• No results found

Sendingwerk van die Reformed Church of America d.m.v die Arabian Mission in die suid en oostelike dele van die Arabiese

Kerklik-Protestantse sending

6.6 Sendingwerk van die Reformed Church of America d.m.v die Arabian Mission in die suid en oostelike dele van die Arabiese

Golf

Die Arabian Mission was ’n Amerikaans Protestanse organisasie wat gestig is in 1889 deur die

Reformed Church of America en in 1973 ontbind is. Evangelisasie en die verspreiding van

literatuur was die Arabian Mission se eerste prioriteit. Boekwinkels met Christelike lektuur en Bybels is as ‘n hulpmiddel gebruik. Hierdie struktuur was egter onvoldoende weens die openlike verbod op evangelisasie en persoonlike kontak. Besoeke aan huise en individuele gesprekke het die vernaamste vorm van evangelisasie geword. In die suide van Irak het hulle ’n hospitaal opgerig. Eredienste op Sondag met gepaste musiek is ook as middel tot evangelisasie gebruik. Evangelisasie het plaasgevind by hospitale deur middel van skriflesing en gebed soggens. ‘n Sendeling, kolporteur of mediese dokter het uit die Skrif gelees, gepreek en gebid. Die hospitaalpersoneel het ’n punt daarvan gemaak om ’n pasïent se familie en vriende ook te besoek.43 Die sendelinge se ervaring van bekeerlinge was dat die bekeerling in die eerste fase ’n baie sterk mate van afhanklik van die sendelinge gehad het. Dit is te verstane in die konteks dat die Moslembekeerling al sy sosiale strukture prysgee om ’n Christen te word. Hy/sy word deur al sy vriende en familie verwerp en staar lewensgevaarlike omstandighede in die gesig.

In 1940 is begin met radio uitsendings om die Evangelie te verkondig. Kasset-produksie sentrums is in Kuwait en Bahrain begin. Die sendelinge het egter later besluit dat die radio 40 Ritchie, a.w., 231. 41 Dies., 233. 42 Dies., 336. 43

123 uitsending nie ’n sukses was nie en het dit gestaak. In die Christelike boekwinkels het baie Moslems gedeeltes van die Bybel gekoop. In die 1960’s het hulle die Christelike boekwinkels verander na familie boekwinkels (Kuwait, Bahrain en Oman) en het algemene leesstof beskikbaar gestel aan die publiek. Dit was ’n groot sukses en die sending het ’n groot aantal Bybels verkoop gedurende die jare. Later het die sekulêre boekhandel egter die oorspronklike doel van die boekwinkels oorgeneem. Daar was nie meer geleentheid in die boekwinkels om gesprekke met Moslems aan te knoop nie. Gedurende die 1980’s is die oorspronklike gedagte van evangelisasie in en deur die boekwinkels in werklikheid prysgegee.

Die Arabiese Christene van Oman het almal by die sendinghospitaal gewerk. Hulle was verplig om die daaglikse gebed en kerkdienste op Sondae by te woon. Die bekeerling Koha Rasun het sterk leierseienskappe getoon. Van die sendelinge wou hom die pastor maak van die Omani gelowiges, maar daar was groot teenkanting weens die feit dat hy geen opvoedkundige kwalifikasies gehad het nie. Die resultaat was dat die Omani Christengemeenskap se getalle so afgeneem het todat daar in 1977 geen gelowige gemeenskap meer oor was nie. Die redes wat aangevoer is vir die verdwyning was die volgende :

• Miskien was die Christene net “rys Christene” wat beteken dat hulle net bestaan het solank hulle iets van die buitelanders kon kry.

• Hulle het die prys betaal vir hulle openlike getuienis van Christenskap.

• Met die oorhandiging van die sendinghospitaal in 1973 aan die Omani regering het die Omani gelowiges hulle ondersteuningstruktuur verloor het.

