewerking met Moslems is die volgende: die bevordering van sosiale geregtigheid; gemeenskaplike bekommernis oor ekologiese kwessies; dat godsdiens nie misbruik moet word vir ongeregtigheid nie, maar om konflik op ’n vredevolle manier op te los; samewerking op sosiale gebied.16

Hierdie vorm van dialoog verskil van die soort dialoog wat gedurende die eerste eeue na die toetrede van Islam tot die godsdienstige wêreld tussen Christene en Moslems na vore gekom het. Die gespreksgenote van die laat eerste millenium het erns gemaak met die teologiese verskille en oortuigings. Uiteraard het die moderne dialoog kritiese vraagstelling uitgelok. Vir die doel van ons studie word daarby in die volgende paragraaf stilgestaan.

8.4 Kritiese

evaluering

van

die moderne dialogiese