• Kinders het nie meer na sendingskole gegaan nie, maar na regeringskole. Druk het van die kinders gekom sodat die ouers weer Moslems geword het.

• Sosiale-, gemeenskaps- en kulturele projekte van die regering het die projekte van die sendelinge vervang.

124 As gevolg van bogenoemde het die sendelinge van Oman ’n groot gevoel van mislukking beleef. Hulle het hulself afgevra of hulle dit anders moes doen, maar kon nie vorendag kom met ’n oplossing nie.44

In Kuwait en Bahrain was die fokus op die buitelandse gemeenskap. Dit was in opdrag van die sekretaris van die RCA’s Board of Missions, Henry Cobb. ’n Belangrike instrument vir die sending in Arabië het bestaan uit hospitale wat opgerig is in Irak, Kuwait, Bahrain en Oman. Die vraag wat na vore kom is: In watter mate het die mediese werk die primêre doel van die sending aangehelp? Hierdie vraag het ’n belangrike besprekingspunt geword omdat, in die laaste jare, Moslemregerings die hospitale oorgeneem het. Die mediese personeel in die hospitale het ook al minder entoesiasme vir evangelisasie getoon.

Om Arabies magtig te wees is altyd ’n prioriteit vir die sendeling. Dit het gewoonlik geskied oor ’n tydperk van twee jaar. Wanneer iemand sy tweede eksamen afgelê het, is hy toegelaat om in enige besluite oor die sending deel te neem. Arabies was vir ‘n sendeling ’n lewenslange fassinerende proses of vir sommige ’n lewenslange frustrasie. Gedurende die 1960’s is daar nie meer verwag van sendelinge om twee jaar aan die taal te spandeer nie. Twee redes vir die verandering kan weergegee word. Eerstens was daar nie meer finansies beskikbaar om iemand te onderhou vir twee jaar se taalstudie nie. Tweedens het daar al hoe meer korttermyn sendelinge na die veld gekom waar Arabies nie meer beskou is as ’n noodsaaklikheid nie.45 Sendelinge het ook gedurig gesoek na ’n sleutel wat die Moslems se harte sou oopsluit vir die Evangelie. Hulle het ’n sleutel gevind in die twaalfde eeuse Moslemdenker, al-Ghazali. Al- Ghazali se mistisme is wat die sendelinge se oog gevang het en sy bewustheid van die menslike dimensies van geloof en die worsteling met geloof.46

Gedurende die 1950’s was daar ’n ondersoek na die sukses van die sending en sy programme. Daar was hoofsaaklik twee redes: Die eerste was die afwesigheid van statistiese sukses in bekeerlinge in Arabië en tweedens die afname in finansiële steun vir die sending. Roland Alan se skool van missiologie het die plant van inheemse kerke wat selfonderhoudend en

44

Scudder III, a.w., 221 -228.

45

Dies., 346 - 348.

46

125 selfpropagerend is, vereis. Die feit dat die sending na vyftig jaar se werk nie so ’n kerk kon produseer nie, het die voortbestaan van die sending in twyfel getrek.47 Op ’n persoonlike vlak is geworstel met die betekenis van sy of haar roeping ten aanskoue van die afwesigheid van enige vrug op die arbeid. Die sendeling was gedurig in die versoeking om sy taak te verruil vir iets anders soos om ’n onderwyser of ander hulp vir die sendingpos of hospitaal te word.48

Die kerklike sending van die Reformed Church of America is dus ook gekonfronteer met mislukking. Dit was ’n diep en eksistensiële saak wat op ’n manier tipies was van die 20ste eeuse sending. In 1924 reeds het Paul Harrison hieroor in sy The Arab at Home gereflekteer. Dit was ‘n besinning van sy eie ervaring in die Arabiese wêreld. In sy boek maak hy die volgende belangrike opmerkings:

• Dit is ’n fout wat sendelinge maak as hulle uitgaan na’n orientale land met die doel om dit sosiaal rekonstruktief te kan verander. Die enigste mense wat dit kan doen is die Arabiere vir die Arabiere. Hoe minder hulp hulle van die Weste kry, hoe beter sal hulle daaraan toe wees.

• Slegs deur werklike kontak van een vriend met ’n ander kan ‘n Arabier gelei word na ’n ontmoeting met Christus.

• Die metode van die sendeling is eenvoudig. Sy boodskap is die voorbeeld en leerringe van Christus sonder enige inmenging van die Weste in die boodskap.49

Steeds was dit nie so eenvoudig nie. Die verwerking van mislukking is nie ’n maklike saak in die sending nie.

6.7 Samevatting

Die protestantse sending se oorsprong kan gesien word in die beweging van die Great

Awakening van die 18de eeu waarin Jonathan Edwards so sentraal gestaan het. Sy werke is onder andere in Arabies vertaal en heelwat sendelinge het sy werke bestudeer met die oog op sending.

47

Scudder III, a.w., 394.

48

Dies., 196-200.

49

126 Uit die Awakening het die moderne protestantse sendingbeweging ontstaan en uitgemond in georganiseerde kerklike sendingwerk, sowel as talle organisasies en genootskappe. Hierdie hoofstuk het gefokus op die kerklike sending na die Arabiese en Islam wêreld.

Daar was ’n duidelike verskil tussen die 19de eeu en die 20ste. Die eerste sendelinge wat in die 19de eeu aangekom het, wou eers die ou historiese kerke ombuig tot ’n moderne en gemotiveerde sendingorgaan. Dit het nie geslaag nie. Daarom het hulle met ’n westerse benadering, gebaseer op en verbind aan die wêreldpolitiek van westerse koloniale moondhede, en gemotiveer deur ’n eskatologiese verwagting van sukses, die sendingwerk self ter hand geneem. Die imperialistiese motiewe het ’n sterk invloed op die sending uitgeoefen. Dit het ’n valse selfvertroue gegee aan die sendelinge. Die tegnologie van die Weste is gesien as ’n voorbereiding vir Evangelisasie. Die Arabiere is verder gesien as ’n minderwaardige volk wat van die beskawing geleer moes word. Die vertaling van die Skrif (1865) in Arabies was ’n groot mylpaal. Die harsteer verhaal is dat dit meer as ’n duisend jaar geneem het na die totstandkoming van Islam. Dit kan nog steeds gesien word as die vernaamste rede waarom die Evangelie nie onder die Arabiere versprei het soos Christene dit graag sou wou visualiseer nie. Maar, dieselfde as wat byvoorbeeld in Afrika gebeur het, het hier in die groot skiereiland uitgebly.

Teen die einde van die 19de eeu is besef dat dit hier om ’n ander konteks en situasie gaan. Daarom is die werk en nadenke van Zwemer van soveel belang. Dit het ’n akademies verantwoorde benadering tot Islam geskep, sonder om die evangelie te kompromiteer. Dit het navolging gevind in die beredenering van die sending en evangelisasie van Arabië. Die westerse protestantse konsep van die kerk, en kerkplanting het nie in vrugbare teelaarde geval nie. Die werk uit Europa en Skotland het misluk. Die kerkplantende werk van die Reformed Church of America moes eweneens totaal aangepas word. Selfs die hulpmiddels – mediese werk, sosiale werk, opvoedkundige werk, literatuur – het nie veel gehelp nie.

In die volgende hoofstuk word ’n tweede dimensie ten opsigte van die 20ste eeuse sending aan die Moslem Asrabiere behandel. Dit staan in verband met die ekumeniese beweging van die 20ste eeu, en hierdie beweging se aanspreek van die probleem van ander godsdienste en hulle reaksie van die evangelie. Daarmee word die perspektief voltooi op die kerklike en protestantse sending. Samevattend word die problematiek aan die orde gestel.

127

Hoofstuk 7